Page 1 of 1

Steak wat smelt in jou mond

Posted: Fri Mar 04, 2011 11:26 am
by lappies
More manne en manninne

Hierdie resep kom van my ouma grootjie af en ons gebruik hom elke keer as ons T-Bone of Rump steak gaar maak.

Pak n lagie vleis onder in die bak strooi Robertsons steak en chops spesirye op en dan meat tenderizer as jy nie meat tenderizer het nie kan jy bak poeier gebruik. Ek gebruik altyd bak poeier want vir my werk dit baie beter. Vat dan Woester sous en gooi dit bo oor sodat jy die hele steak bedek het. Drai die vleis dan om en doen die selfde ander kant. As julle baie mense is pak net nog n laag bo op en herhaal boonste stappe. Maak die bak toe en laat dit week vir so 6 ure of meer maar nie langer as 24 uur nie jou vleis sal uit mekaar uit val.Jy kan dit in die yskas sit.

Haal dan die vleis uit die bak en braai jou vleis soos jy dit wil he. Passop dat kole nie te warm is nie.
Moet nie oortollige sous in die bak oor die vleis gooi nie.

Hoop julle kan die een gebruik myne het ek gisteraand aand al voorberei vir vanaavd se braai daai 750g T bones lyk darem te mooi as hulle so le en wag.

Sterkte vir die lions vanaand en dan wil ek net vir die stormers se die TOYOTA CHEETAHS kom kaap toe.

Re: Steak wat smelt in jou mond

Posted: Fri Mar 04, 2011 11:36 am
by OOOOMS
Dankie Nelis, nou's ek darem honger
61GAVXPEWFL._PC_.jpg
!!!

Re: Steak wat smelt in jou mond

Posted: Fri Mar 04, 2011 11:44 am
by Shimano
Lappies,

As ons klaar is met die Cheetahs dan courier ons hulle sommer terug Bloem toe met DHL. :lol:

Stormers groete en ek hoop die Lions skop gat die naweek. :taunt:

Re: Steak wat smelt in jou mond

Posted: Fri Mar 04, 2011 11:54 am
by CasKru
Honger is ek ook nou skielik......

Re: Steak wat smelt in jou mond

Posted: Fri Mar 04, 2011 12:50 pm
by Maddoglips
:evil:

You Guys are so wrong, do you have any idea how long this day still is before I can get to BRAAI :beg:

Re: Steak wat smelt in jou mond

Posted: Fri Mar 04, 2011 12:54 pm
by lappies
[quote="Shimano"]Lappies,

dan courier ons hulle sommer terug Bloem toe met DHL. :lol:



Daai gaan nie werk nie want dan het ons nie meer n span nie DHL is bekend daar voor om pakkies te laat weg raak.Dit gaan nie werk nie want rugby in suid afrika gaan doodloop sonder sterk kompetisie

Re: Steak wat smelt in jou mond

Posted: Fri Mar 04, 2011 12:57 pm
by Borntofish
Sies!

Re: Steak wat smelt in jou mond

Posted: Sat Mar 05, 2011 4:29 pm
by Thabogrobler
Ek het my steaks so gemarineer - jy hoop hulle kom mooi op die bord aan!!!

Re: Steak wat smelt in jou mond

Posted: Sat Mar 05, 2011 4:45 pm
by OOOOMS
My T-Bone le nou en wag vir my vir more :thumbup:

Re: Steak wat smelt in jou mond

Posted: Sat Mar 05, 2011 5:12 pm
by ChrisF
aag nee magtig man ... HEELTEMAAL te warm om nou hier n vuur aan te steek .... :(


hoe lank gaan ek nou kwyl .....

Re: Steak wat smelt in jou mond

Posted: Sun Mar 06, 2011 1:01 am
by Thabogrobler
Ok, ok, dit was baie lekker!!

Wees net versigtig vir 'n te warm vuur - die woester sous brand baie maklik.

Re: Steak wat smelt in jou mond

Posted: Sun Mar 06, 2011 7:09 am
by OOOOMS
Sterkte vir die lions vanaand en dan wil ek net vir die stormers se die TOYOTA CHEETAHS kom kaap toe.
Arme Lions en Cheethas het niks gekry nie........ :thumbdown:

Re: Steak wat smelt in jou mond

Posted: Sun Mar 06, 2011 6:19 pm
by ChrisF
OOOOMS wrote:
Sterkte vir die lions vanaand en dan wil ek net vir die stormers se die TOYOTA CHEETAHS kom kaap toe.
Arme Lions en Cheethas het niks gekry nie........ :thumbdown:
Mark gedra jou. Los die welpies en ander katjies uit .....


ek hoor blou bul steak is baie lekkerder :tease:

Re: Steak wat smelt in jou mond

Posted: Sun Mar 06, 2011 7:24 pm
by OOOOMS
ChrisF wrote:
OOOOMS wrote:
Sterkte vir die lions vanaand en dan wil ek net vir die stormers se die TOYOTA CHEETAHS kom kaap toe.
Arme Lions en Cheethas het niks gekry nie........ :thumbdown:
Mark gedra jou. Los die welpies en ander katjies uit .....


ek hoor blou bul steak is baie lekkerder :tease:
Sal binne kort weet as die Haaitjies hulle in die hande kry :lol:

So weer op die topic....die Woester sous werk beslis :thumbup:

Dankie vir die tip :!: :!: :!:

Re: Steak wat smelt in jou mond

Posted: Mon Mar 07, 2011 7:46 am
by lappies
Ok, ok, dit was baie lekker!!

Wees net versigtig vir 'n te warm vuur - die woester sous brand baie maklik.

Dis net n plesier.
Ek het mos gewaarsku teen te warm vuur.