The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post Reply
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Kaspaas »

Reg, die tyd het gekom om hierdie 'n werklikheid te maak.

Vir die wat nie weet nie, hierdie roete kom nou al twee jaar aan.
Meer inligting kan hier gevind word: viewtopic.php?f=55&t=18018" onclick="window.open(this.href);return false;

Okay, hier is waar ons staan.

Na meer as uur lange gesprek met Ray Janse van Rensburg (Voetspore ens. faam) het ek net weer besef hierdie is nie vir sissies nie. Hy het my nou vertel van hoe hy al twee keer laat roep is (net die jaar!) om mense in die moeilikheid te gaan help.

Een van die groepe is glo op die Cruiser forum, en die manne was ook voorberreid soos min, maar toe het Muphy hulle glo 'n pit gewys. Sy woorde het my laat vries en wonder of ek regtig hierdie roete moet aanpak. Ek twyfel nou nog tot n mate, maar nou ja. " Dis nou te laat, want ek tik dan die uitnodiging!" :alvarin:

Feite is:

-Ons sal moet gaan asof ons dit in die nag gaan wil doen. Dit beteken, winches, kabels (nee nie snatch straps nie) koevoete, ens.

- Jy gaan jou voertuig seermaak

- Hoe hoër jou voertuig se grondvry hoogte hoe beter.

- Diff locks - een is voldoende, twee is beter.

- Vrou en kinders? Jong na daai storie van Ray, waar die man se kinders in hospitaal gaan draai het na hulle amper van die dors gesterf het, weet ek nie so mooi nie (ek grap nie)
Jou eie risiko, my vrou bly by die huis.

- Sleepwaens? Ons kan hulle by die bo punt los, maar nie saam met ons af nie (Cruisers se fout wat hulle gemaak het)

- Ons moet minstens 4 voertuie wees

- Dit gaan die mooiste mooi wees wat jy al ooit aanskou het. (moonlikheid van blommetjies)

- Dit kos R150 per voertuig vir die permitte.

Voorlopige beplanning:

Ons slaap die aand van die 9de by Klein Pella soos te sien op OOOOMS se trip report van die Noordkaap. Die oggend van die 10de glip ons af "Die Hel in" en slaap dan die aand daar oor langs die Oranjerivier. 11de pak ons die byna onmoontlik weer uit. Slaap dan die aand van die 11de weer by Klein Pella. 12de spat ons in ons eie rigtings, en kan jy jouself tik op die skouer.

Soos ek al voorheen al gesê het, hierdie is my persoonlike Mount Everest.
Ek moet dit van my Bucket List afkry.
Ek kan dit ongelukkig nie op my eie doen nie..........

Laastens:

Ray neem nie meer mense daar in nie, dis eenvoudig net te gevaarlik. Die grootste worry wat ek het is om n "Cowboy" saam te neem, wat homself en ander se lewens in gevaar stel.
Absoluut GEEN DRANK tydens daai roete nie, en gee nie om wie jy is of wat jy al gedoen het nie. Die risiko is eenvoudig net te groot, te veel mense het al ampertjies dit nie lewend uit gemaak nie. Na die tyd kan ons ordentlik fees vier langs die kampvuur, en lekker senuweeagtig lag oor waar ons nou net in was........... :wth:

Asseblief, verstaan die bo genoemde mooi, eks self is nie die ultimate 4x4 guru nie, maar wie kan sê hy is? Kyk na Joubert Snyman se ongeluk laas jaar, dit kan met enige van ons gebeur. Ekt net n erge gewete, as ek die ding moet beplan en iemand word beseer, weet ek nie wat om met myself te doen nie.

Reg so wie is in?

Sover weet ek van Lehan en Viljee.

Riaan Toyx4?
Mark Gunta?
Dylan AM Racing?
Anton Cheetha?
oom Andre andrevt?
Heirich Travaller?

If you have questions in English, you are more than welcome to post. I will try and translate as good as I possibly can.

PS oom Eric, can jou maybe get that link on the Cruiser forum of there trip report?? :beg:
Last edited by Kaspaas on Fri May 04, 2012 10:14 am, edited 3 times in total.
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

Dit klink baie uitdagend, ek het al heelwat gelees oor die roete, een van die stories was waar n groep die
roete aan gepak het sonder om te weet waarheen hulle oppad is of wat voorle, onder die groep was n Colt gewees, kan nie veel onthou van die res nie.
Die mense kon nie omdraai nie en moes deur druk maar hulle het dit gemaak.

ThysDJ het ook al gese hy wil dit doen en ek het dit voorheen aan 0000MS ook voorgestel.
Ek stel belang om die roete te doen maar soos jy se, die familie bly by die huis.

