Is daar enige iemand wat weet wat is die fabriek jet grootes vir die Nikki op die 4Y's? Haynes manual stipuleer niks. En dalk waar ek n oorspronklike kit kan kry. Toyota het die kits gediscontinue.
Tweede vraag is wat is die ideale propshaft angle op n geligde SFA. Het die Mikem comfort packs in. Trok is BAIE hoër as standaard. Ek ondervind n vibrasie as ek bietjie vinnig wegtrek in eerste en dan weer teen om en by 80km/h. Die U joints en center bearing is 100% en altyd geghries. Kan dit moontlik help as ek die center bearing laat sak?
Enige iemand wat dit al ervaar het en/of raad het, ek sal dit baie waardeer.
![Thumbup :thumbup:](./images/smilies/icon_thumbup.gif)