Page 1 of 1

3.0 Kz-TE betroubaarheid

Posted: Thu Jun 10, 2010 8:14 am
by Raider4x4
Is daar enige iets om spesifiek op die uitkyk te wees as ek na n 3.0 Kz-Te kyk, turbo's etc.

Ek moet my trokkie nou verkoop en dan n trok kry wat ek mamma kan gebruik as daily driver en vir my as ek wil berg toe wil gaan, ek dink die 2.7 Petrol gaan my eet so ek soek na n diesel.

Hier naby my staan n 2.4D dink dis n 1995-1999 model vir 85k, skoon en lyk goed, hoes die trokke se brandstof verbruik?

Re: 3.0 Kz-TE betroubaarheid

Posted: Thu Jun 10, 2010 5:11 pm
by louis fourie
Okkie, ek ry my KZ nou al vir so 18 maande en is baie tevrede. Hy is nie gechip nie en het ook nie 'n intercooler in nie (sal dit graag wil doen). Ek sou aanbeveel jy van die KZ waarin jy belangstel vir 'n dyno. Die ouens kan gewoonlik vir jou sĂȘ as daar iets fout is met jou kompressie, turbo ens. Ek het die een wat ek gekoop het gevat vir wheel alignment (voordat ek gekoop het) net om seker te maak daar is nie ongeluk skade nie. Hoop jy kry iets waarin jy belangstel.

m2cw

Re: 3.0 Kz-TE betroubaarheid

Posted: Thu Jun 10, 2010 6:24 pm
by Joshua
Hi Hennie,

Ek het my 2003 KZ-TE met 160 000 km op nou al 2 jaar, gechip, intercooler, groter exhaust, die lot.
Hy is net 'n plesier om te ry en is baie betroubaar.
:thumbup: :thumbup: :thumbup:

Re: 3.0 Kz-TE betroubaarheid

Posted: Thu Jun 10, 2010 6:30 pm
by MORNE
Raider4x4 wrote:Is daar enige iets om spesifiek op die uitkyk te wees as ek na n 3.0 Kz-Te kyk, turbo's etc.

Ek moet my trokkie nou verkoop en dan n trok kry wat ek mamma kan gebruik as daily driver en vir my as ek wil berg toe wil gaan, ek dink die 2.7 Petrol gaan my eet so ek soek na n diesel.

Hier naby my staan n 2.4D dink dis n 1995-1999 model vir 85k, skoon en lyk goed, hoes die trokke se brandstof verbruik?
Hier in die Kaap onder die werktuigkundiges het hy al n bynaam "popper",maak maar jou eie afleidings.Betroubaarheid = 2.7i

Re: 3.0 Kz-TE betroubaarheid

Posted: Fri Jun 11, 2010 10:17 am
by vastrap
Ry nou my tweede tweedehandse Kz. 2001 model gekoop met 120 000 op, verkoop met 250 000. 2005 model gekoop met 90 000 op en hy het nou 130 000 op. Nie n' oomblik se probleme nie. Diens hulle self elke 10 000km. Gemiddelde brandstof verbruik van dat ek die 2005 gekoop het is 9.6km per liter. Ek ry vir die werk so ek hou boek. Gaan my 2005 nou chip/cool/zorst ens. Ek ry ook baie grondpad en hoewel hy bietjie stamp hoef ek nie elke 500km wheel alignment te stel soos die Isuzu manne hier om my nie en ek hoef ook nie agteraste te vervang soos die Nissan en Discovery manne nie.

My storie.