Aluminium trappies [rock sliders] vir sfa

Members' DIY projects
Post Reply
User avatar
The Legend
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3558
Joined: Sun Jul 04, 2010 6:53 am
Town: Kempton Park
Vehicle: 1994 2.2 4y 4x4 D/C Toyota Hi-Lux
Real Name: Dawie
Club VHF Licence: X93-

Aluminium trappies [rock sliders] vir sfa

Post by The Legend »

Hi Ouens
Ek het vir my aluminium trappies gebou wat sterk genoeg is om twee volwasse mense se gewig gelyktydig te dra,om bevoorbeeld vistokke bo op die dak vas of los te maak.

Ek het die volgende materiaal gebruik:

1) Geriffelde aluminiumplaat 3.4 mm dik (groote )1.97 x 320
2)Mild steel 2.00 mm dik (groote ) 1.95 x245
3)Hoek yster 40 x 40 x3 mm
4)Counter sink stainless steel boutjies spring washers en moertjies (6x10 mm)
5)U bolts (6) 17 mm dik 190 mm lank en 65 mm breed (binne maat) om oor die
chassis te pas

Geriffelde aluminium plaat en mild steel plaat word gebuig soos per foto
Mild steel plaat skuif in die aluminium plaat in waarna dit met die stainless steel counter sink skroefies vas gebout word.Daarna word die hoek ysters aan die mild steel plaat vas gesweis.Die kante van die trappies word met aluminium plaatjies toegesweis.(sien fotos)

Nou word die trappie aan die bakkie gepas om te bepaal waar die gate op die hoek ysters geboor moet word waardeeur die U bolts moet gaan.

As die gate klaar geboor is kan die trappie vas gemaak word.Sien fotos van onder geneem hoe U bolts om chassis vas gebout is,asook hoe trappie aan bakkie lyk as dit klaar gemonteer is.Fotos volg later

Hierdie trappies het my in totaal R1980.00 gekos
DSC02075 (Medium).jpg
DSC02132 (Small).jpg
DSC02148 (Small).jpg
DSC02150 (Small).JPG
DSC02146.jpg
“A BAD DAYS FISHING IS BETTER THAN A GOOD DAYS WORK”

“Do what you do so well, that the people that see you do it, will want to see you do it again,and will bring others to see you do it”
User avatar
Spartan
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2384
Joined: Tue Feb 24, 2009 12:02 pm
Town: Vanderbijlpark
Vehicle: 98 LTD Hilux 4x4 SFA, 2JZ GE L6 VVT-i 3.0i, Bilstein shox, OME and a Land Cruiser 79 series
Real Name: Jaco
Location: Jwaneng, Botswana

Re: Aluminium trappies [rock sliders] vir sfa

Post by Spartan »

Chom jy sal moet groter gaan op jou hoekyster anders is daai mooi trappies af op die eerste off-road trip en jou welding sal jy moet voller maak en agter sou ek rond gemaak het as ek jy was. IMHO ek kraak nie af nie sê net wat ek sou gedoen het :wave:
Jy noem daai net side steps nie rock sliders nie :mrgreen:
MOBILITATE VINCERE
Spartan
ImageImageImageImageImageImageImage
User avatar
The Legend
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3558
Joined: Sun Jul 04, 2010 6:53 am
Town: Kempton Park
Vehicle: 1994 2.2 4y 4x4 D/C Toyota Hi-Lux
Real Name: Dawie
Club VHF Licence: X93-

Re: Aluminium trappies [rock sliders] vir sfa

Post by The Legend »

Dankie Spartan

Ek was onder die indruk dat rock sliders en side steps maar dieselfde goed is.
Dankie vir jou advies.Ek het my bakkie nog nooit vir rowwe off road gebruik nie , ry maar meestal net op sand wanneer ek in Henties baai gaan visvang.
“A BAD DAYS FISHING IS BETTER THAN A GOOD DAYS WORK”

“Do what you do so well, that the people that see you do it, will want to see you do it again,and will bring others to see you do it”
User avatar
JohanM
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4047
Joined: Tue Aug 14, 2007 8:33 pm
Town: Meyerton
Vehicle: Prado 120 4.0 V6
Real Name: Johan
Club VHF Licence: HC126
Location: Gauteng
Contact:

Re: Aluminium trappies [rock sliders] vir sfa

Post by JohanM »

Dawie daai Hilux van jou is darem maar vrek netjies nog!!! Sien min van hulle in daai toestand. :thumbup: :thumbup:
Johan Marais
User avatar
The Legend
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3558
Joined: Sun Jul 04, 2010 6:53 am
Town: Kempton Park
Vehicle: 1994 2.2 4y 4x4 D/C Toyota Hi-Lux
Real Name: Dawie
Club VHF Licence: X93-

Re: Aluminium trappies [rock sliders] vir sfa

Post by The Legend »

Dankie Johan

Ek sal graag fotos van my bakkie onder "Members Rides" wil plaas,maar is ek te onnosel met resize ens. van fotos.OOOOMS was so vriendelik om my te help om die fotos van trappies op die forum te kry.
“A BAD DAYS FISHING IS BETTER THAN A GOOD DAYS WORK”

“Do what you do so well, that the people that see you do it, will want to see you do it again,and will bring others to see you do it”
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Aluminium trappies [rock sliders] vir sfa

Post by OOOOMS »

Lollie wrote:Dankie Johan

Ek sal graag fotos van my bakkie onder "Members Rides" wil plaas,maar is ek te onnosel met resize ens. van fotos.OOOOMS was so vriendelik om my te help om die fotos van trappies op die forum te kry.
Groot plesier Dawie, skree net indien jy hulp nodig het :thumbup:

Stem saam daai van is in 'n baie mooi toestand :D:
Post Reply

Return to “Build your own:”