Page 1 of 1

4.5 D4D V8 ( 1VD-FTV) in Hilux

Posted: Thu Jul 18, 2019 10:36 am
by Breekbeen
Dink dit sal nogal nice wees, as dit sal pas.
Weet julle of iemand dit al probeer het?
Groete

Re: 4.5 D4D V8 ( 1VD-FTV) in Hilux

Posted: Thu Jul 18, 2019 11:29 am
by JohanM
Danie,

Die Hilux se diff en ratkas is nie sterk genoeg om 650nm torque te hanteer volgens my nie. Iets gaan oppak as jy al daai krag erens gebruik skielik. Maar daai is nie die ergste nie.

Die enjin bay is te klein en die chassis rails is te naby mekaar so hy sal nie sommer maklik kan pas nie. Daai V8's se neus is baie wyd en as jy kyk na die cruiser bakkies ook hulle is maar beknop met daai single turbo daar in..

Ook die suspension voor gaan nie cope met daai enjin se gewig nie. Daai enjin weeg 372 kg vs die d4d van 260 kg. Die GD enjin is blykbaar ligter as die d4d enjin. Ontohu daai is die gewig van die enjin, nie die res wat moet bykom soos cooling ect nie. So nee ek dink nie die kleiner toyota's se suspension gaan dit kan hanteer nie. Ook dit is n 90 grade V blok so die hele conversion sal meer kos as om net n v8 te gaan koop tweede hands.

Dan ook gaan die enjin bay nie genoeg lugvloei om die enjin toelaat vir cooling en hitte verplasing nie. So al pas die blok gaan jy sukkel om daai enjin koud te hou. Die V8 se radiator is merkbaar groter as my Prado se radiator en dit is klaar groot in vergelyking met die hilux/fortuner.

Dit kan gedoen word maar ek is seker dit gaan duurder uitwerk as om maar net n mooi tweedehandse V8 te koop

Re: 4.5 D4D V8 ( 1VD-FTV) in Hilux

Posted: Thu Jul 18, 2019 11:49 am
by Breekbeen
JohanM wrote: Thu Jul 18, 2019 11:29 am Danie,

Ja ek is seker dit gaan nie maklik wees nie, het net gewonder of iemand wat nie n tekort aan geld het nie, dit al probeer het.
Ek dink jy gaan klaar n kleinhuisie vol nodig he vir die enjin.

Re: 4.5 D4D V8 ( 1VD-FTV) in Hilux

Posted: Thu Jul 18, 2019 3:16 pm
by Thabogrobler
Tweedehands gaan daai V8's rondom R200k - As jy regtig voel jy MOET 'n V8 in jou Hilux he dink ek 'n mooi Chev 350 gaan die ding doen!

Re: 4.5 D4D V8 ( 1VD-FTV) in Hilux

Posted: Thu Jul 18, 2019 3:29 pm
by JohanW
https://www.youtube.com/watch?v=lT0WyooUgu0

Baie werk. Hulle moes die FJ se chassis ook wyer maak.

Re: 4.5 D4D V8 ( 1VD-FTV) in Hilux

Posted: Fri Jul 19, 2019 7:11 am
by Mikie
R200k???? :shock: :shock2:

What about the Lexus V8 or is it V10? D4D, is that a better fit?