Auto Ratkas oorverhit

Here we discuss Hiluxes in general. Your view of the Hilux. For other general discussions please see "open Discussions" under the "Around the Campfire" heading.
Post Reply
NicGryskop
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 10
Joined: Sat Oct 22, 2011 8:09 am
Town: STELLENBOSCH
Vehicle: 3D Hilux DC Auto 4x4 2010
Real Name: Nic
Location: Stellenbosch
Contact:

Auto Ratkas oorverhit

Post by NicGryskop »

Het laas naweek 'n vrag (2.2 ton) die Oubergpas tussen Montagu an Ladysmit opgesleep met my 2010 Raider Dubbelkajuit 3lt D-4D 4x4 Auto (50,000 kilometer).

Moes 3 keer teen die pas op stop met die ratkas oorverhit waarskuwingsliggie wat aankom. Was in 4 trek hoog met ratkas in auto stelling. Gemiddelde dieselverbruik sukkelend teen die pas op was 1.7 kilometer per liter @ 30 - 40 kpu :crazy:

Kontak vir handelaar Maandagoggend en hulle beveel aan dat ratkas uit "Drive" uitgehaal word en "Manual" gery word in sulke gevalle. Maak nie saak of die voertuig in 4x4 of 4x2 is nie....Beveel ook aan dat die ratkasolie vervang word deurdat dit warm geraak het. Daar is geen diensintervalle vir die ratkasolie nie. Word net vervang indien daar 'n probleem was.

Die episode was vir my 'n teleurstelling...het nog nooit vantevore soorgelyke probleme ondervind met my vorige voertuie nie.

'n Werktuigkundige vriend van my beveel aan dat ek 'n eksterne olieverkoeler laat monteer...

Opmerkings of voorstelle?

Nic
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10650
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Re: Auto Ratkas oorverhit

Post by pietpetoors »

Daai pas is steil maar ok nie so steil nie en 2 ton is ook nie eintlik swaar nie.

Sal interresant wees om te hoor wat die ander sê. Ek ken nie van outomatiese trokkies nie so ek kan nie kommentaar lewer nie.
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
User avatar
TOYOTA 4YEFI
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 222
Joined: Thu Sep 10, 2009 7:26 am
Town: Pretoria
Vehicle: Land Cruisr 80
Real Name: Juan

Re: Auto Ratkas oorverhit

Post by TOYOTA 4YEFI »

Hi

indien jy teen daai spoed ry sal die ratkas oor verhit omdat die "lockup" nog nie ingekom het nie veral in auto. wat die lockuo dien is hy maak die ratte direk vas basies soos n handrat om brandstof te bespaar en om derekte krag na die wiele toe te stuur.

Hierdie funksie verkil van voertuig tot voertuig somige voertuie het n lockup in elke rat en ander weer net in derde vierde en vyfde.

Wat help is om in tiptronic te ry wan dan sal die lockup vinniger aansit en hy sal ook nie die heeltyd tudssen ratte rond spring wat ook die olie nog warmer maak.

indien jy gereeld sulke swaar vragte sleep sal ek ook voorstel dat jy n eksterne cooler op sit net om te verhoed dat dit weer gebeur en dat jy nie die heeltyd die ratkas olie moet vervang nie ATV olie is nogal duur veral n goeie gehalte olie

dis maar net m2c werd

Maar sterkte hoop hy jy kom reg
NicGryskop
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 10
Joined: Sat Oct 22, 2011 8:09 am
Town: STELLENBOSCH
Vehicle: 3D Hilux DC Auto 4x4 2010
Real Name: Nic
Location: Stellenbosch
Contact:

Re: Auto Ratkas oorverhit

Post by NicGryskop »

Hi julle,

Ek stem saam Pieter, die pas is nie so steil nie en ek ry hom gereeld draf draf uit. My gemiddelde dieselverbruik vir die trippie (560km heen en weer) is gereeld so 9 kilometer per liter met 'n gemiddelde spoed van 85 kpu.
Hierdie keer met die sleepvrag was die gemiddeld 5.5 kilometer per liter en 'n gemiddelde spoed van 78 kpu. Ek kon glad nie daai pas uitkom vinniger as 40 kpu met 'n beter verbruik as 1.7 kilos per liter (volgens die voertuig rekenaartjie) nie.

