Page 1 of 1

Hilux diens in Laeveld

Posted: Wed Jun 09, 2010 1:48 pm
by MaPaZa
Ek is 'n nuwe Hiluxer, en lees aan die een kant hoe betroubaar en onvernietigbaar is die Hilux, maar daar is ook net soveel, indien nie meer nie, artikels oor probleme, en veral - dit lyk my - 'n algehele wantroue in Toyota handelaars feitlik regoor die land. Wat sê die Hiluxers in en om Nelspruit in die laeveld? Reg rondom my is agenetskappe in Witrivier, Nelspruit, Malelane en Lydenburg. Gee hulle probleme? Betroubaar? Ry laaste agt jaar Corollas, altyd puik diens by NTT gekry. Dis hoekom ek 'n Hilux gekies het, so baie agentskappe regoor Afrika. En watter nie-agentskapplekke is betroubaar? Dis vir my belangrik om te weet, aangesien ek nie baie meganies aangelê is nie.

Re: Hilux diens in Laeveld

Posted: Wed Jun 09, 2010 3:35 pm
by Traveler
Jan, NTT Toyota is uitstekende netwerk.

Re: Hilux diens in Laeveld

Posted: Wed Jun 09, 2010 9:35 pm
by warthog
Heinrich, ek moet Forest nou vir die 3e keer terugvat na NTT toe sodat hulle die transmissie-hassle kan probeer uitsort- dit nadat iemand van TSA daar was toe ek hom die eerste keer ingevat het...
Niemand sal bel om te hoor of is dit nou reg, is probleem beter of wat ook al nie. Nie impressed nie.
(Hulle ook 3 keer se terugvat van Swamb's se Yaris gevat om die central-locking op die passasier deur uit te sort)

Ek wil nie 'n ding moet 3 of 4 keer terugvat nie!!!

Jan, Belfast Toyota was paar jaar terug die top Toy Dealer in die land, weet nie nou meer nie. Het ook nog net goeie dinge gehoor van Malalane Toy.

Re: Hilux diens in Laeveld

Posted: Fri Jun 11, 2010 9:07 pm
by MaPaZa
Ja, Malelane: Ouens wat voorheen by Toyota daar was, en blykbaar nog gedeeltelik met hulle te doen het, is Johan en Werner-hulle van Malelane Garage -net agter P&P. Hulle werk nou aan alle soort motors en trekkers! Hulle is ook gekoppel aan'n groot MIDAS, en onderdele is beskikbaar en goedkoper. (Hulle het selfs alles gehad wat my 1989 Syncro wou hê. My twee keer uit diep moeilikheid gehelp met my Syncro in Moz - gereel dat ek tot op die grens gesleep word, en my op die grens gekry, my na hulle garage gesleep leenmotor gegee, en die ratkas, en toe weer die hele ^%# enjin opgefieks (fanbelt af, drooggeloop en vasgebrand) . Ok, hulle werk nie verniet nie, maar daars nie tweede keer teruggaan nie. Dis net lastig ver van Witrivier af. Maar soos bo gesê, by die agt jaar my twee Corollas by NTT Witrivier laat diens, en altyd puik diens gekry. My "nuwe" Hilux = 2005, op oog af baie goed opgepas, en ek hoop ek kan NTT vertrou om hom voortaan in die toestand te hou.. Dis net al die artikels op die forum oor swak diens het my ietwat bekommerd laat voel.

Re: Hilux diens in Laeveld

Posted: Tue Jun 15, 2010 8:16 am
by werner1
Hi daar manne. Dis goed om te sien hier op die forum is ook manne wat van my kant van die land is.
NTT Witrivier is goed met hulle diens. Dan is daar ook LePre Auto Clinic in Nelspruit wat spesialiseer in Toyota. Ek en my ours vat al jare lank ons 4x4's daar na hulle toe en kry goeie diens. Hulle is ook beter en goedkoper as enige ander werkswinkel.

Re: Hilux diens in Laeveld

Posted: Wed Jun 16, 2010 9:46 am
by Castos
Jy kan nie fout maak met Malelane nie. Hulle diens is uitstekend.