Laat ek kyk of ek verlof kan in werk vir daai tydperk, ek weet die Calvinia Vleisfees is ook in Augustes en en wil daarvoor ook verlof insit, ek sal laatweet of ek kan saam maar ek stel defnitief belang!
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by OOOOMS »

9de tot 12 Augustus 2012....hmmmm, klink soos 'n plan, sal laat weet moet eers met mamma bevestig (sy nie nou hier nie....) maar die famielie sal beslis saam kom....vir my veiligheid... :mrgreen:
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Kaspaas »

Johannes, ek wou nog gesê het dat ek dit aanvanklik beplan het rondom Raap en Skraap se 4x4 uitdaag roete (eerste naweek in Sept). Net om dit vir die manne wat van ver afkom die moeite werd te maak. Probleem is ek gaan oorsee vir twee maande daai tyd en ek gaan nie dit vir n 3de jaar uitstel nie. Thys weet hy is al van die begin af deel van my reelings. As hy by is, soveel te beter.
Wat daai storie oor die Colt betref, ek hom ook al gehoor/gelees, daar is heelwat sulke nare gebeurtenisse. Die stupidste is een van n kerel wat met n plat kar Isuzu daar in is, nogal met n sleepwa...................

Mark my maat, dis jou call.
Ek weet net my vrou sal die horrie piep kry as sy die afgronde moet in staar. In so n situasie het ek nie nou nog iemand nodig wat my in myself laat twyfel nie. Eks baie lief vir haar, maar ons verstaan mekaar redelik goed in hierdie aspek.

Ek wil vir Ali ook betrek, hoe kry 'n mens hom in die hande sonder om n eeu te wag vir n reply op n PM?
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

My vrou het vir 20 min aaneen gehuil by "The Hell" Gamkaskloof se berg af roete die kloof in.
Sy sal nooit weer so iets saammy doen nie, so ek sal maar alleen moet gaan.
Wie weet of dit skool vakansie is daai tyd, dalk kan my seun saam kom dan maak mens dit
n ernstige Pa/seun naweek.

Hou my asb op hoogte, ek stel meer en meer belang!

Van daar af kan ek sommer deur skiet kus toe en nog n week af toer tot terug in langebaan.
Wonder of Piet Petoors sal belangstel, ons sal moet gaan vas stel hoe die IFS vs SAF vaar en die roete
is ideal!
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

Die trip gee my genoeg rede om voorste locker en winch aan te skaf..........
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Kaspaas »

Oops, vergeet ek van die Groot Baas!
Hy was nogal die eerste een wat van die begin af belang gestel het, sal great wees.

PS, Een van die manne wat die roete goed ken is met sy geligde Navarra daar in , en hy het heelwat ligter daar uit gekom......... :shh: (Baie skade gehad)
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

Cobus

Ek oorweeg dit ernstig om dan nou my jaarlikse verlof oor Augustes te neem en te se ek is in vir die trip.
Wil net weet hoe gemaak as dit op die ou einde net ek en jy is wat wil gaan, soos jy se, minstens 3 voertuie........
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by OOOOMS »

Johannes van die See wrote:Cobus

Ek oorweeg dit ernstig om dan nou my jaarlikse verlof oor Augustes te neem en te se ek is in vir die trip.
Wil net weet hoe gemaak as dit op die ou einde net ek en jy is wat wil gaan, soos jy se, minstens 3 voertuie........
Reg so wie is in?

Sover weet ek van Lehan en Viljee.
En Cobus, dit maak dan reeds x3
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Kaspaas »

Johannes, jys my champ! :thumbup:

Sover is Lehan ook in.
Hier is 'n sluiper op die forum :mocking: wat ook sal in wees.

So sover is ons al vier.
Hier begin my lysie:

- Cobus (Kaspaas)
- Lehan (Kalahari seun)
- Viljee
- Johannes van die See
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by ThysdJ »

Klink na vet pret... :clap: :clap: :clap: Sal ek met die Broodblik of met die Oliekan ry?? :lol: :lol: :lol:
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

Okay kwai ek sal die naweek met mamma gesels, ek weet sy sal nie saam nie maar ek moet
ook pas kry om alleen te loop toer.
As mamma gaaf is daarmee sal ek my verlof in sit vir Augustes en my somme maak vir die
winch en voorste lockers....
Dan moet ek net vir Pieter oorheed om saam te kom, saak is reg.
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by OOOOMS »

Cobus, van Klei Pella tot begin Road to Hell is 134km en sal minstens 4 uur neem om daar te kom

Kein Pella: S29 00.343 E19 00.705

Road to Hell: S28 53.771 E17 54.816

Is daar ander opsies of is dit, dit?
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Kaspaas »

Mark, nee glad nie. As jy van beter opsies weet moet jy sê.
Die roete is darem mos vars in jou gedagtes.
Ray praat van n kamplek byna by die ingang/afdrand van die roete. Weet jy miskien iets hiervan?