Juan,
Jou voorstelle is in lyn met die Handelaar s'n. Sal interessant wees om by hulle te verneem of hierdie ratkas in elke rat sou "lock up" of net in sekeres.

Gelukkig sleep ek nie gereeld sulke vragte nie, maar maak my nou bietjie bekommerd as ek dalk 'n woonwa sou sleep. Moet dalk maar tog oorweeg om 'n eksterne cooler aan te bring. Blykbaar so tussen 2 en 3K.
Praat van duur olie...die handelaar (Barloworld) het nie eens in voorraad nie....so min word dit gebruik?

Baie dankie vir jul insette...miskien kan iemand dalk vir ons laat weet mbt die auto kas se moets en moenies.

Nic
User avatar
Stef
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3125
Joined: Mon Jan 25, 2010 12:54 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '98 LTD
Real Name: Stefan
Club VHF Licence: X107

Re: Auto Ratkas oorverhit

Post by Stef »

Dis hoekom ek nie van autos hou nie....net te veel hassles.

Ek hou van kierie swaai in elk geval :thumbup:
NicGryskop
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 10
Joined: Sat Oct 22, 2011 8:09 am
Town: STELLENBOSCH
Vehicle: 3D Hilux DC Auto 4x4 2010
Real Name: Nic
Location: Stellenbosch
Contact:

Re: Auto Ratkas oorverhit

Post by NicGryskop »

Hi Stef,
Ek hoor wat jy sê.....hierdie is my eerste auto ratkas in 4x4....moet erken, was bietjie skepties in die begin, maar dis nogal magic in 4x4 toestande...(op 65 en na 30 jaar se erge 4x4 ryery vat dit uiteindelik die dinkwerk uit die scenario uit en hou die vrou se "sit oor...sit oor" uitroepe tot 'n minimum.)... Afdraendes net bietjie andereste....moes skielik rem versigtig gebruik. Soos my seun sê "sien Pa staan nie meer op om die TV se kanale te verander met 'n knoppie op die TV nie, maar druk nou sommer die knoppie op die remote"...LOL

Toyota SA sal my binnekort hul opmerkings/aanbevelings stuur tov die oorverhitting van die auto. (Daai 10 liter se flippen olie het my R 900-00 saam met arbeid gekos....)

TOYOTA 4YEFI se diagnose is lyk my die regte een. Ek het Toyota SA versoek om hierdie aanbeveling in hul handleidings in te bring...
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: Auto Ratkas oorverhit

Post by ThysdJ »

'n Pel van my het ook 'n ratkasoorverhittingsprobleem gekry toe hy met sy 3.0 D4D Fortuner 'n Bush Lapa karavaan gesleep het deur die Baviaanskloof. Ek het gese hy moet Low Range koppel op die steil gedeeltes. Einde van sy probleme... Ek het 'n kans gevat, maar dis wat vir hom gewerk het... My 2c..
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
User avatar
Pietman
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 289
Joined: Tue Sep 16, 2008 9:33 pm
Town: Nelspruit
Vehicle: 2005 Hilux V6 4L D/C 4X4
Real Name: Pieter

Re: Auto Ratkas oorverhit

Post by Pietman »

Hi Nic

Ek het die 4L petrol met auto boks en het al geleer dat as ek sleep of swaar gelaai is en berg pas ry skyf ek die auto boks uit auto na 4 toe. Die motor trek dan baie lekkerder en haal alles uit elke rat.

Vir duine ry geld dieselfde. Dan moet jy die auto boks uithaal uit auto en afskuif na 1 of 2 en self opskuif soos jy krag nodig het. As jy hom in auto los sit jy somer gou gou vas.

Groetnis
Pieter
EX ALTO VINCIMUS
NicGryskop
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 10
Joined: Sat Oct 22, 2011 8:09 am
Town: STELLENBOSCH
Vehicle: 3D Hilux DC Auto 4x4 2010
Real Name: Nic
Location: Stellenbosch
Contact:

Re: Auto Ratkas oorverhit

Post by NicGryskop »

Hi Thys en Pieter,

Dankie ook vir jul insette. Wys die voordeel van hierdie forum. Die duine een gaan my baie help in September.....

