Page 1 of 2

Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Thu Apr 02, 2009 11:27 am
by Castos
Ok lets start planning on a Hilux 4x4 weekend in the lowveld.

It seems everyone is looking at a date for the weekend to faal at the end of Mei. Lets say 29-31st of Mei. Fri to Sun.

We can do 1 of 2 things.

1. We can camp at Riverwild (Very Nice and neat camp area with a 4x4 track) and do Riverwild and Makoya4x4 trial (New lowveld trial).
2. We do Makoya 4x4 viewtopic.php?f=5&t=6030and the Nzikazi River trial http://www.4x4community.co.za/forum/sho ... php?t=9217. Bigtime 4x4 fun!!!! We will just need to get centralised camp area.

Re: Lowveld 4x4 weekend

Posted: Thu Apr 02, 2009 11:29 am
by CasKru
Dink julle ek sal kan gaan as my laaitie 4 dae oud is? :twisted: :twisted: Sal maar die foto's moet kyk wanneer julle terug is

Re: Lowveld 4x4 weekend

Posted: Thu Apr 02, 2009 12:46 pm
by Castos
CasKru wrote:Dink julle ek sal kan gaan as my laaitie 4 dae oud is? :twisted: :twisted: Sal maar die foto's moet kyk wanneer julle terug is
Cassie ons kan dit later maak ook as die manne happy is daarmee.

Re: Lowveld 4x4 weekend

Posted: Thu Apr 02, 2009 2:41 pm
by Scorpion
Seems good! Let's start planning. :thumbup:

Re: Lowveld 4x4 weekend ??????????

Posted: Thu Apr 02, 2009 3:44 pm
by Okkie Van Wyk
Ek sal ook wil saam gaan , sal maar net moet sien hoe dinge uitwerk
Ek gaan nou van die 10de tot 13deApril Wildtuin toe en ek weet nie of SWAMBO regtig tevinde gaan wees vir nog ntrip nie

Maar ek gaan try dalk wie weet

Re: Lowveld 4x4 weekend

Posted: Thu Apr 02, 2009 7:20 pm
by BenHur
CasKru wrote:Dink julle ek sal kan gaan as my laaitie 4 dae oud is? :twisted: :twisted: Sal maar die foto's moet kyk wanneer julle terug is
Cassie

Praat met die Gynaie om die datum met so 6 of 7 dae te vervroeg. Op 10 dae sal Reuben en ma al genoeg ge recover het vir sy eerste trippie. Linda is mos 'n tawwe tienie. :wink:

Corne was net 2 maande oud to ons hom vir 10 dae in die gramadoelas ingevat het by Banganek. Dis so 90 minute se ry van die naaste winkel en 3 ure van die naaste beskawing af en hy en sy ma het oorleef. Die helfte van die vrag op my bakkie was formulemelk, medisyne en nappies, maar as daar 'n wil is is daar 'n weg. In hierdie case is julle by Nelspruit so geen verskonings sal aanvaar word nie. :twisted: :twisted: :twisted:

Re: Lowveld 4x4 weekend

Posted: Thu Apr 02, 2009 9:15 pm
by Ou Bloues
Riverwild lê baie wyd, is daar nie nog 'n lang naweek na April wat ons dit kan aanpak nie, want as ek daai rigting ry is ek altyd verplig om by die monsters te stop en die grotte, so dit si klaar een dag weg

Re: Lowveld 4x4 weekend

Posted: Thu Apr 02, 2009 10:09 pm
by BenHur
Disndag die 6de Junie is 'n vakansie dag so as ons die maandag verlof vat kan ons dit 'n langnaweek maak

Re: Lowveld 4x4 weekend

Posted: Sun Apr 05, 2009 7:51 pm
by HennieJ2
Bennie, seker die 16de. Ek sal nie kan gaan nie, want ons vat die pad Bots toe op die 27ste - dus teen daai tyd is die RTT en alles al gepak. Ek kyk nou op die kalender en sien die 10de Augustus is ook 'n vakansie dag, maar dit is seker te laat vir julle. Okkie moet tog hoor hoe ver is hierdie manne hier by Middelburg met hulle baan.

