Limp mode

Discuss modifications on your late 1998 to 2005 IFS Hilux here.
Post Reply
Baksteen87
Newbie
Posts: 5
Joined: Mon May 18, 2020 1:55 pm
Town: Pretoria
Vehicle: 2001 3.0 Toyota Hilux KZ-TE
Real Name: Winton

Limp mode

Post by Baksteen87 »

Goeie dag

Ek vra bietjie raad ek weet nie te veel van mechanic werk af nie so enige voorstelle en raad sal warrdeer word

Ek ry n 2001 2x4 Hilux 3.0 KZ-TE, ek het eweskielik geen krag op die voertuig nie ek het weg getrek by tolhek 2de rat toe is die bakkie net dood... Ek het voet van diesel af gehaal en net weer getrap en bakkie het weer normaal gery en ge boost die middag na werk het ek amper glad nie eers n opdraande uitgery gekry nie en bakkie sukkel om bo 2000rpm te gan as ek clutch trap terwyl hy in rat is op afdraande so paar keer dan rev ek hom en dan ry hy weer normaal vir n ruk voor hy weer in Limp mode gan ek vermoed.

Daar is egter geen engine warning light of enige iets wat aankom op die dash nie die bakkie het wel n unichip in wat gedoen was by Dastek. Hy idle ook soms hoog en laag veral bietjie hoog as hy warem is... Asb enige raad sal wardeer word
Leeuplesier

Re: Limp mode

Post by Leeuplesier »

Hi Windton

Ek het so twee jaar terug dieselfde probleem gehad toe ons die Kaap gaan toer het. Het verskeie kere in limp mode ingegaan. Het die voertuig in Knysna na die stealers toe gevat, computor diagnostic gedoen en sommer net daar besluit my turbo is moeg en dit sal my R30000-00 kos. Daar was niks fout gewees met my turbo nie maar hy het volgehou dat dit die turbo was. Nietemin het ek besluit on so aan te karring en met die terugkom binneland se kant was die probleem op sy einde. Het in elk geval die voertuig ingevat en hulle het die air flow sensor vervang en het nie weer probleme gegee nie. Ons is die jaar daarop weer Kaap toe sonder probleme.
Ek sal voorstel dat jy die air sensor uithaal en skoonmaak. Toets hom weer en as hy weer in limp mode ingaan vervang die unit. Gaan na n betroubare werkswinkel om die diagnostics te doen.
User avatar
pieta.swanepoel
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 118
Joined: Wed Apr 19, 2017 1:21 pm
Town: Cape Town
Vehicle: 2017 Toyota Hilux 2.4 GD-6 SR 4x4 SC
Real Name: Pieta

Re: Limp mode

Post by pieta.swanepoel »

Eerste ding wat ek sal doen is om Unichip uit te haal en te kyk of dit nog gebeur. Net as 'n eerste ding om te elimineer.
My injectors het opgepak wat veroorsaak dat ek in limp mode in gaan. Al die injectors is oorgedoen en saak uitgesorteer.

Dit is net vrek duur om injectors te laat toets
Groot berge en lang grondpaaie
Baksteen87
Newbie
Posts: 5
Joined: Mon May 18, 2020 1:55 pm
Town: Pretoria
Vehicle: 2001 3.0 Toyota Hilux KZ-TE
Real Name: Winton

Re: Limp mode

Post by Baksteen87 »

Naand leeuplesier en Pieta jammer skryf sommer soos wat ek die name hier sien.
So ek het maar besluit om my sente bymekaar te maak en die bakkie na steve's Auto Clinic te vat vir diagnostic Dastek was vol bespreek en daarom nie nie hulle toe nie, al was laas genoemde die wie my unichip installeer het.

Nie temin Diagnostic was gedoen R550 later en error code was uitgegooi by dieselpomp se elektroniese komponente... Wihan die tegnikus het gese hy vermoed dis die "valve timing sensor" op die dieselpomp wat foutief is( jammer mag die bewoording van die "sensor"dalk bietjie verkeerd he) maar gese hy sal die unichip uitplug en dan weer loer... Die fout het bly opkom.

Die plug op die sensor was toe ontkoppel en jare se stof en erosie was toe op die ou einde van die dag die probleem die plug is mooi skoon gemaak en weer trug gesit en siedaar die bakkie ry en klink sommer soos n nuwe een die bakkie se "idling" is weer trug na normaal en die dieselknock is heeltemal weg.

Dankie vir elkeen se raad en voorstelle ek wardeer dit,ek hoop ek sal iemand anders ook kon help wat so probleem ervaar of dalk nog gan ervaar en raad kom soek hier op die forum.

Laaste wil ek ook net noem dat dit die sensor so half onder die dieselpomp is almal sin sal seker verkil maar my "plug in" van die sensor is bruin ek het drie sensors bo op die pomp gesien en dan die een onder wat foutief was.

Groete
Winton
Thabogrobler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5266
Joined: Sun Aug 19, 2007 10:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '02 'Lux KZ
Real Name: Thabo
Club VHF Licence: x223
Location: Garsfontein
Contact:

Re: Limp mode

Post by Thabogrobler »

Welkom op die Forum Winton!

Dankie vier die terugvoer, ek sal sommer as voorsorg maatreel myne se plug gaan skoonmaak.
'02 KZ 'Lux. Cooled. Chipped. Onca'd. Cherished!

If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!

A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.
Baksteen87
Newbie
Posts: 5
Joined: Mon May 18, 2020 1:55 pm
Town: Pretoria
Vehicle: 2001 3.0 Toyota Hilux KZ-TE
Real Name: Winton

Re: Limp mode

Post by Baksteen87 »

Geen probleem ek is net dankbaar die probleem was uitsorteer die totale onkoste was so R1138. 40 dit is nou diagnostic en 2ure se labour, hoop ek kan iemand daai geld spaar en die slapelose nagte...
Post Reply

Return to “Late 1998 to 2005 (Gen 5 aka IFS Hilux)”