5m rubberuck with 60 Mariner

Discuss anything here as long as it is clean. Having a hard time with your Skoonma, tell us about it here, or discuss the Rugby. Whatever you feel like talking about.
Post Reply
User avatar
jacques kotze
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3616
Joined: Mon Jan 05, 2009 8:51 am
Town: Nelspruit
Vehicle: 2,8 4x4 Auto Fortuner. 2,8 4x4 Hilux singlecab.
Real Name: Jacques
Contact:

5m rubberuck with 60 Mariner

Post by jacques kotze »

Hi all,
I'm looking to buy a rubberduck, it is about 5m with a 60 Mariner on. The pontoons are leaking at the seams(not thermo welded pontoons, glued) they are not damaged in any way, So the pontoons will need to be looked at. What do any of you think will be reasonable price for it? the owner mentioned something about R 40 000. But I think it is to much It also need to have it's buoyancy done. I'm not looking to use it at see, only fresh water. Any input will be appreciated :thumbup:
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: 5m rubberuck with 60 Mariner

Post by OOOOMS »

Koop 'n langer vis stok :thumbup:
User avatar
Toerboer
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 319
Joined: Sun Oct 04, 2009 6:03 pm
Town: Centurion
Vehicle: 3.0 D4D 4X4 DC, lr
Real Name: Marius

Re: 5m rubberuck with 60 Mariner

Post by Toerboer »

Jacque,bouyancy gaan gedoen moet word en jy gaan die pontoons moet laat doen.Die prys is heel te mal te veel,ek sou dink in die omgewing van R25 000.Wat is sy model en in wat se toestand is die motor?
User avatar
jacques kotze
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3616
Joined: Mon Jan 05, 2009 8:51 am
Town: Nelspruit
Vehicle: 2,8 4x4 Auto Fortuner. 2,8 4x4 Hilux singlecab.
Real Name: Jacques
Contact:

Re: 5m rubberuck with 60 Mariner

Post by jacques kotze »

OOOOMS wrote:Koop 'n langer vis stok :thumbup:
Of vang in n kleiner dam :lol:
Traveler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5311
Joined: Fri Feb 26, 2010 7:11 am
Town: Springs
Vehicle: Pathfinder 2.5 LE AT
Real Name: Heinrich
Club VHF Licence: X81
Location: Gauteng
Contact:

Re: 5m rubberuck with 60 Mariner

Post by Traveler »

Niks meer as R25k nie.

Ek het so 8jr gelede 'n racing Robbyduck gehad met 'n 40hp Evinrude. Hy het my R20k gekos (en byna my lewe).
Image
Image

Know what you don't know.
User avatar
jacques kotze
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3616
Joined: Mon Jan 05, 2009 8:51 am
Town: Nelspruit
Vehicle: 2,8 4x4 Auto Fortuner. 2,8 4x4 Hilux singlecab.
Real Name: Jacques
Contact:

Re: 5m rubberuck with 60 Mariner

Post by jacques kotze »

Marius Smit wrote:Jacque,bouyancy gaan gedoen moet word en jy gaan die pontoons moet laat doen.Die prys is heel te mal te veel,ek sou dink in die omgewing van R25 000.Wat is sy model en in wat se toestand is die motor?
Ek sal more die papierwerk by hom kry en kyk watse jaar model hy is. Hy se die enjin makeer niks nie. Maar dis wat almal se as hy iets wil verkoop. As ek sou besluit om die boot te koop sal ek hom eers vra dat hy die enjin laat diens en laat na gaan. Want enjin is nie klein geld nie. Hy het die boot 3 jaar terug gekoop vir R40 000 en in die laaste jaar het hy hom net 2 keer gebruik.
User avatar
Family_Dog
Moderator
Moderator
Posts: 12699
Joined: Tue May 22, 2007 10:09 am
Town: Klerksdorp
Vehicle: Hilux DC SFA, Hilux 2.7 DC, Hilux 2.7 SC, Prado 95 VX
Real Name: Eric
Club VHF Licence: HC101
Location: Klerksdorp, NW
Contact:

Re: 5m rubberuck with 60 Mariner

Post by Family_Dog »

Stem saam, heeltemaal te veel. ±R25k should do it.


-F_D
Image

White Fang: 1999 2.7i DC Raider 4x4
Bull Dog: 1987 4Y-EFI 2.2 DC 4x4
Pra Dog: 1998 Prado VX 3.4
Hound Dog: 2000 2.7i SC 4x4


One Staffie, One Jack Russell, One Ring Neck Screecher, 17 Fish of questionable heritage


Image
User avatar
Toerboer
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 319
Joined: Sun Oct 04, 2009 6:03 pm
Town: Centurion
Vehicle: 3.0 D4D 4X4 DC, lr
Real Name: Marius

Re: 5m rubberuck with 60 Mariner

Post by Toerboer »

jacques kotze wrote:
Marius Smit wrote:Jacque,bouyancy gaan gedoen moet word en jy gaan die pontoons moet laat doen.Die prys is heel te mal te veel,ek sou dink in die omgewing van R25 000.Wat is sy model en in wat se toestand is die motor?
Ek sal more die papierwerk by hom kry en kyk watse jaar model hy is. Hy se die enjin makeer niks nie. Maar dis wat almal se as hy iets wil verkoop. As ek sou besluit om die boot te koop sal ek hom eers vra dat hy die enjin laat diens en laat na gaan. Want enjin is nie klein geld nie. Hy het die boot 3 jaar terug gekoop vir R40 000 en in die laaste jaar het hy hom net 2 keer gebruik.
Twee jaar terug het ons rubberduck se powerpack opgepak so 15km in die see en die ander enjin was amper te swak om ons terug te kry,storie vir n ander dag.Die powerpack vir die 40 Mariner was daardie tyd +- R25 000.Dit was net nadat ons die pontoons laat oordoen het.met die onsekerheid van die ander motor,en baie oorweging het ons toe maar n ander boot gekoop.
User avatar
Danman
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 808
Joined: Fri Apr 18, 2008 7:04 am
Town: Pretoria
Vehicle: 2009 Fortuner 4.0 V6 aka "BosBuffel"
Real Name: Danie

Re: 5m rubberuck with 60 Mariner

Post by Danman »

Heeltemal te duur,
As die pontoons lek koop jy eintlik net die motor en 'n sak seile.
Ek stem saam R25 000 - R30 000 is meer realisties(afhangend van die kondisie van die motor hull ens.
Ek het verlede week 'n raven namens 'n familielid gaan koop en die ou spesialiseer in 2de handse bote en hy reken hy verkoop gladnie rubberducks nie as gevolg van die rede.
User avatar
jacques kotze
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3616
Joined: Mon Jan 05, 2009 8:51 am
Town: Nelspruit
Vehicle: 2,8 4x4 Auto Fortuner. 2,8 4x4 Hilux singlecab.
Real Name: Jacques
Contact:

Re: 5m rubberuck with 60 Mariner

Post by jacques kotze »

Ek het rubberducks op die internet vergelyk met die een se prys, ek kan dieselfde grootte kry met dieselfde of n grooter enjin, dan is die duck en die enjin so te se nog nuut vir R40 000. Ek wil eers n kwotasie kry en uitvind wat dit gaan kos om die boot weer reg te kry en dan sal ek n besluit maak. As ek die papierwerk gekry het sal ek bietjie rond bel en uitvind wat hy werd is. :thumbup:
User avatar
dalkill
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1576
Joined: Wed Feb 13, 2008 8:34 am
Town: Cape TOwn
Vehicle: 2.4 GD6 SR D/C 4x4
Real Name: Shaakir

Re: 5m rubberuck with 60 Mariner

Post by dalkill »

nee wat jaques, ek is tempted om te se onder R20K... hang af van enjin.
op gumtree is daar bote met 2 x 40hp yammies / mariners for onder R20K. hulle makker seker werk.

