Diesel 50 vs 500

You can ask your Fortuner related questions here. Also feel free to show us the modifications you did on your vehicle.
Post Reply
User avatar
Pumba
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 500
Joined: Wed Dec 24, 2008 1:40 pm
Town: Durbanville
Vehicle: Toyota Hilux 3.0 D4D 4x4
Real Name: Kobus
Club VHF Licence: HC112

Diesel 50 vs 500

Post by Pumba »

Met die absolute MAL prys van diesel huidiglik oorweeg ek om eerder 500ppm in te gooi maar nou is ek versigtig vir injector issues... wat stel julle voor?

Sent from my SM-G950F using Tapatalk


Last edited by Pumba on Sat Nov 10, 2018 8:10 am, edited 1 time in total.
Jesus was blunt: "No chance at all if you think you can pull it off by yourself. Every chance in the world if you let God do it." Mark 10:27(Message)

Image
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: Diesel 50 vs 500

Post by ThysdJ »

As jy 500ppm WIL ry moet jy jou bakkie elke 5000km 'n lube service gee, en olie filters vervang.

Dit gaan jou net soveel uitwerk as die bietjie wat jy bespaar op die verskil tussen 50 en 500ppm. Gaan lees bietjie op oor presies wat gebeur met jou olie as jy 500ppm vs 50ppm diesel gebruik. Dis waar die probleem inkom, nie noodwendig by die injectors nie.
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
User avatar
Pumba
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 500
Joined: Wed Dec 24, 2008 1:40 pm
Town: Durbanville
Vehicle: Toyota Hilux 3.0 D4D 4x4
Real Name: Kobus
Club VHF Licence: HC112

Re: Diesel 50 vs 500

Post by Pumba »

Dankie Thys, so wat jy sê is, ons gaan nie wen nie

Sent from my SM-G950F using Tapatalk

Jesus was blunt: "No chance at all if you think you can pull it off by yourself. Every chance in the world if you let God do it." Mark 10:27(Message)

Image
Mars
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1484
Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
Real Name: Marnus
Location: Pretoria Oos
Contact:

Re: Diesel 50 vs 500

Post by Mars »

Die 500 dpm diesel veroorsaak dat daar meer swael depositos in die olie opbou. Dit is een van die hoof redes hoekom hulle onderskei tussen olie vir diesel enjins en petrol enjins. Olie vir diesel enjins het middels in om die suur te neutraliseer. Ek het nêrens in die Toyota boekie gesien dat di diens interval na 5000 val as jy 500 insit nie. Op my 3lt D4D het ek vir die eerste 100 000 km bykans net 500 ingesit en die normale dienste gedoen. Vir die tweede 100 000 het ek omtrent net 50 ingegooi en die laaste 114 000 tot ek hom verkoop het 'n kombinasie van albei maar waarskynlik meer 50 soos dit meer algemeen beskikbaar geraak het en die 500 al minder.

Teen die tyd wat ek hom verkoop het, het hy mooi geloop, goeie kompressie gehad en nie 'n druppel olie gebruik nie. Ek het altyd Delo 400 ingesit en het hom self gediens van 90 000 kilos af tot 314 000.
User avatar
Pumba
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 500
Joined: Wed Dec 24, 2008 1:40 pm
Town: Durbanville
Vehicle: Toyota Hilux 3.0 D4D 4x4
Real Name: Kobus
Club VHF Licence: HC112

Re: Diesel 50 vs 500

Post by Pumba »

Dankie Marnus.

Ek het nogal gewonder wat doen die boere op die plase? Diens hulle ool elke 5000 of eerder elke 10000? Is 50ppm ook so vrylik beskikbaar daar?

Nou raak dit interesant :subscribed:
Jesus was blunt: "No chance at all if you think you can pull it off by yourself. Every chance in the world if you let God do it." Mark 10:27(Message)

Image
User avatar
Johan Kriel
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 623
Joined: Sun Apr 26, 2009 8:41 pm
Town: Okahandja
Vehicle: 2.5 SC 4x4
Real Name: Johan kriel
Location: Okahandja

Re: Diesel 50 vs 500

Post by Johan Kriel »

D4d se diens intervalle is 10 000km al gooi jy 500 ppm diesel, maar 500 ppm raak skaars. Nee wat die boere ry hulle 10 000km op plaas diesel, wat eintlik net bulk aankope is, kom uit dielelfde tenker.

Om die injectors se lewe te verleng is dalk die moeie werd om n exstra diesel filter met goeie watertrap bykomstig te gebruik. Opgeloste water in diesel is die grootste sondebok om injecter se lewe te verkort. Die swael inhoed het niks met vuil diesel te maak nie, behalwe soos gese dit kontamineer die olie en verkort die smering effek van die olie , maar soos gese die D4D se intervalle is 10 000km met 500 ppm en al.
Johan Kriel

Legend 50
Mars
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1484
Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
Real Name: Marnus
Location: Pretoria Oos
Contact:

Re: Diesel 50 vs 500

Post by Mars »

Stem 100% saam Johan. Water in die diesel is die ding wat die injectors opvoeter. Vuil diesel word in elk geval skoon gefilter deur die filter maar dit kan daartoe lei dat die filter vinnig verstop. Ek het 'n ekstra 2 mikron filter/water trap ingesit in my D4D. Moet dit nog doen in die GD6
User avatar
Pumba
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 500
Joined: Wed Dec 24, 2008 1:40 pm
Town: Durbanville
Vehicle: Toyota Hilux 3.0 D4D 4x4
Real Name: Kobus
Club VHF Licence: HC112

Re: Diesel 50 vs 500

Post by Pumba »

Mars wrote: Wed Nov 14, 2018 2:20 pm Stem 100% saam Johan. Water in die diesel is die ding wat die injectors opvoeter. Vuil diesel word in elk geval skoon gefilter deur die filter maar dit kan daartoe lei dat die filter vinnig verstop. Ek het 'n ekstra 2 mikron filter/water trap ingesit in my D4D. Moet dit nog doen in die GD6
Johan Kriel wrote: Tue Nov 13, 2018 8:13 pm D4d se diens intervalle is 10 000km al gooi jy 500 ppm diesel, maar 500 ppm raak skaars. Nee wat die boere ry hulle 10 000km op plaas diesel, wat eintlik net bulk aankope is, kom uit dielelfde tenker.

Om die injectors se lewe te verleng is dalk die moeie werd om n exstra diesel filter met goeie watertrap bykomstig te gebruik. Opgeloste water in diesel is die grootste sondebok om injecter se lewe te verkort. Die swael inhoed het niks met vuil diesel te maak nie, behalwe soos gese dit kontamineer die olie en verkort die smering effek van die olie , maar soos gese die D4D se intervalle is 10 000km met 500 ppm en al.
So beteken dit daar is dan meer water in 500ppm? Of hang dit af waar jy koop?

Indien wel, dan moet ek seker nou eers uitvind wat kos so installasie en hoe lank gaan dit vat om my geld terug te kry :siffler:
Jesus was blunt: "No chance at all if you think you can pull it off by yourself. Every chance in the world if you let God do it." Mark 10:27(Message)

Image
Mars
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1484
Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
Real Name: Marnus
Location: Pretoria Oos
Contact:

Re: Diesel 50 vs 500

Post by Mars »

Nee glad nie. Ek verwys oor die algemeen na water in diesel. Die 50 en 500 gaan glad nie oor hoe skoon of vuil die diesel is nie. Garages is veronderstel om hulle tenks skoon te hou en hulle filters op die pompe gereeld te vervang maar nie almal doen dit nie. So dit gaan maar oor waar jy ingooi. As daardie filter/trap een keer water uit jou injectors hou het hy homself in 'n ommesientjie betaal.
User avatar
Johan Kriel
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 623
Joined: Sun Apr 26, 2009 8:41 pm
Town: Okahandja
Vehicle: 2.5 SC 4x4
Real Name: Johan kriel
Location: Okahandja

Re: Diesel 50 vs 500

Post by Johan Kriel »

Water kom jou tenk met met kondensasie en die meer. So niks te doen met 50, 500 of whatever nie. Die water meng nie met diesel nie en sak af, en word onder in die watertrap gevang, maar dit gebeur dat klein druppels in die diesel bly dryf en gaan deur na die injectors en dis dit wat die skade maak. So hoe groter die water trap hoe meer kans kry die water om uit te sak weens stadiger sirkualsie deur die water trap/filter. Racor reken hulle filter haal ook daai 'opgeloste' water uit.
Johan Kriel

Legend 50
Post Reply

Return to “Toyota Fortuner 4x4 Forum”