Page 1 of 1

Pad, Pafuri na Vilankulos

Posted: Sun Jan 15, 2012 5:15 pm
by Gert Greeff
Ons beplan om gedurende die Junie/Julie 2012 vakansie vanaf Pafuri na Vilankulos te ry in Mozambique, en is op soek na meer inligting oor die roete.
- Wat is die beste roete, pad, sand pad, etc.
- Waar kan ons oornag op die roete
- Is daar brandstof op die roete.
Enige inligting omtrent die roete sal welkom wees
Groete
Gert

Re: Pad, Pafuri na Vilankulos

Posted: Sun Jan 15, 2012 5:19 pm
by jacques kotze
Welkom Gert,
Ek het nog nie daai roete gery nie maar ek weet van n paar topics wat al gepost is oor daai roete. Die meeste ouens lees eers weer Maandag op die forum, so jy behoort Maandag n paar antwoorde te kry. :thumbup:

Re: Pad, Pafuri na Vilankulos

Posted: Sun Jan 15, 2012 5:25 pm
by Gert Greeff
Dankie Jaques, sal maar sien wat die terugvoering sal wees. Ons is ses voertuie in die groep wat die roete wil aanpak.

Re: Pad, Pafuri na Vilankulos

Posted: Sun Jan 15, 2012 5:47 pm
by OOOOMS
Gert, van Pafuri tot by Vilanculos is presies 560km. Die nuwe reeling is dat jy ten minste twee nagte daar oornag. Daar is 'n post op die Forum daaroor.

Junie / Julie is die rivier laag so behoort nie 'n probleem te wees nie.

Daar is primatiewe kamp plekke indien julle wil oorslaap in Moz
Soos: Friendly Loca (overnight) S22 44.230 E32 03.463
Parks Board Rest Camp (abandoned 2007.01.02) S22 30.185 E32 37.292

Brandstof, maak vol voor die grens, dan is daar weer naby Vilankulos :thumbup:

Sien Mapsource file:
moz vilan.gdb
(46.18 KiB) Downloaded 185 times

Re: Pad, Pafuri na Vilankulos

Posted: Mon Jan 16, 2012 10:09 am
by OOOOMS
Gert, Andrevt hulle was Sep. 2011 daai kant toe gewees, hier is die link na sy post:

viewtopic.php?f=4&t=21144&hilit=moz" onclick="window.open(this.href);return false;


Hoop dit help :wink2:

Re: Pad, Pafuri na Vilankulos

Posted: Mon Jan 16, 2012 1:56 pm
by JacoJB
Welkom buurman.

Jy is nou op die regte plek om inligting te kry. :thumbup:

Re: Pad, Pafuri na Vilankulos

Posted: Tue Jan 17, 2012 7:18 pm
by Gert Greeff
Baie dankie vir die inligting Mark. Sal met Andre probeer kontak maak om meer besonderhede te bekom.

Groete
Gert