Page 1 of 1

Uiteindelik...

Posted: Wed Apr 17, 2019 3:18 pm
by Pumba
Ek wil in Odin se spore volg... Na amper 9 jaar het ek ook uiteindelik weer 'n Lux. Het vir net oor so 5 jaar 'n Fortuner gery maar nou is dit 'n nuwe seioen. Die wa is nou wel 'n blank canvas maar niks wat tyd en so paar RRRRRRR's nie sal regmaak nie.

Ek is natuurlik oop vir donasies :think: :beg: :blushing:

Image
Image
Image
Image

Re: Uiteindelik...

Posted: Wed Apr 17, 2019 3:57 pm
by sakkie4x4
Baie geluk
Welkom in die grootmens wêreld, ek glo jy gaan baie gelukkige kilometers kry.

Re: Uiteindelik...

Posted: Wed Apr 17, 2019 5:03 pm
by Pumba
sakkie4x4 wrote:Baie geluk
Welkom in die grootmens wêreld, ek glo jy gaan baie gelukkige kilometers kry.
Dankie en voel omtrent so... My broer het geen geheim gemaak dat ek nou 'n "man" geword het nieImageImage

Sent from my SM-G950F using Tapatalk


Re: Uiteindelik...

Posted: Wed Apr 17, 2019 6:06 pm
by Mud Dog
Baie mooi Kobus! Geniet hom! :thumbup:

Re: Uiteindelik...

Posted: Wed Apr 17, 2019 9:14 pm
by Dowe Koos
:thumbup:

Re: Uiteindelik...

Posted: Thu Apr 18, 2019 8:14 am
by dalkill
Geluk

baie mooi trokkie... lyk nog in pyk kondisie

Re: Uiteindelik...

Posted: Thu Apr 18, 2019 8:31 am
by Bos Toe
100%, geluk

Re: Uiteindelik...

Posted: Thu Apr 18, 2019 10:32 am
by Sphinx_88
Baie Geluk, Nou kom die lekker deel.

Re: Uiteindelik...

Posted: Sun Apr 21, 2019 10:42 am
by Haboob
Lyk baie mooi.
Model en km lesing?...

Re: Uiteindelik...

Posted: Sun Apr 21, 2019 10:11 pm
by Odin
Baie geluk Pumba.
Dis n baie mooi een ek was nog altyd mal oor daai kleur wel daai kleure die en die blou metalic en die wit.
Myne was ook maar blank en ekt ook n paar extra RRRRR's in gesit en beplan om nog meer in te sit.
Ongelukkig as mens eers begin om hom mooi te maak en reg te maak vir n paar routes dan hou dit nie op nie daar is altyd iets extra wat mens wil doen.

Re: Uiteindelik...

Posted: Tue Apr 23, 2019 2:05 pm
by Pumba
Haboob wrote: Sun Apr 21, 2019 10:42 am Lyk baie mooi.
Model en km lesing?...
Baie dankie almal.

Soos julle seker weet, dit is nie maklik om 'n ouer Hilux bakkie te kry wat onder 200 000km op die klok het en en wat nie jou arm en been gaan kos nie. Die een is 'n 3.0L D4D, 4x4 2010 Auto met 168 000km op die klok. Die bonus is 'n vol diensgeskiedenis by Toyota. Ingevoer van Kimberley af. Puik diens deur Oranje Toyota daar moet ek se!!!

Ek voel baie gespoil deur my Vader :dance1: :dance1: :celebrate: :celebrate:

Re: Uiteindelik...

Posted: Wed Apr 24, 2019 9:14 pm
by pietpetoors
Baie geluk, hy lyk nog mooi

Re: Uiteindelik...

Posted: Thu Apr 25, 2019 10:01 am
by Pumba
pietpetoors wrote: Wed Apr 24, 2019 9:14 pm Baie geluk, hy lyk nog mooi
Dankie Pieter, Ek gaan nog seker 'n klein fortuin by jou winkel spandeer... maar sien uit om dinge te doen :celebrate:

Net so bietjie terugvoer vir jou, ek het die snorkel wat ek op die Fortuner gehad het so 5 jaar terug by jou nog in Langebaan kom koop en laat opsit en die ding het nog soos nuut gelyk toe ek die wa verkoop het. Baie impressed! :thumbup: :thumbup:

Re: Uiteindelik...

Posted: Thu Apr 25, 2019 3:33 pm
by Mars
Baie geluk. Dit is regtig 'n mooi bakkie daai.

Re: Uiteindelik...

Posted: Thu Apr 25, 2019 4:44 pm
by pietpetoors
Net so bietjie terugvoer vir jou, ek het die snorkel wat ek op die Fortuner gehad het so 5 jaar terug by jou nog in Langebaan kom koop en laat opsit en die ding het nog soos nuut gelyk toe ek die wa verkoop het. Baie impressed! :thumbup: :thumbup:
Altyd lekker om sulke goed te hoor, dankie. :thumbup: