Page 1 of 1

Dealing with diabetes Type 1

Posted: Sun May 15, 2011 9:28 am
by hentey
What a bummer!!!!Yes my 7 year old daughter was diagnosed with diabetes type 1 this week.I cannot discribe to you the level of hurt/confussion/pain it causes but taking control and adjusting our lifestyle will be key factors the next couple of weeks.This is not the end of the world I know,but life changing.......YES. To gain more information or to relate with fellow Hiluxers dealing with the same problem please feel free to comment on the related topic.If you can, do so in Afrikaans as I want to show her the replies and she only started reading this year.Her name is Le-Ree' and she is one beautifull ,energetic young lady(takes after her father you know). ;-)

Re: Dealing with diabetes Type 1

Posted: Sun May 15, 2011 9:40 am
by scooby
wel soos jy se.dis nie die einde van die wereld nie.dit beteken ons moet maar net beter na ons liggaam kyk.en definitief ons dieet verander.daar is miljoene wat dit het en saam met n gesonde leefstyl lewe.

Re: Dealing with diabetes Type 1

Posted: Sun May 15, 2011 11:01 am
by Vlak vark
wel Hentey, dit is nie die einde van die wereld nie, dit is die begin van n nuwe een. Ek en boere meisie(Kristy)is altwee diabete. Vir ons is dit nie n siekte nie maar n lewyse. As jou lewenswyse reg is kan jy n heel normale lewyse ly. Ek neem aan dat julle klaar by n dieetkundige was. Julle almal sal op die dieet moet gaan so dat Le-Ree' nie uitvoel nie. Reel ook by die skool dat haar maatjies nie vir haar soetgoed gee nie wat haar bloed suiker sal opjaag. Sterkte en wees maar geduldig.

Re: Dealing with diabetes Type 1

Posted: Sun May 15, 2011 11:07 am
by Mud Dog
Aai, jammer om daarvan te hoor Hentey / Le-Ree' .... dis glad nie lekker nie. Soos gesĂȘ ... dieet en leefstyl moet verander. Iets interesants wat ek by die plaaslikke Swartes hier gehoor het, is om 'n tee te maak van guava blare deur dit so bietjie in 'n pot op die stoof te laat kook. Dan drink jy so 'n halwe koppie, warm of koud, elke dag as die suiker hoog is. Nou weet ek nie hoeveel keer per dag, of as dit net soggens of net saans gedrink word, asook hoe goed dit werk. Sal bietjie moet na-vra. Noem dit net in geval julle so iets sou wil probeer, en as dit wel help is dit beter as insulin inspuitings. Daar is seker ander 'homeopathic' medisyne beskikbaar oor die toonbank, maar daar sal julle bietjie navorsing moet doen. Ek hoop dit help darem bietjie. ;-)

Sterkte aan julle met die aanpassing. :thumbup:

Re: Dealing with diabetes Type 1

Posted: Sun May 15, 2011 1:22 pm
by ChrisF
Le-Ree meeste van ons gebruik medikasie, en baie van ons moet elke dag medikasie gebruik. So jy is beslis nie alleen nie. Jy sal nou maar net n bietjie anders eet as van jou maatjies, maar jy kan n normale lewe ly. Ek het nie eens diabetes nie en volg al vir amper 10 jaar n diabetiese dieet. Dis n baie gesonde leefstyl.

Hentey - praat ook met die dokter oor LAE bloedsuiker. Dit kan jou net so maklik in n koma sit, en as jy nie weet wat aangaan nie kan dit jou lelik onkant vang.