Page 1 of 1

Oudste dinosourus-neste in Vrystaat ontdek

Posted: Thu Jan 26, 2012 8:19 am
by 0000DS
Nuus 24
2012-01-25 12:20

Kaapstad – Dinosourus-neste wat ouer is as enige van dié wat nóg ontdek is, bewys dat dié diere goeie ma’s was.

Wetenskaplikes het neste met gefossileerde eiers, met embrio's, in die broeiplek in die Golden Gate Nasionale Park in die Vrystaat gevind.

Minstens 10 neste met tot 34 ronde eiers elk is gevind.

Hulle het ook klein voetspore gevind, wat daarop dui dat jong dinosourusse lank genoeg in die nes gebly het om in grootte te verdubbel.

Die neste het aan die ses meter lange Massospondylus behoort wat sowat 190 miljoen jaar gelede geleef het.

Die Massospondylus is ’n vroeë plantvretende dinosourus uit die laat Kryttyd, of die Jurassiese tydperk, het Die Burger vroeër berig.

Die nuwe vonds is sowat 100 miljoen jaar ouer as enige wat nog ooit gevind is.

Re: Oudste dinosourus-neste in Vrystaat ontdek

Posted: Thu Jan 26, 2012 8:22 am
by CasKru
Daai nes kan nie ouer wees as so 7000 jaar nie

Re: Oudste dinosourus-neste in Vrystaat ontdek

Posted: Thu Jan 26, 2012 8:33 am
by SideKick
CasKru wrote:Daai nes kan nie ouer wees as so 7000 jaar nie
Ja nee!

Re: Oudste dinosourus-neste in Vrystaat ontdek

Posted: Thu Jan 26, 2012 8:47 am
by witmamba
Het gelag vir 94.7 gister - hulle reken dis Riaan Cruywagen se huis!

Re: Oudste dinosourus-neste in Vrystaat ontdek

Posted: Thu Jan 26, 2012 8:59 am
by george
CasKru wrote:Daai nes kan nie ouer wees as so 7000 jaar nie
Ja Caster lok jy nou weer die mense uit :twisted:

Re: Oudste dinosourus-neste in Vrystaat ontdek

Posted: Thu Jan 26, 2012 9:26 am
by CasKru
george wrote:
CasKru wrote:Daai nes kan nie ouer wees as so 7000 jaar nie
Ja Caster lok jy nou weer die mense uit :twisted:
Nay.. se maar net wat ek glo :thumbup:

Re: Oudste dinosourus-neste in Vrystaat ontdek

Posted: Thu Jan 26, 2012 9:34 am
by Johan Kriel
Amper gedink julle praat van n toyota werkswinkel :lol:

Re: Oudste dinosourus-neste in Vrystaat ontdek

Posted: Thu Jan 26, 2012 10:57 am
by SWARTLUX
witmamba wrote:Het gelag vir 94.7 gister - hulle reken dis Riaan Cruywagen se huis!
Amper amper los ek 'n briekmerk soos ek nou gelag het! :lmao:

Re: Oudste dinosourus-neste in Vrystaat ontdek

Posted: Thu Jan 26, 2012 11:11 am
by Johan Havenga
Ek was heeltemal onbewus van die argeologie van Golden Gate.

Sien die naweek foto's by my oom wat laat verlede jaar 'n RSG 4x4 toer meegemaak het spesifiek om na die dinosaurus spore te gaan kyk.

Die spore lyk soos groot hoenderspore!

Re: Oudste dinosourus-neste in Vrystaat ontdek

Posted: Thu Jan 26, 2012 11:20 pm
by Doom
Ek sit nou en wonder: daai gat-in-die-grond-indaba wat so 'n ruk gelede in Bloemfontein gehou is deur (on-)bekende lede van die publiek, hou dit nie dalk verband met die ontdekking. Ek bedoel, daars baie ooreenkomste. . .
CasKru wrote:
george wrote:
CasKru wrote:Daai nes kan nie ouer wees as so 7000 jaar nie
Ja Caster lok jy nou weer die mense uit :twisted:
Nay.. se maar net wat ek glo :thumbup:
Ditto :thumbup:

Re: Oudste dinosourus-neste in Vrystaat ontdek

Posted: Fri Jan 27, 2012 7:37 am
by JJBotes
CasKru wrote:Daai nes kan nie ouer wees as so 7000 jaar nie

:thumbup:

Re: Oudste dinosourus-neste in Vrystaat ontdek

Posted: Fri Jan 27, 2012 8:00 am
by Piesang
CasKru wrote:Daai nes kan nie ouer wees as so 7000 jaar nie
:thumbup: :thumbup: :thumbup:

Toe ek die eersdte pos lees hou ek dadelik sê wat Cassie sê, maar gedink om my geloof siening terug te hou, maar nou ja Cassie jy het dit begin :razz:
Ek is nie 'n wetenskaplikke nie, en party van hul terme is vir my baie hoog en onverstaanbaar en dan is dit nog in engels, maar ek is mal oor die web blad http://creation.com/" onclick="window.open(this.href);return false;. Cassie op hierdie web blad is bewyse dat jy reg is en 190 000 000 wens dinkery is. Evolusie is nie wetenskap nie dis 'n geloof.

Maar hey ek sal laaik om daai spore te gaan sien.

Re: Oudste dinosourus-neste in Vrystaat ontdek

Posted: Fri Jan 27, 2012 8:20 am
by CasKru
Die feit van die ontdekking bly nog steeds baie interessant

Re: Oudste dinosourus-neste in Vrystaat ontdek

Posted: Fri Jan 27, 2012 10:20 am
by Johan Havenga
My oom hulle het saam met Francois Rossouw (RSG) gegaan.

http://www.rsg4x4klub.co.za/Golden%20Gate%202012.html" onclick="window.open(this.href);return false;

Re: Oudste dinosourus-neste in Vrystaat ontdek

Posted: Fri Jan 27, 2012 1:15 pm
by Hoppy
Ek dink ook hulle vat n vet kans met die ouderdom raai raai besigheid

Re: Oudste dinosourus-neste in Vrystaat ontdek

Posted: Fri Jan 27, 2012 1:32 pm
by Hangover
As ek dit nie mis het nie was daar iewers bewys dat koolstof veroudering of die ouderdom van fossiele weens hulle koolstof veroudering nie verder as 5000 jaar bewys kan word nie wat beteken dat die klomp geskatery bollie is en ek saam Cassie stem...

Re: Oudste dinosourus-neste in Vrystaat ontdek

Posted: Sat Jan 28, 2012 10:19 pm
by Piesang
hoeveel van julle weet dat daar menslikke skilette op gegrawe is waarvan die bobeen oor 'n meter lank is. baie van die geraamtes is nie as menslik erken in die begin nie, want evolusie leer dat ons van moeras sop ontstaan het en gelydelik gekom het tot die grote wat ons vandag is.

Daar is ook bewyse van mens voetspore saam met dinasorisse sin.

Re: Oudste dinosourus-neste in Vrystaat ontdek

Posted: Sat Jan 28, 2012 10:42 pm
by Mud Dog
Doen 'n Google search en bietjie naslag oor "Nephilim" ...... hulle word ook in die Ou Testament genoem. ;-)

Re: Oudste dinosourus-neste in Vrystaat ontdek

Posted: Sun Jan 29, 2012 8:30 am
by Piesang
Mud Dog wrote:Doen 'n Google search en bietjie naslag oor "Nephilim" ...... hulle word ook in die Ou Testament genoem. ;-)
Ja dis 'n bekende stuk daai, net jammer so baie mense wil dit nie glo nie, en maak dit af as 'n miete.