Clutch op nuwe Hilux

Here we discuss Hiluxes in general. Your view of the Hilux. For other general discussions please see "open Discussions" under the "Around the Campfire" heading.
Post Reply
JacoPr
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 19
Joined: Wed Jan 05, 2011 12:42 pm
Town: Windhoek
Vehicle: Toyota Hilux D/C 4x2
Real Name: Jaco

Clutch op nuwe Hilux

Post by JacoPr »

Hallo almal
Soek bietjie raad. Ek het die nuwe Hilux 2x4 D4D 3.0 diesel double cab handrat 2012 model Hilux. Het nou ongeveer 17000km op die clock. Geen probleme sover, maar ek kom agter dat sommige kere wanneer ek teen 'n styl buld staan en ek die kar op sy clutch beheer en dan weg trek, daar 'n dowwe skree geluid ontstaan. Normaal weg trek op 'n gelyk oppervlak maak niks nie. Dit gebeur net teen 'n styl buld as ek meer krag moet gee wanneer ek weg trek. Ek het die motor al by 'n mechanic gehad en hy sê daar is niks om oor te worry nie. Dis blykbaar die clutch wat gly. Weet julle of daar iets is wat gedoen kan word? Moet ek regtig bekommerd wees? Is daar iets wat gestel kan word?
Dankie by voorbaat.
User avatar
Kaaskrul
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 476
Joined: Mon Nov 26, 2012 10:03 pm
Town: Port Elizabeth
Vehicle: 2018 Hilux X-Cab 4x4 Dakar
Real Name: Pierre

Re: Clutch op nuwe Hilux

Post by Kaaskrul »

My 3.0 d4d het nou 4000km op.

Op n 1000km het die clutch begin shudder, en baie ook.

As ek teen n opdraende probeer uitry dan het ek die clutch al tweekeer geruik brand. Daai fluit wat jy het is hy wat gly ja.

Ek weet nie, maar die nuwes se clutches is baie pieperig, glo nie myne gaan nog lank hou nie.
User avatar
Jaws
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 536
Joined: Fri Dec 14, 2007 11:41 am
Town: Sharonlea
Vehicle: 2009 D4D 4x4
Real Name: Herman

Re: Clutch op nuwe Hilux

Post by Jaws »

Hang seker maar af myne trek al
Oor die 120 000km met oorspronklike koppelaar, nog geen probleme. Ek het al swaar gesleep, in sand duine Gery en baie 4x4.
:thumbup:
User avatar
Jaws
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 536
Joined: Fri Dec 14, 2007 11:41 am
Town: Sharonlea
Vehicle: 2009 D4D 4x4
Real Name: Herman

Re: Clutch op nuwe Hilux

Post by Jaws »

Ooh ja ek onthou nou op n stadium het die koppelaar laer geskree Maar n bietjie q20 het dit uitgesorteer
:thumbup:
Rianc
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 707
Joined: Fri Jul 22, 2011 11:27 am
Town: Pretoria
Vehicle: 2.8GD6 Double CabHilux 4X4
Real Name: Rian
Location: Wonderboom Suid

Re: Clutch op nuwe Hilux

Post by Rianc »

Jaws, voorwaar baie goeie taal gebruik en woord keuses. Trek net jou been! Ek het ook nog geen probleme met die koppelaar gehad nie en baie swaar bote gesleep. My enigste probleem egter met die D4D teen 'n styl bult is die handrem vermoë en tweedens die lae revolusie krag wat beskikbaar is om die voertuig in momentum te kry sonder om wieltol te veroorsaak.
Rianc
JacoPr
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 19
Joined: Wed Jan 05, 2011 12:42 pm
Town: Windhoek
Vehicle: Toyota Hilux D/C 4x2
Real Name: Jaco

Re: Clutch op nuwe Hilux

Post by JacoPr »

Jaws
Waar spuit mens die q20? Is daar 'n spesifieke plek? As dit die probleem gaan oplos wil ek dit sommer self doen. Baie dankie vir julle hulp en comments.
User avatar
Kaaskrul
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 476
Joined: Mon Nov 26, 2012 10:03 pm
Town: Port Elizabeth
Vehicle: 2018 Hilux X-Cab 4x4 Dakar
Real Name: Pierre

Re: Clutch op nuwe Hilux

Post by Kaaskrul »

Die sqeeuk geluid op die clucth pedal is a factory recall en word verniet gedoen vir jou. :thumbup:
My 2010 Fortuner sin is so vervang, daar is n Bulletin uit daarvoor.
Sy clutch het ook gehou, nooit probleme gehad nie.

