Workhorse wiel grootte?

If you drive a 4x2 Hilux, do NOT think you are not welcome. Post your questions here
Post Reply
Werberg
Newbie
Posts: 3
Joined: Sun Nov 20, 2011 1:55 pm
Town: white river
Vehicle: Hilux
Real Name: werner

Workhorse wiel grootte?

Post by Werberg »

Dag, dis my eerste "post" hier en vra om verskoning as my bakkie bietjie sub standaard is vir hierdie tipe forums.

Ek het sopas n nuwe 2.0 vvti-s "workhorse" gekoop en die staal rims wat saamgekom het lyk nie so goed nie.
Hul is natuurlik 15" en ek wil uitvind of ek groter wiele (16" alloys) kan opsit sonder dat dit probleme met draai veroorsaak nie.
Hy is mos nie gelig soos die raised body srx nie, en het gehoor groter wiele kan krap teen die rand as mens hul skerp draai.
Is dit van toepassing op 16" ook of net van 17" af?

Verskoon my as ek dom vrae vra, ek het nog nooit met ander wiele as my standaard wiele gewerk nie.

Dankie by voorbaat.
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Workhorse wiel grootte?

Post by OOOOMS »

Baie welkom Werner, jou voertuig is geensins 'sub standard' nie en almal is hier welkom :thumbup:

Ek kan amper jou vraag beandwoord maar nie met 100% sekerheid se nie.....dit hang ook af van die tiepe profile wat jy wil opsit, ek dink 'n 245/70/16 sal werk maar hoekom wil jy dit doen?

Hoekom nie eerder by 15' hou nie en net 'n grooter band opsit nie? 15' is heelwat goedkoper as 16' bande :thumbup:

Wat se groote het jy tans op?
Werberg
Newbie
Posts: 3
Joined: Sun Nov 20, 2011 1:55 pm
Town: white river
Vehicle: Hilux
Real Name: werner

Re: Workhorse wiel grootte?

Post by Werberg »

Dankie vir die verwelkoming, ek is nie seker watse grootte ek op het nie en sal more loer en update. Het die bakkie eers vanmiddag gaan haal by toyota, dit klink inelkgeval na n beter plan om te kyk na groter bande en uit te kyk vir mooi tweedehandse 15" toyota alloys.

Dankie vir vir die spoedige antwoord.
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Workhorse wiel grootte?

Post by OOOOMS »

Werner, daar was onlangs iemand hier by my gewees wat spacers by my kom koop het, hy het 'n SC werks Hilux gehad. Ek sal bietjie moet dink wie dit was....ouderdom jy weet.... :oops: :oops: :oops: Maar ek is seker hy het heelwat grooter wiele opgehad as die standaard :thumbup:
User avatar
Mud Dog
Moderator
Moderator
Posts: 29857
Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
Town: East London
Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
Real Name: Andy
Club VHF Licence: HC103

Re: Workhorse wiel grootte?

Post by Mud Dog »

OOOOMS wrote:Werner, daar was onlangs iemand hier by my gewees wat spacers by my kom koop het, hy het 'n SC werks Hilux gehad. Ek sal bietjie moet dink wie dit was....ouderdom jy weet....:oops: :oops: :oops: Maar ek is seker hy het heelwat grooter wiele opgehad as die standaard :thumbup:
Hoekom sê hulle "ouderdom" ... maak nie sin nie. Hoekom liewer nie "ouderheid" nie! :D:
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.

Image
Image

Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!
Post Reply

Return to “4x2 Hilux's Welcome”