Weskus Trippie = 2/07/ - 15/07
- Dowe Koos
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1053
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
- Real Name: Hennie
Weskus Trippie = 2/07/ - 15/07
Dagsê mense.
Hier is my verslag van ons Weskus vakansie.
DAG 1: Trek weg van Pretoria na Kimberley, slaap oor daar. Niks om te vertel nie.
DAG 2: Trek weg van Kimberley, oor na Schmidtdrif, Campbell, Griekwastad, Groblershoop, deur na Putsonderwater. Van daaraf na Kenhardt tot by Brandvlei. Sou daar oorslaap. Hulle het nie goed geadverteer op internet nie, dus kon ek nie boek om daar oor te nag nie. Het maar kans gevat dat ek iets sou kry. Een plek was volgeboek en die ander plek het leeg gelyk. Ons moet dus besluit of ons deur druk na Hondeklipbaai wat nog vyf en halh uur se ry is, wat dan beteken ons sal daar omtrent agtuur aankom. Of ons ry deur na Calvinia toe en dis twee ure se ry. Wel, Calvinia is die antwoord. Kom daar vyfuur aan en kry maklik slaapplek.
Oranje rivier by Groblershoop 1 Oranje rivier by Groblershoop 2 Voëlnes oppad na Putsonderwater Naby Putsonderwater Pad na nêrens Een van die panne na Calvinia DAG 3: Druk deur na Garies oor Loeriesfontein. Pragtige wêreld en pad is goed. Van Garies is ons oor na Hondeklipbaai. Mooi wêreld. Geen probleme gehad nie. Nou ja, het gedink daar sal 'n winkel wees waar ek alles kan koop, maar nee. Moes hout koop by drankwinkel. Vleis en brood by die slaghuis, die slagter bak ook brood vir die dorp. Ander goed by die Ark winkel. Vra rond vir kaart van die wêreld daar. Hulle stuur my rond van een na die ander tot iemand my na een dame verwys wat 'n gastehuis het. Sy het toe een gehad maar dit was 'n tuisgemaakte kaart. Volgens die kaart beplan ek toe my roete vir die volgende dag. Van hieraf oor twee passe na Kammieskroon en buite Kammieskroon is die Kammiesberg pas. Terug dorp toe en van daaraf oor Soebatsfontein deur Wildeperdhoek pas na Kleinzee en dan af langs die kus terug na Hondeklipbaai.
Kerkgeboutjie by Loeriesfontein Langs die pad na Garies Weet nie wat die doel is nie Ons slaapplek by Hondeklipbaai Hondeklipbaai se hond klip Skilpadjie langs die pad 1ste Son ondergang by Hondeklipbaai DAG 4: Wel oor twee passe tot by Kammieskroon en die Kammiesberg pas geen probleem nie. By Kammieskroon hotel kry ek nog twee kaarte, een tuisgemaak en ander een is van die Namakwa NP. Vergelyk die kaarte en werk uit hoe ek verder gaan ry. Wat wel gebeur het oppad Kammieskroon toe, is dat ons twee borde gekry het wat wys, afdraai na Soebatfontein en by altwee is daar hekke wat gesluit is. Met die drie kaarte werk ek toe uit dat ek by Bowelsdorp moet afdraai en die pad vat my dan na Soebatfontein. Maar die kaarte en Google map stem nie ooreen met die werklikheid nie. Amper uur en half later kry ons toe die pad wat na Soebatfontein gaan. Was lekker pret gewees om daar rond te ry in die wilde wêreld. Nou is ons oppad na Soebatfontein. Na omtrent 'n tyd wys die bord, af na Soebatfontein. Draai af en daar is 'n hek, toegesluit. Dit dwing ons toe om na de Drift toe te gaan wat ons toe na Springbok toe vat. Wel, ons is maar toe van daar af na Kleinzee toe, terug na Hondeklipbaai toe.
By die Rooi Spinnekop restaurant hoor ons toe van ander manne wat van Groenrivier afgery het. Kry meer details by hulle en dog toe dat ons die volgende dag daardie pad gaan ry.
Die hotel wat nie meer is nie Na die Killians pas Killians pas vanaf Grootvlei pas Bo-op Grootvlei pas Kerkgebou op Kamieskroon Bo-op Kamiesberg pas Vanaf Spektakel pas

Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
- Dowe Koos
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1053
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
- Real Name: Hennie
Re: Weskus Trippie = 2/07/ - 15/07
DAG 5: So veertien kilometer van Hondeklipbaai draai ons nou suid af deur die Namakwa NP na Groenrivier. Bande afgeblaas en daar gaan ons. Draai gemaak waar die robbe is en paar wilde sandpad later is ons by Groenrivier. Betaal ons toegang daar en vra of ons nog verder kan afry langs die kus tot by Lambertsbaai. Hulle raad was, tot by Brand se Baai behoort ons nie probleme te hê nie. Verder af mag ons dalk probleme optel met hekke wat gesluit gaan wees. Dus sal dit beter wees van Brand se Baai af na Lutzville. Nouja, verby die vuurtoring af ry ons toe, hier en daar slegte sinkplaat pad maar verder geen probleem nie. Op 'n staduim kon ons in die verte 'n massiewe sandhoop sien. Hoe nader ons kom word hierdie sandhoop net groter en groter. Iewers daar kry ons die soutmyn waarvan die wildbewaarder gepraat het en ons is daar verby. Uiteindlik kom ons by hierdie massiewe sandhoop en om dit na Brand se Baai. Op 'n stadium kom ons by 'n bord wat sê, Brand se Baai maar ook 'n hek wat gesluit is. Die wildbewaarder het ons verduidelik ons daar na Lutzville toe moet gaan. Hoe nou, die hek is dan gesluit. Ry maar terug en kry toe 'n myner van hierdie massiewe sandhoop wat toe vir ons verduidelik hoe om by die pad na Lutzville uit te kom. Daar het ons ook omtrent 'n uur verloor maar dit was mooi by Brand se Baai. Van daaraf is ons toe na Clanwilliam. Het drie nagte daar oorgeslaap. Kry toe ook sommer 'n kaart van Clanwilliam se wêreld en beplan wat ons die volgende twee dae gaan doen. Die eerste dag sal wees 'n sirkel roete oor Wupperthal en Matjierivier. Tweede dag sal wees Lambertsbaai.
Langs die kus in Namakwa NP Kolonie robbe Groenrivier vlei Vuurtoring by Groenrivier Treinbrug naby Vredendal DAG 6: die oggend is ons uit Clanwilliam oor Pakhuis pas en Kouberg pas na Wuppertal toe. By Wuppertal maak ons maar seker oor die pad na Matjierivier toe. Geen probleem, dis twee en half ure se ry. Ons is daar weg en so na halfuur se ry kom ons by 'n vurk. Google map en die kaart wys dat altwee pad kom uit by Matjierivier en die bord was ook nie baie duidelik oor hoe ons moet ry nie. Besluit toe maar om links te gaan. Ons onthou ook toe van die pas wat ons oor moet gaan en dit gaan omtrent 'n halfuur vat volgens die inwoners van Wuppertal. Wel, daar ry ons die pas uit en dit was omtrent halfuur lank en ons sak toe af. Daar ondergekom ry ons al langs die rivier. Ons ry by paar plaashuise verby en kom by 'n hek uit. Vroutjie klim uit om die hek oop te maak, toe sy omdraai na iemand wat haar iets beduie. Sê toe vir my die mense sê ons kan nie hiedie pad ry nie want dit is verwoes met die vorige reën wat hulle gehad het. Ons moet omdraai en by die bordjie weer uitkom. Nouja, ek gaan nie met hulle stry nie, hulle behoort te weet waarvan hulle praat. Draai maar om en gaan weer oor die pas tot by die vurk. Daar gaan ons maar toe regs en dit was die Eselberg pas waarvan hulle toe gepraat het. Pragtige wêreld. Ons is toe deur na Matjierivier, Cederberg en Algeria. Nou van Algeria kom mens nou by die Uitkyk pas uit en dit was die mooiste pas wat ek nog al gery het. Asemrowend. Vandaar is ons toe oor Nieuwoudt pas terug na Clanwilliam toe.
Bo-op Koubergpas Wupperthal vanaf Eselbergpas Eselbergpas Bo-op Eselbergpas intersante erosie op muur op Eselberg Oppad na Matjierivier Bo-op Uitkykpas Af in die vallei vanaf Uitkykpas
Langs die kus in Namakwa NP Kolonie robbe Groenrivier vlei Vuurtoring by Groenrivier Treinbrug naby Vredendal DAG 6: die oggend is ons uit Clanwilliam oor Pakhuis pas en Kouberg pas na Wuppertal toe. By Wuppertal maak ons maar seker oor die pad na Matjierivier toe. Geen probleem, dis twee en half ure se ry. Ons is daar weg en so na halfuur se ry kom ons by 'n vurk. Google map en die kaart wys dat altwee pad kom uit by Matjierivier en die bord was ook nie baie duidelik oor hoe ons moet ry nie. Besluit toe maar om links te gaan. Ons onthou ook toe van die pas wat ons oor moet gaan en dit gaan omtrent 'n halfuur vat volgens die inwoners van Wuppertal. Wel, daar ry ons die pas uit en dit was omtrent halfuur lank en ons sak toe af. Daar ondergekom ry ons al langs die rivier. Ons ry by paar plaashuise verby en kom by 'n hek uit. Vroutjie klim uit om die hek oop te maak, toe sy omdraai na iemand wat haar iets beduie. Sê toe vir my die mense sê ons kan nie hiedie pad ry nie want dit is verwoes met die vorige reën wat hulle gehad het. Ons moet omdraai en by die bordjie weer uitkom. Nouja, ek gaan nie met hulle stry nie, hulle behoort te weet waarvan hulle praat. Draai maar om en gaan weer oor die pas tot by die vurk. Daar gaan ons maar toe regs en dit was die Eselberg pas waarvan hulle toe gepraat het. Pragtige wêreld. Ons is toe deur na Matjierivier, Cederberg en Algeria. Nou van Algeria kom mens nou by die Uitkyk pas uit en dit was die mooiste pas wat ek nog al gery het. Asemrowend. Vandaar is ons toe oor Nieuwoudt pas terug na Clanwilliam toe.
Bo-op Koubergpas Wupperthal vanaf Eselbergpas Eselbergpas Bo-op Eselbergpas intersante erosie op muur op Eselberg Oppad na Matjierivier Bo-op Uitkykpas Af in die vallei vanaf Uitkykpas
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
- Dowe Koos
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1053
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
- Real Name: Hennie
Re: Weskus Trippie = 2/07/ - 15/07
Van die vorige deel.
Uitkyk pas vanaf Nieuwoudt pas Oppad bo na Nieuwoudt pas Nieuwoudt pas Langs die Olifantsrivier na Clanwilliam DAG 7: Lambertsbaai toe. Daar aangekom was alles toe onder die mis. Kon nie veel sien nie. Ry maar terug Clanwilliam toe. Oppad soontoe wys daar 'n bordjie wat sê Elandsberg kwekery. Dog toe maar om af te draai en te kyk of ek nie paar plante daar kan kry wat uit daardie wêreld deel uitkom. Daar drink ek toe die lekkerste rooibos tee wat ek nie eindlik wou drink nie. Raak so heerlik aan die gesels met die gasvrou wat toe vir my telefoon nommers gegee het van verlangse familie wat in die omgewing bly.
Kontak hulle en geen probleem om vir hulle te kuier nie. Daar by hulle praat ons so lekker oor waar vandaan ons kom en so meer.
Nouja, een ding is seker, as ek aftree sal ek maklik daar wil gaan bly in Clanwilliam se wêreld.
Oppad na Laingshoogte Laingshoogte My pa se geboorteplek op Graafwater Mistig in Lambertsbaai Mistig in Lambertsbaai Tolla se rusplek DAG 8,9 en 10: Oppad Kaap toe het dit heeltyd gereën. Het die Atlantis duine uitgery. Was een groot vet pret. Een ding is verseker, as jy die sandpaaie al gery het, beteken nie noodwendig jy kan die duine uitry nie. My broer en een neef ry voor my. Daar gaan my broer uit oor die duin. En daar gaan my neef ook uit. Dog by myself, as hulle kan, kan ek ook. Ha Ha, drie keer vasgesit teen die duin uit. Elke keer sê my broer, kry jou spoed reg. Ek gaan elke keer vinniger maar kom nie daar uit nie. Die vierde keer besluit ek, te hel daarmee, as ek met bokspring daar moet uit, sal ek. Ek laat waai maar toe en daar is ek toe uit oor die duin. Ek ry dit toe nog uit sommer vier reg agter mekaar. Daarna was dit net pret waar ons oral ry. Jammer dat ek julle Kapenaars nie kon ontmoet het nie. Maybe next time.
