Hallo manne
Ek het nog nie die fotos by ons kamera man gekry nie. So hier is net n paar solank . . .
Moet sê, dit was n naweek vol avontuur. Ek, Johan en Stefanus het sommer saam deurgery, so 3 uur toe begin ek die manne op te tel. Ons het bitjie lank gevat en het to eers na 6 daar aangekom. 8 uur is kamp klaar opgelaan. Bitjie gesukkel om die manne om te praat, maar ons is toe af dam toe vir braai, drink en visvang
Het actually twee vissse gevang gekry
Anyway, omtrent een uur die oggend besluit ons om huis te kry en dis toe daar wat ons bitjie in die modder vas val. (Was pik donker en dit het net gelyk soos plat sand. Kon eers die volgende oggend in die lig die donker kleur van die modder sien teenoor die wit sand TWEE METER links van ons
) Sukkel sukkel, maar op die ou einde besluit ons om maar terug tent toe te loop en maar die volgende oggend by Tertius te vra om ons uit te tow . . .
7 uur op en Tertius se dis reg, hy sal ons kom help. Af dam toe, graaf uit, ek grawe n bitjie (baie) oop en Tertius probeer tow, maar my bakkie beweeg nie eens nie.
Charles loop toe om Willim, die Boer, te gaan vra om te help. Willim kom daar aan met sy V6 Colt. Tertius se tow is op die een recovery point vasgemaak, en Willim sin op die ander een, sodat hulle gelyk kan trek, maar nogsteeds beweeg my bakkie nie and Willim se tow snap. Grawe nog en probeer weer en weer gebeur niks en die tow snap weer
Grawe nog, Tertius span sy Snatch strap in, Willim maak sy tow dubbel en ons probeer weer . . . In POP, daar vlieg Captain Awesome!!!!
Daai modder het so erg geklou, dit het die die verf van my rims af gesuig toe ek uitgetrek was
DANKIE TERTIUS EN WILLIM!!!!!!!!
Maar ja, die wind was n bitjie baie erg daai tyd gewees, en Tertius hulle het maar besluit om die kinders by die huis te kry.
Na al die moeite om my bakkie uitgetrek te kry, toe besluit ek om maar Tierkloof alleen te gaan doen . . . Anders was al daai vir niks