RICHTERSVELDT UITREIK 28/3 -11/04 2015

Here you can post information of charities and charities in need or any good ideas you have on helping charities.
Post Reply
User avatar
Kagiso
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 377
Joined: Thu Nov 15, 2007 12:52 pm
Town: Benoni
Vehicle: Datsun SAFARI aka LOBO, Nissan Patrol GQ
Real Name: Mac

RICHTERSVELDT UITREIK 28/3 -11/04 2015

Post by Kagiso »

O2Africa letterhead ii.JPG
Sedert 2009 onderneem ons Uitreike na die Richtersveldt – Die volgende skoolvakansie is haas op ons
Dis ‘n intensiewe uitreik wat voorlê na ‘n Gemeenskap wat regtig aan die kort ent trek – Die diamant industrie het so te sê tot stilstand gekom in die Richtersveldt. ALEXCOR het deure toegemaak na die Grond-eise en die meeste sit sonder werk of heenkome.
Boonop gaan daar op hierdie uitreik kinders van Abraham Kriel Kinderhuis saam op die uitreik – ‘n geleentheid wat ek nie daardie kinders wil ontneem nie. Maar fondse het ek nie. My pensioen kom ek nie eens mee deur nie.

Daar is nog plek - en om die waarheid te sê - Ons benodig MENSE en VOERTUIE en fondse vir die Uitreik na Richtersveld.
En met daarmee kom ons oproep – om te gaan, om uit te reik en te vertel en te getuig. Sodat elkeen wat GLO sal wèèt dat hulle Glo. En die wat nog nie weet nie ook sal weet.
Ons gaan onbekende en bekende gebiede in. Ons gaan slegte, slegter en slegste paaie aandurf. Ons gaan. Maar jou gebed en jou bydrae maak die groot verskil. Hoeveel bydra? Soos wat jou hart sê. Die bedoeling is dat elkeen wat gaan ‘n “borg” moet hê, dat hy/sy sal wèèt hy/sy is gestuur en dus nie met eie geld / fondse sal gaan nie.
Dankie vir u tyd en gesindheid. Bydraes kan deur die Outreach2Africa gemaak word.
Ons nood is R2500 per Kind / Student en R3500 per volwassene vir die uitreik - dit sluit dan alles in - kos, blyplek, vervoer .. de lot. Soos jy kan dink – hierdie nuwe petrol gespringde pryse het ons goed onkant gevang, en daar is sprake daar weer verhogings voor die Uitreik.
Daarom het ek ook die vrymoedigheid om te vra vir ‘n bydrae tot die uitreik – sodat ek nie nodig gaan hê om vir een van die Sateliethuise se kinders OF van die Studente hoef “Nee” te sê omdat daar nie genoeg fondse is, nie. Ons het die kinders en Studente NODIG om program te gaan uitvoer. Asook jou gebedsdekking en bydrae.
Bankbesonderhede vir Bydraes volg – en onthou asseblief om die verwysing “Richters Maart 15” sodat ons weet waarvoor dit is, en natuurlik ook die persoon se van as u iemand spesifiek borg, anders maak dit net GROEP .
Outreach2Africa Bank Besonderhede:
Rekening Naam: OutreachAfrica
Bank: Standard Bank
Tak: Castle Walk
Tipe: Savings
Takkode: 01464500
Rekening nommer: 415214742
Kokerboom.jpg
Die mooi van die Richtersveldt kan nie met woorde omskryf word, nie. Kom ervaar dit self.
Outreach2Africa - In support of Missionaries of Africa: Helping God's children doing God's work.
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
Post Reply

Return to “Community Responsibility”