Met almal se goeie raad glo ek is die "probleem" opgelos. Ek sleep hoeka weer volgende week 'n swaar vrag plaas toe oor die Oubergpas en sal terugrapporteer hoe dinge gegaan het.
Thanx,
Nic
User avatar
Rebel 4x4
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1655
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:28 pm
Town: Port Elizabeth
Vehicle: 2020 Toyota Fortuner GD-6 4x4 Auto
Real Name: Thomas
Location: Port Elizabeth

Re: Auto Ratkas oorverhit

Post by Rebel 4x4 »

Ek neem aan dis 'n grondpad pad - want om in 4x4 op 'n teerpad te ry is nie regtig 'n goeie idiee nie.
Sent from my iPhone
Image
Image
Hannes Meyer
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 142
Joined: Sun Jan 17, 2010 3:39 pm
Town: Aranos Namibia
Vehicle: Hilux V6 4.L d/c 4x4 Automatic 2014 , Land Cruiser pick-up 2012, L/Cruiser Pick up 2023
Real Name: Hannes

Re: Auto Ratkas oorverhit

Post by Hannes Meyer »

Dagse, Manne

Ek het ook 'n 3L D4D 2009. Ek gebruik dit op die plaas om te sleep en oppad en grondpad.
Ongelikkig , wanneer jy swaar sleep, berg passe ry waar jy stadig beweeg of sand ry, moet jy ratkas uit drive haal.

Die ratkas wil elke keer oorskakel om die laagste revolusies te gebruik, dit maak dat ratkas in drive sal rond skakel en dit maak die olie warm, kies 'n ander rat buiten drive wat by jou spoed en omstandighede pas en alle warm word op 'n end .

Ons vervang die olie elke 40 000 km, dit kos jou 2Lieter olie maar 'n ratkas kos tussen 40 en 80 000, hang af van die skade.

mooi ry en geniet jou Automatic, mens moet dit net leer ek sleep tot bome met myne weg. Myne het 260 000 km op.
NicGryskop
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 10
Joined: Sat Oct 22, 2011 8:09 am
Town: STELLENBOSCH
Vehicle: 3D Hilux DC Auto 4x4 2010
Real Name: Nic
Location: Stellenbosch
Contact:

Re: Auto Ratkas oorverhit

Post by NicGryskop »

Dankie Almal,
Ek het weer 2 keer 'n swaar vrag plaas toe gesleep...so 80km grondpad die Monagu Oubergpas uit. Het almal se voorstelle toegepas en die antwoord is: haal die Ratkas uit Drive uit en sit hom in 3de rat (of laer as nodig). Einde van oorverhitting van die ratkas olie.
Weereens dankie vir jul insette. Het my sekerlik 'n groot klomp moela en frustasie gespaar.

Toyota SA het ook teruggekom na my met basies dieselfde oplossing. Hulle het net nie genoem of die 2010 se ratte "lock" nie.

Thanks,

Nic
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10650
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Re: Auto Ratkas oorverhit

Post by pietpetoors »

Dankie vir die terugvoer, wys net mens is nooit te oud om te leer nie. :thumbup:
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
User avatar
4x4BEES
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3447
Joined: Wed Nov 20, 2013 10:13 am
Town: Brackenfell
Vehicle: Hilux 4.0V6
Real Name: Kevin

Re: Auto Ratkas oorverhit

Post by 4x4BEES »

Baie dankie vir die info :thumbup: :thumbup:

Ek ry nou ook auto, en nie uit keuse uit nie. Dis heel anders as wat ek gewoond aan is, maar dis baie lekker.
Ek vra ook baie raad en opinies by almal waar ek kom en voel soms dom :shh: :mocking: :siffler: :blushing:
User avatar
Dirka
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 212
Joined: Tue Jul 07, 2015 2:16 pm
Town: Doornpoort Pretoria
Vehicle: Hilux 4.0 V6 4X4 Auto DC
Real Name: Dirk

Re: Auto Ratkas oorverhit

Post by Dirka »

Good Tip..Thanx Nic! Me self still have lots to learn on the auto boxes.
I got arrested for driving naked. I guess I shouldn’t have put four wheels, an engine, and a steering wheel on my bathtub.
I’m a do-it-yourself kind of lover.
” ― J. Kintz
Post Reply

Return to “General Hilux Discussions”