Bybels vir Kersfees geskenke

Here you can post information of charities and charities in need or any good ideas you have on helping charities.
Post Reply
User avatar
Kagiso
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 377
Joined: Thu Nov 15, 2007 12:52 pm
Town: Benoni
Vehicle: Datsun SAFARI aka LOBO, Nissan Patrol GQ
Real Name: Mac

Bybels vir Kersfees geskenke

Post by Kagiso »

At last I found my password and I'm BACK with you okes..

Herewith Oompie's next Outreach - Taking Bibles toe the block in Botswana where there are about NONE [two bibles in one entire village .. eisjjj]
Every bit of asistance will help -- and if all you can [will[ do is prayer -- that is worth the most.
Please manne - sonder julle hulp en bystand gaan Oompie NIE die een deurgetrek kry nie
By voorbaat - BAIE DANKIE

Bybel-vier-Kersfees: 2012

Ons wil graag 800 Bybels in Botswana gaan oorhandig aan die Sendlinge van Ngamiland [Wes Botswana] en ek vra JOU hulp, bystand, steun en gebedsdekkiing, asseblief. En da nook, ek sou nie graag alleen wou gaan, nie .. so as daar iemand is wat wil saamgaan?

Die teiken datum is 15 desember tot 22 Desember.

Hoekom? Ek sien dit so:

Dis byna Desember en Kersfees is net om die draai. Families kom bymekaar, gesinne trek saam, die see wink – of waar jy ookal jou vakansie kaan deurbring. Party moet werk en dankie ook aan hulle. Ek sal nie lekker slap as daar nie polisie en verpleegsters en selfs die verkeersmanne en ons brandweer aan diens is nie, juis sodat ons gerus en veilig kan Kersfees vier.

Kersoggend gaan ons kerk toe, ons ken die Verhaal, maar ons moet dit weer hoor. Ons WIL dit weer hoor. Die meeste van ons weet ook waaroor Kersfees eintlik gaan en ons gaan beslis Christus se geboorte vier en herdenk.

Maar elders is egter baie wat nog nie die Boodskap gekry het nie. En dis vir ons wat weet om te gaan vertel aan die wat nognie weet nie. Ek wil ook graag ekstra doen om ‘n stukkie “Fees” in ander se lewe te bring, wat nie al die dinge en seëninge en voorregte het wat ons as so “vanself” aanvaar, nie.

Die Sendelinge hier in die westekant van Botswana [Ngamiland en Noord-Wes] kry nie naastenby dieselfde steun en ondersteuning as die aan die oostekant van Botswana nie [dis die meer “spectacular” gebiede en die Uitreik groepe gaan eerder daardie kant toe [vir die mooi, ja – Maar ook omdat die paaie en “beskawing” beter is daardiekant.

My roeping is mos juis om te gaan waar dit nog rof en wild is – en nou droom ek om “Bybels vir Kersfees” te samel en hier aan die westekant te gaan versprei.
Sal dit nou nie baie spesiaal wees as ek vir elkeen van hulle ‘n stapel Bybels kan gaan afgee wat hulle aan die deelnemende aktiewe jeug in hulle gemeentes kan uitdeel – so met Kersdag se diens, nie?

Dink net, ‘n eie Bybel vir outjies wat, soos dit tans by hulle werk, moet wag tot die “community” bybel verby kom .. of, as dit baie goed gaan het elke selgroep ten minste ‘n bybel …. maar dis raar.’n Eie bybel ? dis nog meer raar.. Hulle ken nie en kan dit ook nie verwerk dat ek en jy tot 5 bybels in EEN huis het, nie.

Dink aan die ‘blessing’ wat daai Morutti gaan ervaar as hy ‘n lidmaat kan vorentoe roep en vir hom/haar ‘n Bybel kan oorhandig, so tydens die Kersdiens... en sommer ook wat dit in die Gemeente kan beteken.

WOW – wat ‘n Kersfees FEES gaan dit nie wees nie.

Ek het die tyd, ek het die lus en begeerte en ook die Opdrag – maar ek het nie die fondse om dit uit te voer nie. Daarom staan ek alweer bakhand, hoed oppi vloer, en vra [ja, seker bedel ook .. dit klink net beter as ek sê “vra”].