'n vriend van my, wat ken van bote, het my ook gese as die boot so lank still staan is dit ook nie goed nie... 2 keer gebriuk in die laaste jaar bedoel roes het seker begin inklim waar hy nie hoort nie....
2016 2.4GD6 SR D/C 4x4 (Oct 2022 - current) (Buraaq VI)
2007 d4d 3.0 D/C 4x4 (Mar 2016 - July 2022) (Buraaq V)
2003 Isuzu KB300 D/C 4x4 (May 2015 - Feb 2016) aka Buraaq IV
2000 hilux DC 2.7 4x4 (Jul 2011 - Sep 2012) aka Buraaq III
1999 RXI 20v (Nov 2009 - Jul 2011) aka Quicksilver
1990 hilux DC 2.2 4x4 (Jun 2008 - Jul 2011) aka Buraaq II
1997 corolla 160i GLE (Feb 2007 - Sep 2009) aka Green Goblin
1990 GLI twincam (still my fav rolla) (Oct 2005 - Mar 2007) aka Wit Blitz
Golf GTI 2.0 (temp insanity for 2months) (Jun 2005 - Aug 2005) aka A mistake
1993 hilux SC 2.2 4x4 (April 2003 - Sept 2005) aka Buraaq

TOYOTA IS MY LEWE
User avatar
jacques kotze
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3616
Joined: Mon Jan 05, 2009 8:51 am
Town: Nelspruit
Vehicle: 2,8 4x4 Auto Fortuner. 2,8 4x4 Hilux singlecab.
Real Name: Jacques
Contact:

Re: 5m rubberuck with 60 Mariner

Post by jacques kotze »

dalkill wrote:nee wat jaques, ek is tempted om te se onder R20K... hang af van enjin.
op gumtree is daar bote met 2 x 40hp yammies / mariners for onder R20K. hulle makker seker werk.

'n vriend van my, wat ken van bote, het my ook gese as die boot so lank still staan is dit ook nie goed nie... 2 keer gebriuk in die laaste jaar bedoel roes het seker begin inklim waar hy nie hoort nie....
Ek stem saam, n boot moet gereeld gebruik word. Ek het ook gelees dat die pontoons nie afgeblaas moet word as die boot gestoor word nie want die gom trek los, so ek dink daai pontoons sal maar moet vervang word, en dit alleen behoort R10 000 te wees.
User avatar
Hoppy
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5784
Joined: Mon Jan 07, 2008 10:15 pm
Town: Cape Town
Vehicle: Hilux SFA & IFS
Real Name: Allan 0721291160

Re: 5m rubberuck with 60 Mariner

Post by Hoppy »

As jy hom net in vars water gaan gebruik, hoekom koop jy dan nie n harde skippie nie? Hulle is goedkoper en hou langer en jy kan n groter motor opsit.
Image
aev@iburst.co.za
The trouble with trouble is...it always starts as fun.
The most precious jewels you will ever wear around your neck is the arms of your children...
" I WOULD RATHER SIT ON THE TAILGATE OF MY HILUX WITH A BEER AND A CHOP, WATCHING A FIRE, THAN DINE IN THE BEST RESTAURANT IN TOWN "
User avatar
SWARTLUX
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 891
Joined: Sat Jan 07, 2012 12:39 pm
Town: Gauteng
Vehicle: '05 LEGEND 35 2.7 DC 4x4, Monroe Gas allround, Long range tank, UniQ Chip. Platkar '06 Polo 1.6 Comfortline hatchback
Real Name: Brain
Location: Les Marais, Pretoria

Re: 5m rubberuck with 60 Mariner

Post by SWARTLUX »

jacques kotze wrote:Ek het rubberducks op die internet vergelyk met die een se prys, ek kan dieselfde grootte kry met dieselfde of n grooter enjin, dan is die duck en die enjin so te se nog nuut vir R40 000. Ek wil eers n kwotasie kry en uitvind wat dit gaan kos om die boot weer reg te kry en dan sal ek n besluit maak. As ek die papierwerk gekry het sal ek bietjie rond bel en uitvind wat hy werd is. :thumbup:
Kyk in die autotrader daar is 'n hele seksie net vir bote my eerlike opinie vra die ou bietjie heeltemal te veel veral as jy die pontoons moet fix en boyancy certificate ook self moet doen hy vra reeds ver teveel en met die laasgenoemde in ag geneem is dit heeltemal bietjie oorboord "No pun intended" :lol:
Image
User avatar
jacques kotze
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3616
Joined: Mon Jan 05, 2009 8:51 am
Town: Nelspruit
Vehicle: 2,8 4x4 Auto Fortuner. 2,8 4x4 Hilux singlecab.
Real Name: Jacques
Contact:

Re: 5m rubberuck with 60 Mariner

Post by jacques kotze »

Hoppy wrote:As jy hom net in vars water gaan gebruik, hoekom koop jy dan nie n harde skippie nie? Hulle is goedkoper en hou langer en jy kan n groter motor opsit.
Ek het aanvanklik na n fiberglass boot gekyk, maar ek sien nie een wat groot genoeg is in die prysklas wat n nuwerige motor ook op het nie. Ek weet dat rubberduck se pontoon leeftyd nie langer as 8 jaar is nie. Keuses, keuses. . . . :?: :?: :think: :think:
User avatar
Toerboer
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 319
Joined: Sun Oct 04, 2009 6:03 pm
Town: Centurion
Vehicle: 3.0 D4D 4X4 DC, lr
Real Name: Marius

Re: 5m rubberuck with 60 Mariner

Post by Toerboer »

Re-pontooning was R12000 twee jaar terug met valves wat help dat hulle nie over inflat nie.Jy is in vir minstens R13 000 met boyancy toets en sertifikate.

Nou kan jy al begin kyk na R50 000 se boot,daar hoort baie beter opsies nou te kry.

Soos jy gese het besluite,besluite.
User avatar
jacques kotze
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3616
Joined: Mon Jan 05, 2009 8:51 am
Town: Nelspruit
Vehicle: 2,8 4x4 Auto Fortuner. 2,8 4x4 Hilux singlecab.
Real Name: Jacques
Contact:

Re: 5m rubberuck with 60 Mariner

Post by jacques kotze »

Marius Smit wrote:Re-pontooning was R12000 twee jaar terug met valves wat help dat hulle nie over inflat nie.Jy is in vir minstens R13 000 met boyancy toets en sertifikate.

Nou kan jy al begin kyk na R50 000 se boot,daar hoort baie beter opsies nou te kry.

Soos jy gese het besluite,besluite.
Ja nee wat, ander pontoons gaan n paar skille wees, ek sal eers bietjie met hom moet praat. . .Ek sal kyk of ek n paar fotos kan gaan neem en opsit. Vir R50 000 kan ek n lekker boot koop, maar ek wil nie soveel skuld maak nie want daar is 4 - 6 maande in n jaar wat jy hom vir 4 naweke n maand kan gebruik, so dit gee jou in die omgewing van 24 naweke in n jaar wat jy hom kan gebruik, as dit nie reen in daai maande nie. Die res van die tyd staan hy gebere. En ek weet mos hoe werk dit, almal gaan lekker saam met jou visvang en ski tot almal die ding gewoond is, dan verloor n ou belangstelling, dan word die visvang ook maar net 3-4 keer per jaar. So ek wil maar n goedkoperige ding kry maar wat nog steets 5 persone kan vat. :roll: :roll:
User avatar
Toerboer
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 319
Joined: Sun Oct 04, 2009 6:03 pm
Town: Centurion
Vehicle: 3.0 D4D 4X4 DC, lr
Real Name: Marius

Re: 5m rubberuck with 60 Mariner

Post by Toerboer »

Dis ongelikkig die ding met n boot die eienaar dra die koste en moet die boot altyd reg he en verder is almal altyd klok slag reg om te ski en lekker rond te ry.Maar dit gese,goedkoop koop is duur koop.
User avatar
jacques kotze
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3616
Joined: Mon Jan 05, 2009 8:51 am
Town: Nelspruit
Vehicle: 2,8 4x4 Auto Fortuner. 2,8 4x4 Hilux singlecab.
Real Name: Jacques
Contact:

Re: 5m rubberuck with 60 Mariner

Post by jacques kotze »

Marius Smit wrote:Dis ongelikkig die ding met n boot die eienaar dra die koste en moet die boot altyd reg he en verder is almal altyd klok slag reg om te ski en lekker rond te ry.Maar dit gese,goedkoop koop is duur koop.
Ek weet elkgeval nie of daai 60 Mariner my 110kg uit die water sal kry op n ski nie, so ek dink ek sal die ou maar n simpel prys R20 000 - R22 000(hy wou R40 000 he) aanbied en kyk wat se hy, as hy instem dan maak ek maar vrede met die boot soos hy is, as hy nie wil nie dan kan hy hom maar hou.
As julle van iemand weet wat n bootjie het wat geregistreer is om minstens 5 volwannes te vat vir so R40 000 dan moet julle my asb laat weet, maar die banke moet nog bereid wees om hom te finansier so hy kan nou nie n 1985 jaar model wees nie. :)
User avatar
Stef
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3125
Joined: Mon Jan 25, 2010 12:54 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '98 LTD
Real Name: Stefan
Club VHF Licence: X107

Re: 5m rubberuck with 60 Mariner

Post by Stef »

Kan die een onder R10k kry... motors is moeg, boot is oud so jy gaan ook bouyancy ens moet doen. Trailer het ook beter dae gesien. Dek lyk nog goed, rante buite om sal weet gefibreglass moet word. Ek is seker as ek arm draai kan jy kyk na so R5k. As ek geld gehad het sou ek hom self koop en en nuwe motors opsit.
28012012378.jpg
User avatar
jacques kotze
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3616
Joined: Mon Jan 05, 2009 8:51 am
Town: Nelspruit
Vehicle: 2,8 4x4 Auto Fortuner. 2,8 4x4 Hilux singlecab.
Real Name: Jacques
Contact:

Re: 5m rubberuck with 60 Mariner

Post by jacques kotze »

[quote="Stef"]Kan die een onder R10k kry... motors is moeg, boot is oud so jy gaan ook bouyancy ens moet doen. Trailer het ook beter dae gesien. Dek lyk nog goed, rante buite om sal weet gefibreglass moet word. Ek is seker as ek arm draai kan jy kyk na so R5k. As ek geld gehad het sou ek hom self koop en en nuwe motors opsit.

Eish. . .ek weet nie so leker van daai boot nie, die kanse is maar goed dat die romp baie herstel werk gaan nodig he. Dalk moet n ou hom reg maak en verkoop en dalk n paar rand maak. . .maar dis maar n groot gamble! Sal maar kyk wat gebeur as die ou se ek moet hom n aanbod maak op die rubberduck dan vat ek dit van daar af. Sal maar sien hoe draai die deal uit in die volgende week of so.
User avatar
Stef
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3125
Joined: Mon Jan 25, 2010 12:54 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '98 LTD
Real Name: Stefan
Club VHF Licence: X107

Re: 5m rubberuck with 60 Mariner

Post by Stef »

Daar het al heelwat werk ingegaan; dis die werk se boot; nog geen ander dam as die Nooitgedacht dam gesien nie. Was meestal gebruik om die hiasinte te spuit. Met die groet van die enjins endie koste van 2 nuwe Yamaha 60's het die groot base besluit om nie nog geld op die ding te spandeer nie en om eerder 'n kleiner 2de handse boot met 'n 40 op te koop. Was goedkoper as een motor vir die ou boot.

Die fibreglass werk wat gedoen moet word is kosmeties; romp lyk eintlik nog goed onder. Daar is 'n chip wat herstel is (ek weet hy dryf nog :mocking: ).

Daar was 'n aanbod op die boot maar die ou het kop uit getrek omdat die trailer nie papiere het nie. Het self al gedink om so R3k aan te bied en te kyk,maar ek het nie geld vir motors nie so die ding gaan ook net onder my afdak staan.