Almal met wie ek gepraat het, het gesê die kaart wat hulle jou gee is hopeloos.
Ek sal later weer met oom Ray gesels, hyt n kaart met GPS koordinate tot onder in die Hell.
Dis een van die redes hoekom ek daai trip report soek van die Cruiser ouens, hulle behhort GPS koordinate te hê.
Wil ook lees wat hulle gepak het, asook wat presies fout gegaan het.

Thys jy sal nie glo nie, toe ek met die ou oom my planne deel sê hy my: " Kyk, ek verstaan jy wil dit graag doen, en gaan dan as dit op jou Bucket list is, maar moet nou net nie met 'n Ford daar inbl&k$em nie "
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by OOOOMS »

Daar is 'n 'campsite' hier: S28 56.945 E17 56.129 (Overnight Wild Camping - Geoff Levey) Van die N7 na Viools is dit so 28km en sal so 1.5uur neem m van die hoofpad (N7) tot by die campsite.

Van die campsite (Geoff Levey) is dit 20min se ry tot by die begin van 'Road to Hell'

Weet nie of dit 'n beter opsie is vir die ouens wat van die Kaap af sal kom nie?
User avatar
Legolas
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 89
Joined: Fri Mar 02, 2012 2:42 pm
Town: Somerset West
Vehicle: 2008 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Clinton

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Legolas »

Cobus hoe wil dit voorkom of jy hierdie naweek dan reel op die naweek wat ek met Spoor opkom na jou... 9de Augustus??? :confused:

Ek sal dan maar net shotgun moet ry in Kaspaas... Elke ou het 'n goeie kampmannetjie nodig net om seker te maak alles is okay. Ek kan self vir werner saam bring en dan los ons die 3vrouens alleen daar in upington? :angel:
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

24 hours on the Road to Hell

The following events occurred during a 10-day trip by the Landcruiser Club of SA to the Richtersveld in March/April 2004. On the second day of our trip, after an overnight at Kamgab (S28.85297 E18.02902), we were to explore the Road to Hell nearby.....................................................................

http://www.overland.co.za/travel_report ... _Hell.html" onclick="window.open(this.href);return false;
Last edited by Anonymous on Thu May 03, 2012 3:00 pm, edited 1 time in total.
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Kaspaas »

Legolas wrote:Cobus hoe wil dit voorkom of jy hierdie naweek dan reel op die naweek wat ek met Spoor opkom na jou... 9de Augustus??? :confused:

Ek sal dan maar net shotgun moet ry in Kaspaas... Elke ou het 'n goeie kampmannetjie nodig net om seker te maak alles is okay. Ek kan self vir werner saam bring en dan los ons die 3vrouens alleen daar in upington? :angel:
Het ek dit nie met jou bespreek nie? :blackeye:
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

24 hours on the Road to Hell

The following events occurred during a 10-day trip by the Landcruiser Club of SA to the Richtersveld in March/April 2004. On the second day of our trip, after an overnight at Kamgab (S28.85297 E18.02902), we were to explore the Road to Hell nearby. It is a
4 km decent over the mountains down to the Orange River that is reportedly the worst piece of 4x4 trail available in SA - we just had to check it out! It turned out later that the pass was built in the late ‘50’s to reach a small copper mine and was apparently traversed in a series 2 Land Rover. (turn-off from “main road” at S28.89964 E17.90992, pass starts at S28.85070 E17.97284 – check T4A).

I was the first down the mountain and the decent was ass-clamping stuff - my brakes started fading in low range first! (with hind-sight this could have been due to oil from both my rear axle seals giving up the ghost - only saw this later). Everybody made it down after some road-building to get the wider-tyred LCs through. We drove down to the river, had a swim and lunch (at S28.83244 E18.00887) before contemplating the ascent - we were not sure if we'll all make it without trouble.

It was decided to intersperse the convoy with diff-locked vehicles (Keith and Jurie's 100s, Peter's 79 and Alfred's magnificent 80) to minimise possible problems and potential recovery effort. As we were crawling back through the riverbed to the start of ascent, Keith, who was leading the convoy at the time, came on over the radio with the words "Lima Charlie (LC), there are two Colts with trailers heading our way!". Aware of Keith's stated dislike of Colts (he owned one) and his complete hate of trailers (he never owned one), I thought he was playing an early April Fool's joke on us, but as we came over a crest - there they were in the riverbed: V6 Colt with trailer stuck on a rock in the riverbed, a 2 x 4 Ford bakkie stuck in the sand, and a little further back a Jeep Grand Cherokee with trailer and a diesel Colt with trailer!

Different emotions abound: our group slightly amused and highly amazed; the "trailer" group stunned! They may have been stunned due to their predicament, or due to the sight of 9 LCs appearing god-sent over the crest - we don't know. Some of us thought to let them be and suffer the consequences of their own stupidity for coming down that mountain in the first place. Others, and notably Piet, our tour leader, said there was no way that we can leave them there. We started organising a potentially mammoth recovery. We decided to stick to our earlier plan of leading with diff-lock LCs, then an un-difflocked LC, then a vehicle with trailer, with the idea of using a tandem pull when required. The recovery was structured as follows:

Keith Richardson 100 GX (diff-lock)
Piet van Heerde FJ60 G
Colt 4x4 (diesel) with trailer

Peter Zagel 79 (ARB diff-lock)
Andre Taljaard 79
Grand Cherokee with trailer

Alfred Hilton 80 GX (ARB diff-lock)
Colt 4x4 V6 with trailer

Roland Bergh 80GX
Marius Preston 80GX
Anton Matthee 80VX TD

Jurie Schuurman 100 GX (diff-lock)
Ford Courier 2x4 (diff-lock)

What you all have to appreciate here is that once on the ascent, there is absolutely no opportunity to turn around, overtake or any other contingency - there was only one way out and that was up! We started to crawl up the mountain in this procession, but even sooner than we expected we had to haul out our recovery gear to get the trailered vehicles over even minor obstacles. Due to the tandem-pull strategy with the first two groups (diesel Colt and Cherokee), the non-difflock vehicles of Piet and André had the extreme task of basically hauling the the trailered vehicles up the mountain for most of the time, both shredding tyres on the way. As the mountain got steeper, the diff-locked vehicles were permanently attached to perform a tandem pull. This worked to an extent, but at some point, both recoveries got baulked. At this stage we were seriously considering dumping the trailers down the mountain slope!

However, the trailer to the diesel Colt was unhooked and the vehicle hauled over the mountain in a tandem pull by Piet and Keith. Piet, the only vehicle available with a towhook, then proceeded back down the mountain in reverse (!!) to pick up the trailer. The trailer was hooked up to Piet's 60 (1988 model) and hauled in one go over the mountain - a roar erupted from the valley as we all applauded this achievement!

While this was happening, the recovery of the Cherokee, with its state of the art B'rakah trailer, was continuing, but with little success. As dusk was settling in we decided to call it a day. The two 79s were sent over the mountain to camp on the other side, leaving the Cherokee and its trailer, together with 7 other vehicles behind it still on the mountain, some of our vehicles at a precarious 30 deg angle. Again the spirit of the LCCSA prevailed as everybody started feeding themselves, with Jurie even doing a full-blown potjie! At times music erupted from the car stereos. Some of our rescuees joined in, but the boss in the Cherokee was having a hard time from his wife who had not left the car since we first came upon them in the valley earlier in the day!

Some guys managed to find a flat piece of earth to sleep on, while the rest of us slept in the vehicles. At the angle my vehicle was standing, Gary and I actually had a flat bed when we dropped the seat backs. We slept reasonably well, got up the next morning with some coffee and rusks. At around 8 o'clock Keith came on over the radio with some further thoughts on how to continue with the recovery. At first it was thought to employ the winch on Peter’s 79, but the terrain and the prospect of having to reverse the red 79 UP the mountain afterwards, counted against this option.

Keith then reversed his 100 down to perform a direct pull on the Cherokee and its trailer, but this wasn’t successful. The trailer was unhooked from the Cherokee (to the dismay of its owner) to see whether it would be able to drive out on its own. With a lot of road-building and pushing, the Cherokee managed to drive out on its own. Piet's 60 was sent down (in reverse again!) to get the trailer. At this point we established that the trailer was fitted with massive watertanks and suggested that they be emptied. Its owner, (the boss - everybody worked for the same company) opposed this as his wife "would have nothing but Gauteng water"! We opened the taps!!

We also ordered them to take out all the stuff inside the trailer as we were concerned about the hammering Piet's vehicle was taking, it being the very essence of his livelihood. After a while, it was decided to bring Keith’s 100 down (in reverse again) to assist Piet’s vehicle. Due to the very narrow track at this point, a number of tow straps were linked together in order for Keith to be able to position his 100 at a wider part of the track a little higher up the pass. When they had progressed the length of one tow strap, the strap was removed and the 100 reversed back to be hooked up to the shortened strap. Strap by strap, the older and newer Cruiser working together to haul the big trailer up the pass, until the major obstacles were cleared for Piet to haul this trailer to the top of the mountain.

Next to go was Alfred in his 80 with the V6 Colt and trailer in tow, this time with no tandem pull. In a brilliant piece of driving in an awesome vehicle, Alfred hauled out the Colt and trailer in one go! Only one more to go - Jurie with the 2x4 bakkie - but first the non-locked 80s had to come out.

Personally, I experienced such a rush of adrenaline that I could hardly get myself to calm down to drive up the mountain. When I got going, I was going way too fast with wheels spinning and rocks flying in all directions (and Jurie shouting: Jou f%kken cowboy!"). I got stuck a few times, but managed with brute force (and I have to admit, no finesse) to recover myself and drive out. Then came Marius, with expert guiding from Piet, hardly moving a stone in a very controlled drive up to the top. Anton in his auto TD did it in much the same way. Then came Jurie with the 2x4. In an excellent display of controlled driving, Jurie hauled the bakkie along, helped by a very sensible driver in the bakkie. He probably had the most sense of all the rescuees - following Jurie with the bakkie's diff locked, the snatch strap was hanging limb at times. They also got out in one go.

Piet did a survey of the damages incurred to the vehicles involved in the thick of things and negotiated a couple of G’s settlement with the other party. This would be primarily for tyres on Piet's, Keith's and André's vehicles together with a couple of well-used snatch and tow straps.

The level of teamwork and camaraderie will only be fully appreciated by those that were on that mountain for 24hrs!. In hindsight, this was probably a once-in-a-lifetime experience, but strangely also soon forgotten as we were confronted with the beauty of the Richtersveld over the next number of days.

Pictures: Photos of the track !
http://overland.co.za/Photo_Albums/Roland/Richtersveld/" onclick="window.open(this.href);return false;

Roland Bergh

Email: mailto:rbergh@global.co.za
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by OOOOMS »

Namaqua Eco-Trail.jpg
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Kaspaas »

Johannes, ekt al daai ene gelees.

Die een waarvan ek praat gaan min of meer iets soos die volgende:

Daar was glo 3 Cruisers in die knyp gewees, waarvan 1 of 2 sleepwaens gehad het.
Hulle het ook al hulle water uit die tenks laat loop, met die hoop om dit te maak, halfpad op het die voorste Cruiser se hele sideshaft uitgekom, en basies die pad geblok.
Toe is almal daar gestrand!
Dit was glo hoog somer en die arme mense sit toe natuurlik sonder water!!!!!!
(sekerlik nie feitlik korrek nie, maar die beginsels van die storie is seker maar dieselfde op die ou einde??)
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

Kaspaas wrote:Johannes, ekt al daai ene gelees.

Sal verder rond loer, dalk kry ek dit iewers......
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Kaspaas »

Mark, daai lyk na die plek waarvan oom Ray gepraat het.

Ek dink dis 'n puik kamp plek daai, maar jy besef jy maak dit makliker vir die Capies en moeiliker/verder vir jouself? :D:
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
GI Jane
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4019
Joined: Mon May 16, 2011 4:07 pm
Town: Strand WC
Vehicle: Toyota Hilux 4x4, 2.41t Raider 1998 DC - front & rear difflock, 140lt fuel tank, 31" BFG a/t, snorkel, drawer system, alucab canopy, driver with attitude.
Real Name: Val
Club VHF Licence: X112

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by GI Jane »

Sjoe seriously scary article on the trail.... After that surely nobody ever attempts that trail with a trailer or without difflocks...
Image
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by OOOOMS »

Kaspaas wrote:Mark, daai lyk na die plek waarvan oom Ray gepraat het.

Ek dink dis 'n puik kamp plek daai, maar jy besef jy maak dit makliker vir die Capies en moeiliker/verder vir jouself? :D:
:lol: :lol: :lol: Ek ry 'n VIGO tjom.....maak die langpad kort :blackeye:
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Kaspaas »

Auntie Val, you would not believe how many people stumbled onto that route, and just continued thinking the route will flatten out.
The probleme is not going down, its going back!
There are more stories, but I would'nt want my confirmed companions to go cold on me.....
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by OOOOMS »

Cobus, wat is die maximum hoeveelheid voertuie vir die ?
User avatar
TheoM
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 179
Joined: Sat Mar 17, 2012 2:29 pm
Town: Cape Town
Vehicle: UZJ 42 LX
Real Name: Theo

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by TheoM »

If you have a decent off road capable vehicle, are prepared to build a road under difficult conditions and provided you can read a driving line properly it is not as bad as people make it out to be BUT it does have the potential to kill you, if you don't respect it. A bunch of us did it 2 years ago in our newly restored "legends SWB vehicles" with very little fuss at all.Not all of us had lockers and we did have a heavily loaded & german powered 76 series with us ;-)

Image

Image

This is the "killer" wehere the secret is to drive over the large rock on theedge rather than to try and squeese past it on the mountain side. Going down is a non-event :)

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Concerning the cruiser club group that Rey is talking about I know all of the guys.The problem was an 4.5 80 ser which had an auto locker all it's life that broke a sideshaft on that worst spot.Wer all know what happens when you break a sideshaft in semifloating axle ... :roll:
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by ThysdJ »

Cobus hou op die mense bang praat.. :razz: :razz: Die pas is oorspronklik met Series II land rovers gery.. hoe moeilik kan dit dan nou wees?? :lol: :lol: :lol:
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Kaspaas »

Thanx for the info Theo! :thumbup:
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
GI Jane
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4019
Joined: Mon May 16, 2011 4:07 pm
Town: Strand WC
Vehicle: Toyota Hilux 4x4, 2.41t Raider 1998 DC - front & rear difflock, 140lt fuel tank, 31" BFG a/t, snorkel, drawer system, alucab canopy, driver with attitude.
Real Name: Val
Club VHF Licence: X112

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by GI Jane »

ThysdJ wrote:Cobus hou op die mense bang praat.. :razz: :razz: Die pas is oorspronklik met Series II land rovers gery.. hoe moeilik kan dit dan nou wees?? :lol: :lol: :lol:
Thys jy laat alles maklikker klink as wat dit is..... :acute: :acute: :acute: jy is sooooo snaaks... Ek dink die ou plaas Land cruiser met difflock is die 'Ultimate 4x4 voertuig' en as hulle swaarkry
dan moet jy weet....
Image
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

http://saweatherobserver.blogspot.com/2 ... hozer.html" onclick="window.open(this.href);return false;
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Kaspaas »

Hier begin my lysie:

- Cobus & Clinton(Kaspaas)
- Lehan (Kalahari seun)
- Johannes van die See

- Viljee - pending.......
- ThysdJ - pending.....
- Mark OOOOMS - pending......
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
ToyX4
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2834
Joined: Mon Sep 03, 2007 9:43 am
Town: Ottosdal
Vehicle: Rocky's
Real Name: Riaan
Location: Wes Transvaal

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by ToyX4 »

Cobus, ek is in vir die een.
Ek sal dit met my Jeep wil doen, maar wonder of hy nie te laag en te lank is nie. Sal dan iemand moet saamvat om te help pad bou.
Anders sal ek moet shotgun ry, en iemand se padbouer wees.
ImageImage
Image
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by OOOOMS »

ToyX4 wrote:Cobus, ek is in vir die een.
Ek sal dit met my Jeep wil doen, maar wonder of hy nie te laag en te lank is nie. Sal dan iemand moet saamvat om te help pad bou.
Anders sal ek moet shotgun ry, en iemand se padbouer wees.
Toemaar Riaan, daar is baie recovery voertuie wat jou sal bystaan, jy weet mos on is nice ouens..... :thumbup: :thumbup: :thumbup:

Riaan my maat, ekt maar jou naam ingesluit omrede jy ook van die begin af belangestel het.
Maar alhoewel jy n yster van n voertuig het, gaan sy grondvryhoogte en trimmings hom terug hou.
Moet my nie verkeerd verstaan nie, hy sal dit maak, maar verseker nie met als wat hy ingegaan het nie.

Maar ekt nou vir jou vroegtydig 3maande gegee, niks wat n OME en ARB kan uitsort nie!
Last edited by Kaspaas on Thu May 03, 2012 6:39 pm, edited 1 time in total.
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

Sal lekker wees as ons n goeie span Hilux manne kan saam skraap vir die een.
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
User avatar
ToyX4
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2834
Joined: Mon Sep 03, 2007 9:43 am
Town: Ottosdal
Vehicle: Rocky's
Real Name: Riaan
Location: Wes Transvaal

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by ToyX4 »

Kaspaas wrote:
ToyX4 wrote:Cobus, ek is in vir die een.
Ek sal dit met my Jeep wil doen, maar wonder of hy nie te laag en te lank is nie. Sal dan iemand moet saamvat om te help pad bou.
Anders sal ek moet shotgun ry, en iemand se padbouer wees.
Riaan my maat, ek maar jou naam ingesluit omrede jy ook van die begin af belangestel het.
Maar alhoewel jy n yster van n voertuig het, gaan sy grondvryhoogte en trimmings hom terug hou.
Moet my nie verkeerd verstaan nie, hy sal dit maak, maar verseker nie met als wat hy ingegaan het nie.

Maar ek nou vir jou vroegtydig 3maande gegee, niks wat n OME en ARB kan uitsort nie!
Cobus, hy het klaar OME op, en grootter bande. Hy is heelwat hoër as standaard. Ek behoort voor daai tyd al n replacement bumper voor ook op te he. Maar voor is hy reg, die probleem is agter en middel. Gat hang bietjie ver en wielbasis bietjie lank.
OOOOMS wrote:
ToyX4 wrote:Cobus, ek is in vir die een.
Ek sal dit met my Jeep wil doen, maar wonder of hy nie te laag en te lank is nie. Sal dan iemand moet saamvat om te help pad bou.
Anders sal ek moet shotgun ry, en iemand se padbouer wees.
Toemaar Riaan, daar is baie recovery voertuie wat jou sal bystaan, jy weet mos on is nice ouens..... :thumbup: :thumbup: :thumbup:
Ek glo nie ek sal n recovery voertuig nodig he nie, maar ek sal voor jou ry om jou te recover :laugh2:
ImageImage
Image
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Kaspaas »

Sorry Riaan, nie besef nie.

Maar in daai geval is jy mos reg? :thumbup:
Kyk, ek weet dis partykeer verkeerd om so te redeneer, maar daar is al heelwat Disco's daar af.

So hoekom kan jy die baan breek vir Jeep nie?
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

Cobus

My vrou se ek mag net nie loop vrek nie ander sal dit die laaste keer wees wat ek so iets mag gaan doen, so ek is in.
Sal more my verlof vorm indien vir die hele Augustes, dan sal ek solank myself en my lux begin voorberei vir die trip.
Wag nog om te hoor van Pieter of hy wil saam.

Cheers
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

O ja ek bring nie my gesin saam nie, sal hoor of Pieter my co-pilot wil wees andersins
sal ek n ander partner moet kry, hou maar my passenger seat dop........
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
User avatar
ToyX4
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2834
Joined: Mon Sep 03, 2007 9:43 am
Town: Ottosdal
Vehicle: Rocky's
Real Name: Riaan
Location: Wes Transvaal

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by ToyX4 »

Mooi. Ek sien uit.

Hoe ver is die naaste dieselpomp?
ImageImage
Image
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Kaspaas »

Goeie nuus Johannes!

Jy erênstig Riaan? :thumbup:
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by OOOOMS »

ToyX4 wrote:Mooi. Ek sien uit.

Hoe ver is die naaste dieselpomp?
Steinkopf - Dis so 50km Noord van Springbok
KALAHARI SEUN
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 95
Joined: Tue Dec 13, 2011 7:42 pm
Town: LANGS DIE ORANJE RIVIER
Vehicle: 1994 2.2 Hilux
Real Name: Lehan

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by KALAHARI SEUN »

Cobus ek is in. Weet nogie hoe ek verby my vrou gaan kom nie, want daai tyd sit en met 'n maand oue baba!!!!!!! :yahoo: :yahoo: :yahoo:
Image
User avatar
ToyX4
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2834
Joined: Mon Sep 03, 2007 9:43 am
Town: Ottosdal
Vehicle: Rocky's
Real Name: Riaan
Location: Wes Transvaal

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by ToyX4 »

Is ek ernstig oor saamgaan of ernstig oor die dieselpomp?
Ek is ernstig oor saamgaan, ja.
Die Jeep het net n 78l tenk. As ek 3 of 4 Hiluxe daar moet uitsleep, reken ek my diesel verbruik gan maar sleg wees, so ek sal moet volmaak voor ons afgaan.
Ek weet nie of ek jerry kanne op die dak wil sit nie.
ImageImage
Image
User avatar
STAMPIE
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 335
Joined: Wed Sep 19, 2007 8:51 pm
Town: Durbanville
Vehicle: '05 4L V6 DC
Real Name: Danie

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by STAMPIE »

Cobus
Ek het dit al gery. Een van die beteres.
Ek het die DVD van die ouens wat daar in die moeilikheid was met die Colt en ook die DVD van ons trip.
Sou jy belangstel kan ek dit aanstuur.
Danie
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Kaspaas »

- Cobus & Clinton(Kaspaas)
- Lehan (Kalahari seun)
- Johannes van die See
- Riaan Toyx4

- Viljee - pending.......
- ThysdJ - pending.....
- Mark OOOOMS - pending......

Manne/Val ekt weer my huiswerk gedoen en die wat al daar in was, hak vas by nie meer as agt voertuie nie.
Ek gaan nie die reel buig nie, maar wil ek hom aanpas na nie meer as 6 nie. :think:

Cassie, hoe lyk dit?
Last edited by Kaspaas on Fri May 04, 2012 10:08 am, edited 1 time in total.
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by OOOOMS »

Kaspaas wrote:- Cobus & Clinton(Kaspaas)
- Lehan (Kalahari seun)
- Johannes van die See
- Riaan Toyx4

- Viljee - pending.......
- ThysdJ - pending.....
- Mark OOOOMS - processing......

