'n Vrou is soos 'n Koolstoof!!!!

Share your jokes and funny campfire stories with us here.
Forum rules
Please keep it light hearted enol. No serious stufs hey! :)

BEFORE YOU START A NEW JOKES THREAD PLEASE TAKE NOTE:
We are trying to make the technical information more visible in the Active Topics section. So we are trying to combine all the humour posts into a single thread. This will then more or less always stay on the active topics page if you keep appending your jokes onto this single thread. Your assistance will be greatly appreciated
Post Reply
User avatar
JohanM
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4047
Joined: Tue Aug 14, 2007 8:33 pm
Town: Meyerton
Vehicle: Prado 120 4.0 V6
Real Name: Johan
Club VHF Licence: HC126
Location: Gauteng
Contact:

'n Vrou is soos 'n Koolstoof!!!!

Post by JohanM »

'n Vrou is soos 'n koolstoof: As jy goed na haar kyk, sal sy baie jare lank sorg dat daar lekker kos op jou tafel is.............
Nou vra jy my, hoekom juis 'n koolstoof ?
Die antwoord is eenvoudig, as jy net bietjie daaroor dink Kyk, om vuur te maak in 'n koolstoof, verg voorbereiding.
Jy moet voor die tyd sorg dat daar papier en fyn houtjies is, dat daar lekker stompe is en dat die kole emmer vol is.
Dan begin jy daai vuur van bo af aanpak. (Jy kon nog nooit 'n koolstoof van onder af aan die brand steek nie!)
Die papier is soos briefies en versies en goed, en is die begin van die hele proses. Dan kom die fyn houtjies. Hierdie is die komplimente en klein dingetjies wat jy vir haar doen om die klein vuurtjie bietjie groter te blaas.
Dan volg die hout. Dis wanneer jy begin geskenke en goed koop, laaste kom die kole, die GROOT WOORD, LIEFDE.
Dis die ding wat sorg dat die vuur lank en warm sal brand. Jy pak ook nie sommer alles gelyk daar in nie, nee, jy begin met die papier en doen dinge so stap vir stap, en soos die een mooi brand, so pak jy die volgende laag by.
En eers wanneer daai vuur goed brand, dan mag jy maar die deurtjie hier aan die onderkant oopmaak en met jou poker daar karring sodat die hitte goed kan afsak...........
En 'n koolstoof vat baie lank om af te koel............ As jy dit nie besef nie, kan 'n man jou hande lelik verbrand.....
En moenie dink goed soos Blitz of alkohol is 'n goeie aansteker nie !
Jy sal wel so vinnige opwelling en hittetjie kry, maar gewaarborg, dit sal maar kort van duur wees.
Doen jy die ding nie reg nie, sal daai stoof tjouk en smoor en die hele huis sal naderhand vol rook wees tot pyn en lyding van almal.
Maar doen jy dit reg, sal daar 'n gesellige rokie by die skoorsteen uittrek, 'n sekere sein vir almal dat daar hitte en gerief in daardie huis is.
Daardie stoof word die middelpunt van die huishouding wat almal om haar saamtrek, wat sorg vir baie gesellige ure omgesels, wat warm maak as dit koud is en rotsvas staan waar sy staan.
Die ander ding wat 'n man moet verstaan, is dat die stoof gereeld skoongemaak moet word, en gewoonlik word dit gedoen deur iemand anders van die vroulike geslag wat sorg dat daar op gereelde basis van die as ontslae geraak word. Daar is egter niks verkeerd daarmee Meneer, as jy ook gereeld gaan sit en luister as sy haar uitpraat en skoonmaak wat daar binne opgegaar het nie. Dit sal net help dat die stoof beter brand.
En dan natuurlik, so een keer 'n maand, moet die pype en goed skoongemaak word van die roet en goed, en dan is die stoof so bietjie buite werking. En dan is dit ook hoogs aanbeveelbaar dat jy nie gaan staan en karring nie.........
Sy kan natuurlik ook doen met bietjie spoeg en politoer, en daar moet gesorg word dat sy gereeld kry wat nodig is
'n Gepolitoerde stoof LYK net soveel beter as 'n ou vaal, onversorgde ene.
En meneer, as jy nou self so nou en dan bietjie olietjies in die hand neem, en dit mooi sagkens orals aanwend, later tot in die gleufies in, sal jy verbaas wees wat se verskil dit aan jou stofie maak...... Wees net versigtig dat jy dan nie 'n broodjie of twee of drie in die oondjie los nie, want dit sal sekerlik groei en uitdy tot 'n ryke seen.....

"n Man aan die ander kant, is soos 'n spiraalplaat hotplate:
Draai net aan sy knop en hy is feitlik onmiddelik warm. Maar as die pot klaar gekook het, word hy weer net so vinnig koud ook.......
En sien jy ooit mense om hom vergader........... ???
Johan Marais
User avatar
george
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 6565
Joined: Wed May 23, 2007 11:16 am
Town: Velddrif
Vehicle: Triton 3.5l V6
Real Name: George
Club VHF Licence: HC107
Location: Velddrif
Contact:

Re: 'n Vrou is soos 'n Koolstoof!!!!

Post by george »

Uitstekend :lmao: :lmao: :lmao:
"The World is a book, and those who do not travel read only a page.-Saint Augustine"
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: 'n Vrou is soos 'n Koolstoof!!!!

Post by ThysdJ »

Vir 'n koolstoof om te werk moet jy hom aan die brand steek.... :twisted: :twisted: :twisted: :twisted:
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
User avatar
CasKru
Moderator
Moderator
Posts: 23956
Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
Town: Benoni
Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
Real Name: Cassie
Club VHF Licence: B15
Location: Rynfield

Re: 'n Vrou is soos 'n Koolstoof!!!!

Post by CasKru »

Al te waar
To God be the glory
User avatar
JohanM
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4047
Joined: Tue Aug 14, 2007 8:33 pm
Town: Meyerton
Vehicle: Prado 120 4.0 V6
Real Name: Johan
Club VHF Licence: HC126
Location: Gauteng
Contact:

Re: 'n Vrou is soos 'n Koolstoof!!!!

Post by JohanM »

ThysdJ wrote:Vir 'n koolstoof om te werk moet jy hom aan die brand steek.... :twisted: :twisted: :twisted: :twisted:
Dit is mos hoekom die hotplate daar is.... :twisted: :twisted: :twisted:
Johan Marais
User avatar
Dan the Man
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 149
Joined: Mon Nov 15, 2010 11:30 am
Town: Centurion
Vehicle: 3.0D-4D Prado
Real Name: Danie
Club VHF Licence: B205

Re: 'n Vrou is soos 'n Koolstoof!!!!

Post by Dan the Man »

:mrgreen: :D: :razz:
_______________________
2009 3.0D-4D Hilux DC 4x4
http://www.4x4community.co.za" onclick="window.open(this.href);return false; - Ghostrider
Image
User avatar
george
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 6565
Joined: Wed May 23, 2007 11:16 am
Town: Velddrif
Vehicle: Triton 3.5l V6
Real Name: George
Club VHF Licence: HC107
Location: Velddrif
Contact:

Re: 'n Vrou is soos 'n Koolstoof!!!!

Post by george »

Toro-Adventures wrote:
ThysdJ wrote:Vir 'n koolstoof om te werk moet jy hom aan die brand steek.... :twisted: :twisted: :twisted: :twisted:
Dit is mos hoekom die hotplate daar is.... :twisted: :twisted: :twisted:
Of 'n vuurhoutjie.Krap net sy koppie en hy is vuur en vlam :lmao:
"The World is a book, and those who do not travel read only a page.-Saint Augustine"
User avatar
Tiger7
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 972
Joined: Fri Jan 15, 2010 6:07 pm
Town: Pretoria
Vehicle: TOYOTA HILUX 2.7VVT-I SRX 4X4
Real Name: Jonathan

Re: 'n Vrou is soos 'n Koolstoof!!!!

Post by Tiger7 »

:laugh2: :laugh2: :lmao: :lmao:
User avatar
Mud Dog
Moderator
Moderator
Posts: 29859
Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
Town: East London
Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
Real Name: Andy
Club VHF Licence: HC103

Re: 'n Vrou is soos 'n Koolstoof!!!!

Post by Mud Dog »

A very nice and apt analogy, Johan! :thumbup: :thumbup:
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.

Image
Image

Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: 'n Vrou is soos 'n Koolstoof!!!!

Post by ChrisF »

ek lees, en lees, en lees .... maar verstaan nie die koolstoof ding nie .... kom mos hoeka uit die micro-wave era uit ...... maar lank genoeg getroud om te weet die koolstoof storie klink baie bekend ..... :twisted:
Post Reply

Return to “Humor”