Hilux Sitplek Materiaal Vervang Met Vinyl.....

Here we discuss Hiluxes in general. Your view of the Hilux. For other general discussions please see "open Discussions" under the "Around the Campfire" heading.
Post Reply
D4D2009
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 10
Joined: Mon Apr 24, 2017 11:50 am
Town: Cape Town
Vehicle: Hilux Double Cab 3.0 D4D
Real Name: Awee

Hilux Sitplek Materiaal Vervang Met Vinyl.....

Post by D4D2009 »

Soos per my inleiding het ek my eerste tweedehandse (2009 D4D) Hilux gekoop.

Ongelukkig met die Hilux kom dit met materiaal sitlekke wat eerstens nie vir my baie mooi lyk nie en tweedens nie goed werk wanneer jy 'n 5 jarige en 3 jarige het wat op die agtersitplek sit :tease: :tease:

Natuurlik eerste op almal se lippe is "Sit seat covers op en jou probleem in opgelos"......

1) My vrou HAAT seat covers en sy is die een wat meeste met die bakkie gaan ry. Ek moet ook byvoeg ek is nie mal daaroor, miskien het ek net nog nie 'n ordentlike cover gesien

2) Dit bring my by my volgende punt, jy kry covers van R2500 - R5500, laasgenoemde Mellville & Moon. EK het 'n kwotasie gekry vir R5000 om die sitplekke se materiaal te vervang met Vinyl, dan het jy nie seat covers nodig. Ja ek weet, Vinyl is mos nou nie leer nie maar volgens my gaan dit BAIE beter lyk as seat covers en Vinyl gaan jou 'n hele paar jaar hou. Kom ons se ek moet die Vinyl weer vervang is 6 jaar se tyd, dan is dit nogsteeds die moeite werd vir my, by daai tyd moes jy seker al 2 keer seat covers vervang het?

Volgens die plek wat my kwoteer het (En ek moet byvoeg, hulle doen ongelooflike goeie werk, my vorige bakkie se stturwiel was oorgetrek by hulle 9 jaar terug, ek het die bakkie laasweek verkoop en hy was nog so goed soos nuut!!!!)

Ek is maar dom met die goed so julle hulp en opinies (Goed en sleg) sal ek baie waardeer!!!!

Dink ek reg of moet ek my kop laat lees?
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10649
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Re: Hilux Sitplek Materiaal Vervang Met Vinyl.....

Post by pietpetoors »

Al wat ek nie van leer of vinyl hou nie is dat dit jou baie laat sweet op warm dae.

Verder dink ek vir die doel wat jy dit wil doen gaan dit beslis beter werk as materiaal.
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
Post Reply

Return to “General Hilux Discussions”