My Dcab het begin shudder nog voor 1000km eintlik. Weet van n paar manne wat moun daaroor.

As die clutch egter ordentlik gly, fluit hy, klink amper soos n tyre wat spin op die teerpad.
Rianc
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 707
Joined: Fri Jul 22, 2011 11:27 am
Town: Pretoria
Vehicle: 2.8GD6 Double CabHilux 4X4
Real Name: Rian
Location: Wonderboom Suid

Re: Clutch op nuwe Hilux

Post by Rianc »

Kaaskrul, kry vir my daai bulletin! Smaak my nie alle dealers kry die goed nie! Het om die dood baklei om my coilspring vir die airbags te vervang wat ook gebulletin was! Het na drie weke my R1800 terug gekry en moerse verskonings.
User avatar
Kaaskrul
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 476
Joined: Mon Nov 26, 2012 10:03 pm
Town: Port Elizabeth
Vehicle: 2018 Hilux X-Cab 4x4 Dakar
Real Name: Pierre

Re: Clutch op nuwe Hilux

Post by Kaaskrul »

Rianc wrote:Kaaskrul, kry vir my daai bulletin! Smaak my nie alle dealers kry die goed nie! Het om die dood baklei om my coilspring vir die airbags te vervang wat ook gebulletin was! Het na drie weke my R1800 terug gekry en hengse verskonings.

Toyota Strijdom Park het myne vervang.
Dis n hele nuwe bush, maar jy kry n kompleet clutch pedal alles.

Die tjierie tjierie elke keer as jy pedal trap is dan weg, en dit het my fooking MAL gehad hoor!! En Q20 werk nie.

Bel die ou by Workshop/Service Department, vra jy soek die klein kort gat mannetjie wat in die hoek sit, RERIG, dan sal hulle jou na die regte ou toe deur sit :thumbup:

http://www.imperialtoyota.co.za/index.p ... rijdompark" onclick="window.open(this.href);return false;
JacoPr
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 19
Joined: Wed Jan 05, 2011 12:42 pm
Town: Windhoek
Vehicle: Toyota Hilux D/C 4x2
Real Name: Jaco

Re: Clutch op nuwe Hilux

Post by JacoPr »

Sorry manne.
Is die probleem op die clutch of op die pedal self? Daar is glad nie 'n squeek geluid op my pedal nie. Daar is wel net die: "As die clutch egter ordentlik gly, fluit hy, klink amper soos n tyre wat spin op die teerpad" soos deur Kaaskrul hieronder. Soos gesê, dit gebeur net as die kar teen 'n opdraand staan en ek bietjie meer krag moet gee om weg te kom.
Hou bietjie my ander post dop op die website. Ek het nog teenspoed met my kar gekry. :beg: Wil bietjie weet wat dink julle.
User avatar
Kaaskrul
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 476
Joined: Mon Nov 26, 2012 10:03 pm
Town: Port Elizabeth
Vehicle: 2018 Hilux X-Cab 4x4 Dakar
Real Name: Pierre

Re: Clutch op nuwe Hilux

Post by Kaaskrul »

Jaco, daar is 2 probleme.
Die pedal self wat tjierie tjierie as jy hom in en uit trap.

Dan JOU probleem, dis clucth wat gly!
Mars
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1484
Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
Real Name: Marnus
Location: Pretoria Oos
Contact:

Re: Clutch op nuwe Hilux

Post by Mars »

Rianc wrote:Kaaskrul, kry vir my daai bulletin! Smaak my nie alle dealers kry die goed nie! Het om die dood baklei om my coilspring vir die airbags te vervang wat ook gebulletin was! Het na drie weke my R1800 terug gekry en hengse verskonings.
Rian
Het jy daardie bulletin vir my oor die clock spring vir die lugsakke asb of weet jy waar ek dit kan kry?

Dankie
User avatar
Kaaskrul
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 476
Joined: Mon Nov 26, 2012 10:03 pm
Town: Port Elizabeth
Vehicle: 2018 Hilux X-Cab 4x4 Dakar
Real Name: Pierre

Re: Clutch op nuwe Hilux

Post by Kaaskrul »

Ek het nou 6000km op my Hilux, my clutch gaan nie 10 000km haal nie.

Begin al krap as ek ratte verander in die dorp, en die pedal is baie baie sag.

GRRRRR.
JacoPr
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 19
Joined: Wed Jan 05, 2011 12:42 pm
Town: Windhoek
Vehicle: Toyota Hilux D/C 4x2
Real Name: Jaco

Re: Clutch op nuwe Hilux

Post by JacoPr »

My motor is net na Paasnaweek na die dealer toe. Clutch is uitsorteer. Daar is definitief 'n bulletin uit vir dit. :thumbup:
User avatar
Kaaskrul
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 476
Joined: Mon Nov 26, 2012 10:03 pm
Town: Port Elizabeth
Vehicle: 2018 Hilux X-Cab 4x4 Dakar
Real Name: Pierre

Re: Clutch op nuwe Hilux

Post by Kaaskrul »

JacoPr wrote:My motor is net na Paasnaweek na die dealer toe. Clutch is uitsorteer. Daar is definitief 'n bulletin uit vir dit. :thumbup:

Weet jy wat als gedoen is toe?
JacoPr
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 19
Joined: Wed Jan 05, 2011 12:42 pm
Town: Windhoek
Vehicle: Toyota Hilux D/C 4x2
Real Name: Jaco

Re: Clutch op nuwe Hilux

Post by JacoPr »

Hulle praat van 'n hele kit.
User avatar
jacques kotze
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3616
Joined: Mon Jan 05, 2009 8:51 am
Town: Nelspruit
Vehicle: 2,8 4x4 Auto Fortuner. 2,8 4x4 Hilux singlecab.
Real Name: Jacques
Contact:

Re: Clutch op nuwe Hilux

Post by jacques kotze »

Ek moet nou my 2005 2,5 d4d 4x4 se clutch vervang na 282 000 harde km's teen berge uit om radio torings op te sit.
User avatar
Kaaskrul
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 476
Joined: Mon Nov 26, 2012 10:03 pm
Town: Port Elizabeth
Vehicle: 2018 Hilux X-Cab 4x4 Dakar
Real Name: Pierre

Re: Clutch op nuwe Hilux

Post by Kaaskrul »

Was vandag by Toyota.

My bakkie gaan Woensdag in om clutch uit te haal en kyk wat is fout.

Daar is n recall op die "fluit" geluid vd clucthes, maar verder geen recall nie.

Toyota se as hulle my gearbox drop en ek het clutch gebrand is dit my rekening, as iets anders fout is hulle rekening.

Ek weet ek het hom nie gebrand nie, so sal op hoogte hou na Woensdag wat hulle fout gekry het, of enige fout indien wel.
User avatar
Kaaskrul
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 476
Joined: Mon Nov 26, 2012 10:03 pm
Town: Port Elizabeth
Vehicle: 2018 Hilux X-Cab 4x4 Dakar
Real Name: Pierre

Re: Clutch op nuwe Hilux

Post by Kaaskrul »

Toyota bel my nou.
Bakkie die hele dag daar.
Ek moet hom kom haal hy is reg, hulle het niks gedoen nie, hom gaan ry, kry nie fout nie, kom haal hom.

Ok so dit vat hulle nou van 07h00 tot 14h00 om om die blok te ry??

Hoekom shudder clutch met my en nie met hulle nie??

Nee wat, ek glad nie happy nie, gaan dit ook nie hier los nie :evil: :evil:
User avatar
CMK
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 30
Joined: Mon Aug 13, 2012 11:48 am
Town: Ficksburg
Vehicle: Toyota Hilux 3L D4D 4x4
Real Name: CM
Location: Freestate, Ficksburg

Re: Clutch op nuwe Hilux

Post by CMK »

Kaaskrul, ek het dieselfde ervaar met my 2011 Hilux 3D4D 4X4, het vir my handelaar gese ek wil met die verteenwoordiger van Toyota praat en hom gevat tot by 'n opdraende en self die bakkie laat wegtrek. Sy woorde aan my is dat ek die eerste is wat daarmee sukkel. Dat hy kennis neem van die probleem, asook dat as ek 'n probleem optel, met hulle moet praat. Ek kan darem sover nog ratte oorsit, maar voel daar glip al 'n paar in. So sal maar sien.

Probeer teen 'n opdraende wegtrek met 'n sleepwa gehak en dan sien jy hoe kan 'n clutch gly!!

Die belangrikste is om ons hande op daardie Bulletin te kry!
CM Kotze
JacoPr
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 19
Joined: Wed Jan 05, 2011 12:42 pm
Town: Windhoek
Vehicle: Toyota Hilux D/C 4x2
Real Name: Jaco

Re: Clutch op nuwe Hilux

Post by JacoPr »

Kaaskrul. Gaan kyk in jou diens boekie. Daar is 'n website vir customer complaints/questions, ens. Dan praat jy direk met Toyota en kyk of hulle jou kan help.
Hoop jy kom reg.
Post Reply

Return to “General Hilux Discussions”