Manne/Val ekt weer my huiswerk gedoen en die wat al daar in was, hak vas by nie meer as agt voertuie nie.
Ek gaan nie die reel buig nie, so ag voetuie sal dit wees. :thumbup:

Cassie, hoe lyk dit?
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Kaspaas »

Mak, wat probeer jy sê?
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

Hy probeer se hy is besig om mamma se arm te draai :thumbup:
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

Kom Mark ons weet jy wil daar wees, jyt mos nou al n paar keer daar verby gery sonder om in te loer.
Man-up en doen dit nou die keer man!
Last edited by Anonymous on Fri May 04, 2012 7:25 am, edited 1 time in total.
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
User avatar
Johannes van die See
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2194
Joined: Mon Sep 01, 2014 10:04 pm

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Johannes van die See »

Sorry my internet gooi multi posts en ek weet nie hoekom nie dan moet ek dit elke keer loop edit.
http://www.goblacksam.com
Image Link Broken
Langebaan Lagoon & Deep Sea Fishing Charters
User avatar
GI Jane
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4019
Joined: Mon May 16, 2011 4:07 pm
Town: Strand WC
Vehicle: Toyota Hilux 4x4, 2.41t Raider 1998 DC - front & rear difflock, 140lt fuel tank, 31" BFG a/t, snorkel, drawer system, alucab canopy, driver with attitude.
Real Name: Val
Club VHF Licence: X112

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by GI Jane »

Johannes van die See wrote:Sorry my internet gooi multi posts en ek weet nie hoekom nie dan moet ek dit elke keer loop edit.
Johannes jy moet nie meer as een keer submit druk nie al lyk dit nie asof hy werk nie... ook een keer drie posts per ongeluk opgesit...

Hoe lank is die pad.... soos in hoe veel km is dit?
Image
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by OOOOMS »

GI Jane wrote:
Johannes van die See wrote:Sorry my internet gooi multi posts en ek weet nie hoekom nie dan moet ek dit elke keer loop edit.
Johannes jy moet nie meer as een keer submit druk nie al lyk dit nie asof hy werk nie... ook een keer drie posts per ongeluk opgesit...

Hoe lank is die pad.... soos in hoe veel km is dit?
Van die afdraai volgents T4A is dit 14.3km

Cobus, vir nou is ek uit :!:
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Kaspaas »

- Cobus & Clinton(Kaspaas)
- Lehan (Kalahari seun)
- Johannes van die See
- Riaan Toyx4

- Viljee - pending.......
- ThysdJ - pending.....
- Val GI Jane - pending...... :twisted:

Dis reg Mark. As als goed verloop maak ons dit sommer 'n jaarlikse instelling. :shock2:
Wat van......" Die Noord Kaap se Kriges pub vir GTG's" ? :twisted:
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
Kaspaas
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1270
Joined: Fri Jul 25, 2008 9:39 am
Town: Wellington
Vehicle: 1998 Land Cruiser 105series GX
Real Name: Cobus
Location: Wellington

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Kaspaas »

Danie, ek sal dit bitterlik erg waardeer.
Kan jy ons meer vertel van jou ondervinding in The Hell? :beg:
1998 Toyota land Cruiser 105 series. 4.2 D

"I am human, I make mistakes, and that is okay, I have my own permission."
User avatar
GI Jane
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4019
Joined: Mon May 16, 2011 4:07 pm
Town: Strand WC
Vehicle: Toyota Hilux 4x4, 2.41t Raider 1998 DC - front & rear difflock, 140lt fuel tank, 31" BFG a/t, snorkel, drawer system, alucab canopy, driver with attitude.
Real Name: Val
Club VHF Licence: X112

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by GI Jane »

Cobus ek wil narvorsing doen oor Die pad....Wil nie graag vir ewe in Die Hell bly nie en nie weer in een stuk uit kom nie...
Image
User avatar
Legolas
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 89
Joined: Fri Mar 02, 2012 2:42 pm
Town: Somerset West
Vehicle: 2008 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Clinton

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by Legolas »

Right ouens die vrou het die go ahead gegee so come hell or high water is ek daar!!

Nou is die vraag net hoe ek daar uitkom. THys soek jy nie 'n co-pilot tot daar om die diesel kostes te deel?? :blushing: Anders span ek vir spoor in tot by die kamp plek maar die outjie gaan bo bly. Hy is nog nie groot genoeg vir die trippie nie.
KALAHARI SEUN
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 95
Joined: Tue Dec 13, 2011 7:42 pm
Town: LANGS DIE ORANJE RIVIER
Vehicle: 1994 2.2 Hilux
Real Name: Lehan

Re: The Road to Hell and Back - 9de tot 12de Augustus 2012

Post by KALAHARI SEUN »

Clinton kom met die Interkaap tot op Keimoes ons sal jou daar kry!!!

Cobus ek het 'n pasisier gekry, Jan Adriaan gaan saam met my ry!!
Image
Post Reply

Return to “Northern Cape”