![Wink ;-)](./images/smilies/icon_e_wink.gif)
Ek het so 'n paar maande gelede 'n 7MGE ombouing voltooi op my 1989 Hilux DC 2.2.
Na bietjie meer as 2000 kms, blyk dit dat meeste van die klein groeipyne uitgestryk is en ek is heel beindruk met die bakkie tot dusver
![Clapping :clap:](./images/smilies/icon_clap.gif)
Die een probleem wat ek nie opgelos kan kry nie is dat die bakkie sukkel om te vat nadat hy 'n rukkie gestaan het. Hy sal vat en paar sekondes "idle" en dan vrek. Dit vat so drie to vier keer se probeer slae voor hy behoorlik vat. As hy skuins gestaan het, is dit nog erger.
Ek is dom met die tipe van goed, maar dit wil my voorkom of die brandstof uit die sisteem uit terug loop tenk toe en dan weer teruggewerk moet word die volgende keer as jy die enjin aanskakel.
Ek het die standaard toevoer pypie (6mm) uit die petrol tenk laat vergroot na 10mm om by die pomp se 10mm invoer te pas. Van die pomp af gaan daar 10mm pyp deur 2 aluminium filters en van daar 8mm pyp na die fluel rail op die enjin. Die "return pyp" tenk toe is vergroot na 8mm.
Al die filters op die sisteem, pype en pomp is nuut geiinstalleer, asook 'n nuwe fuel pressure regulator. Die pomp is 'n Bosh (kan ongelukkig nie model onthou nie, maar een net groter as die 2.1 VW kombi se pomp) met 'n druk van ongeveer 6 bar.
Het julle idees oor wat ek kort op die sisteem om die petrol in die bakkie se keel te hou ? Is daar dalk 'n tipe van 'n "non return valve" wat kort?