Ek het so paar maande terug my "nuwe" Lux gekry, maar ek het baie gou besef sy neus is ver te laag, veral nadat ons die Babylonstoren 4x4 roete gaan ry het.
My bakkie het gedurig teen die klippe gestamp, gelukkig het ek die bakkie gekoop met 'n ekstra dik sump en belly plate, so ek het darem nie in daai opsig skade gekry nie, maar op die stadium wil ek nie graag weer 'n klip roete aanvat voordat ek nie, veral die neus. van my bakkie gelig het nie.
So ver ek verneem het Toyota spacers wat hulle kan insit wat die neus so bietjie kan lig.
So wat ek graag sal wil weet is, waar ek sulke tipe spacers kan kry en of dit 'n helse werk is om dit self in te sit. En kan so iets op die agter kant van die bakkie ook gedoen word.
Ek moet net ook bylas ek is nie rerig so 'n goeie werktuigkundige nie, maar is darem ook nie heeltemal onnosel nie. :wth:
Dankie
Hoop julle kan my help
![Beg :beg:](./images/smilies/beg.gif)
En O-ja, ek is hier innie Kaap in, so as julle van iets hier rond weet sal dit gaaf wees.
![CoolDude :cooldude:](./images/smilies/cool.gif)