Richtersveld Uitreik

Here you can post information of charities and charities in need or any good ideas you have on helping charities.
Post Reply
User avatar
Kagiso
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 377
Joined: Thu Nov 15, 2007 12:52 pm
Town: Benoni
Vehicle: Datsun SAFARI aka LOBO, Nissan Patrol GQ
Real Name: Mac

Richtersveld Uitreik

Post by Kagiso »

Ons opkomende Richtersvelduitreik.
Ons gaan DV hierdie keer spesifiek konsentreer op die brilbediening asook verhoudingsbou en geestelike gesprekvoering met die mense van Sanddrift, Baken en veewagters in die Richtersveldpark.
Met "Bril bediening" bedoel Oompie: Ons het die toerusting aangekoop. Ons maak self di eleesbrille en toets dan die mense se oë - daar by di ekliniek of in die vlaktes by die veetroppe. Dan kan ons hulle van 'n leesbril voorsien, daar-en-dan.
Die toerusting nogal duur, veral nou met die swak Rand. MAAR die vreugde by die mens wat so 'n leesbril kry soday hulle weer kan lees, bybel lees, vorms voltooi - Selfs die SMS of Whatsapp op hul foon kan lees is sò bevredigend.

Daar is nog plek vir mense wat sou belangstel om saam te gaan óf later by ons aan te sluit en die Inligting sit Oompie die volgende "posting" van hierrdie "fred" en dit verduidelik ons uitreikprogram.

Mag ons vra dat jy asseblief saam met ons bid vir die uitreik en vir die mense wat ons beoog om te bereik, maar veral die die Here in alles die Middelpunt van ons bediening sal wees.
Ons is regtig ook in di enood wat fondse betref. My pensioen staan nog waar dit 10 jaar gelede was, en die petrol willi afkom nie. Maar gaan sal ons gaan, want Vader stuur ons
So oompie vra vir bydraes EN nog mense om saam te gaan.
my Nr is 082 699 3055 -
Outreach2Africa - In support of Missionaries of Africa: Helping God's children doing God's work.
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
User avatar
Kagiso
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 377
Joined: Thu Nov 15, 2007 12:52 pm
Town: Benoni
Vehicle: Datsun SAFARI aka LOBO, Nissan Patrol GQ
Real Name: Mac

Re: Richtersveld Uitreik

Post by Kagiso »

Soos belowe, Die inligting IVM die hele Uitreik:
Agtergrond
Outreach2Africa is sedert September 2009 betrokke met Uitreike na die Richtersveld. In die nege jaar wat ons daar uitgereik het tydens die twee “kort” skoolvakanisies, het ons al besondere seën ervaar. Ons werk nóú saam met plaaslike kerkgroepe en het reeds hegte verhoudings gebou met die leraars, pastore en die inwoners van die gebied. Sedert 2013 het ‘n groep van “Kerk sonder Mure” die uitreike na Sanddrift oorgeneem, maar het aan die begin van 2018 aangedui dat hulle teikens verander het en dat hulle nie meer Sanddrift gaan bedien nie.

Doel van die uitreik
Tydens die 2010 opvolguitreik het dit duidelik geword dat daar veral behoefte is by die gemeenskappe van Sanddrift en Kuboes t.o.v. die jeug waar groot vewaarlosing en sedelike veral gevind is.

Die veewagters van die hele gebied, binne en buite die Nasionale Richtersveld-AisAis Oorgrenspark, sien selde of ooit ‘n Leraar en kom in jare nie in ‘n Kerk nie. Baie van hulle loop met die idee van “My siel is verlore, meneer”. Ons voel geroepe om na die veewagters binne en buite die Park te soek op die wye vlaktes en hulle te lei tot geloofsoortuiging.

Sedert die April 2018-uitreik het ons in samewerking met Cornelius Bediening van Groblershoop, ook begin met ‘n bediening om dié wie se oë verswak en nie meer goed kan sien om te lees nie, van leesbrille te voorsien. Die volledig bril maak ons self met toerusting wat uit Amerika aangekoop word. Die raam, die lense kompleet. Die persoon se oë word daar waar ons hulle teëkom getoets, en as dit ‘n leesbril verg om die probleem reg te stel, kan ons hom/haar van ‘n leesbril daar en dan, gratis voorsien.

Wie kan meedoen
Dit is ‘n GESINSUITREIK en van babas tot stok-ou mense kan saamgaan. MAAR ons beroep spesiaal op tienerjeug en jongmense/studente om hand op te steek en ‘n verskil te gaan maak. Natuurlik is individue ook welkom en nodig.

