duel battery 3.0 D4D

Discuss modifications on your new shape Hilux here. 2005 till current. Also called the Vigo in other countries.
Post Reply
vinkie
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 21
Joined: Thu Feb 24, 2011 1:46 am
Town: Table View
Vehicle: Hilux d4d
Real Name: Pieter

duel battery 3.0 D4D

Post by vinkie »

Ek het so tyd terug n duel battry laat insit by Safari centre by N1 city Kaapstad. Daar is genoeg plek in die engine bay om die battery in te sit so hulle het hop toe daar gesit. Die bracket wat hulle gebruik is een wat hulle laat opmaak by iemand.
Die bracket het so tyd terug begin uit breek waar hulle hom vas boud en ek het die bakkie toe terug gevat vir hulle. Die een ou daar se toe dat ek seker baie sinkplaat pad gery het en dis hoekom hui uit gebreek het. Ok, wel as dit die geval is dan is die bracket wat hulle gebruik mos nie reg vervaardig vir die doel nie en sal verseker nie in die Kaokoland hou nie!
Ek het toe die bakwerk se kraak laat reg maak en met die laaste Kaokoland trip het hy heel uit gebreek natuurlik!!
Toe ek in Windhoek kom ryk ek gou in by 4x4 and more om te kyk wat hulle in die winkel het ens. Ek wys toe sommer vir die ou wat gebeur het en hy wys toe vir my n bakkie daar wat dieselfde battery in het maar hulle gebruil n Frontrunner bracket en se toe ook dat die battery ingesit is toe dai bakkie nuut was. Jy kan ook sien die ou gebruik die bakkie baie en daai battery sit so stewig soos nog iets en het natuurlik glad nie die bakwerk gekraak nie!!
Nou vra ek, as Safari dan soveel Fraontrunner produkte verkoop hoekom gebruik hulle nie daai doelgemaakte Frontrunner bracket nie??
Ek is lekker moerrig oor die hele bedryf, want my bakkie se bakwerk is alweer gekraak en ek sal nou die battery agter in die bak moet sit, want daar waar hy gekraak het is nou net n swak punt en gaan net weer kraak voorentoe.

So, as enige iemand n dubbel barrety wil insit op jou D4D, maak seker jy gebruik een van daai Frontrunner brackets en nie een of ander tuisgemaakte stront nie!!
User avatar
Froll
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3305
Joined: Sat Oct 13, 2012 10:13 pm
Town: Vioolsdrift
Vehicle: 2010 4.0 V6 Fortuner 4x4
Real Name: Roger
Club VHF Licence: N/A

Re: duel battery 3.0 D4D

Post by Froll »

Dankie vir die tip. Ja n mens raak baie kwaai vir die stront wat sommige mense doen en dan maak uit dat dit jou skuld is. As ek jy was so ek die saak probeer verder vat na hulle hoof kantoor of so iets.
User avatar
4x4BEES
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3447
Joined: Wed Nov 20, 2013 10:13 am
Town: Brackenfell
Vehicle: Hilux 4.0V6
Real Name: Kevin

Re: duel battery 3.0 D4D

Post by 4x4BEES »

Ongelukkig moet mense duur lesse leer sodat ander daarvan kan leer.
Jammer om te hoor van jou pyne.

Dalk as jy dit op daai Halo Peter website sit kan hulle jou help.
vinkie
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 21
Joined: Thu Feb 24, 2011 1:46 am
Town: Table View
Vehicle: Hilux d4d
Real Name: Pieter

Re: duel battery 3.0 D4D

Post by vinkie »

Ja, man moet se ek is lekker die moer in oor die hele ding.
Ek was nie in SA toe my bakkie in gevat was nie so my vrou moes dit vir my in neem, so hulle try ook maar hulle luck met die tos wat hulle praat! Blykbaar was daar nog net een ou voor my wat die selfde probleem gehad het. So dan moet hulle mos nou besef dat hulle besig is om *a* aan te vang om daai brackets te fit!
Anyway, ek sal self die bakkie laat regmaak weer, maar sal maar n wye draai om daai safari centre ry van nou af. Ongelukkig is die skade nou klaar gedoen en om te loop staan en stry oor n paar honderd rand vir die regmaak is ek ook nie voor lus nie.
Ek is nie in SA tans nie, maar sal vra die my vrou n foto neem van die bracket en skade en dit op die site sit.
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: duel battery 3.0 D4D

Post by ThysdJ »

Nee dis nie 'n once off probleem daai nie. Die bracket vir 'n Aux battery in die engine bay moet op spesifieke plekke vasbout anders skeur die hele body uitmekaar. My vennoot Anton het dieselfde "cheap triek" bracket probeer op sy Fortuner en hulle moes redelik swyswerk doen om die Fortuner weer aanmekaar te kry na 2 jaar se langpad toere... :blackeye: :blackeye:

Mens sou dink dat fitment centers soos Safari Center die goed behoort te weet, maar ongelukkig is onkundige personeel gewoonlik 'n probleem... :shock: :shock:

Ek vermoed ek sit met 'n soortgelyks probleem, maar ek is te bang om die aux battery uit te haal en te kyk... :twisted: :twisted: :twisted:
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
vinkie
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 21
Joined: Thu Feb 24, 2011 1:46 am
Town: Table View
Vehicle: Hilux d4d
Real Name: Pieter

Re: duel battery 3.0 D4D

Post by vinkie »

Jong ja,
ek het dit opgetel toe ek n klein rattle begin hoor het voor erens en toe ek een keer die bande omruil toe sien ek binne in die wiel arch die kraak.
Wat my erg ontstel is dat Safari Frontrunner produkte verkoop so vir wat wil hulle nou n paar rand spaar en n backyard job loop doen met homemade brackets?
Die battery moes n brace bo oor gehad het wat hom teen die fender se kant vas trek om te verhoed dat hy so baie skut.
Die frontrunner bracket hou hom mooi vas en jy kan maar ruk aan die battery hy beweeg glad nie.

Anyway, dis maar nou soos dit is, so leer mens maar.
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: duel battery 3.0 D4D

Post by ChrisF »

Pieter die ergste is dat daai tak self Hilux ry, en die eienaar se seun werk self in die winkel.

hulle BEHOORT van beter te weet !!!!!!!!


Nee wat, ek ry maar n wye draai om daai plek .....



en soos Thys sê, die storie het al n paar keer afgespeel !!
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: duel battery 3.0 D4D

Post by ChrisF »

Pieter het jy dalk n foto van die skade aan die fender ?
User avatar
Haboob
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2484
Joined: Thu Aug 11, 2011 9:57 pm
Town: King Williams Town
Vehicle: Hilux
Real Name: Edge
Club VHF Licence: HC129

Re: duel battery 3.0 D4D

Post by Haboob »

I had the same problem with a bracket fitted for the second 105 H battery on the fender. Have since moved the battery, ably assisted by "First Geer" to below the loadbin under the vehicle, as I have no place inside the loadbin, as it is my living area.
Image
HABOOB means "Dust Storm"
User avatar
Johan Kriel
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 623
Joined: Sun Apr 26, 2009 8:41 pm
Town: Okahandja
Vehicle: 2.5 SC 4x4
Real Name: Johan kriel
Location: Okahandja

Re: duel battery 3.0 D4D

Post by Johan Kriel »

Ek het dieselfde probleem gehad. Hulle doen so n vinnige job en dit hou net n jaar of drie, hulle monteer dit nie behoorlik op al die punte wat daar is of beskikbaar is nie, dat die battery stewig vas is nie. Die geringste wat die die battery dan onafhanklik begin skud begin die goed breek.
Johan Kriel

Legend 50
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10650
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Re: duel battery 3.0 D4D

Post by pietpetoors »

Het dit al op 'n paar bakkies gesien. Die ouens maak die bracket sommer net aan die blik vas. Dit help niks jy het 'n bracket wat van 3mm staal gemaak is en jy bout hom vas aan 'n 0.3mm plaat.
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
Huismoeles
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 794
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:46 pm
Town: Bellville
Vehicle: V8 Disco 1
Real Name: Dirk

Re: duel battery 3.0 D4D

Post by Huismoeles »

Wil vir my ook n deul bat insit maar wil ook n diy job doen

Nou kan jul ouen fotos op sit van hoe dit moet lyk asb
Myne moet ook voor in gaan in die fortuner daar is baie plek
Byvoor baart tx
User avatar
TOYODA
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 676
Joined: Sun Mar 11, 2012 5:26 am
Town: Pretoria
Vehicle: '89 YN67R with Ford V6 3.0
Real Name: Tiaan

Re: duel battery 3.0 D4D

Post by TOYODA »

Haboob wrote:I had the same problem with a bracket fitted for the second 105 H battery on the fender. Have since moved the battery, ably assisted by "First Geer" to below the loadbin under the vehicle, as I have no place inside the loadbin, as it is my living area.

Edge,

Can you upload a foto of the battery install onder the loadbin please? :beg:
Post Reply

Return to “Late 2005 - 2016 Hilux (Gen 6 aka Vigo-shape)”