Oompie Mac Uitreike vir die res van 2014

Here you can post information of charities and charities in need or any good ideas you have on helping charities.
Post Reply
User avatar
Kagiso
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 377
Joined: Thu Nov 15, 2007 12:52 pm
Town: Benoni
Vehicle: Datsun SAFARI aka LOBO, Nissan Patrol GQ
Real Name: Mac

Oompie Mac Uitreike vir die res van 2014

Post by Kagiso »

O2Africa letterhead ii.JPG
Ons Missie: Om te gaan waar ander nie kan of wil, nie en 'n steun vir Sendelinge in die veld te wees.
NUUSBRIEF 3: 2014

Gegroet Liewe Leser, Vrinne …..

2014 lê op sy rug... Die winkels begin al vere regskud vir Kersfees en die winste wat daarmee gaan. Ons was geseënd in elkeen van die Uitreike wat plaasgevind het deur die jaar. Nuusbrief 2 het daaroor berig.
[Indien u nie Nuusbrief 2 ontvang het, nie, kontak ons gerus by info@outreach2africa.co.zavir ‘n e-pos kopie daarvan].

Hoewel naby end van die jaar: “Nog is dat het einde niet” daar lê nog Uitreike voor en alleen kán ek dit nie uitvoer nie.
RICHTERSVELDT: 3 - 12 Oktober 2014
Die eerskomende Uitreik na die Richtersveldt-gemeenskappe is bedoel om ‘n Gesinsuitreik vir die Gemeentes te wees. Dit is ook die ideale platform om Kinderhuiskinders die geleentheid te gee om dié deel van ons land te sien EN om betrokke te raak by en ‘n liefde/hart vir Uitreik te kweek. Om dit te laat gebeur het ons u elkeen se deelname nodig. Deur saam te bid, dalk ‘n kind of meer te borg, of andersins bydraes te maak. Al het die brandstofprys nou effe geval is dit steeds bykans 3000 Km per voertuig vir die heen en weer.


Ons is geseënd met ‘n jeuggroep wat wil deelneem aan hierdie uitreik. Agt (8) Teologie- en ander studente van TUKS; ten minste vier (4) kinders uit ons plaaslike Kinderhuis en jeuglede van naburige gemeentes. Maar soos dit nou maar is, Studente trek altyd noustrop. Die Kinderhuiskinders het dit beslis ook nie breed nie en ek as pensioenaris moet ook my rieme dun sny. Daarom dan kom ons met hierdie versoek vir bystand, asseblief. Bystand met die noodsaaklike fondse om die kinders nie teleur te stel nie asook die geleentheid om die Here te dien, van hulle te ontneem nie.

Ook het ons volwassenes nodig om saam te gaan om ‘n ogie oor die kinders te hou, maar ook om deel te neem aan die Uitreike na die afgeleë veeposte en besoeke aan Bejaardes. En natuurlik, ons benodig die vervoer om die span daar te kry, en terug. Die idiaal is bussies [kombi] en stasiewa, dit is nie nodig vir 4x4 voertuie nie, hoewel die uitreike na Veeposte ‘n hoë voertuig sal verg.

Die Jeugleier wat met ons hande vat vir hierdie uitreik is Ian Stanton, ‘n 4de jaar Teologie-student en Jeugwerker van Waverley Oos Gemeente. Hy sit ook nie stil nie .. hy pos die volgende boodskap op FaceBook:
Ian Stanton skryf:

KAN EK GOU ASB JUL AANDIG KRY...Goeie môre aan almal... Ek is betrokke by die reël van `n amazing uitreik na die Richtersveld om ‘n hele dorp naamlik Sanddrift te gaan bedien met *** se Woord. Dit behels ‘n vakansieprogram, met kids games en nog vet pret lekker aktiwiteite wat ons gebruik om hierdie jeug te nader en net bietjie meer van *** se Koninkryk vir hulle te wys en gee.

Die groep jongmense wat saam op hierdie uitreik gaan om die kids daar te bedien is almal vanuit die Moot, Danville, kinderhuise en studente en sal finansieel self nie ten volle kan bydrae tot die uitreik nie, DAAROM kom vra ek dat as ‘n 120 mense elk ‘n R100 kan gee dan sal ek genoeg geld hê om ‘n span van 8 mense saam te kan neem. Hierdie gelde dek letterlik dan alles vir die uitreik.

