Page 1 of 1

Beplan n trip kort hulp

Posted: Mon Aug 23, 2010 1:14 pm
by CHOMPFS
Ons is so 3 voertuie wat al 4 jaar saam toer en dus nou die laaste 2 jaar wat ons se mosambiek hier kom ons . Maar elke keer net sodra ons begin die trip beplan dan sukkel ek met campsites se tel no of e pos adresse . Ons dink daaraan om kozi baai om te begin hoe ver op is ons ook nie te seker oor nie . Ek wil my self nie dood ry nie wil darem ook bietjie vis vang ook . Of moet ons deur die Kruger park mosambiek in . En dan weer binne land terug kom ons gaan altyd vir so 13 tot 14 dae weg . Dat as jy 2 weke verlof vat het jy darem so paar daar oor wat jy rustig kan wees voor jy weer begin werk . :sos: :sos:

Re: Beplan n trip kort hulp

Posted: Mon Aug 23, 2010 2:45 pm
by OOOOMS
Corrie,ons was vroer die jaar tot in Malangane, van daar af na Santa Maria. (so 3/4 uur se ry) Daar is 'n primatiewe kamp area daar, met gras, basiese shower en toilet. Baie rustig :thumbup:

Re: Beplan n trip kort hulp

Posted: Mon Aug 23, 2010 8:53 pm
by JohanM
Corrie,

Vir hoelank wil julle gaan??
Watter Area wil jy spesifiek sien??

Daar is plekke op daai roete wat jy genoem het, maar minhet kontak besonderhede. Gee so bietjie info oor hoe julle beplan dan kyk ons of ons kan help. :thumbup: