Page 1 of 1

Toe groet my Hilux ook.....

Posted: Wed Aug 31, 2011 8:17 pm
by Gerrit S
Ek was lus om te huil :cry: Sondag oppad na my skoonpa op Fochville net voor ek die dorp inry toe se my Hilux krrrrrrrrr en gaan staan. Dis die 3000D wat ek so 5 maande terug gekoop het en baie lekker mee gery het. Temperatuur was normaal, olie was reg en ek het stadig gery ook. Glo nie hy het bearings geslaan of so iets nie, klink vir my meer na timing belt wat gebreek het. Sal volgende week begin oopmaak as ek tyd kry, nou net te besig. Hoop maar ek kan net die top en valves doen en timing belt vervang, hoop nie daar is te veel skade nie :beg: Seer oog om hom so te sien staan.... :blackeye:

Re: Toe groet my Hilux ook.....

Posted: Wed Aug 31, 2011 8:21 pm
by Ou vale1
Hoop net jy't hom met 'n Hilux ingesleep :thumbdown:

Re: Toe groet my Hilux ook.....

Posted: Wed Aug 31, 2011 8:29 pm
by Mud Dog
Jammer om te hoor Gerrit! :( Hoop die skade is nie te erg nie. :think:

Re: Toe groet my Hilux ook.....

Posted: Wed Aug 31, 2011 8:38 pm
by OOOOMS
Ai...dissie 'n lekker storie nie....grrrrrrr..... :naah:

Re: Toe groet my Hilux ook.....

Posted: Wed Aug 31, 2011 8:40 pm
by Rebel 4x4
Eish, hoeveel kilo's het die bakkie op? Wanneer laas was die timing belt verander (as jy service rekord het)

Re: Toe groet my Hilux ook.....

Posted: Wed Aug 31, 2011 8:52 pm
by Gerrit S
My skoonpa het my ingesleep met sy........... Land Rover Defender :blushing: Ek weet........... :shifty: Hy het nou so 273000 km op met 'n volle Toyota diensrekord tot op 260000km. Ek het hom gekoop op 262000 by my vrou se oom. Self gediens op 270000km. T-belt liggie was nog af so ek het maar vertrou Toyota se manne het hom vervang. Die boekie se elke 150000km so dit was weer tyd op 300000km vir belt

Re: Toe groet my Hilux ook.....

Posted: Wed Aug 31, 2011 9:55 pm
by Polarbear2008
Gerrit

Jammer om te hoor man! Ek weet hulle se hind sight is always 20/20, maar meeste mense wat ek ken vervang timing belts op 100 k, hoewel Toyota se 150 k en hulle liggie skree eers op 150k!

Hoop jy het so min as moontlik skade!

Re: Toe groet my Hilux ook.....

Posted: Wed Aug 31, 2011 10:13 pm
by Donkey
Eish yah! Sorry to hear - know the feeling when your gut goes cold inside, hope it's nothing hectic.

Re: Toe groet my Hilux ook.....

Posted: Thu Sep 01, 2011 2:03 pm
by The Legend
Ai man nie lekker om so iets te beleef nie.Hou ons op hoogte met wat gebeur het.

Re: Toe groet my Hilux ook.....

Posted: Thu Sep 01, 2011 3:09 pm
by ToyX4
Hy, ek het verby julle gery Sondag midda, oppad Potch toe. Ek het amper gekots toe ek dit sien.
As ek reg onthou is jou bakkie n donker kleur(groen of blou) met n canvass kappie. Maar ek onthou die Landy wat die Hilux gesleep het.

Hoop jy kry hom gou reg!

Re: Toe groet my Hilux ook.....

Posted: Thu Sep 01, 2011 6:19 pm
by Gerrit S
My bakkie is grys met met 'n grys canopy. Glo dit was die enigste Landy wat 'n Hilux gesleep het Sondag. Ek weet sommer dit sal die laaste keer ook wees. Sal julle op hoogte hou wat het gebeur en wat dit kos. Moet net eers die een trok deur die toets kry en die ander een se enjin aanmekaar sit dan kom die Hilux. Ek brand al om hom uitmekaar te haal en reg te maak en weer te ry maar die besigheid kom nou eers eerste. Hou julle op hoogte.........

Re: Toe groet my Hilux ook.....

Posted: Fri Sep 02, 2011 10:52 am
by jan30
Sjoe jammer om te hoor. :thumbdown:
Toe ek laas daardie geluid gehoor het het my krank gebreek so ek hoop dis jou timing belt :thumbup:
Voorspoed :think: :think:

Re: Toe groet my Hilux ook.....

