Hoekom vrouens nie moet jag nie

Share your jokes and funny campfire stories with us here.
Forum rules
Please keep it light hearted enol. No serious stufs hey! :)

BEFORE YOU START A NEW JOKES THREAD PLEASE TAKE NOTE:
We are trying to make the technical information more visible in the Active Topics section. So we are trying to combine all the humour posts into a single thread. This will then more or less always stay on the active topics page if you keep appending your jokes onto this single thread. Your assistance will be greatly appreciated
Post Reply
User avatar
frik
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 248
Joined: Tue Jan 15, 2008 3:10 pm
Town: Boksburg
Vehicle: KZTE 3.0 4x4
Real Name: Frik van Dyk

Hoekom vrouens nie moet jag nie

Post by frik »

DIS HOEKOM VROUENS NIE MOET GAAN JAG NIE ....

Die ou gaan gereeld jag en sy vrou moet altyd by die huis bly. Sy besluit toe om vir haar `n geweer te koop en saam te gaan jag. Op die plaas aangekom sê hy vir liefie om links teen die rivier af te loop dan loop hy regs teen die rivier af. Hulle sal dan weer mekaar onder by die hoofhek ontmoet.

So gesê, so gedaan. Hy het skaars tussen die bosse ingeloop toe hy drie skote kort opmekaar hoor klap.

Hy hardloop val-val terug na waar die die stofwolk bo die doringbome hang. Toe die stof effens gaan lê, kry hy haar vir die eerste keer mooi gesien. Sy loop-val-storm in 'n klein sirkel soos 'n rot wat te min gif ingekry het en sy praat onophoudelik op een van daai bloedstollende toonhoogtes wat uit paniekbevange desperaatheid gebore is. Tussen die gekraak van die takke deur kom hy agter sy is in 'n moerse argument met 'n ander man betrokke en die kragwoorde rol die een na die ander en sonder veel moeite tussen die twee lae stowwerige rooi lipstick deur.

"Meneer, dit is my Kudu die! Ek het hom eerste gesien. Jy kan die drie gate in sy kop meet. Dit was MY koeëls!" gil sy terwyl sy die 30-06 se loop roekeloos deur die tonnels in stomme dier se skedel druk om te demonstreer.

"Goed mevrou, bedaar net!" sê die man vir die swaar gewapende en totaal histeriese vrouejagter. Ek gaan nie verder met jou stry nie, vat dan maar die KUDU vir jou. "Gee jy om om jou geweer op safety te sit terwyl ek my flippin saal en toom van jou kudu afhaal??!!!
Everything keeps going right Toyota
User avatar
CasKru
Moderator
Moderator
Posts: 23956
Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
Town: Benoni
Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
Real Name: Cassie
Club VHF Licence: B15
Location: Rynfield

Re: Hoekom vrouens nie moet jag nie

Post by CasKru »

:laugh2: :laugh2: :laugh2:
To God be the glory
Post Reply

Return to “Humor”