Groete

Hennie

Re: Lowveld 4x4 weekend

Posted: Sun Apr 05, 2009 8:05 pm
by Castos
Ouens, ek is redelik oop. Ons kan dit die 16de Junie maak. As julle die maandag verlof insit, kan ons saterdag tot maandag offroad en kan julle rus die dinsdag. Ons kan maar praat van 'n 4x4 orgie. :twisted:

Plus dit ons tyd om dalk nog so paar dinge klaar te kry op ons roete. Ek was gister weer op die plaas en sal die paasnaweek ook daar deur bring. Die roete is omtrent halfpad. As ons klaar is, sal dit 2 dae se ry wees en gaan geniet ons die Nsikazi rivier met daai GROOTKLIP. :thumbup:

PS: Bennie ek neem aan jy het gepraat van die 16de. :think:

Re: Lowveld 4x4 weekend

Posted: Sun Apr 05, 2009 11:47 pm
by BenHur
jip finger trouble

Re: Lowveld 4x4 weekend

Posted: Tue Apr 14, 2009 9:17 am
by Okkie Van Wyk
hi peoples

So wat is die plan met die naweek wegbreek , ek dink daaraan om dalk saan te gaan

Re: Lowveld 4x4 weekend

Posted: Tue Apr 14, 2009 11:09 pm
by BenHur
Man ja dit sal nice wees as ons kan begin datums vasmaak, want ek wil sommer dan gaan verlof hou vir so week of wat en moet begin beplan daarvoor

Re: Lowveld 4x4 weekend

Posted: Tue Apr 14, 2009 11:23 pm
by Big D
As Julle dit die 16Jun maak is ek ook in. :thumbup:

Re: Lowveld 4x4 weekend

Posted: Sun Apr 19, 2009 9:54 pm
by Okkie Van Wyk
Hi julle ouens dit het te lank gevat om n datum te kry en te begin reel vir die een ek het toe maar plek bespreek by Cape-Vidal naby St-Lucia vir die lang naweek 13-16 Jun so ek sal nou ongelukkig nie die een saam julle kan maak nie ..........julle is natuurlik welkom om ons te join Ek weet nie hoeveel plek daar nog beskikbaar is nie maar as julle wil sal julle moet goe spring anders gaan julle nie plek kry nie

Vir die wat dalk wil gaan skakel
Ezemvelo KZN Wildlife
(033) 8451000
Om te bespreek

Thanx
Okkie

Re: Lowveld 4x4 weekend

Posted: Sun Apr 19, 2009 10:52 pm
by BenHur
Ja ek het gedink om sommer vir so 10 dae af te gaan oostransvaal laeveld toe so ek sal waardeer as ons die datum kan vasmaak sodat ek kan beginne relings tref. Dit hoef nie noodwendig die 16de te wees nie ek is flexible

Re: Lowveld 4x4 weekend

Posted: Tue Apr 28, 2009 9:14 am
by Castos
BenHur wrote:Ja ek het gedink om sommer vir so 10 dae af te gaan oostransvaal laeveld toe so ek sal waardeer as ons die datum kan vasmaak sodat ek kan beginne relings tref. Dit hoef nie noodwendig die 16de te wees nie ek is flexible
Ok, ek kan die datum vir julle vas maak. No problem.

Kan die manne wat wil kom asb jul name post. Dit gaan nie vir ons die moeite werd wees om die naweek te reel as daar net 5 karre is nie.

Koste sal nie baie wees nie. Ons moet net die kamp area skoon maak en dit sal so bietjie petrol ens kos. Die 2 dag trips sal R300 per voertuig wees. As ons by Riverwild kamp is dit +- R150 per kampplek per dag.

Ons moet tenminste so 10 karre wees.

Re: Lowveld 4x4 weekend

Posted: Tue Apr 28, 2009 9:37 pm
by BenHur
1. Bennie en familie

Re: Lowveld 4x4 weekend

Posted: Wed Apr 29, 2009 2:53 pm
by Scorpion
BenHur wrote:1. Bennie en familie
2. Scorpion en Familie (tentatief)

Ek gaan dalk daai tyd in Duiotsland wees, maar sal eers oor 2 weke weet.

Re: Lowveld 4x4 weekend

Posted: Wed Apr 29, 2009 6:08 pm
by SuidWes
1. Bennie en familie
2. Scorpion en Familie (tentatief)
3. Jaco en Natasha (tentatief)

Re: Lowveld 4x4 weekend

Posted: Thu Apr 30, 2009 7:40 am
by BenHur
1. Bennie en familie
2. Scorpion en Familie (tentatief)
3. Jaco en Natasha (tentatief)
4.

Re: Lowveld 4x4 weekend

Posted: Thu Apr 30, 2009 8:08 am
by Castos
Right, dit lyk goed :thumbup:

Ons het gistrand 'n klub meeting gehaat en ons het toe op die volgende 3 roetes besluit.