Posted: Sat Sep 17, 2011 8:46 pm
by Gerrit S
Het toe Donderdag na 'n lank gewag tyd gekry om die enjin oop te maak. Timing belt het toe gebreek :thumbdown: Top afgehaal, pistons en sleeves lyk nog mooi na 272000km, die valves het definitief gebuig. Hoop die res van die top is nog OK, het hom ingegee vir engineering werke so wag maar om van hulle te hoor. Lyk darem nie na te veel skade nie :clap: Waar is beste plek om parte te koop soos gaskets, valves en miskien waterpomp terwyl hy oop is? Ek sien die exhaust manifold het ook 'n kraak in, seker beter om te vevang as om te laat sweis?

Re: Toe groet my Hilux ook.....

Posted: Sat Sep 17, 2011 8:50 pm
by Donkey
Good luck Gerrit :thumbup:

Re: Toe groet my Hilux ook.....

Posted: Sun Sep 18, 2011 9:04 am
by 0000DS
Gemini Parts. Goeie parte teen 'n goeie prys :thumbup:

011 334 1417 - hulle is in JHB

Re: Toe groet my Hilux ook.....

Posted: Sun Sep 18, 2011 10:43 am
by Gerrit S
Dankie vir die nommer, sal hulle bel more vir pryse. Kan nie meer wag om die sleutel te draai en weer die enjin te hoor nie :yahoo: Jy weet nie wat jy mis totdat jy dit nie meer het nie. Nog iets wat ek wil weet, moet die top boute weer getrek word (torque) word na 'n tyd of sit ek die top op, torque die boute en los hom?? :problem: Van my trokke moet jy na bv 'n week of so nadat die enjin gedoen is en 'n bietjie gery het weer die top boute net skiet en weer torque. Ander weer nie, hulle het stretch boute, jy sit die top op en torque hom net een keer. Ek sien nie iets daaroor in die handleiding nie, hulle gee net die hoeveelhede om te torque.

Re: Toe groet my Hilux ook.....

Posted: Sun Sep 18, 2011 12:49 pm
by jacques kotze
Gerrit S wrote:Dankie vir die nommer, sal hulle bel more vir pryse. Kan nie meer wag om die sleutel te draai en weer die enjin te hoor nie :yahoo: Jy weet nie wat jy mis totdat jy dit nie meer het nie. Nog iets wat ek wil weet, moet die top boute weer getrek word (torque) word na 'n tyd of sit ek die top op, torque die boute en los hom?? :problem: Van my trokke moet jy na bv 'n week of so nadat die enjin gedoen is en 'n bietjie gery het weer die top boute net skiet en weer torque. Ander weer nie, hulle het stretch boute, jy sit die top op en torque hom net een keer. Ek sien nie iets daaroor in die handleiding nie, hulle gee net die hoeveelhede om te torque.
Ek is nie so seker of jy na week of so dit weer moet torque nie. Ek dink nie so nie, sou al daarvan gehoor het as dit so was. Ek het nog nooit gehoor dat n werktuigkundige vir iemand se dat hy na n week sy voertuig moet terug bring vir so iets nie. Maar maak net seker by die stealers.

Re: Toe groet my Hilux ook.....

Posted: Sun Sep 18, 2011 3:25 pm
by cheetah
Jammer, om te hoor van jou skade. Het vermoed miskien die timing belt, hoop jy is gou op die pad.

Re: Toe groet my Hilux ook.....

Posted: Wed Sep 28, 2011 9:45 pm
by Gerrit S
Het Vrydagmiddag en die hele Saterdag van 8:30 tot 17:30 aan my Hilux gewerk en hom toe gestart net voor die son sak :yahoo: Wat 'n verligting om hom weer voor my deur te sien staan :wave: Die top met die engineering werke en al die parte ( nuwe valves, seels, bushes, timing belt en gaskets) het my so R3500 gekos. Ek het 'n nuwe exhaust manifold en 'n nuwe grill ook gekoop wat die totale bedrag gespandeer so op R5000 gebring het :blink: Ten minste loop hy weer en ek kan nie gelukkiger wees nie :yahoo: Die maand wat hy gestaan het het soos 'n ewigheid gevoel. Nou kan ek weer RY :thumbup:

Re: Toe groet my Hilux ook.....

Posted: Fri Sep 30, 2011 8:11 am
by Donkey
:mexwave: