Hi-Lux V6 lack power

Having problems with your vehicle? Or need advice on repairing or servicing your Hilux? This is the place to ask for help
Post Reply
Hugo2
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 67
Joined: Tue Feb 26, 2013 8:38 am
Town: Pretoria
Vehicle: HiLux V6
Real Name: Hugo
Location: Pretoria

Hi-Lux V6 lack power

Post by Hugo2 »

Ek is weer terug op die ou fout.
My V6 110,000km is so sluggy as wat kan kom, lack power, die tappets raas en ek moet hom baie keer double clutch net om weg te kom. Is daar 'n manier om die "airflow sensor" te check sonder om hom te vervang en kan ek die "exhaust catalyst" toets deur bv. die drade af te haal en uit te kortsluit. Dit klink of dit net die regter bank se hydraulic lifters is wat raas (tiepies soos of FORD V6 tappets).
Sal raad en voorstelle baie wardeer.

NS: Dit was aan my gese deur Mccaryhy voorman dat as jy baie stadig ry die rekenaar dit optel en die kar dan aftemper na die "sluggish" performance, ry jy dan weer hard vir paar km, reset hy dan weer die bestuurspatroon en die kar is weer ok. Sover ek weet is die soort sensors/computer net op baie duur motors van toepassing?? :beg:
JamesC
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 541
Joined: Mon Aug 15, 2011 10:11 am
Town: Potchefstroom
Vehicle: SRX 2.5 4x4 D/C
Real Name: James
Location: Potchefstroom

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by JamesC »

Hugo,

1. Die hilux (en Prado) het EMU wat self leer soos jy ry. Jy kan hom reset deur 'n battery pool te ontkoppel vir 5min.
2. Om die MAF te toets, is baie maklik: maak die twee skroefies los wat die MAF vashou op die air intake. Start die kar en laat om idle, haal nou die MAF uit terwyl die kar idle. Kar behoort feitlik onmiddelik te vrek. As die kar aanhou loop, is die MAF foutief en is dit jou probleem.
3. Die cats is ook maklik - daar is 4: twee aan elke kant. Een naby aan die blok en dan een verder af aan elke kant. Klop teen die CATS en hoor of jy enige geraas binne die CAT hoor. Indien wel, is die CAT binne vrot - slaan uit ASAP. Die CAT blok die lugvloei deur die uitlaatstelsel.
4. Moenie die sensor ontkoppel nie - dit gaan bloot die enginelig aanskakel op jou instrumentpaneel.
James Cameron
0834431879
Hugo2
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 67
Joined: Tue Feb 26, 2013 8:38 am
Town: Pretoria
Vehicle: HiLux V6
Real Name: Hugo
Location: Pretoria

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Hugo2 »

Baie dankie James.
Net om seker te maak. Daar's die 2 CAYS op die verdiking van die exhausts links en regs- en dan die 2 op die blok, is hulle links en regs?

Groete
Thabogrobler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5271
Joined: Sun Aug 19, 2007 10:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '02 'Lux KZ
Real Name: Thabo
Club VHF Licence: x223
Location: Garsfontein
Contact:

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Thabogrobler »

Klink vir my soos 'n petrol pomp
'02 KZ 'Lux. Cooled. Chipped. Onca'd. Cherished!

If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!

A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.
User avatar
Kagiso
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 377
Joined: Thu Nov 15, 2007 12:52 pm
Town: Benoni
Vehicle: Datsun SAFARI aka LOBO, Nissan Patrol GQ
Real Name: Mac

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Kagiso »

oompie dink vrint Thabo het n punt beet -- MAAR ook -- kyk eers na die AL die petrol filters en swak plekkeis in die fuel line.
Skoonmaak die AFM slegs met ELECTRO CLEEN [ja ek weet baie se carb cleaner -- maar dis tydelik - carb cleaner laat n lagie wat die sensortjie in die MAF beiinvloed
Ek is besig om uit te vind of ons Toy V6e PVA valve het en as hy het gaan ek hom afbind -- dit gee tonne krag onderlnags by [kort bitjie top-end krag in maar dis eers bokant 4500 RPM en daar is ke al hoeka 120 verby

Trug na jou sluggish v6 -- kyk ook na die pedaal skakelaar [die blerri goed is mos "Drive by wire" ] en maak daai reostaat ook mooi skoon [daar kan jy maar Carb Cleaner gebruik]
Wanner het jy PLUGS vervang? Daai long lifes dood ook verby 100 000 Km
Toets ook jou "bogi cords' en kyk of jy nog vol vuur kry daar
Sterkte - oompi hoop jy kom reg


Ek het die Prado VIPER Branche en 63 mm exhaust opgesit -- en om eerlik te wees -- te blerri ding het TE VEEL krag
Gaan hom volgende week Dyno -- ek vermoed hy gan so oor 200Kw lewer. [terug verreken na fly-wheel]
Outreach2Africa - In support of Missionaries of Africa: Helping God's children doing God's work.
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
User avatar
Cleaner
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1619
Joined: Wed Jan 25, 2012 11:37 am
Town: Johannesburg
Vehicle: Toyota Hilux 4l V6 4x4 Auto
Real Name: Ernst
Club VHF Licence: X31
Location: NorthGate

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Cleaner »

Kagiso wrote:oompie dink vrint Thabo het n punt beet -- MAAR ook -- kyk eers na die AL die petrol filters en swak plekkeis in die fuel line.
Skoonmaak die AFM slegs met ELECTRO CLEEN [ja ek weet baie se carb cleaner -- maar dis tydelik - carb cleaner laat n lagie wat die sensortjie in die MAF beiinvloed
Ek is besig om uit te vind of ons Toy V6e PVA valve het en as hy het gaan ek hom afbind -- dit gee tonne krag onderlnags by [kort bitjie top-end krag in maar dis eers bokant 4500 RPM en daar is ke al hoeka 120 verby

Trug na jou sluggish v6 -- kyk ook na die pedaal skakelaar[die blerri goed is mos "Drive by wire" ] en maak daai reostaat ook mooi skoon [daar kan jy maar Carb Cleaner gebruik]
Wanner het jy PLUGS vervang? Daai long lifes dood ook verby 100 000 Km
Toets ook jou "bogi cords' en kyk of jy nog vol vuur kry daar
Sterkte - oompi hoop jy kom reg


Ek het die Prado VIPER Branche en 63 mm exhaust opgesit -- en om eerlik te wees -- te blerri ding het TE VEEL krag
Gaan hom volgende week Dyno -- ek vermoed hy gan so oor 200Kw lewer. [terug verreken na fly-wheel]
Waar sit die ding? Ek sit met 'n similar problem op my 4.0l V6 Auto. hy is sluggish en voel partykeer of hy sluk en nie petrol deurkry nie. Dit gebeur so op 100km/h.
ImageImageImage
Image
"Every loaf of bread is tragic story of grains that could've become beer, but didn't. - Walter Thornburgh"
"The best cure for Sea Sickness, is to sit under a tree. - Spike Milligan"
Thabogrobler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5271
Joined: Sun Aug 19, 2007 10:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '02 'Lux KZ
Real Name: Thabo
Club VHF Licence: x223
Location: Garsfontein
Contact:

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Thabogrobler »

Het die trok 'n long range tank?
'02 KZ 'Lux. Cooled. Chipped. Onca'd. Cherished!

If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!

A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.
Thabogrobler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5271
Joined: Sun Aug 19, 2007 10:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '02 'Lux KZ
Real Name: Thabo
Club VHF Licence: x223
Location: Garsfontein
Contact:

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Thabogrobler »

Daai lorries het 'n 3 stage petrol pomp.

As jy idle of stadig ry gooi hy so bietjie petrol, gemaklik ry is daar so medium straaltjie en as jy die outjie in sy Golfie wys hoe werk ding nou eintlik, dan spuit daai pomp strome so dik soos jou voorarm!

Dit gebeur glo gereeld as 'n long range tank geiinstaller word, boor die manne 'n gat in die oorspronklike tank. Daai yster vylsels kom dan op een of ander manier in die pomp en beskadig dit.

Nuwe pomp, agents only!
'02 KZ 'Lux. Cooled. Chipped. Onca'd. Cherished!

If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!

A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.
Hugo2
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 67
Joined: Tue Feb 26, 2013 8:38 am
Town: Pretoria
Vehicle: HiLux V6
Real Name: Hugo
Location: Pretoria

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Hugo2 »

Ne standaard tenk wat op my budgent altyd leeg is, het nuwe filter so 2 weke gelede ingesit en toe voel dit amper vir my hy loop beter. Het Saterdag net die olie en filter vervang te voorbereiding aan die langpad karavaantrek en nou die storie.
Gaan maar die MAF toets soos James voorgestel het asook die sensors, weet net nie hoe om die sensors te bypass om hulle te prove nie.
User avatar
Kagiso
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 377
Joined: Thu Nov 15, 2007 12:52 pm
Town: Benoni
Vehicle: Datsun SAFARI aka LOBO, Nissan Patrol GQ
Real Name: Mac

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Kagiso »

Thabo -- daai f/pomp "agents only" ? -- anner ou my laasweek gese dat hy by VOLKSPARES n Golf pomp gekoop het vir min tjing .. en daai pomp stoot teen 3,5 BAR [genoeg om n 4.0 V6 te voer.. ?? Dis wat Ox gese het - lieg hy vi my, lieg ek nou vi julle.

Die "pedal sensor" behoort daar naby die versnellerpedaal te wees -- Op my Patrol was dit n boksie so bikki groeter as n pakkie 30-sigarette - nognie met die Prado s'n probleem gehad nie so nie seker waar hy sit nie.
Outreach2Africa - In support of Missionaries of Africa: Helping God's children doing God's work.
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
Thabogrobler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5271
Joined: Sun Aug 19, 2007 10:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '02 'Lux KZ
Real Name: Thabo
Club VHF Licence: x223
Location: Garsfontein
Contact:

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Thabogrobler »

Oom Mac,

Dis heel moontlik dat Goldwagen nou al daai pomp aanhou, hulle doen nou ook mos Toy parte?
'02 KZ 'Lux. Cooled. Chipped. Onca'd. Cherished!

If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!

A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.
Hugo2
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 67
Joined: Tue Feb 26, 2013 8:38 am
Town: Pretoria
Vehicle: HiLux V6
Real Name: Hugo
Location: Pretoria

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Hugo2 »

Het plugs vevrang en pencil coils getoets als is ok.
Net die volgende.
As ek my petrol floor baie vining is daar eers 'n suiggeluid (amper soos 'n carburator wat smoor) by die air intake voor die enjin begin ref. Ek soek nou al solank na die sluggish engine response problem dat ek miskien spoke opjaag. Sal julle V6 mense nie asb jou petrol baie vining intrap terwyl hy idle en kyk of jy ook die suiggeluid hoor en laatweet?

BAIE DANKIE vir almal se hulp sover :yahoo:
User avatar
Masekind
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1235
Joined: Mon Feb 18, 2013 11:41 am
Town: Lichtenburg
Vehicle: 2005 Hilux 4x4 v6, LR tank, ARB Bumper. (iJzer)
Real Name: Drikus
Location: Lichtenburg

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Masekind »

Hugo2 wrote:Het plugs vevrang en pencil coils getoets als is ok.
Net die volgende.
As ek my petrol floor baie vining is daar eers 'n suiggeluid (amper soos 'n carburator wat smoor) by die air intake voor die enjin begin ref. Ek soek nou al solank na die sluggish engine response problem dat ek miskien spoke opjaag. Sal julle V6 mense nie asb jou petrol baie vining intrap terwyl hy idle en kyk of jy ook die suiggeluid hoor en laatweet?

BAIE DANKIE vir almal se hulp sover :yahoo:
Myne doen dit ook.
Dink dit is normaal hy moet eers lug in kry om aaaaaal daai petrol te verbrand. :laugh2:
If you don’t build your dreams someone else will hire you to build there’s
Image
dd6
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 424
Joined: Mon Jul 08, 2013 10:25 pm
Town: Klerksdorp
Vehicle: 1995 SFA
Real Name: Jaco

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by dd6 »

Daai geluid klink vir my ook normaal. Dis daai geluid wat so lekker snork deur ñ cone filter op ñ Golfie, ens!
dd6
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 424
Joined: Mon Jul 08, 2013 10:25 pm
Town: Klerksdorp
Vehicle: 1995 SFA
Real Name: Jaco

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by dd6 »

ñ Vraag vir die experts, het die V6 vvti en hoe werk dit? Elektries of met olie? Die Corollas werk met olie en die goed sludge op. Neuk dit nie dalk op die V6'e nie? Dit sal dan die tyd uitstel en die ding sluggish maak. Wonder maar net....
dd6
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 424
Joined: Mon Jul 08, 2013 10:25 pm
Town: Klerksdorp
Vehicle: 1995 SFA
Real Name: Jaco

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by dd6 »

O ja, ek vra na aanleiding van die "regter bank se lifters wat raas"
User avatar
tuff tralies
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 146
Joined: Mon Oct 14, 2013 10:51 am
Town: Heidelberg
Vehicle: hilux
Real Name: christoffel

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by tuff tralies »

Haal jou battery pool af terwyl hy af is vet n mooi skoon lapie maak die pyp by die butterfly los sit reedlik baie thinners op die lap dan maak jy daar binne skoon maak ook die butterfly oop en maak so ver as moontlik skoon. Sit hom dan aan mekaar en sit die battery pool op start hom en ry hom seker hy sal beter wees dan. My 2.7 het die selfde gemaak toe wys my vriend wat by toyota werk dit vir my. Probeer dit en is seker dit sal werk ook vat carb cleaner en spuit dit op daai airflow sensor en sit hom dan trug
Hugo2
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 67
Joined: Tue Feb 26, 2013 8:38 am
Town: Pretoria
Vehicle: HiLux V6
Real Name: Hugo
Location: Pretoria

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Hugo2 »

Het plus, air cleaner, petrol filter, oil filter en olie vervang. Het coils op elke silinder getoets. Die ou plugs was mooi liggrys van kleur en bakkie loop toe weer ok. Vanoggend is ek terug waar ek was- geen krag.
Thabogrobler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5271
Joined: Sun Aug 19, 2007 10:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '02 'Lux KZ
Real Name: Thabo
Club VHF Licence: x223
Location: Garsfontein
Contact:

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Thabogrobler »

Ok, vir die laaste keer:

Laat toets die petrol pomp!
'02 KZ 'Lux. Cooled. Chipped. Onca'd. Cherished!

If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!

A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.
Hugo2
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 67
Joined: Tue Feb 26, 2013 8:38 am
Town: Pretoria
Vehicle: HiLux V6
Real Name: Hugo
Location: Pretoria

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Hugo2 »

O dankie vir die laaste keer ek gaan dit doen!
MAAR, hoekom as ek die batery ontkoppel vir paar minute en die computer reset homself is fout dan weg en bakkie loop reg vir paar ure?
Thabogrobler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5271
Joined: Sun Aug 19, 2007 10:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '02 'Lux KZ
Real Name: Thabo
Club VHF Licence: x223
Location: Garsfontein
Contact:

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Thabogrobler »

Nee kyk, dit help nou nie jy vra sulke gevorderde vrae vir my nie! :o: :o: :o:
'02 KZ 'Lux. Cooled. Chipped. Onca'd. Cherished!

If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!

A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.
User avatar
Big D
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 506
Joined: Fri May 16, 2008 12:42 pm
Town: Pretoria
Vehicle: SFA Hilux 2.2 BFi
Real Name: Deon

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Big D »

Het hierdie V6 motor n Lambda (o2) sensor of n knock sensor. Dalk twee lambda sensors? een op elke bank?

Klink vir my of die ECU (rekenaar) die engine besekerm. As jy die baterry af haal, dan reset hy dalk, tot een sensor weer n Error optel. Het jy die Lux na n Toyota Garage gevat sodat hulle kan kyk of daar enige error codes wys? Is daar dalk n engine ligge op die dash wat aan is?

As dit die petrol pomp is, en die engine het n o2 sensor, dan sal die Lambda (o2) dit optel en keer dat jou engine lean hardloop.

Die ECU "leer" niks uit jou bestuurstyl uit nie. Jy hoef dit nooit te onkoppel om te "reset" nie. Die ECU monitor n klomp funksies elke "duisende van n sekonde" om seker te maak dat die engine optimaal hardloop. Hoe jy gister of n week terug gery het, gaan geen verskil maak nie.
'94 lux, 3rz, Dual Tcases, 4.7, Lifted, Locked, 33"
ImageImage

"My worse fear is when i DIE, my wife will sell my car for what I told her I spent on it..."
Having a 12 second Honda is just like coming out of the closet; You're going to surprise a bunch of people, but in the end you're still gay.
Hugo2
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 67
Joined: Tue Feb 26, 2013 8:38 am
Town: Pretoria
Vehicle: HiLux V6
Real Name: Hugo
Location: Pretoria

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Hugo2 »

Dankie jong maar die feit bly, as ekdie battery ontkoppel vir paar minute en dan weer ry is die responce op versnelling soos dit moet wees vir die V6. So was dit ook tot gistermiddag, vanoggend weer oppad werk toe is hy so lui soos kan wees. Ek sukkel om weg te terk sonder om te double-clutch. Al wat ek nog nie gedoen het is om petrol-flow-druktoets te doen.
User avatar
Kagiso
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 377
Joined: Thu Nov 15, 2007 12:52 pm
Town: Benoni
Vehicle: Datsun SAFARI aka LOBO, Nissan Patrol GQ
Real Name: Mac

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Kagiso »

Jy weet seker jy kan jou 0_2 sensors self toets ?

Hier is n "lecture" op YouTube -- loers sommer daar: http://www.youtube.com/watch?v=QM2jO0_Cah0" onclick="window.open(this.href);return false;

Wat se die stealers -- hoekom maak jouy bakkie sulke lui donkie trix op jou?

Prado het nou eers 20,000 km op so dalk te gou om te se wat alles kan oppak .. maar alle karre se koppe werk maar so min of meer4 dieselle.

O-ja: Gerhard se ky 2 dinge: Jou battery se AMP lewering en (b) maak seker die ECU is nog behoorlik VAS -- en dqat al su plugs deeglik ingeprop is [maak ook sommer vcir "good measure" skoon met jou ElectroClean .. or some such.

Sterkte met die blerri traag sindroom.
Outreach2Africa - In support of Missionaries of Africa: Helping God's children doing God's work.
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
MCHILUX
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 287
Joined: Sat Nov 02, 2013 8:22 am
Town: Centurion Gauteng
Vehicle: Mazda Rustler 16v
Real Name: Jan

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by MCHILUX »

Laat die petrolpomp toets die lifter geluid wat jy hoor is die injectors lae petrol druk kan veroorsaak dat die injectors harder as gewoonlik lawaai die engine het wel VVT-i op altwee inlaat nokaste met shims (geen hydrolic lifters nie slegs Prado150 en FJ het hydrolic lifters met VVT-i op al vier nokaste) As jy wel die pomp moet vervang koop die hele tank eenheid dis so ongeveer R2000 goedkoper as net die pomp alleen
Hugo2
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 67
Joined: Tue Feb 26, 2013 8:38 am
Town: Pretoria
Vehicle: HiLux V6
Real Name: Hugo
Location: Pretoria

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Hugo2 »

Se net vir my voor ons verder gaan. Vanaf idle wegtrek- is jou bakkie ook so lui, begin eers so 1800RPM lewe kry, as ek bv. baie stadig ry en terug-gear na 2e refs is so +/- 1000rpm dan is baiie BAIE lui. Petrol pomp nie getoets maar as ek pyp ontkoppel blaas hy 'n duik in my bonnet-dit se nie veel en ek sal dit maar laat toets.
JamesC
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 541
Joined: Mon Aug 15, 2011 10:11 am
Town: Potchefstroom
Vehicle: SRX 2.5 4x4 D/C
Real Name: James
Location: Potchefstroom

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by JamesC »

Yip Hugo, is maar lui op lae refs maar baie meer responsive vandat die cats uit is...he toevalling op my laaste tank 7.9km/L gekry (het hierdie keer by die speodgrens gehou)
James Cameron
0834431879
Hugo2
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 67
Joined: Tue Feb 26, 2013 8:38 am
Town: Pretoria
Vehicle: HiLux V6
Real Name: Hugo
Location: Pretoria

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Hugo2 »

7.9km/l..kry dit nie eens as ek enjin afskakel :angel: Het gaan kyk na nuwe V8 cruisers stasiewa R588,000!! :siffler: Bakkie sal nog vir BAIE jare moet hou
User avatar
Kagiso
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 377
Joined: Thu Nov 15, 2007 12:52 pm
Town: Benoni
Vehicle: Datsun SAFARI aka LOBO, Nissan Patrol GQ
Real Name: Mac

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Kagiso »

Die Prado se verbruik het geval van 18 liter/100 na 15l/100 sedert ek die 'chip' truggesit het. [by VanderLinde laat doen] -- Dis nou so inni dorp ,, oppi ooppad val hy na 13,5 [AS 'k my gedra metti regtervoet saam ]
Outreach2Africa - In support of Missionaries of Africa: Helping God's children doing God's work.
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
Hugo2
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 67
Joined: Tue Feb 26, 2013 8:38 am
Town: Pretoria
Vehicle: HiLux V6
Real Name: Hugo
Location: Pretoria

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Hugo2 »

Man ek wil nie eens praat oor daai *a* chip storie, myne is gebypass.
M.b.t my V6 krag probleem. Wat ek agtergekom het in die oggende waneer hy koud is. Enjin ref dan so +/-1100rpm, in die periode is my bakkie 100% reg! baie responcive en met oorgenoeg krag. Na paar minute is enjin warem hy idle so 750rpm en BAIE lui.
Nou die scenarios.
Het ek genoeg krag met koue enjin omdat hy hoog ref vir paar minute; is dit omdat die air/fuel mixture hoog is en enjin kry meer petrol? Waar is die koue enjin sensor, is my probleem nie miskien daar?
Wat dink julle :siffler:
JamesC
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 541
Joined: Mon Aug 15, 2011 10:11 am
Town: Potchefstroom
Vehicle: SRX 2.5 4x4 D/C
Real Name: James
Location: Potchefstroom

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by JamesC »

Hugo, jy moet die petrolpomp se druk laat toets. Dit help nie jy kyk visueel na die straal wat uitkom nie. Die petrolpomp was altyd laaste op my lys aan jou maar ek dink dis tyd daarvoor.

Die egine rev op 1100 as jy aanskakel want hy het 'n auto choke - ek dink werklikwaar jou probleem is by die petrolpomp.
James Cameron
0834431879
User avatar
Kagiso
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 377
Joined: Thu Nov 15, 2007 12:52 pm
Town: Benoni
Vehicle: Datsun SAFARI aka LOBO, Nissan Patrol GQ
Real Name: Mac

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Kagiso »

Jipppp -- ek dink James is reg -- vervang die pomp [en sit daai Chip terug - MAAR laat Vanderlinde die dyno doen]
Outreach2Africa - In support of Missionaries of Africa: Helping God's children doing God's work.
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
User avatar
Wendell
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 72
Joined: Wed Nov 10, 2010 5:23 pm
Town: Standerton
Vehicle: Hilux 4.0 V6 4x4, Long range fuel tank, Cooper Discover STT. WROffroad Level-it spacers.
Real Name: Wendell

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Wendell »

Hugo,

Die petrol pomp issue sal jy voel op hoe revs met sy derde stage oor die motor so kragtig is en nie baie petrol nodig het nie. Jou throttle body moet n extra earth kabel kry. Dit behoort nie te duur te wees by n handelaar nie.
Thabogrobler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5271
Joined: Sun Aug 19, 2007 10:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '02 'Lux KZ
Real Name: Thabo
Club VHF Licence: x223
Location: Garsfontein
Contact:

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Thabogrobler »

Trek die return pyp van die petrol pomp af as die bakkie idle - jy sal sien daar is feitlik geen petrol wat terug gaan tenk toe nie. Dis 'n bewys dat die pomp moerlandspan toe is.
'02 KZ 'Lux. Cooled. Chipped. Onca'd. Cherished!

If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!

A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.
Hugo2
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 67
Joined: Tue Feb 26, 2013 8:38 am
Town: Pretoria
Vehicle: HiLux V6
Real Name: Hugo
Location: Pretoria

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Hugo2 »

Bakkie is by TOYOTA vir wat dit werd is. Tussentydse terugvoering "drukking is nie wat dit moet wees maar ons sukkel om info van TOYOTA te kry om dit te verivieer".

Vraag aan garage: Hoekom email julle nie die data aan die fabriek-"dis nie so maklik, jy sal nie glo die probleme wat ons het"

Ek het nie veel hoop vir fout wat hulle die afgelope 3 jaar nie kan regmaak
Hugo2
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 67
Joined: Tue Feb 26, 2013 8:38 am
Town: Pretoria
Vehicle: HiLux V6
Real Name: Hugo
Location: Pretoria

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Hugo2 »

Verduidelik asb die storie van die ekstra earth strap
Mr_B
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 7249
Joined: Fri Oct 12, 2007 2:38 pm
Town: Cape Town
Vehicle: Honda Jazz
Real Name: Bretton
Location: Brackenfell

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Mr_B »

Morning Hugo,

For what it's worth on my previous fuel injected bakkie, it would start and run fine in the morning, but as soon as I'd done some km's and the HP fuel pump got hot it would start buggering around, loss of power and then a while later it would simply be impossible to drive. If I let the engine idle for a while the fuel pump would cool and operate ok for a while. The HP fuel pump was replace and every was 100% again.

Mr B
Hugo2
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 67
Joined: Tue Feb 26, 2013 8:38 am
Town: Pretoria
Vehicle: HiLux V6
Real Name: Hugo
Location: Pretoria

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Hugo2 »

Thanx Brenton, R4000 for new, still awaiting feedback from TOYOTA garage....en dis waar ek begin worry
User avatar
Masekind
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1235
Joined: Mon Feb 18, 2013 11:41 am
Town: Lichtenburg
Vehicle: 2005 Hilux 4x4 v6, LR tank, ARB Bumper. (iJzer)
Real Name: Drikus
Location: Lichtenburg

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Masekind »

Hugo2 wrote:Thanx Brenton, R4000 for new, still awaiting feedback from TOYOTA garage....en dis waar ek begin worry
Ja daai wag eet n mens op
Sterkte Hugo hoop jy kom reg

Sent from my SGP321 using Tapatalk 4
If you don’t build your dreams someone else will hire you to build there’s
Image
MCHILUX
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 287
Joined: Sat Nov 02, 2013 8:22 am
Town: Centurion Gauteng
Vehicle: Mazda Rustler 16v
Real Name: Jan

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by MCHILUX »

ask for the price of the tank-unit it includes pump housing and fuel level float at about half the price!!!
User avatar
johanstr
Newbie
Posts: 7
Joined: Fri Aug 16, 2013 6:05 pm
Town: centurion
Vehicle: Hilux V6 4x4
Real Name: Johan
Location: centurion sa

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by johanstr »

Hallo Manne.
Ek weet dit is n ou post maar ek het n soortgelyke probleem.
My V6 voel of daar nie krag is spesefiek as ek sleep, dit voel kompleet of die engine smoor as ek meet petrol gee.
Onder gewone ry toestande voel hy sluggish tot op omtrent 3000 rpm en dan voel dit kompleet of n powerband inskop.
Gee raad ASB
Mars
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1484
Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
Real Name: Marnus
Location: Pretoria Oos
Contact:

Re: Hi-Lux V6 lack power

Post by Mars »

Ek ken nie jou wa se uitleg presies nie maar hier is wat ek dink. As jou bakkie koud is, wat gemeet word op die temperatuur van jou verkoeler middel en nie die lug temperatuur nie, dan spuit die "cold start injector" ekstra petrol in om die mengsel bietjie te verryk. Jou bakkie loop dan lekker omdat die mengsel ryker en nader aan reg is maar sodra die enjin warm is en die cold start injector spuit nie begin jou bakkie om arm te loop en dan beskerm die ECU die enjin. Maw ek dink jou "cold start" stelsel werk eintlik reg maar dit is tog raadsaam om die idle control valve in elk geval skoon te maak . Jy kan 'n probleem met jou petrol pomp of jou brandstof druk reguleerder (Fuel Pressure Regulator) hê. Ek is nie seker of jou bakkie 'n "regulator" op elke bank se "injector rail" het nie maar indien wel kan dit verklaar hoekom jy die geraas op die een bank silinders hoor.
Post Reply

Return to “The Workshop”