Dun vs breë bande op die Hilux

Here we discuss Hiluxes in general. Your view of the Hilux. For other general discussions please see "open Discussions" under the "Around the Campfire" heading.
Post Reply
Rusty Nail
Newbie
Posts: 8
Joined: Fri Mar 24, 2017 7:34 pm
Town: Pretoria
Vehicle: 1989 Hilux
Real Name: Kobus

Dun vs breë bande op die Hilux

Post by Rusty Nail »

Middag, manne!

My naam is Kobus. Ek het 'n 1989 dubbelkajuit Hilux 4x4 by my vriend gekry. Ek ry hom al meer as 'n jaar. Die Hilux het 'n nuwe 4Y import in van Auto Zone en hy is nog heel skaflik. Aangename kennis aan julle almal.

Ek wil vir julle iets vra.
Toe ek die spaarwiel opgesit het was ek verbaas oor hoe mooi die bakkie steeds lyk.
Ek speel met die idee om die volgende stel bande op smal rims op te sit, selfde tyre size as die spaarwiel. Rede: bakkie behoort flukser te wees, met minder stremming op die stuur meganismes, ens., en beter brandstof verbruik.
Net een stel. Die stel bande daarna sal weer breed wees. Net om bietjie beter brandstof verbruik te kry terwyl ons op ons voete kom.
Maar nou vra ek, wat gee ek prys?
Looks? Dis debatteerbaar. Die bakkie lyk wreed met staal rims. Dit lyk regtig of die Creeper jou met daai bakkie kan jaag.
Load capasity? Dunner bande kan moontlik kleiner loads op die bak vat. Ek laai in elk geval nie swaar nie.
Losser op die pad? Mag dalk bietjie stabiliteit verloor.
WAT SÊ JULLE?
GOEIE IDEE OF SLEGTE IDEE?
Attachments
17499399_981666148631127_1732881563963824104_n.jpg
17342739_981666298631112_7654801013564206170_n.jpg
Rusty Nail
Newbie
Posts: 8
Joined: Fri Mar 24, 2017 7:34 pm
Town: Pretoria
Vehicle: 1989 Hilux
Real Name: Kobus

Re: Dun vs breë bande op die Hilux

Post by Rusty Nail »

Waarmee kom daardie voertuie in elk geval standaard uit?
User avatar
Mud Dog
Moderator
Moderator
Posts: 29852
Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
Town: East London
Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
Real Name: Andy
Club VHF Licence: HC103

Re: Dun vs breë bande op die Hilux

Post by Mud Dog »

Welkom Kobus! :thumbup:

Daai spaar wiel is oorspronklik asook die band. Om nou 'n stel oorspronklike bead-lock rims te kry gaan jy bietjie sukkel en vir die geld sal jy baie lank moet ry om die geld terug te win met brandstof besparings.

Sover dit die laai gewig betref is daar nie probleem met die bande nie solank jy die regte LT (light truck) enes opsit. Met die dun wiele sal die stuur definitief bietjie ligter wees, maar jy het mos power-steering, nie? Breër bande sit natuurlik meer rubber op die pad en road-holding is gevolglik bietjie beter as dun bande, maar in die bos maak dit nie veel verskil nie - baie harde baarde verkies die dun enes oor die breës, maar net nie as dit by sand ry kom nie.

Geluk met jou besluit. :winkx:
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.

Image
Image

Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!
Rusty Nail
Newbie
Posts: 8
Joined: Fri Mar 24, 2017 7:34 pm
Town: Pretoria
Vehicle: 1989 Hilux
Real Name: Kobus

Re: Dun vs breë bande op die Hilux

Post by Rusty Nail »

Sjoe, dis waardevolle inligting.

Baie dankie.

Ek soek bande wat nie uitspattig duur is nie, maar steeds goed is.

Die meeste manne beveel General Grabbers aan. Ek weet natuurlik nie baie van hierdie dinge nie.

Ek gaan binnekort op 'n plaas bly, maar meestal teerpad ry. Ek moet nog besluit, muds of AT.

Dis so moeilik, want almal verskil in mening.

