Page 1 of 1

Uiteindelik is ek ook met julle!

Posted: Tue Mar 09, 2010 3:01 pm
by Whitefish
:thumbup: Ek is Willem Visser, alias William Whitefish! Ek kom van Trawal waar ek met tafeldruiwe aansukkel. Ons het lekker 4x4 roetes reg rondom ons, Sederberge, sandveld en Vredendal se kant toe. Hoop ek kan van julle op die roetes ontmoet. Dis lekker om by die HEEL BESTE bakkie familie aan te sluit in die wereld!! Laat hoor asb as julle die kant toe kom, ek het darem so lekker stuk grasperk vir drie tot 5 staanplekke waar iemand kan kom staan op die plaas ook, moet nog net die braaiplekke klaar bou dan is die gala aan!! Groete
Whitefish! :wave:

Re: Uiteindelik is ek ook met julle!

Posted: Tue Mar 09, 2010 3:07 pm
by 0000DS
Hi Whitefish .....welcome to the best 4X4forumXfar :thumbup:

Re: Uiteindelik is ek ook met julle!

Posted: Tue Mar 09, 2010 3:10 pm
by Hi-Hilux
Baie welkom, jy sal dit hier geniet

Re: Uiteindelik is ek ook met julle!

Posted: Tue Mar 09, 2010 3:15 pm
by ThysdJ
Welkom Willem... Welkom hier by die forum, ek is seker van ons Kaapse manne sal daar by jou kom uitspan, klink baie lekker. Geniet die forum. :thumbup: :thumbup: :thumbup:

Re: Uiteindelik is ek ook met julle!

Posted: Tue Mar 09, 2010 3:32 pm
by CasKru
Welkom Willem. Hoop jy geniet dit hier

Re: Uiteindelik is ek ook met julle!

Posted: Tue Mar 09, 2010 3:44 pm
by hentey
Welkom,welkom Willem Witvis.Hoop jy geniet dit saam met met ons hier op forum.Loer maar rond,ek is seker jy sal nog lank vermaak word met wat al hier gese is.Wees maar versigtig want die "site" is verslawend van aard.Het julle al klaar gepak of is julle nog besig?

Re: Uiteindelik is ek ook met julle!

Posted: Tue Mar 09, 2010 4:07 pm
by Mud Dog
Welcome Willem! Nice to have you aboard! :thumbup: Ja, I'm certain the guys down your way would be thrilled to visit and tackle the surrounding trails! :D: :wink:

Re: Uiteindelik is ek ook met julle!

Posted: Tue Mar 09, 2010 5:44 pm
by Paul Grobler
Welkom Willem klink my jy is besig met n aanloklike plek daar op die plaas sal beslis kom oe wys as ons daai kant toe kom

Re: Uiteindelik is ek ook met julle!

Posted: Tue Mar 09, 2010 7:50 pm
by Danman
Welkom willem,
Gooi 'n paar photies van jou wa op die forum sodat ons kan sien hoe die nuutste lid van die familie lyk.
Sommer 'n kiekie van die kampplek........ :thumbup:

Re: Uiteindelik is ek ook met julle!

Posted: Tue Mar 09, 2010 7:54 pm
by Odin
Hi willem

Re: Uiteindelik is ek ook met julle!

Posted: Tue Mar 09, 2010 10:44 pm
by Witblits
Welkom Willem

Re: Uiteindelik is ek ook met julle!

Posted: Wed Mar 10, 2010 7:03 am
by Whitefish
Goeiemore almal!

Ek moet nog ablusiegeriewe bou en braaiplekke. Op die oomblik is dit net n netjiese grasperk met drie jong Wilgers tussen die wingerd. Ek sal my bes probeer om fotos op te laai. Ek doen volgende naweek die trouding ook nog en dan is dit Honeymoon en dan sal ek begin werkmaak daarvan. Ons het einde Januarie klaar druiwe gepak so op die oomblik is ek maar net fluks en my mense werk :lol: Ek het twee Hilux waens, die 2.8D het ek so n maand terug aangeskaf vir n skamele R30k en die ander een is n 4.0l. Sal kyk of ek kan fotos opgelaai kry. Hoop almal het n great dag, die site is klaar verslawend!! :thumbup:

Re: Uiteindelik is ek ook met julle!

Posted: Wed Mar 10, 2010 8:56 am
by chopper
Ek probeer Trawal op my denkbeeldige landkaart plaas, Wers-Kaap - Vredendal omgewing? Of is dit meer Upington se kant toe? :wth:

Re: Uiteindelik is ek ook met julle!

Posted: Wed Mar 10, 2010 9:37 am
by ThysdJ
Tussen Clanwilliam en Klawer op die N7... :thumbup: :thumbup:

Re: Uiteindelik is ek ook met julle!

Posted: Wed Mar 10, 2010 9:47 am
by Piesang
Welkom Willem, jou plek is nie dalk langs die revier gelee nie?

Re: Uiteindelik is ek ook met julle!

Posted: Wed Mar 10, 2010 12:43 pm
by chopper
Dankie Thys - nou's ek ge-orienteer! :thumbup:

Re: Uiteindelik is ek ook met julle!

Posted: Wed Mar 10, 2010 12:49 pm
by Traveler
Hi Willem. Jy sal vinnig tuis voel.

dis nie elke forum waar die ouens so aangenaam is soos hier nie. Ek is maar hier vir 'n week, en voel reeds tuis.

Re: Uiteindelik is ek ook met julle!

Posted: Wed Mar 10, 2010 3:17 pm
by swartvark
Welkom hier!!! Die Cederberge roep my al lankal. :thumbup:

Re: Uiteindelik is ek ook met julle!

Posted: Thu Mar 11, 2010 6:58 am
by Whitefish
More almal!!

Jip Trawal is maar net n boere gemeenskappie met een winkel en n posagentskap. Die antie wat die winkel besit se ons is sommer die "Burgermeester" van Trawal. Ons plaas grens aan die Doringrivier ja en die buurplaas oorkant le dan tussen Doring en Olifants. Hier is regtig baie mooi paaie om te ry. Ek wil nou so gou as kan weer Boegoeberg 4x4 by oom Sybrie de Beer gaan doen met sy lekker kampplekke. Ons gaan ook glo een van die dae die Selfsorg 4x4 roete by Frikkie van Zyl aanpak tussen Klawer en Vredendal, hier kom glo n paar Kaapse manne af met n paar Hilux bakkies maar ek sal julle op datum hou. Ek le seker ses of sewe km van die N7 af. Tot later dan en o ja ek sukkel nogals om n foto op te laai want ek en n blikbrein is nie te groot pelle nie!!! :oops: Kan iemand dalk help met stap vir stap?? :problem: Ek wil graag n profile foto oplaai...

Re: Uiteindelik is ek ook met julle!

Posted: Thu Mar 11, 2010 8:50 am
by pietpetoors
Welkom Willem, om jou fotos te laai kyk na
viewtopic.php?f=21&t=10068

Is jy bewus van ons Boegoeberg trip op 9 tot 11 April. Ek sien Coenie het kanselleer so daar is nou weer een plek oop.
Sien viewtopic.php?f=57&t=10396