Maar in elk geval...skree maar as jy lus is vir 'n projek :thumbup:
User avatar
george
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 6565
Joined: Wed May 23, 2007 11:16 am
Town: Velddrif
Vehicle: Triton 3.5l V6
Real Name: George
Club VHF Licence: HC107
Location: Velddrif
Contact:

Re: 5m rubberuck with 60 Mariner

Post by george »

hi Jacques. Wees maar versigtig vir pontoons wat lek. 'n mens kan dit regmaak maar as die materiaal nie in goeie kondisie is nie en jy moet dit vervang kan dit maklik hier by die 10k loop. Met 'n rubberduck het jy nie nodig om buoyancy in te sit nie. Die pontoons is die buoyancy so dis maar net 'n stuk papier met 'n paar formules op.Maklik om self te doen.

Ek sal nogal na daai boot van Stef gaan kyk. As dit Yamaha motors is kan 'n mens daai motors oordoen vir so 7-10k
"The World is a book, and those who do not travel read only a page.-Saint Augustine"
User avatar
jacques kotze
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3616
Joined: Mon Jan 05, 2009 8:51 am
Town: Nelspruit
Vehicle: 2,8 4x4 Auto Fortuner. 2,8 4x4 Hilux singlecab.
Real Name: Jacques
Contact:

Re: 5m rubberuck with 60 Mariner

Post by jacques kotze »

george wrote:hi Jacques. Wees maar versigtig vir pontoons wat lek. 'n mens kan dit regmaak maar as die materiaal nie in goeie kondisie is nie en jy moet dit vervang kan dit maklik hier by die 10k loop. Met 'n rubberduck het jy nie nodig om buoyancy in te sit nie. Die pontoons is die buoyancy so dis maar net 'n stuk papier met 'n paar formules op.Maklik om self te doen.

Ek sal nogal na daai boot van Stef gaan kyk. As dit Yamaha motors is kan 'n mens daai motors oordoen vir so 7-10k
Dankie George,
Ek begin ook dink om dalk maar die moeite te doen en te gaan kyk na die boot van Stef.
User avatar
jacques kotze
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3616
Joined: Mon Jan 05, 2009 8:51 am
Town: Nelspruit
Vehicle: 2,8 4x4 Auto Fortuner. 2,8 4x4 Hilux singlecab.
Real Name: Jacques
Contact:

Re: 5m rubberuck with 60 Mariner

Post by jacques kotze »

Stef wrote:Daar het al heelwat werk ingegaan; dis die werk se boot; nog geen ander dam as die Nooitgedacht dam gesien nie. Was meestal gebruik om die hiasinte te spuit. Met die groet van die enjins endie koste van 2 nuwe Yamaha 60's het die groot base besluit om nie nog geld op die ding te spandeer nie en om eerder 'n kleiner 2de handse boot met 'n 40 op te koop. Was goedkoper as een motor vir die ou boot.

Die fibreglass werk wat gedoen moet word is kosmeties; romp lyk eintlik nog goed onder. Daar is 'n chip wat herstel is (ek weet hy dryf nog :mocking: ).

Daar was 'n aanbod op die boot maar die ou het kop uit getrek omdat die trailer nie papiere het nie. Het self al gedink om so R3k aan te bied en te kyk,maar ek het nie geld vir motors nie so die ding gaan ook net onder my afdak staan.

Maar in elk geval...skree maar as jy lus is vir 'n projek :thumbup:
Stef,
Hoeveel werk en moeite sal dit vir my wees om die sleepwa weer padvaardig te kry, as jy nou moet skat, hoeveel jaar is die lisensie agterstallig? Waar is die boot as ek dalk na hom wil gaan kyk? Al nadeel van n groot boot is jy het n groot enjin nodig om sy gewig op spoed te kry. Ek wil hoofsaaklik visvang met hom en so per geleendheid ski ook. Ek dink nie daai is regtig die ding vir ski nie, of dink jy dit sal kan gedoen word?
Post Reply

Return to “Open Discussion”