Ons kamp by Riverwild - Alle geriewe is daar en dis baie skoon en netjies. Mense is ook vriendelik en hulpvaardig. Lekker speel plek vir die kinders en grasperke langs 'n rivier vir rustig wees. Daar is ook tentkampe vir die wat nie kamp wil opsit nie.

Dag 1 - Riverwild. Nie baie moeilik nie, maar dis baie baie mooi in die vallei. Rating 3
Dag 2 - Makoya 4x4. Mooi scenery en lekker offroading met iets van alles. Rating 3-5
Dag 3 - Nsikazi River. Lang die wildtuin, recoveries garranteed en jol. Rating 4

Ons sal al die dae by Riverwild kamp. Die eerste 2 dae se roetes is baie naby maar ongelukkig is die laaste dag se ry so 80km weg.

Bennie, gesels met die manne of ons kan hier gesels. Wil julle dit 'n Hilux naweek maak of kan ons die maane van die 4x4community ook uitnooi. Ons klub lede gaan ook deelneem in die naweek se pret.

Ek gaan vandag met die mense praat en 'n prys vastel sodat almal weet waarna om te kyk.

Ek kan van ondervinding praat, die gaan 'n lekker naweek wees. Dinsdag sal gebruik word om te rus. :twisted:

Re: Lowveld 4x4 weekend

Posted: Thu Apr 30, 2009 8:12 am
by BenHur
Reynard

Kom ons gee die manne hier eerste opsie tot so volgende week en as daar nie genoeg belangstelling is nie dan gooi ons dit oop op die community forum ook.

Re: Lowveld 4x4 weekend

Posted: Thu Apr 30, 2009 1:00 pm
by Castos
BenHur wrote:Reynard

Kom ons gee die manne hier eerste opsie tot so volgende week en as daar nie genoeg belangstelling is nie dan gooi ons dit oop op die community forum ook.
Dis 100% Bennie. Ek is in elk geval seker ons sal regkom met die Hilux manne. Ek het spesiaal 'n defender puma gereel vir recoveries. :twisted: :lol:

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Sun May 31, 2009 7:52 pm
by Ou Bloues
OK, hier het nou vir 31 dae te vinnig niks gebeur nie.

Bennie is tans die enigste wat wel gaan.

Ek gaan nie die 15de afkry nie, so sal net Saterdag en Sondag kan ry, maar sal daar wees die eerste 2 trips.

Jaco, julle moet kom, dit lyk baie moeir as die Kaap hier, jy sal nooit weer die kaap wil sien as jy eers hier was nie.

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Sun May 31, 2009 8:51 pm
by BenHur
Ek het hierdie 'n global announcement gemaak lyk my die ouens sien nie die goed in die Events Calender raak nie

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Mon Jun 01, 2009 12:02 pm
by LouisZ
Ons sal daar wees die van die Vrydag aand! :thumbup:

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Mon Jun 01, 2009 8:29 pm
by GrootLeeu
Hi Ouens, as die naweek aan is is ek ook in, gelukkig bly ek in Witrivier, so dis sommer naby. Watse kostes praat ons van?

Groete

Adam

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Mon Jun 01, 2009 10:41 pm
by Ou Bloues
Ek het vir Reynard gevra hy moet net verblyf en roete vasmaak en bevestig

Ons is tans dan

1. Reynard
2. Bennie
3. Paul Harris
4. Louis
5. Aldo
6. Adam

Kom manne, as ons weer so 10 kan wees sal dit nice wees. Jaco, Deon, Johann kom maak nou vas manne, julle Luxes was lank genoeg skoon

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Tue Jun 02, 2009 7:33 am
by SuidWes
Jaco, julle moet kom, dit lyk baie moeir as die Kaap hier, jy sal nooit weer die kaap wil sien as jy eers hier was nie
Yis Aldo, ek stem ou Witvoet het lanklaas geloop maar SWAMBO werk daai naweek :thumbdown: :evil: :evil:

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Tue Jun 02, 2009 7:39 am
by BenHur
Speel siek

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Tue Jun 02, 2009 7:46 am
by SuidWes
Sy wil nie byt nie maar sal probeer om 'n plan te maak :)

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Tue Jun 02, 2009 7:47 am
by BenHur
Oo ek dag dies die werk wat die probleem is. Maar los haar dan maar by die huis

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Tue Jun 02, 2009 7:58 am
by SuidWes
Dit is die werk en haar eerlikheid wat die probleem is...... :twisted:

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Tue Jun 02, 2009 8:05 am
by BenHur
kom dan maar alleen

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Tue Jun 02, 2009 6:10 pm
by legend35
Ons stel belang,dit hang net af van die werk.Hoeveel sal dit kos om al drie roetes te ry?