Indien jul meer wil weer inbox my asseblief of as jy graag wil bydra dan kan jul my ook inbox en ek sal al die detail gee. Dankie so lank vir almal wat ‘n bydrae wil maak, al is dit net om te bid vir die uitreik. Dankie en Blessings, IAN.

Ons weet baie mense sukkel self om kop bo water te hou in hierdie tye, maar daar is mense wat nog minder as ons het. En nog erger, hulle ken nie die Redder en Gewer van alle goeie gawe nie...





Ons hulpversoek dus:

Bid saam asseblief, en elke bydrae sal oneindig waardeer word, want daarsonder kan ons die uitreik nie uitvoer nie. In die Richtersveldt dorpies, veral Sanddrift, is groot afvalligheid onder die jeug. Ons kan nie hierdie grootse Opdrag van Onse H e r e ignorer nie. Die Kinders van die Richtersveldt dorpies het die Boodskap nodig. Baie nodig.

Bank besonderhede vir bydraes is:

Rekening Naam: OutreachAfrica. Bank: Standard Bank. Tak: Castle Walk: Takkode: 014645. Rekeningnommer: 415214742; Tipe rekening: Spaar en sal u ASSEBLIEF die kennisgewing laat stuur na: Outreach2Africa@Gmail.com. Vir enige navrae kan u my gerus skakel by: 011 395 2051 of per sel: 082 699 3055 en 082 463 3114.

KERSBOOM VIR WESIES: 29 November 2014 [AIDS Orphans Xmas Tree]

Daar in die middel van nêrens, op Rietfontein, tussen Ellisras en Groblerbrug is ‘n Weeshuis vir Vigs Wesies wat bitter min steun of andersins aandag kry. Ons wil hande vat met 4x4-Groepe en Koedoesrand Gemeente om vir hierdie weeshuis ‘n “Kersboomfunksie” te gaan aanbied. Daar is 120 Vigs Wesies in Rietfonteinkinderhuis, ouderdomme wissel van 4 tot 16. Ons sal hulle graag wil bederf met ‘n geleentheid wat hulle altyd sal bybly. Die aand sluit ons af met die *****-film vir Kinders.
Ons vra vrywilligers om saam te kom en deel te hê aan hierdie spesiale dag. Verblyf sal gereël word vir Vrydag en Saterdag aand/nag en sal u niks kos, nie. Ons kan groepe vorm en saam ry. Geskenkies, soos veral kinderskoene / tekkies en bord-speletjies sal baie verwelkom word.


BIBLES 4 CHRISTMAS / BYBELS vier KERSFEES: 13 – 21 Desember 2014
Week na week kry ons die noodroep van die Sendlinge in Botswana .. hulle het nie genoeg BYBELS om die gelowiges in hulle bedieninge te voorsien, nie.
En dit hinder my …… Ken jy dalk iemand wat ‘n Bybel of 10 kan bydra? Ek sal dit vir hulle wat nie het nie neem. Help my net met die brandstof en genoeg Bybels, dan ry ek met graagte – Seronga, Shakawe, Sepupa, Xade, Xanagas – waar ookal daar BybelNood is. ‘n Tswana Bybel kos R60 by Bybelgenootskap. Ons beoog om 13 - 21 Desember 2014 Botswana toe te gaan en ons bid vir 1,000 Tswana Bybels om te gaan aflewer. [As 500 persone elk net twee Bybels bydra dan is die sleepwa vol en kan ons gaan.].
MAAR dis nie al .. dis moeilike terrein. Alleen gaan is nie die antwoord nie. Ons nodig JOU met jou 4x4 om saam te kom. Die ervaring en landskappe is om altyd te onthou en die vrede van gee, kan woorde nie regtig omskryf nie.

Vir elkeen van julle wil ek BAIE DANKIE sê vir joulle "dink aan" en saam bid.
Alleen KAN ek nie .. wil jy nie ook hande vat met O2A en gereeld saam kom op Uitreike, Gereeld saam bid en 'n ietsie bydra wat dit moontlik maak vir ons om wel te kan gaan .
Ons dien n magtige H E R E .. kom vat hande asseblief.
As jy ons Beriggies en Nuusbriewe wil ontvang, gooi n e-possie na "info@outreach2africa.co.za" asseblief. Maak die "Subject" net "Nuusbrief asseblief".
Outreach2Africa - In support of Missionaries of Africa: Helping God's children doing God's work.
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
User avatar
stumps
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 353
Joined: Mon May 27, 2013 10:13 pm
Town: Alberton
Vehicle: Toyota 4.0L D/C 4x4; Camil
Real Name: Marius
Club VHF Licence: X225
Location: Gauteng
Contact:

Re: Oompie Mac Uitreike vir die res van 2014

Post by stumps »

Hi kagiso. Ek wil graag voorlegging doen aan my kerk om betrokke te raak. Kan jy my asb laat weet waar staan jy met Bots trippie t.o.v. bybels en so aan.
2008 Hilux 4.0L 4x4 (Mufasa)
Toyota 4.0L D/C 4x4; Camil suspesion, Long Range tank, Kilber snorkel

1Co 15:10
But by the grace of God I am what I am: and his grace which was bestowed upon me was not in vain;

http://www.sandriver.co.za" onclick="window.open(this.href);return false; http://www.travelconsortium.co.za" onclick="window.open(this.href);return false;
User avatar
Kagiso
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 377
Joined: Thu Nov 15, 2007 12:52 pm
Town: Benoni
Vehicle: Datsun SAFARI aka LOBO, Nissan Patrol GQ
Real Name: Mac

Re: Oompie Mac Uitreike vir die res van 2014

Post by Kagiso »

Hallo Marius --
Dusver het ons al 2 x bydraes ingekry van 10 bybels elk [@ R60 per Tswana Bybel]
Drie persone het aangedui om saam te gaan [passasiers, nie met eie voertuie nie]
Ons teike is gewoonlik 1000 bybels [600 Tswana vol bybels / 200 Tswana Nuwe Testamente / 200 Engels/Zulu/Ndebele/Losi gemeng soos wat ons kan kry]
[Ja, dis n GELOOF getal .. :D: .. so ons glo en vertrou dit sal wel kom
Terselfdertyd doen ons ook saans Uitreik met J E S U S Film na afgelee veeposte waar gewone platkarre NIE kan kom nie en waar dit gewaagd is vir die sendeling om alleen daar in te ry [NIE gevaarlik nie .. net, as jou bakkie daar iets oorkom sit jy sonder hulp]

Ons wil graag Nxau Nxau insluit met hierdie uitreik .. Daar is BAIE bedieniong nodig, kerkplanting is maar 2011 daar gedoen en die sendeling daar is eer nou in 2014 geplaas. Wat beteken ons het n groot span nodig met genoeg voertuie [4x4] om die plekkies te kom. Sal GREAT wees as julle kan saam kom en hande vat met die een [Dis n jaarlikse uitreik al sedert 2010]

Afstand is gewoonlik so 4500 ± Km [begroot brandstof @ 6 km liter gemiddeld] en so R100 / persoon per dag vir kos en verblyf [ons doen nie baie "luxurie" so oppi uitreik nie :-)
Outreach2Africa - In support of Missionaries of Africa: Helping God's children doing God's work.
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
User avatar
stumps
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 353
Joined: Mon May 27, 2013 10:13 pm
Town: Alberton
Vehicle: Toyota 4.0L D/C 4x4; Camil
Real Name: Marius
Club VHF Licence: X225
Location: Gauteng
Contact:

Re: Oompie Mac Uitreike vir die res van 2014

Post by stumps »

Hoe gaan die dinge kagiso
2008 Hilux 4.0L 4x4 (Mufasa)
Toyota 4.0L D/C 4x4; Camil suspesion, Long Range tank, Kilber snorkel

1Co 15:10
But by the grace of God I am what I am: and his grace which was bestowed upon me was not in vain;

http://www.sandriver.co.za" onclick="window.open(this.href);return false; http://www.travelconsortium.co.za" onclick="window.open(this.href);return false;
User avatar
Kagiso
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 377
Joined: Thu Nov 15, 2007 12:52 pm
Town: Benoni
Vehicle: Datsun SAFARI aka LOBO, Nissan Patrol GQ
Real Name: Mac

Re: Oompie Mac Uitreike vir die res van 2014

Post by Kagiso »

Hallo Marius
Planne is immer in SY hande -- en sover loop alles goed [2 manne vlieg op uit die Kaap] en hopelik twee van plaaslik wat ook wil saam [nognie finaal]
T O V die BYBEL insameling . .. ons bid nog .. die teiken is 1000 maar soos HY voorsien .. dis wat ons vat.
Dis soos genoem hoofsaaklik TSWANA bybels [1908 EN 1970 vertalings wat ons benodig . Ons kry dit via OnTheDot teen R60 per bybel .. ons het al 100 .. nog net 900 om te gaan :smile:
Die hoof teiken vir die Des uitreik is na NGAMILAND om die Nxau Nxau Boesman gemeenskap te bedien, die sendeling daar te help,

Het jy meer info nodig? gee vi oompie n luikie asb?
nul agt twee 699 dri-nul.vyf.5

Thanx :-) :thumbup:
Outreach2Africa - In support of Missionaries of Africa: Helping God's children doing God's work.
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
User avatar
Kagiso
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 377
Joined: Thu Nov 15, 2007 12:52 pm
Town: Benoni
Vehicle: Datsun SAFARI aka LOBO, Nissan Patrol GQ
Real Name: Mac

Re: Oompie Mac Uitreike vir die res van 2014

Post by Kagiso »

Hi manne -- wie is braaf genoeg om n naweek af te staan vir iets GROOTS ?
Ons vertrek Vrydag 28e. Ons oornag te Kokomori


KERSBOOM VIR WESIES: 29 November 2014 [AIDS Orphans Xmas Tree]

Daar in die middel van nêrens, op Rietfontein, tussen Ellisras en Groblerbrug is ‘n Weeshuis vir Vigs Wesies wat bitter min steun of andersins aandag kry. Ons wil hande vat met 4x4-Groepe en Koedoesrand Gemeente om vir hierdie weeshuis ‘n “Kersboomfunksie” te gaan aanbied. Daar is 120 Vigs Wesies in Rietfonteinkinderhuis opset .. MAAR dis nie EEN 'huis' nie , dis oor die trust gebied verspreid ..., ouderdomme wissel van 4 tot 16.
Ons sal hulle graag wil bederf met ‘n geleentheid wat hulle altyd sal bybly. Die aand sluit ons af met die J e s u s film vir Kinders.
Ons vra vrywilligers om saam te kom en deel te hê aan hierdie spesiale dag. Verblyf sal gereël word vir Vrydag en Saterdag aand/nag en sal u niks kos, nie. Ons kan groepe vorm en saam ry. Geskenkies, soos veral kinderskoene / tekkies en bord-speletjies sal baie verwelkom word.

Soos dit staan het ons ook werkilik fondse bydraes nodig .. en elke bietjie sal help [ek sit sommer die NPO bank inligting hier onder.

Wat natuurlik GREAT sal wees is dat julle manne saam kom.
Die Sondag kan ons dan gaan 4x4 -- dis n berg roete en nie vir softies nie so haal maar die sytrappies af .. anders le daar Toyota plestiek die plaas vol :-) :siffler:
:surrender: .. O K .. ek sal Prado s'n ook afhaal :mrgreen:

OutreachAfrica Banking Details

OutreachAfrica is a Non-Profit Organisation (NPO) registered to support Outreach work and we operate as Outreach2Africa as our brand name.

Account name: OutreachAfrica
Bank: Standard Bank
Branch: Castle Walk
Type: Savings
Branch Code: 01464500
Account number: 415214742

:angel: :beg: Please ?
Outreach2Africa - In support of Missionaries of Africa: Helping God's children doing God's work.
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
User avatar
Kagiso
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 377
Joined: Thu Nov 15, 2007 12:52 pm
Town: Benoni
Vehicle: Datsun SAFARI aka LOBO, Nissan Patrol GQ
Real Name: Mac

Re: Oompie Mac Uitreike vir die res van 2014

Post by Kagiso »

.. en nou vir die laaste bruggie BIBLES 4 Christmas ...

Bybel-vier-Kersfees: 2014
Jaarliks, gedurende Desember, onderneem OutreachAfrica ‘n “Bybels-4-Kersfees / Bibles-4-Christmas” Uitreik na Ngamiland: Botswana.
Die teiken datum vanjaar is verskuif na 13 Desember tot 21 Desember 2014
Ons is 4 wat vanjaar op die Uitreik gaan. Die pad is sleg. Dis so romdom 40 grade elke dag. Dis Malaria gebied en die tyd vcan die jaar is die muskiete volop. Dit is nagenoeg 4,800 Km in die rondte ……. ‘n Piekniek gaan dit nie wees nie. So, bo en behalwe jou bydrae, is ons ook afhanklik van jou gebed. Van NOU af, totdat ons terug is.
OutreachAfrica roeping is mos juis om te gaan waar ander nie kan of wil gaan, nie. Ons droom is om 1000 [een duisend] “Bybels vir Kersfees” in te samel en in Ngamiland te gaan versprei aan die Sendelinge wat daar bedien.


Daar is nog duisende individue en selfs hele huisgesinne en hele Veeposte waar daar nie ‘n enkele Bybel of selfs net n Bybelboek beskikbaar is, nie. En die mense daar is HONGER na Die Woord.

Ons kan Tswana Bybels aankoop teen R65.00 per bybel, dan lewer “On The Dot” dit by ons af. U kan ook self deur On The Dot aankoop en by ons adres laat aflewer: P/M my vir aflewer adres ASB..

Die Bybels4Kersfees Uitreik [B4K] het dan ten doel dat elke Sendeling Bybels ontvang wat hulle y tydens die Kersdiens aan gemeentelede as Kersgeskenke kan oorhandig. Gratis en verniet, aan Gemeentelede wat getrou en betrokke is by die bediening en wie self nie geen Bybel het, nie.
1000 Bybels in n gebeid waar 50, 000 ++ mense bly is maar min ???

Dink net, ‘n eie Bybel in ‘n gebied waar daar nog duisende huishoudings is waar daar nie eens EEN bybel is nie.
Dink aan die ‘blessing’ wat daai Morutti gaan ervaar as hy ‘n lidmaat kan vorentoe roep en vir hom/haar ‘n Bybel kan oorhandig, so tydens die Kersdiens... en sommer ook wat dit in die Gemeente kan beteken.

WOW – wat ‘n Kersfees FEES gaan dit nie wees nie !!!

Ek het die tyd, ek het die lus en begeerte en ook die Opdrag – maar ek het nie die fondse om dit uit te voer nie. Daarom staan ek alweer bakhand, hoed oppi vloer, en vra [ja, seker bedel ook .. dit klink net beter as ek sê “vra”].

Ons beplan ook om die Jesus-film en “Walking with Jesus” by die veeposte te wys en die Evangelie aan hulle te bedien. Veral in die Nxau Nxau gebeid, waar daar in 2010 laas ‘n uitreik met Jesus Film was.

Die behoefte is vir 1,000 Bybels maar die minimum aantal Bybels is 500 alvorens ek die ent pad sal aanpak.

Ons het reeds 150 Tswana Bybels. (45 het ons reeds gekry en het fondse vir nog 105) MAAR ons is nog vêr van die minimum teiken af.

Daarom hierdie noodkreet/roep – Dat elkeen van u n bydrae sal maak tot die Bybels-4-kersfees Uitreik en dat u u vriende sal nader om te help .. elke enkele Bybel maak n groot verskil in die een wat dit kry se lewe. In baie huishoudingshier by ons, is daar meer bybels as in hele villages daar in Ngamiland, Botswana.

Dink jou in in die vreugde wat daar gaan wees .. ontvang ‘n eie eie eie Bybel. U weet, al was daar ook n winkel vol Bybels in elk van die dorpies, sou die mense steeds nie ‘n Bybel gehad hety, nie .. dis bloot te duur en bitter min kan die meer as 100 Pula wat n Tswana Bybel daar kos, te bekostig. Die Bank inligting is hier onder aangedui. Merk u bydrae as B4K, by die “Reference” gedeelte, asseblief.

Blessings & SHALOM
OutreachAfrica Span
Kontak & Navrae:
Mac Mc Menamin: Outreach2Africa@gmail.com --- +2782 699 3055


Bank Inligting:
Rekening Naam: OutreachAfrica
Bank: Standard Bank
Tak : Castle Walk
Takkode : 014645(00)
Rekening Nommer: 415214742
Outreach2Africa - In support of Missionaries of Africa: Helping God's children doing God's work.
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
Post Reply

Return to “Community Responsibility”