Die begroting sien so daar uit:

800 Bybels - ons begroot teen R50.00 per bybel [werklike koste is al R 55.00 -
ISBN Title/Author Stock RRP Price Disc % Total incl vat Qty
9780798216845 BIBLE TSWANA 1908 N/O NEW STD BLACK H/C

79.00 55.00 .00 44000.00

Total (excl freight) 38596.49 5403.51 44000.00 800
[Jy kan self hier gaan opsoek: https://ww2.onthedot.co.za/otdlive/Mast ... VTDGvDV:-1" onclick="window.open(this.href);return false;]

So hap-hap aan 4 800 Km – en Boesman verorber so 12 – 15 liter diesel per 100km.

Brandstof ± R6000.00 per voertuig
Verblyf & Etes: ± R800 p/p
800 Bybels [500 vollengte @ R55.00 elk en 300 Nuwe Testament @R30.00 elk]
Ons be-oog ook om die Jesus-film en “Walking with Jesus” by die veeposte te wys.


Die minimum aantal Bybels is 300 As ons dit nie kan bybring nie, sal ek nie die ry aanpak nie. [Hoewel Gawi en Willie en Leon en Ds Johannes Ramaifo, steeds hulle Bybels sal kry - net seker nie vòòr Kersfees nie].
As jy nou kan en wil ‘n bydrae maak wat die ‘Bible-4-Christmas’ Uitreik sal help moontlik maak, sal ek dit baie waardeer. Daar in die kerkies van Seronga, Sepupa, Xanagas, New-Xanagas gaan groot vreugde [en seker ook ‘n blydskapstraan of 10] wees – en die Sendelinge gaan ook weet – hier uit Suid Afrika, is daar mense wat omgee en handevat. Een groot ‘blessing’, maak nie saak hoé jy daarna kyk, nie.

Bankbesonderhede:
OutreachAfric is ‘n Nie-Winsgewende Organisasie wat spesifiek geregistreer is vir Uitreikwerk NPO nommer:
OutreachAfrica is a Non-Profit Organisation (NPO) registered to support Outreach work

Rekeningnaam/Account name: OutreachAfrica
Bank: Standard Bank
Tak/Branch: Castle Walk
Type: Savings
Takkode/Branch Code: 01 46 45
Rekening nr/Account number: 415214742

REF: BBL4XMAS

AND please p/m me your e-mail / Cell No -- so that we can add you on the mailing list so you get feedback??

As ek nounie weer met jou of julle kontak het voor 25 Desember 2012 nie – ‘n Baie baie baie Geseënde Kersfees en kommervrye 2012 vir jou en ammal onner jou dak.
Blessings & SHALOM

Mac Mc Menamin
Outreach2Africa@gmail.com --- +2782 699 3055
Outreach2Africa - In support of Missionaries of Africa: Helping God's children doing God's work.
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
User avatar
Kagiso
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 377
Joined: Thu Nov 15, 2007 12:52 pm
Town: Benoni
Vehicle: Datsun SAFARI aka LOBO, Nissan Patrol GQ
Real Name: Mac

Re: Bybels vir Kersfees geskenke

Post by Kagiso »

Sjoe -- die tyd spoed onner my uit. Laasjaar diè tyd was dit maar nog Oktober .. Ek is nog in Maandag toe se Dwergie netnou vir my dis DONNERdag vandag.
En die Uitreik is om die draai - en gisteraand se rekening navraag wys ons het genoeg vir 402 Bybels.

Vir elkeen wat bygedra het - BAIE BAIE Dankie [p/m my jou selfoonnommer dat jy "opdateer" kan ontvang soos ons aangaan ?]
Vir jou en jou en jy daar oppi groen stoel - Baie dankie vir jou gebedsdekking. Daarsonder staan die uitreik stil
Baie baie dankie
Outreach2Africa - In support of Missionaries of Africa: Helping God's children doing God's work.
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
Thabogrobler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5266
Joined: Sun Aug 19, 2007 10:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '02 'Lux KZ
Real Name: Thabo
Club VHF Licence: x223
Location: Garsfontein
Contact:

Re: Bybels vir Kersfees geskenke

Post by Thabogrobler »

Nou wanneer word daai hardegat verander na die werklike stand van sake????

Vertel ons bietjie meer van oom se nuwe wa?
'02 KZ 'Lux. Cooled. Chipped. Onca'd. Cherished!

If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!

A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.
User avatar
Jaans
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 504
Joined: Sun Nov 21, 2010 4:39 pm
Town: Benoni
Vehicle: 2005 4L V6 DC Hilux; Pajero Sport 2.5 4x4 M/T
Real Name: Johannes

Re: Bybels vir Kersfees geskenke

Post by Jaans »

Hi Mac

Sterkte en seen vir julle met die verspeiding van die Bybels julle is in ons gebede.
1 Kor 1:18 " Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God."
User avatar
HennieJ2
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1213
Joined: Mon Jun 16, 2008 12:05 pm
Town: Witbank
Vehicle: Hilux D/C D4D 4x4, Hilux KZ-TE D/c 4x4
Real Name: Hennie Jackson
Location: Witbank

Re: Bybels vir Kersfees geskenke

Post by HennieJ2 »

Wanner ry julle Mac?

HJ
Hilux D/C D4D 4x4 ; Hilux 2700i S/C 4x4
User avatar
Kagiso
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 377
Joined: Thu Nov 15, 2007 12:52 pm
Town: Benoni
Vehicle: Datsun SAFARI aka LOBO, Nissan Patrol GQ
Real Name: Mac

Re: Bybels vir Kersfees geskenke

Post by Kagiso »

Aan ieder en elk wat deel was:

Nogmaals dankie dat jy ‘n sleutelrol gespeel het as ondersteuner tydens die afgelope Bybels-vi(e)r-Kersfeesuitreik. Vir jou gehoorsaamheid om te gee, te bid en net aan die span te dink – baie dankie.
Ons het toe die vertrek datum met een dag vervroeg en reeds die 14 des in die pad geval ..

Die span het 03:00 Sondagoggend (23 Des 2012) veilig by die huis aagekom. Die enigste probleem langs pad was naby Sherwood Ranch met die verkoeler. [Toyota het die Prado se boonset waterpyp met 'n staalplaatjie vasgesit - en hy het begin blaas - hom mte 'n "opskroef clamp" bygedam, en toe's hy reg] ... Dankie vir almal wat toe help bid het. Die vriendelike Henriette van Sherwood Ranch het toe spesiaal die winkel oopgesluit en ‘n klamp gekry om die probleem op te los en die groep kon sonder voorval verder ry.

Die sendelinge laat weet baie dankie vir die Bybels.

Leon Zeilinga van Love the World Ministries laat weet uit Sepopa:
“Ons wil baie dankie sê vir al die Bybels wat ons ontvang het. Watter groot Kersgeskenk? Dit maak talle harte bly en die Woord gaan uit. ‘n Spesiale dank vir die Chinese Bybels. Wens julle kon die verbasing van die mensies sien toe hulle dit ontvang. Een vrou totaal sprakeloos.” Liefde Leon en Annetjie, Sepopa.

Willie Booyse van Delta Cross Ministries laat weet uit Seronga:
“Prys die HERE! Die Bybels vir Kersfees uitreik was baie suksesvol en ons is geseën met 200 Bybels. Dankie Mac en span en almal wat bygedra het en dit moontlik gemaak het. Mag die HERE jul ryklik seën.” Groete Willie en Estelle

My 'massa SMS boodskap:
“genade onbeskryflik groot. Baie, baie dankie aan die Here, onse God, vir die voorreg om hierdie uitreik te kon onderneem. Ons is terug. Die lywe lekker tam. Die siele opgekikker tot in die hoogste hemel. Dankie vir jou bydrae, gebed, gedagte. Daarsonder sou die uitreik nie moontlik wees nie. Weet dan jy is ook deel van hierdie uitreik. Baie dankie. Gesëende Kersfees en ‘n Vreugdevolle 2013. Newwirmaaint die 13 in die spulletjie – ons is nie bygelowig nie Vrede. Shalom. Outreach Africa”

Die 'propperse verslag volg as ek bikki 'herstel' het :-)
Outreach2Africa - In support of Missionaries of Africa: Helping God's children doing God's work.
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
Post Reply

Return to “Community Responsibility”