Ons was Junie vanjaar daar as deel van 'n 18 dae Kalahari trip wat Riemvasmaak ingesluit het. Ons het vanaf Nossob gery en oorgeslaap op Matopi waar daar niks is nie - slegs 'n opening in die bosse met 'n sementblad vir vuur. Toe is ons voort na Mabuasehube waar daar verskeie panne is om te kamp. Ons het by Mabua pan self gekamp - nr 4. Let wel, in die Botswana gedeelte kamp jy nie sommer waar jy wil soos in die SA kant nie - jy kampplek nr word aan jou toegeken. Dit het skynbaar al tot groot onenigheid gelei onder kampeerders :evil:
![Image](http://i425.photobucket.com/albums/pp336/Bacchus_fotos/Mabua0994.jpg)
Uitsig oor die pan.
![Image](http://i425.photobucket.com/albums/pp336/Bacchus_fotos/Mabua0991.jpg)
Son sak oor Mabua
![Image](http://i425.photobucket.com/albums/pp336/Bacchus_fotos/Mabua1000.jpg)
Die diere is nie so volop soos aan die SA kant nie, maar die ervaring daar op jou eie in die bosse sonder omheining is iets anders. Snags het 'n hiëna en wilde kat darem vir ons kom kuier. Die Wilderness Trail oor Mosomani terug na Nossob is 'n eenrigting en jy moet ten minste twee voertuie wees en word verplig om oor te slaap op Mosomani. Andersins kan jy weer met die Motopi roete terugry. Ons het met die 4x4 roete oor Mosomani gery en op pad het hierdie verrassing vir ons gewag toe ons oor 'n duin kom! Die een leeu het met sy stert in die pad gelê en ons moes maar veld langs verbygaan - ek wou oor sy stert ry om te kyk of hy ook so lekker in die lug kan spring soos 'n kat, maar my vrou het gekeer :)
![Image](http://i425.photobucket.com/albums/pp336/Bacchus_fotos/Mabua1010.jpg)