Ek wil BETROUBAARHEID van die band heel eerste stel. Daarna brandstofverbruik. Dis die twee belangrikste punte. Ek wil ook darem nie in modder vassit omdat ek nie muds het nie.
User avatar
Haboob
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2484
Joined: Thu Aug 11, 2011 9:57 pm
Town: King Williams Town
Vehicle: Hilux
Real Name: Edge
Club VHF Licence: HC129

Re: Dun vs breë bande op die Hilux

Post by Haboob »

Ek het kleiner gegaan en het nou meer krag, beter brandstof verbruik en geen nomenwaardelike hanteerings verskille nie.
Jy kan omtrend 225x75x15 opsit vir die ouer voertuig wat jou sal baat.
Ek het 245x75x15 en is tevrede daatmee op die 3.0 Vigo.
AT tyres sal vir jou doeleindes baie beter werk as MT Tyres.
Met 75 bande kan jy met laer banddruk ry in die sand, wat jou groter voet gaan gee om op die sand te dryf en nie daardeur te sny nie.
Die raas minder en gaan jou beter kilometers gee op die bande.
Jy ry so min in modder dat dit nie die moeite werd is om MT Tyres te koop.
MT gaan meer raas, minder afstand gee en swkker hanteering op die teer wat jy meestal gaan ry. Looks pas nie by ekonomie nie...
Geluk met jou besluit.
Image
HABOOB means "Dust Storm"
User avatar
Mud Dog
Moderator
Moderator
Posts: 29852
Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
Town: East London
Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
Real Name: Andy
Club VHF Licence: HC103

Re: Dun vs breë bande op die Hilux

Post by Mud Dog »

MT gaan meer raas, minder afstand gee en swakker hantering op die teer wat jy meestal gaan ry.
Na my mening is dit die waarheid.

Maar sover dit modder ry betref is ek verder van mening dat die dunner bande net so goed of miskien dalk beter sal vaar as die breedes - rede daarvoor is dat die dun band deur die modder sny tot onder waar die grond meer "solid" is wat jou dan beter traksie gee. 'N breed band sak nie genoeg deur die los / sagte modder af en al is dit MT of AT word die loopvlak vinnig gestop en dan ry jy op "slicks" wat net gaan gly. Die enigste manier dat 'n breed band jou in so 'n geval sal help is as die modder diep is, dat jy nie so maklik sak tot die aste nie.
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.

Image
Image

Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!
User avatar
dalkill
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1573
Joined: Wed Feb 13, 2008 8:34 am
Town: Cape TOwn
Vehicle: 2.4 GD6 SR D/C 4x4
Real Name: Shaakir

Re: Dun vs breë bande op die Hilux

Post by dalkill »

Ek het lank terug gelees, die SFA het standaard met 195/??/15 uitegkom
2016 2.4GD6 SR D/C 4x4 (Oct 2022 - current) (Buraaq VI)
2007 d4d 3.0 D/C 4x4 (Mar 2016 - July 2022) (Buraaq V)
2003 Isuzu KB300 D/C 4x4 (May 2015 - Feb 2016) aka Buraaq IV
2000 hilux DC 2.7 4x4 (Jul 2011 - Sep 2012) aka Buraaq III
1999 RXI 20v (Nov 2009 - Jul 2011) aka Quicksilver
1990 hilux DC 2.2 4x4 (Jun 2008 - Jul 2011) aka Buraaq II
1997 corolla 160i GLE (Feb 2007 - Sep 2009) aka Green Goblin
1990 GLI twincam (still my fav rolla) (Oct 2005 - Mar 2007) aka Wit Blitz
Golf GTI 2.0 (temp insanity for 2months) (Jun 2005 - Aug 2005) aka A mistake
1993 hilux SC 2.2 4x4 (April 2003 - Sept 2005) aka Buraaq

TOYOTA IS MY LEWE
Thabogrobler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5266
Joined: Sun Aug 19, 2007 10:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '02 'Lux KZ
Real Name: Thabo
Club VHF Licence: x223
Location: Garsfontein
Contact:

Re: Dun vs breë bande op die Hilux

Post by Thabogrobler »

Daai splitties lyk bedonnerd!!
'02 KZ 'Lux. Cooled. Chipped. Onca'd. Cherished!

If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!

A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.
Post Reply

Return to “General Hilux Discussions”