Laerskool Die Ruiter - Voedsel Projek
Posted: Wed Feb 08, 2012 8:07 pm
Recieved from Jaco Dippenaar (Angles Place), let's try and support
Middag Geseendes,
Soos julle elkeen seker al self ervaar het gaan dit maar moeilik met ons almal in die huidige ekonomiese omstandighede. Die Ruiter Laerskool het huidiglik ‘n voedsel projek wat hulle gebruik om vir tussen 50-75 kindertjies kos te gee op ‘n daaglikse basis. Ek en Natalie het besluit dat ons graag wil uithelp, en gaan maandag die 12 Feb 2012 vir hulle kossies voorsien. Eks seker as ons dit ‘n gesamentlike poging maak ons hulle sommer lekker baie goedjies kan gee.
Dit is vir my hartveskeurend om te dink dat daar van hierdie kids is wat sal sterf as dit nie vir hierdie projek was nie, aangesien dit die enigste kos is wat hulle kry. Ek kan myself nie eers indink om een dag sonder kos te gaan nie. Eloise het laas week genoem dat van hierdie kinders vreeslik uitgeteer is na vakansies as hulle terug skool toe kom. Ek kan nie glo hierdie dinge gebeur op ons agterstoep nie.
Ons gaan sondag die 11de Feb om 17:00 by ons huis, 12 Ria str Helderkruin, bymekaar kom om die kos pakkies vir hulle te maak.
Kan julle my dalk laat weet of enige van jull bereid sal wees om handjie by te sit, of selfs ‘n skenking te maak?
Moet asb onder geen omstandighede verplig voel om te by te dra nie, hierdie is totaal vrywillig.
Groot Seen,
Jaco en Natalie