Res van die tyd in die Kaap het ek maar dinge gedoen en gekuier by my een seun wat daar bly en ook my broer.
Een van my planne was dat ek die volgende dag oor Sutherland na Calvinia sou gaan. My broer oortuig my om eerder om reguit na Calvinia te gaan en as ek vroeg genoeg is, dan na Vanryn pas en Knersvlakte te gaan.
Bergrivier by Velddrif By West Coast Farm Stall Atlantis duine Middagete Atlantis duine Atlantis duine In die reen by Atlantis duine Driekeer vasgesit op hierdie duin

DAG 11: Ons is deur Wellington oor Baineskloof pas na Ceres toe. Nouja, van Ceres na Calvinia toe is 220 kilometer. Dit is die langste grondpad in Suid Afrika tussen twee dorpe met niks tussen in. Daar ry ons en ons ry en ons ry. Op 'n staduim kry ons 'n bordjie wat sê Half Way House. Net 'n entjie verder, weer 'n bord wat sê Calvinia - 110 km. Dog by onselwe halfpad deur, en daar gaan die een band en bars toe. Sit maar vir die eerste keer vandat ek die bakkie het, 'n spaarwiel op. Ek bekyk die spaarwiel so en besluit dat ek maar rustig sal ry want die spaarwiel is al agt jaar daar onder die bak. Gaan oor Bloukrans pas
Kom in Calvinia aan by Supa Quick en vervang sommer die stukkende band en ook die spaarwiel. So met die geselsery kom dit toe uit dat hulle doen goeie besigheid met almal wat daardie pad gery het.
Halfpad uit op Baineskloofpas Op Baineskloofpas Oppad van êrens na nêrens Halfpad merk Halfpad merk Gebarste band in middel van rêrens Vroutjie sit hand by Bloukrans pas Oornag by Calvinia DAG 12 en 13. Ry oor De Aar na Vanderkloof en net buite De Aar ry ons verby die grootste sonkrag plaas in Afrika, Suidelike halfrond en Midde Ooste verby. Dit strek oor 500 hektaar en het 700,000 panele. Dit het 'n 175 megawatt fasiliteit. Slaap oor by Vanderkloof. Besoek Orania en Rolfontein NP. Natuurlik ook die dam.
Sonkrag plaas buite De Aar Windplaas buite De Aa Oornag by Vanderkloof dam Uitkyk oor die dam Vanderkloofdam Oranjerivier onderkant die wal Beeldtuin in Orania Orania
Kom in Calvinia aan by Supa Quick en vervang sommer die stukkende band en ook die spaarwiel. So met die geselsery kom dit toe uit dat hulle doen goeie besigheid met almal wat daardie pad gery het.
Halfpad uit op Baineskloofpas Op Baineskloofpas Oppad van êrens na nêrens Halfpad merk Halfpad merk Gebarste band in middel van rêrens Vroutjie sit hand by Bloukrans pas Oornag by Calvinia DAG 12 en 13. Ry oor De Aar na Vanderkloof en net buite De Aar ry ons verby die grootste sonkrag plaas in Afrika, Suidelike halfrond en Midde Ooste verby. Dit strek oor 500 hektaar en het 700,000 panele. Dit het 'n 175 megawatt fasiliteit. Slaap oor by Vanderkloof. Besoek Orania en Rolfontein NP. Natuurlik ook die dam.
Sonkrag plaas buite De Aar Windplaas buite De Aa Oornag by Vanderkloof dam Uitkyk oor die dam Vanderkloofdam Oranjerivier onderkant die wal Beeldtuin in Orania Orania
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
- Dowe Koos
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1053
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
- Real Name: Hennie
Re: Weskus Trippie = 2/07/ - 15/07
Opvolg
Deel van dam by Rolfontein NP Ander deel van dam by Rolfontein NP Deel van dam by Rolfontein NP uitkyktoring DAG 14. Terug huistoe.
Statistiek
Totaal km ry = 5317km
Totaal brandstof gekoop = R8981.00
Gemid brandstof verbruik = 8.025km/lt
Beste brandstof verbruik = Quest brandstof stasie - 9km/lt
Swakste brandstof verbruik = Shell brandstof stasie - 7.1km/lt
Ander brandstof stasie = Sasol, Caltex en KLK
Sasol = 7.9 km/lt
Caltex = 8.4 km/lt
KLK = 7.5km/lt
Caltex = 8.8km/lt
Caltex = 7.8km/lt
Shell = 7.1km/lt
Shell = 7.7km/lt
Quest = 9km/lt
Ek het altyd gesê dat Sasol is tops. Voor hierdie reis het ek nie 'n snorkel gehad nie. Nou wonder ek of die snorkel vir my beter brandstof verbruik gee. Daar kan ook ander faktore wees.
Daar het julle dit.

Sien sommer die links op Youtube van die Atlantis duine
https://youtu.be/kvioppIOS9k
https://youtu.be/g_slrNz9wTw
https://youtu.be/l5S-uqz0HZQ
https://youtu.be/kvioppIOS9k
https://youtu.be/g_slrNz9wTw
https://youtu.be/l5S-uqz0HZQ
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
- Stef
- Monster Truck
- Posts: 3125
- Joined: Mon Jan 25, 2010 12:54 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: '98 LTD
- Real Name: Stefan
- Club VHF Licence: X107
Re: Weskus Trippie = 2/07/ - 15/07
Lekker man, dis mos nou 'n trip en 'n half....
- Dowe Koos
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1053
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
- Real Name: Hennie
Re: Weskus Trippie = 2/07/ - 15/07
Dankie Stefan
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
- Hilux 1
- Monster Truck
- Posts: 4125
- Joined: Tue Sep 28, 2010 2:24 pm
- Town: Brackenfell
- Vehicle: 2011 Raider 4x4 Double cab 4.0 V6
- Real Name: Tertius
- Club VHF Licence: HC137
Re: Weskus Trippie = 2/07/ - 15/07
awesome, net jammer ons kon toe nie duine maak nie. kon lekker gespeel het. sand lekker hard met die reen ook nog.
- Dowe Koos
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1053
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
- Real Name: Hennie
Re: Weskus Trippie = 2/07/ - 15/07
Dit was 'n voordeel vir my wat nog nooit die duine gery het nie. Daar was kolle waar die ander ouens die sand lekker los gery het en ek het heelwat geleer daai dag.
Ecc 1:9 Wat gewees het, dit sal daar weer wees; en wat gebeur het, dit sal weer gebeur, en daar is glad niks nuuts onder die son nie.
- Haboob
- Monster Truck
- Posts: 2484
- Joined: Thu Aug 11, 2011 9:57 pm
- Town: King Williams Town
- Vehicle: Hilux
- Real Name: Edge
- Club VHF Licence: HC129
Re: Weskus Trippie = 2/07/ - 15/07
Hallo Hennie,
Dankie vir die deel aan jou tour ervaring. Klink asof julle dit geniet het.
Jammer oor die gesnyde wiel, maar dit was tyd om die spaar na agt jaar te vervang.
Wys nou weer dat 'n gewone pad kan tires beskadig. Ry jy met net een spaarwiel?

HABOOB means "Dust Storm"
- Dowe Koos
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1053
- Joined: Fri Oct 10, 2014 6:44 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Buschwagen 2.7 4x4
- Real Name: Hennie
Re: Weskus Trippie = 2/07/ - 15/07
Hallo Edge.
Jy onthou nog met my Richtersveld trip. Ek het hierdie trip met min inligting aangepak en dit was 'n avontuur 100 keer beter as met Richtersveld. Daardie dae waar ek val vir die media is verby. Daardie stukkende band was op die grondpad tussen Ceres en Calvinia, blykbaar berug volgens Supa-Quick in Calvinia. Ja, ek het net een saamgebring, nie gedink dit is nodig vir twee in ons land nie. Volgende keer bring ek maar altwee spaar saam. Dankie vir jou belangstelling.