Wat kos dit?
Elkeen is verantwoordelik vir die skep en inwin van eie borge en bydraes tot die uitreik. Elkeen is ook verantwoordelik vir eie uitgawes t.o.v. vervoer en en etes. Ons het reeds reelings getref i.v.m. verblyf, waar ons meestal gratis bly. ‘n Begroting van nagenoeg R4,000 per persoon gaan naby aan die kol wees.

Hulp & Bystand
Jy is deel van die uitreik – of jy saamgaan of nie. Ons beroep ons op almal se gebedsdekking vir die uitreik, asseblief.

Alhoewel ons die brille gratis voorsien, is die toerusting nogal duur en gaan nog prysstygings weens die swak Randwaarde ‘n realiteit. Die verwagte brandstofprysverhoging is ook ‘n werklikheid.

Ek kan nie saam nie:
Jy kan egter:
• Bid vir die Uitreik.
• Maak ‘n finansiële bydrae,
• Deel die inligting met andere.
• Begin beplan vir 2019, want dan gaan ons weer, D V.

Indien jy wil saamgaan: Kontak Mac by Outreach2Africa@gmail.com – teen 19 Sept 2018, asseblief.
Bel ook vir Mac op 082 699 3055.
Sodra ons bevestiging het van wie saamgaan, sal ‘n “PAKLYS” (riglyne) asook “Spares to carry”-lys voorsien word.

Ons sien uit na hierdie uitreik saam met elkeen vir wie Jesus aan die hart raak om saam te gaan. Moenie dat ‘n gebrek aan fondse jou terughou nie.
Seënbede en groete

En daarmee kom die oproep – om te gaan, om uit te reik en te vertel en te getuig. Sodat elkeen wat GLO sal wéét dat hulle Glo. En dié wat nog nie weet nie, ook sal weet.

Program

21 – 24: Mac & Amanda vertrek al 21 September. Gaan eers ‘n draai in die Kalahari maak.
Dan vanaf 24 September by Cornelius Bedienig aansluit by Neels en Wena in Groblershoop. Daar gaan ons ‘n paar dae brille maak. Dan vertrek DV 27 September na Sanddrift.

Jeuguitreik
28 Sept: Skole sluit
29: Vertrek uit Gauteng, oornag in Keimoes (uitreiker se verblyfuitgawe)
30: Arriveer in Sanddrift
1 – 6 Okt: Dagprogramme met die jeug van Sanddrift
7 Okt: Vertrek terug na Gauteng, oornag in Keimoes (uitreiker se verblyfuitgawe)
8 Okt: Uit en tuis
9 Okt: Skole begin

Volwassenesuitreik

September
21 – 23: Spesiale program te Goerapan, bekendstelling van O2A Uitreike en deelneem aan Nissan-wegbreek
24 – 26: Groblershoop: Brille maak en ander voorbereidings
27: Reis na Sanddrift
28: Reëlings met skool en kliniek vir die Brilbediening
29 – 30: Veewagters soek en besoek op Sandlvlaktes
1 – 6: Brilbediening in Sanddrift; Kuboes; Beauvilion en moontlik Alexanderbaai
8 – 11: Veewagters soek en besoek binne Richtersveld Nasionale Park. Evangelisering en Brilbedieng
12: Reis na Groblershoop
13: Reis na Gauteng

Wat nog?
Die span van Kerk sonder Mure wat hul uitreik na Mosambiek verskuif het, gaan nie meer handevat met Sanddrift nie, het ‘n GROOT leemte gelaat, daar. Ons het dringend behoefte vir ‘n egpaar of selgroep of groepie vriende, om die Kinderuitreike tydens April en Oktober skoolvakanies na Sanddrift en Kuboes oor te neem. Ons van O2A sal steeds betrokke wees en help met reëlings, en steeds voortgaan met die uitreike na die veestanings en plase van die gebied.

Bankinligting vir Ondersteuningbydraes:
Rekening Naam: OutreachAfrica
Bank: Standard Bank
Tak: Castle Walk
Tipe Rek: Spaar
Takkode 01464500
Rekeningnommer 415214742
Verwysing: Richtrs 1018 Stuur ASB Bewys na: outreach2africa@gmail.com
Outreach2Africa - In support of Missionaries of Africa: Helping God's children doing God's work.
on't bring God down to your level of faith ... bring your faith up to His level!
Post Reply

Return to “Community Responsibility”