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Wed Jun 03, 2009 7:54 am
by GrootLeeu
Ek het n vriend, ook met 'n LUX, wat moontlik ook sal bywoon, afhangende van sy werk. Dit bring darem die getalle op....

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Thu Jun 04, 2009 8:10 pm
by Ou Bloues
Paul kan dit nie meer maak nie, so ons is weer net 5, waar is al die manne wat gesê het hulle kom saam

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Fri Jun 05, 2009 6:58 am
by GrootLeeu
Is nog hier.., het iemand dalk vir my n nommer van Reynard sodat ek kan help vasmaak met die reelings, dit tyd raak nou min!

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Fri Jun 05, 2009 7:03 am
by BenHur
Ek het gisteraand sy nommer opgespoor gaan hom vandag probeer skakel

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Fri Jun 05, 2009 7:44 am
by GrootLeeu
Great!, laat weet my as ek met iets kan help.

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Fri Jun 05, 2009 1:30 pm
by LouisZ
Hoe kom ons daar? Waar is die kamp? Wil al my beplanning begin doen, ons manne as julle deurkom sal seker so 2 uur ry die Vrydag. :D

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Fri Jun 05, 2009 7:27 pm
by Ou Bloues
Bennie, kon jy toe vir Reynard kry, ek het geen terugvoer gekry op PM, en as ons so ver ry, moet ons 2 roetes doen

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Sat Jun 06, 2009 12:42 am
by BenHur
Hy het belowe hy sal kom inloer hier. Kom ons wag en kyk wat sê hy

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Sun Jun 07, 2009 12:12 am
by Ou Bloues
Jammer, maar ek sal ook tans moet ontrek. My seun het Hokkie en Rygby span gehaal vir die naweek" wie speel nou op lang naweek", en moes ek besluit maak omdat ons nog nie finale reeling het nie." Ons het die een vir te laat gelos"

Geniet dit as julle nog gaan, anders moet ons dalk net adner naweek gaan as meer mense kan saam gaan.

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Sun Jun 07, 2009 10:40 am
by Vissie
Rynhard

Ek is groen van jaloesie,ek sit nog hier in sandland en drool net oor hulle trip.Daai rivier roete klink baie naais man,hoop hulle pos baie foto's.Ek land die 29 ste Junie in S.A so sal baie graag julle bidjie wil ontmoet man en my forms in ful om aan te sluit by Elands.Ek het gedink dat ons dalk n dag outing reel vir Sondag 5 Julie,maak nie saak waar nie sodat ons by mekaar kan uit kom.Laat weet asb.

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Tue Jun 09, 2009 6:55 am
by GrootLeeu
Hallo Ouens, ek kry nie vir Reynard in die hande op die nommer wat ek het nie. Ek gaan gou vanoggend met die plekke skakel en dan die nodige inligting en pryse hier pos. Groete

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Tue Jun 09, 2009 7:28 am
by Castos
More almal, sorry ek was so bietjie skaars die laaste paar weke.

Ek het vir julle 6 kamp plekke by Riverwild gekry vir die naweek. Kostes sal ek vandag bevestig maar as ek reg kan onthou is dit baie Billik. Het laas R75 per persoon betaal. Ek is nou besig om die finalle beplanning te doen vir die naweek. Die Roete werk uit op R200 pv per trip.

Wie gaan my kontak wees van GP af? Stuur maar asb vir my PM met jou kontak details sodat ons alles mooi kan reel. Die enigste ding waarvoor ek bang is, is ek het 'n rumour gehoor dat die locals ons dalk met klippe wil gooi as ons in die rivier gaan ry. Wil dit net opklaar. Anders het ons 2 lekker roetes wat ons gaan ry.

Laat weet julle sodra ons alles klaar gereel het.

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Tue Jun 09, 2009 7:37 am
by BenHur
OK wie gaan nou nog almal?

1. Benhur &Co
2. Castos &Co
3. Louis Megaworld &Co?
4. Legend 35 &Co?
5. GrootLeeu &Co?
6. Scorpion &Co??
7. Suidwes sonder swambo???
8. Big D &Co?? Deon wat het van jou geword??

So dis 150 p/nag kamp vir Vrydag, Saterdag, Sondag en miskien maandag ook vir die wat wil.
Trail fees R 200 per roete??

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Tue Jun 09, 2009 7:56 am
by Castos
Yes Bennie, Kostes is R75 per persoon, ek gaan die bestuurder nou nou bel en beding oor 'n prys. Ons bring baie besigheid vir hulle so deur die jaar. Ons sal 'n paar bakkies van ons klub wees wat saam gaan ry die naweek. Ek dink nie die manne gaan daar kamp nie. Ek sal ongelukkig nie kan nie. Is op FireCall Standby. Roetes is R200 pv en ons gaan defnatief 2 roetes ry. Riverwild self en Makoya 4x4. Ek is net bang oor die rivier trip, wil nie sukkel met klip gooi ens nie. As julle wil, sal ek kyk of ek Ossewa geboek kan kry. Dis 'n Grade 5 vir die wat wil weet. So 12km van non stop klip.

Wat julle moet saambring is die volgende, warm klere, drink water en is vir die koue. Die naweek gaan dit bitter koud wees in die laeveld.

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Tue Jun 09, 2009 11:14 am
by GrootLeeu
Ossewa roete is ook goed, kan sports wees as dit nat is....

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Tue Jun 09, 2009 4:31 pm
by LouisZ
Ek kom nog. Waar is dit?

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Tue Jun 09, 2009 5:35 pm
by GrootLeeu
Julle sal maar die OBS moet inpak...dis koud hier op die oomblik.., en baie hout..

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Tue Jun 09, 2009 8:16 pm
by Castos
4x4megaworldpta wrote:Ek kom nog. Waar is dit?

Riverwild is op die Sudwala grotte afdra pad. Op de N4 net na jy van die Schoemanskloof pad weer op die N4 geklim het, draai jy links af op die R539, ry met die pad tot die teerpad 'n grondpad word. Ry dan nog +- 12km op die grondpad. As jy teen 'n draai link kom met 'n valley regs van jou sal Riverwild aan jou regter kant wees. Dis op T4A.

Louis, Truwin van Megaworld Nelspruit gaan ook probeer om een van die dae te maak.

As enige iemand nog info nodig het, skakel my gerys op nul agt twee ses nul een nege drie agt nul.

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Tue Jun 09, 2009 10:04 pm
by BenHur
GrootLeeu wrote:Julle sal maar die OBS moet inpak...dis koud hier op die oomblik.., en baie hout..
Man ja so van koue gepraat. SWAMBO begin toe mos vanaand met: Dit gaan baie koud wees om te kano die naweek en sy het haar bedenkinge. Toe bel ek vir Legend35 en Louis Megaworld en hulle kry dieselfde gevoelends in hulle kant so dit smaak my ons gaan hierdie ding so week of wat moet uitstel tot die sneeu gesmelt het, net om die vrede so biekie te bewaar.

Scorpion kan nie meer saam nie hy gaan in Europa vir die koue wegkruip, Suidwes se Swambo wil mos werk, Ou Bloues wil gaan hokkie speel met 'n rugby bal, Ockie is in St Lucia en Big D se bakkie is in die workshop.

Wat dink julle mense gaan ons die naweek maar laat oorstaan tot die koue front uit die weer is en koue fronte by die huis vermy ook?

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Tue Jun 09, 2009 10:25 pm
by SuidWes
Klink Goed :thumbup:

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Wed Jun 10, 2009 6:59 am
by GrootLeeu
dis nou jammer manne, dit het juis vir my gelyk die weer wil opklaar teen die naweek se tyd...Ek is nog in as daar iemand is wat nog wil gaan.

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Wed Jun 10, 2009 10:19 am
by GrootLeeu
Manne, die son is uit...

Nelspruit, MpumalangaCloudy, 16°Wednesday
15° / 12°Thursday
16° / 9°Friday
22° / 13°Saturday

Son gaan skyn oor die naweek.....

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Wed Jun 10, 2009 10:34 am
by GrootLeeu
ie volgende paar dae se voorspelling:

http://weather.za.msn.com/local.aspx?we ... ga#details

Re: Lowveld 4x4 weekend: 12-16 June 2009

Posted: Wed Jun 10, 2009 10:35 pm
by kukuza
Hi there guys,

What a shame I only looked at this post now.....I would have loved to join you all on the trip.

I will try to arrange another trip in the limpopo / waterberg area later this year if anyone will be interested.

Thanks and enjoy
:thumbup: