Is my starter n bibber beer?

Having problems with your vehicle? Or need advice on repairing or servicing your Hilux? This is the place to ask for help
Post Reply
Kykdaar
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 268
Joined: Mon Feb 15, 2010 2:02 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Hilux V6
Real Name: Andre

Is my starter n bibber beer?

Post by Kykdaar »

Hierdie een is vir my n regte "brain teaser".

As ek die wa vroeg in die oggend wil start dan maak hy soms "klik", "klik" so asof die (vol gelaaide en nuwe) battery nie die solenoid / starter motor kan ooreed om hulle werk te doen nie.

Gedurende die res van die dag vat hy onmiddelik met die eerste draai van die sleutel.

Wat dink julle - is dit die battery, die konneksie of die solenoid / starter?

Om die 50/50 te gebruik gaan nie help nie so ek moet dus die opsie van "phone (post) a friend" inspan :D:
User avatar
CasKru
Moderator
Moderator
Posts: 23956
Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
Town: Benoni
Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
Real Name: Cassie
Club VHF Licence: B15
Location: Rynfield

Re: Is my starter n bibber beer?

Post by CasKru »

Dit kan wees dat jy 'n slegte konneksie het en dan sukkel die battery (nuut of oud maak nie saak nie) om die stroom te lewer wanneer hy nog koud is om daai swak konneksie se weerstand te oorkom. Maar my raai skoot is maar dat die solenoid op die pad uit is. Dit is een van die eerste goed wat goed as jy in watter / modder speel. m2cw
To God be the glory
Kykdaar
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 268
Joined: Mon Feb 15, 2010 2:02 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Hilux V6
Real Name: Andre

Re: Is my starter n bibber beer?

Post by Kykdaar »

CasKru wrote:Dit kan wees dat jy 'n slegte konneksie het en dan sukkel die battery (nuut of oud maak nie saak nie) om die stroom te lewer wanneer hy nog koud is om daai swak konneksie se weerstand te oorkom. Maar my raai skoot is maar dat die solenoid op die pad uit is. Dit is een van die eerste goed wat goed as jy in watter / modder speel. m2cw
Dankie Cassie, ek vermoed ook dat dit die solenoid is. Sal die bedrading tussen die battery en die solenoid nagaan, maar ek dink dat ek op die einde van die dag gaan veilig speel en liewer die solenoid gaan vervang.

Ek is n ou wat hou van goed wat werk - my ander kar is n Honda :)
Castos
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 442
Joined: Thu Dec 13, 2007 3:45 pm
Town: Nelspruit
Vehicle: Ry die vyand
Real Name: Reynard
Club VHF Licence: B01

Re: Is my starter n bibber beer?

Post by Castos »

Ek sit met presies dieselfde probleem, maar myne het 'n twizz is die verhaal. My eerste starter het presies gedoen wat Andre sin gedoen het. Battery is nuut, altinator charge 13.8v. Ek het 'n spaar starter wat ek nou laat oordoen het. Die start mooi as hy koud is, maar as dit warm is, niks nie. Jy kan hoor hoe die rat teen die sprocket gear vasslaan.

Wat kan dit wees? Draad wat swak kontak met die solinoid.
97 Hilux Raider D/C With some exstra's
Elands4x4
Ons gaan dieper en bly langer!!!
User avatar
Vlak vark
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 757
Joined: Sun Nov 01, 2009 8:55 pm
Town: Phalaborwa
Vehicle: 1995 hilux D/c 4x4 Legend 25 Kzt with top mounted intercooler. long range tank. hankook dynapro duel battery system
Real Name: Nico

Re: Is my starter n bibber beer?

Post by Vlak vark »

As hy klik maak beten dit dat die silinoid inskop( of dit is die reley wat probeer inskop) as jy hom weer vroeg oggend
Probeer crank en jy hoor net n klik stamp teen die silinoid terwyl iemand die sleutel draai. Baie keur is die kontak punt op
Die silinoid gebrand. Indien die silinoid inskop is en nie die stater draai nie is hy gewoonlik fuil soos Cassie gese het.
As hy skoon is en die bendicks kom in dan is daar in die windings van die starter n draad wat af is.
Sodra dit koud is breek die af draad die stroom en sodra die starter warm is, sit die koper
Windings uit wat dan die stroom voltooi sodat die starter draai.
One life, one dream, one toyota
User avatar
CasKru
Moderator
Moderator
Posts: 23956
Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
Town: Benoni
Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
Real Name: Cassie
Club VHF Licence: B15
Location: Rynfield

Re: Is my starter n bibber beer?

Post by CasKru »

Een van die replacement starters wat ek gekoop het het op die oog af presies soos die regte ding gelyk. Toe ek hom insit kry ek die mees aardigste klank van metaal op metaal gekrap. Maak die outjie toe mos oop. Toe kom ek agter hy het 'n tipe van 'n teflon / plastiek spacer agter die rat wat hopeloos te lank was. Ek het toe maar gemix en match tussen my ou en nuwe starter en die outjie maak werk.

So wat ek nou eintlik wil se is maak net seker die replacement wat jy gekry het se rat size etc is presies reg. Verder lyk dit my die starter model het maar 'n problematic solenoid. Mens kan ook nie meer 'n starter by die stealers koop nie want hulle reken hy is bleikbaar gediscontinue
To God be the glory
Castos
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 442
Joined: Thu Dec 13, 2007 3:45 pm
Town: Nelspruit
Vehicle: Ry die vyand
Real Name: Reynard
Club VHF Licence: B01

Re: Is my starter n bibber beer?

Post by Castos »

Cassie, die starters is presies dieselfde. Altwee kom van Lexus engines af.

Nico ek gaan so bietjie check oor die koper windings. Want ek en my mech is nou raadop. Ons begin nou al dink die sprocket gear het dalk gerek met die oor die flywheel sit, maar maak nie regtig sin nie.
97 Hilux Raider D/C With some exstra's
Elands4x4
Ons gaan dieper en bly langer!!!
Kykdaar
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 268
Joined: Mon Feb 15, 2010 2:02 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Hilux V6
Real Name: Andre

Re: Is my starter n bibber beer?

Post by Kykdaar »

Ouens, gestel die starter / solenoid is besig om moeg te word, wat is die beste "course of action". Wil nie weer issues he nie -

1. Auto elektrisien vir regmaak / diens (behou huidige eenheid) - R...
2. Lucas of Petrolite vervanging met inruil - R950
3. n Bosch met inruiling - R1350
4. n "made in Japan" aankoop van Gemini spares - R700

Wat stel julle voor?
User avatar
CasKru
Moderator
Moderator
Posts: 23956
Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
Town: Benoni
Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
Real Name: Cassie
Club VHF Licence: B15
Location: Rynfield

Re: Is my starter n bibber beer?

Post by CasKru »

Kykdaar wrote:Ouens, gestel die starter / solenoid is besig om moeg te word, wat is die beste "course of action". Wil nie weer issues he nie -

1. Auto elektrisien vir regmaak / diens (behou huidige eenheid) - R...
2. Lucas of Petrolite vervanging met inruil - R950
3. n Bosch met inruiling - R1350
4. n "made in Japan" aankoop van Gemini spares - R700

Wat stel julle voor?
Daar is niks fout met die een wat mens by Gemini koop nie (tot mens weer deur modder water gaan staan en jaag :evil: :evil: )
To God be the glory
Castos
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 442
Joined: Thu Dec 13, 2007 3:45 pm
Town: Nelspruit
Vehicle: Ry die vyand
Real Name: Reynard
Club VHF Licence: B01

Re: Is my starter n bibber beer?

Post by Castos »

Ek sal die starter net laat oor doen. Daai starter sal 'n Denso wees en is baie better as baie van die wat jy by die spares shops koop.
97 Hilux Raider D/C With some exstra's
Elands4x4
Ons gaan dieper en bly langer!!!
Kykdaar
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 268
Joined: Mon Feb 15, 2010 2:02 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Hilux V6
Real Name: Andre

Re: Is my starter n bibber beer?

Post by Kykdaar »

Castos wrote:Ek sal die starter net laat oor doen. Daai starter sal 'n Denso wees en is baie better as baie van die wat jy by die spares shops koop.
Het probeer kyk wat dit is maar kan nie sien watse eenheid dit is todat ek dit afgehaal het nie.

Ja, ek hou nie juis van die idee dat ek my starter moet "inruil" op n nuwe een by sommige van die plekke nie (e.g. Diesel Electric).

Ek weet ook nie wat om te dink van die Prestolite starters nie (blykbaar n "aftermarket" van die Lucas. Die Lucas eenheid vir my bakkie is blykbaar die "25195" geskik vir die 18R, 21R sowel as die 22R enjins.

My gedagte is om die Gemini een te koop en dan my oorspronklike een te laat oordoen - alles saam sal dit net n bietjie duurder wees as om n nuwe Lucas te koop en goedkoper as n Bosch met die voordeel dat ek dan altyd n "spare" sal he en dat die bakkie nie hoef te staan nie (moet hom baie gebruik die volgende paar weke). Ek wil ook eers n goeie plek identifiseer by wie om die werk te laat doen.
Castos
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 442
Joined: Thu Dec 13, 2007 3:45 pm
Town: Nelspruit
Vehicle: Ry die vyand
Real Name: Reynard
Club VHF Licence: B01

Re: Is my starter n bibber beer?

Post by Castos »

Nie 'n slegte plan nie. All Toyotas gebruik Denso produkte op hulle electriese parte. Tot die oorspronklike vonkproppe in die engins is Denso. My buurman is 'n autolec en hy reken Denso is van die beste.
97 Hilux Raider D/C With some exstra's
Elands4x4
Ons gaan dieper en bly langer!!!
Kykdaar
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 268
Joined: Mon Feb 15, 2010 2:02 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Hilux V6
Real Name: Andre

Re: Is my starter n bibber beer?

Post by Kykdaar »

If it is a Denso starter, then it is probably a good thing. Did some trawling on the Net and came up with the following -

"Fortunately the starter is VERY reliable apart from the copper contacts in the solenoid which wear away. The usual symptom would be a clicking sound and intermittent starting."

"Whilst remanufactured many thousands of Nippon Denso starters over the years I noticed the only part of the starter which was faulty and worn was the contacts and plunger assembly, I then measured the wear to the brush gear and armature and found it was negligible in fact almost no wear at all, the same was the case with the integral gearbox and external drive gear, even the internal bearing were near perfect. So instead of rebuilding the whole starter I decided to experiment with just replacing the worn contacts and plunger assembly and low and behold the starter worked perfectly, if fact it performed as good as if not better then the remanufactured starter we built.

I have been trading since late 2008 and to date have sold over 1000 repair kits and in every case I have had nothing but praise for the product. If you view my feedback on EBAY you can see the great reviews they've received."

"Nippondenso starters are used on a variety of vehicles and quipment.
They are the largest manufacturer of starters and alternators in the
world. When these starters fail it is almost always a problem with worn out solenoid contacts. The common symptom is a click- click-
click and then it will start. Replacement units are usually higher priced than most because of the superior design. Repair is easy with the right parts and very profitable because of the cost of a
new or rebuilt unit"

See the following links -

http://www.repairkitsuk.com/1.html" onclick="window.open(this.href);return false;

http://www.nationsautoelectric.com/Nippondenso.html" onclick="window.open(this.href);return false;

This re-inforces my view not to trade the Denso in on a Lucas or Bosch, but to have it (the solenoid) re-furbished - thanks Carlos :thumbup:

If someone knows on someone locally that sell these repair kits then I can, of course, do it myself.
Kykdaar
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 268
Joined: Mon Feb 15, 2010 2:02 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Hilux V6
Real Name: Andre

Re: Is my starter n bibber beer?

Post by Kykdaar »

CasKru wrote:Dit kan wees dat jy 'n slegte konneksie het en dan sukkel die battery (nuut of oud maak nie saak nie) om die stroom te lewer wanneer hy nog koud is om daai swak konneksie se weerstand te oorkom.
Die ouens op hierdie forum is skerp. :thumbup:

Ek klim nou die dag lekker gemaklik onder die bakkie in (die voordeel van "raised suspensions" :D ) en begin so tas na die nut wat die kabel op die solenoid vashou om hom los te draai alvorens ek die mounting bolts verwyder. Tot my verbasing draai hy toe ewe gemaklik in my vingers.

Blyk dat die ou wat voorheen hiermee gewerk het vergeet het om n spring-washer te gebruik. :crazy:

Stel die fout reg, draai hom behoorlik vas en siedaar - probleem opgelos.

Bakkie start nou met eerste draai - koud of nie :thumbup:
Post Reply

Return to “The Workshop”