Jammer om 'n stupid vraag te vra, glo nie dit is al iewers in die forum aangespreek nie. Die manne by een van ons 4x4 winkels noem dat hulle 'n centre diff-lock in my 4x2 hilux kan insit om te help met die 4x4 ding. Ek kan nie sien hoe nie, en kan nie dink dat dit goed kan wees nie, maar ek het nie die kennis om daai ouens aan te vat nie. Ek sal in elk geval dit nie sonder 'n fight oorweeg nie. Is die ouens besig om my vir 'n gek te hou. Help asb.
Dankie
Centre Diff-Lock
-
- Monster Truck
- Posts: 5906
- Joined: Fri May 18, 2007 7:12 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: '96 D/C Raider
- Real Name: Bennie
- Location: Doornpoort
Re: Centre Diff-Lock
Daai ouens is besig om jou poep te voer
Nie permanente 4x4 soos die gemiddelde bakkie word in 2wd gebruik op teer so net die agterwiele word dan aangedryf. Wanneer jy af van solide/geseelde oppervlaktes soos teer afgaan en op grond ry waar die traksie slegter is skakel jy dan die voertuig oor na 4x4.
Hierdie tipe voertuie het nie 'n centre diff nie en die voor en agter as werk saam. Maar soos wat jy ry wen die transfercase op as gevolg van rotasie snelhede tussen die voor en agter wiele as jy nie reguit ry nie, maar omdat jy nie op teer ry nie is dit maklik vir een van die aste se wiele om te spin en so van die "wind up" ontslae te raak.
Voertuie wat in 4x4 op teer ook gebruik kan word soos baie SUVs (permanente 4x4s) het nou 'n centre diff in om te keer dat daar "wind up" voorkom as die wiele nie kan spin om van die "wind up" ontslae te raak nie. Dis die enigste tiepe konfigurasie voertuig waar jy wel 'n centre difflock kan kry om te gebruik as jy af van teer afgaan.
Hoop dit maak sin vir jou. In ander woorde net luukse permanente 4x4s het centre diffs en kan center difflocks gebruik. Nie-permanente 4x4s se voor en agter aste is reeds gelock as hulle 4wd selekteer

- pietpetoors
- Moderator
- Posts: 10650
- Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
- Town: Langebaan
- Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
- Real Name: Pieter
- Club VHF Licence: X27
- Contact:
Re: Centre Diff-Lock
'n Centre diff-lock op 'n 4x2
Is eintlik erger as wat Bennie noem. Jou 4x2 bakkie het niks wat die voorwiele aandryf nie. So daar is niks wat jy in die "centre" wil "lock" nie. Die ou het dalk bedoel hy wil vir jou 'n diif-lock op die agterste ewenaar insit, maar 'n centre diff-lock baie beslis nie. Die diff lock sal ook niks doen om 'n 4x2 te help met die 4x4 goed nie, hy sal maar net maak dat jou agterwiele nie so maklik spin as hulle in die lig is of in sand of los kilp is.

Only Dead Fish Go With The Flow!
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots

- Sakkie
- High Range 4WD
- Posts: 34
- Joined: Wed Nov 07, 2007 1:44 pm
- Town: Bloemfontein
- Vehicle: Hilux 2.7 DC 4x2
- Real Name: Jacques Swanepoel
Re: Centre Diff-Lock
Dankie Bennie en Piet, ek het 'n gevoel gehad die ou vat my vir 'n ride, maar my tegniese kennis is maar min.