Page 1 of 1

ORRA Lisensies

Posted: Sat May 07, 2011 1:11 pm
by Dorslandtrekker
Dagsê Almal,

Ek was nou vir 'n maand weg na Zambië (Kuomboka Seremonie bygewoon) en die Wildekus 4x4 roetes gedoen. Ek het nog geen korespondensie of lisensies vanaf ORRA ontvang nie en wonder net wat sou die vertraging wees? Ek wil nie vir Rina kontak nie want ek glo sy is al redelik G@#vol om al die navrae te antwoord. Weet iemand dalk wat die posisie aangaande die uitreiking van lisensies tans is?

Groetnis van huis tot huis.
Frik

Re: ORRA Lisensies

Posted: Sat May 07, 2011 1:58 pm
by Family_Dog
Frik, lisensies is al lankal uitgepos of ge-email. Stuur viur Rina 'n email.

Of download sommer jou vorm en stuur dit met paaiement aan.

http://www.aawdc.org.za/fg_orra.asp" onclick="window.open(this.href);return false;


-F_D

Re: ORRA Lisensies

Posted: Sat May 07, 2011 3:49 pm
by Dorslandtrekker
Dankie Eric, sal dit Maandag gou afhandel.
Frik

Re: ORRA Lisensies

Posted: Sat May 07, 2011 4:51 pm
by ChrisF
Rina het aangedui dat iets soos 200 van die eposse wat sy uitgestuur het, "terug gebons" het.

So as u nog nie korrespondensie ontvang het nie, kontak haar gerus.

Re: ORRA Lisensies

Posted: Sat May 07, 2011 5:20 pm
by Dorslandtrekker
Dankie Chris, ek sal sommer by haar kantoor omgaan, nie vêr van my af nie.

Re: ORRA Lisensies

Posted: Sun May 08, 2011 10:35 pm
by OOOOMS
Ek het uiteidelik my ORRA lisensie hernuwing vorm eers Vrydag in die pos gekry :yahoo: :yahoo: :yahoo:

So daar moet seker erens 'n vertraging wees....?

Re: ORRA Lisensies

Posted: Mon May 09, 2011 12:43 pm
by ChrisF
nee wat mark, jy moet tog jou epos adres vir Rina gee. :)

lankal ontvang en betaal.

Re: ORRA Lisensies

Posted: Mon May 09, 2011 1:45 pm
by OOOOMS
ChrisF wrote:nee wat mark, jy moet tog jou epos adres vir Rina gee. :)

lankal ontvang en betaal.
Ek het, maar nooit 'n reply van haar af gekry nie.......... :o:

Re: ORRA Lisensies

Posted: Thu May 12, 2011 8:35 pm
by Dorslandtrekker
Ek het Maandag my fooie betaal en dit persoonlik by Rina gaan inhandig. Vind toe uit dat my e-pos adres verkeerd op haar stelsel is. Haar rekenaar het egter ook nou 'n klomp inligting verloor wat sake verder bemoeilik. Rina het belowe om my te kontak sodra die lisensies gereed is. Tot nou toe het ek nog niks van haar gehoor nie.