Leveling kit for my lux

Discuss modifications on your new shape Hilux here. 2005 till current. Also called the Vigo in other countries.
Post Reply
User avatar
Fred79
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 352
Joined: Wed Apr 21, 2010 5:34 pm
Town: Kent UK
Vehicle: Toyota Hilux Icon 2.4
Real Name: Frikkie

Leveling kit for my lux

Post by Fred79 »

Hello julle almal

Ek weet dit is seker 'n vraag wat al baie gevra is maar ek moet net seker maak. Ek het Ironman Suspension op my bakkie wat voor 'n 40mm lift gee. Die bakkie is nogsteeds nie level nie en ek will dit graag level hê veral nou dat ek 'n winch bumper op gesit het. Dit is so asof die bakkie neus in die grond loop.

Kan ek een van die levelling kits in sit?

http://zoneoffroad.com/product?ki=355&gr=-1" onclick="window.open(this.href);return false;

Waarvoor moet ek uitkyk en is daar enige nadele?

Dankie
User avatar
Tal
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 551
Joined: Wed Apr 21, 2010 7:00 pm
Town: Kroonstad
Vehicle: Fortuna
Real Name: Tal

Re: Leveling kit for my lux

Post by Tal »

Seker jy sal by die ander ouens beter details kan kry, maar daar is 'n maksumum hoeveelheid wat jy hom kan lig voor, dit is hier rondom die 70mm merk van standaard af, daarna is die angles waarteen die voorste aandryf meganismes loop te veel en kan jy ook nie meer jou wheel alignment stel nie.

Seker jy sal 'n leveling spacer kan insit, maar baie klein. 20mm spacer gee so 36mm lift, 10mm spacer gee so 18mm lift.

Ek kan verkeerd wees
ONE LIFE.... DRIVE A TOYOTA
User avatar
TOYODA
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 676
Joined: Sun Mar 11, 2012 5:26 am
Town: Pretoria
Vehicle: '89 YN67R with Ford V6 3.0
Real Name: Tiaan

Re: Leveling kit for my lux

Post by TOYODA »

Frikkie,

Jy is reg, dit is al hier genoem.

Om daardie size spacers in te sit op 'n lifted suspension is nie 'n goeie idee nie.
Die angle van die voorste drive shafts word te erg en dit veroorsaak dat dit vinniger uit-wear/stress en breek.

My Vigo lyk of of dit die heeltyd die neus in die grond wil druk... Het amper 50mm voor en 100mm agter gekry met OME.

Laai maar iets swaar agter op die bak om die bakkie level te kry. Dis wat SWAMBO doen as ons iewers heen gaan met die wa :lol:
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10650
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Re: Leveling kit for my lux

Post by pietpetoors »

Hoor ook net by die slim manne, die gat moet iets soos 20mm hoër as die neus wees wanner hy nie vrag ophet nie. As jy hom sonder vrag gelyk maak gaan dit weer lyk of die gat erg hang wanneer jy iets inlaai.
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
Post Reply

Return to “Late 2005 - 2016 Hilux (Gen 6 aka Vigo-shape)”