Apollo Tyres swaar beboet
Nov 14 2011 05:00
George Miller
Johannesburg. – Die bandevervaardiger Apollo Tyres (voorheen Dunlop) sal as deel van sy skikkingsooreenkoms met die Mededingingskommissie ’n administratiewe boete van R45 miljoen betaal weens sy deelname aan kartel-aktiwiteite in die bandevervaardigersbedryf.
Luidens ’n verklaring wat deur die Mededingingskommissie uitgereik is, is dié bedrag gelykstaande aan 4,75% van Apollo se omset vir die 2008-boekjaar.
Die kommissie het in Oktober verlede jaar ’n klag teen die Suid-Afrikaanse bandevervaardigerskonferensie (SATMC), Apollo, Goodyear, Continental en Bridgestone na die Mededingingstribunaal verwys vir uitspraak.
Dié klag hou verband met samespanning in tenderprosesse, prysvasstelling, marktoewysing en die uitruil van inligting tussen 1999 en 2007 tydens “koffietafelbesprekings” waarvoor die SATMC as platform gedien het.
Dié vergaderings is deur die vervaardigers se verkope- en bemarkingsverteenwoordigers bygewoon en hulle het onder meer die tydsberekening en gemiddelde persentasie-prysverhogings van bande gekoördineer en ooreengekom op die afslagstruktuur wat aan bandehandelaars gegee sal word. Die groep het ook besluit watter boodskap aan die mark gegee moet word om die verhogings te verduidelik.
Die kommissie se ondersoek en daaropvolgende klag voor die tribunaal het gevolg ná Parsons Transport in Oktober 2006 gekla het oor moontlike pryssamespanning. Die kommissie het die tribunaal aanvanklik gevra om die grootste boete wat hy kan – 10% van die totale omset van elk die SATMC, Apollo, Goodyear en Continental vir 2008 – op te lê.
Bridgestone is voorwaardelik van vervolging gevrywaar nadat hy kragtens die kommissie se korporatiewe toegeeflikheidsbeleid ’n bekentenis oor sy deelname aan kartel-aktiwiteite gedoen het.Apollo sal as deel van die skikkingsooreenkoms ’n voldoeningsprogram ontwikkel en in werking stel om sy werknemers van die bepalings van die Mededingingswet in te lig. Die kommissie het die skikkingsooreenkoms vir bekragtiging na die tribunaal verwys.
Apollo Tyres (Voorheen Dunlop) swaar beboet.
- kfxnando
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1706
- Joined: Mon Feb 01, 2010 4:33 pm
- Town: Germiston
- Vehicle: Ford V6 3.4 Courrier soon to be powered by Yamaha!! Jeep GC 4.7 V8, Aygo broken traded for a Kia Picanto.2ex, 2012 Jeep GC 5.7 V8 Ovrrland
- Real Name: Fernando
- Contact:
Re: Apollo Tyres (Voorheen Dunlop) swaar beboet.
again we get ripped off, and this just helps me to make up my mind
am about to buy tires, and it won't be a local tire thief that will get my money
:evil: :evil:
am about to buy tires, and it won't be a local tire thief that will get my money
:evil: :evil:
http://www.youtube.com/user/kfxnando" onclick="window.open(this.href);return false;
http://community.webshots.com/user/kfxnando" onclick="window.open(this.href);return false;
http://s538.photobucket.com/albums/ff343/kfxnando/" onclick="window.open(this.href);return false;
http://community.webshots.com/user/kfxnando" onclick="window.open(this.href);return false;
http://s538.photobucket.com/albums/ff343/kfxnando/" onclick="window.open(this.href);return false;
- Polarbear2008
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1270
- Joined: Sat Feb 28, 2009 1:43 pm
- Town: Cape Town
- Vehicle: 01 Hilux Kz-te 4x4 Raider d/c
- Real Name: Theunis
- Club VHF Licence: X49
- Location: Durbanville, Cape Town
Re: Apollo Tyres (Voorheen Dunlop) swaar beboet.
This is precisely what their greed is causing! More people are turning to imports that are good value and not a hole in one's pocket after the sale! I'm on a second set of Kumho tyres and will (when the time comes) buy Kumho again! Continental and Dunlop and all those stealers can go and waste someone elses time, thank you!
01 Hilux 3.0L KZ-TE 4x4 Raider d/c
GME Gx300 29meg & Vertex VX2200 VHF radio
Mikem load springs with greasable shackles and polybushes
Monroe Gas Magnum shocks
Kumho Road Venture AT - 30x9.5x15
National Luna Dual battery system
Frontrunner roofrack with s/steel table
Twin rear high lift jack points
Hilux4x4club sticker! ('nuf said!)
Echo3 4x4 offroad trailer with NL 74 Litre Fridge/Freezer
Dual loadbox slides
Wishlist:
Alu canopy
Warn Winch
Unlimited Fuel & Travel Budget!
GME Gx300 29meg & Vertex VX2200 VHF radio
Mikem load springs with greasable shackles and polybushes
Monroe Gas Magnum shocks
Kumho Road Venture AT - 30x9.5x15
National Luna Dual battery system
Frontrunner roofrack with s/steel table
Twin rear high lift jack points
Hilux4x4club sticker! ('nuf said!)
Echo3 4x4 offroad trailer with NL 74 Litre Fridge/Freezer
Dual loadbox slides
Wishlist:
Alu canopy
Warn Winch
Unlimited Fuel & Travel Budget!