Page 1 of 1

Upcoming trip to Kgalagadi and western cape

Posted: Mon Jul 11, 2011 9:34 am
by RooiLux
So ja beplanning is in wording vir ons beplande trip va n22 Augustus tot en met 4 September
Ons beplan om Kuruman, Kgalagadi te besoek Nossob camp dan af te ry weskus toe blomme te kyk en nog so paar dinge daar te bekyk.

By Augrabies gan beslis 'n draai gemaak word.

Ons gan bietjie op die strand camp besluit nog oor of ons springbok karavaan park gaan vat of Port nolloth.

Sal baie fotos neem en post sodra ons die trippie gedoen het.

As julle enige voorstelee het van plekke om by te stop en dinge om te sien laat weet asb.Ons het so vinnig uitgewerk net die gewone trippe sonder enige addisionele stoppe is so om en by 3800km.En ons gan Kimberley besoek so oppad terug huis waarts.

Sien baie uit na die ruskans en mooi afrika wat vir ons wag :thumbup: En om dalk ook van die mede forum lede dalk so op die pad te sien dalk daar in die weskus.

Re: Upcoming trip to Kgalagadi and western cape

Posted: Mon Jul 11, 2011 5:25 pm
by Mud Dog
Nice little 2 week round trip! :thumbup:

Re: Upcoming trip to Kgalagadi and western cape

Posted: Mon Jul 11, 2011 6:23 pm
by ThysdJ
Hello Marius, dit klink na 'n lekker trip. Waar beplan jy om in die Kgalagadi in te gaan? :thumbup: :thumbup:

Re: Upcoming trip to Kgalagadi and western cape

Posted: Mon Jul 11, 2011 6:31 pm
by Bernie
Try om by Riemvasmaak n' draai te maak.

Re: Upcoming trip to Kgalagadi and western cape

Posted: Tue Jul 12, 2011 10:17 am
by RooiLux
ThysdJ wrote:Hello Marius, dit klink na 'n lekker trip. Waar beplan jy om in die Kgalagadi in te gaan? :thumbup: :thumbup:
Gaan by nossob kamp,en so deur ry was nog nooit daar nie so ken nie die plek nie so ja ons sal sien wat wag vir ons

Re: Upcoming trip to Kgalagadi and western cape

Posted: Tue Jul 12, 2011 10:57 am
by ThysdJ
Die rytyd tussen Tweerivieren en Nossob is nogals iets om mee rekening te hou, veral as jy na die middag eers deur Tweerivieren se hek inkom. Die pad is gewoonlik baie sleg en die spoedgrens is 50km/h. Uit ondervinding neem dit langer as die verwagte 3.5 tot 4 ure. :twisted: :twisted:

Jy sal nie spyt wees nie... :twisted: :twisted: :twisted:

Re: Upcoming trip to Kgalagadi and western cape

Posted: Tue Jul 12, 2011 11:20 am
by RooiLux
ThysdJ wrote:Die rytyd tussen Tweerivieren en Nossob is nogals iets om mee rekening te hou, veral as jy na die middag eers deur Tweerivieren se hek inkom. Die pad is gewoonlik baie sleg en die spoedgrens is 50km/h. Uit ondervinding neem dit langer as die verwagte 3.5 tot 4 ure. :twisted: :twisted:

Jy sal nie spyt wees nie... :twisted: :twisted: :twisted:
Dankie vir die info Thys :thumbup:

Posted: Tue Jul 12, 2011 1:23 pm
by arnize2
Dit is nou 'n lekker toets vir die EFI. Ek wag vir jou verslag. :thumbup:

Re: Upcoming trip to Kgalagadi and western cape

Posted: Tue Jul 12, 2011 2:05 pm
by RooiLux
arnize2 wrote:Dit is nou 'n lekker toets vir die EFI. Ek wag vir jou verslag. :thumbup:
Gaan met die Terios :lol:

Die bakkie is nog by Louis en behoort eers teen die naweek klaar te wees en ek wil ook nie so lang pad aanvat voor ek die bakkie eers goed ingeloop en getoets het nie so ek sal vir Rooilux vir eers by die huis los tot en seker is als is 100% voor ek 'n lang trip aanvat met hom.

My seun en meisie gaan ook saam so spasie agter is ook maar hoof rede hoekom ons die bakkie nie vat nie

Re: Upcoming trip to Kgalagadi and western cape

Posted: Tue Jul 12, 2011 2:23 pm
by Bosfebok
Hi

Was einde Mei in die Kgalagadi. Awesome gewees...

Die pad tussen Twee Rivieren en Nossob is gesluit. Jy moet van Twee Rivieren af oppad na Mata-Mata toe ry en dan die boonste duinepad ry om by Nossob uit te kom, so beplan maar 6 ure om by Nossob uit te kom. Die boonste Duinepad is baie mooi en sleep lekker, die res van die paaie skud jou dinges af met die sinkplaat...

Wiele afgeblaas na 1.2 bar.... en toe even nog erg die sinkplaat gevoel..

Jy moet by Mata-Mata ook kamp... baie lekker daar, die hienas kom sommer tot teen die draad...

As ek weer moet gaan, sal ek een van daai 4x4 roetes doen ... niks sinkplaat nie :thumbup:

Geniet die trip... O ja, as ek weer gaan, sal ek nie vir minder as twee weke gaan nie...

Re: Upcoming trip to Kgalagadi and western cape

Posted: Tue Jul 12, 2011 2:36 pm
by ThysdJ
Bosfebok wrote:As ek weer moet gaan, sal ek een van daai 4x4 roetes doen ... niks sinkplaat nie :thumbup:
DIS wat jy dink!! Die ouens met hulle duur 4x4's en harde bande trap die sandpaadjies net so lekker sinkplaat... en crossaxles al die pad.. :evil: :evil:
Bosfebok wrote:Geniet die trip... O ja, as ek weer gaan, sal ek nie vir minder as twee weke gaan nie...
Vir seker, enige iets minder as 10 dae is vir my ook te kort... :cool: :cool:

Re: Upcoming trip to Kgalagadi and western cape

Posted: Tue Jul 12, 2011 2:46 pm
by Bosfebok
ThysdJ wrote:
Bosfebok wrote:As ek weer moet gaan, sal ek een van daai 4x4 roetes doen ... niks sinkplaat nie :thumbup:
DIS wat jy dink!! Die ouens met hulle duur 4x4's en harde bande trap die sandpaadjies net so lekker sinkplaat... en crossaxles al die pad.. :evil: :evil:

Seker so... maar jy het nie 100 karre voor jou wat die stof so opjaag nie en jy kan op jou eie pace die roete doen, hoef nie te worry oor die haastige ou agter jou wat wil verby kom nie..

Re: Upcoming trip to Kgalagadi and western cape

Posted: Tue Jul 12, 2011 3:29 pm
by ThysdJ
Bosfebok wrote:Seker so... maar jy het nie 100 karre voor jou wat die stof so opjaag nie en jy kan op jou eie pace die roete doen, hoef nie te worry oor die haastige ou agter jou wat wil verby kom nie..
ook weer waar, maar ek is in die gelukkige posisie dat ons buite seisoentyd kan gaan kuier, so ons sukkel nie met verkeersknope nie. Alhoewel ek ook al die 4x4 roetes daar geniet. mens sien net soveel meer.. :thumbup: :thumbup:

Re: Upcoming trip to Kgalagadi and western cape

Posted: Wed Jul 13, 2011 8:59 am
by arnize2
RooiLux wrote:
arnize2 wrote:Dit is nou 'n lekker toets vir die EFI. Ek wag vir jou verslag. :thumbup:
Gaan met die Terios :lol:

Die bakkie is nog by Louis en behoort eers teen die naweek klaar te wees en ek wil ook nie so lang pad aanvat voor ek die bakkie eers goed ingeloop en getoets het nie so ek sal vir Rooilux vir eers by die huis los tot en seker is als is 100% voor ek 'n lang trip aanvat met hom.

My seun en meisie gaan ook saam so spasie agter is ook maar hoof rede hoekom ons die bakkie nie vat nie
Okay. Sal nou maar moet langer wag. :beach: