Page 1 of 1

4X4 Breakfast run

Posted: Tue Jun 01, 2010 9:48 pm
by franco
Hi Ouens ons beplan n breakfast run na ruby lodge,daar gaan ons n bietjie ontbyt eet hul trail bietjie ry en vandaar die ou groblersdal pad na Middelburg terug ry deur die klowe n lekker grond pad die beplaning is vir die 26ste junie,ons gaan somer ook by nog n lodge of twee stop waar daar iets interessant is om te sien soos die leeus somer naby en op die pad.
enige iemand wat belang stel kan my kontak by 0795148551 John

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Tue Jun 01, 2010 10:23 pm
by OOOOMS
Klink na 'n baie goeie idee John :thumbup:

Nog details asb as jy kan, is dit 'n Hilux4x4 'run' of almal van ander clubs in die omgewing ook?

Groete

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Wed Jun 02, 2010 7:00 am
by Traveler
Franco, dit klink baie lekker, Middelburg is redelik naby. Ek sal belangstel om in te val. :mrgreen:

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Wed Jun 02, 2010 8:29 am
by Bloues
Geniet - hoop julle het 'n awesome rit !!!

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Wed Jun 02, 2010 8:45 am
by Frederick
More John,
Ek sal ook belang stel om saam te ry. Ek het 'n paar pelle wat op Middelburg bly wat ook moontlik sal wil saamry as dit reg is by jou?

Laat weet maar asb soos wat jy vorder met die reelings asb.
Groete

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Wed Jun 02, 2010 2:26 pm
by franco
Ons vertrek vanaf middelburg met al die grondpaaie tot by die lodge daar gaan ons n lekker ontbyt eet op die dek wat op die rivier uit kyk.Hul het n kort trail wat die ouens kan ry,vandaar stop ons by n ander lodge waar ons na die leeus gaan kyk en n iets kan drink die mense is baie gasvry,dan weer die pad vat terug tot op Middelburg maar die ou Groblers dal Middelburg pad waar ons ver by vis teel stasies en so deur die kranse terug kom tot net voor middelburg.
Enige 4x4 is welkom en enige vriende ook ek sal n presiese tyd en plek binne volgende twee beskikbaar stel
sien jul daar.

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Wed Jun 02, 2010 4:23 pm
by Traveler
Thanks John.

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Tue Jun 08, 2010 12:23 am
by OOOOMS
Dankie Johan, het jy al kostes vir die manne wat saam gaan? Min of meer?

Nou waar is die PTA / Mpumalanga Hilux ouens???

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Tue Jun 08, 2010 6:42 am
by Traveler
Ek stel steeds baie belang, gee nog so bietjie info.

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Thu Jun 10, 2010 7:12 pm
by franco
Ingang by die plekke is gratis elk is verantwoordelik vir sy eet en drink goed,ons het nog n plaas tussen Middelburg en Ruby lodge gekry waar ons bietjie kan speel.
Hier is my tel nommer as jul my asb voor die tyd kan laat weet dat ek die nodige reling kan tref vir die hoeveelheid mense wat ons gaan wees asb, 0795148551
Almal is welkom om my te skakel enige tyd deur die dag en later ook as dit nie deur die dag moontlik is nie, dit is die eerste run wat ons nou reel maar ons gaan dit meer gereeld doen en selfs ook poog om dit uitebrei na die ander provinsies,as die bikes kan kan ons ook.

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Thu Jun 10, 2010 7:51 pm
by Traveler
Thanks John. Ek wil julle graag join. Ek dink nou is die enigste vereiste die engine aan die gang te kry.

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Thu Jun 10, 2010 8:02 pm
by OOOOMS
Ons is beslis in, John, kan jy vir ons laat weet waar en hoe laat almal bymekaar gaan kom?

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Mon Jun 14, 2010 8:13 pm
by OOOOMS
OOOOMS wrote:Ons is beslis in, John, kan jy vir ons laat weet waar en hoe laat almal bymekaar gaan kom?
Eenige verdere nuus?

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Tue Jun 15, 2010 9:00 am
by OOOOMS
Bump....

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Tue Jun 15, 2010 7:07 pm
by Mud Dog
... enige iemand wat belang stel kan my kontak by 0795148551 John
Hier is my tel nommer as jul my asb voor die tyd kan laat weet dat ek die nodige reling kan tref vir die hoeveelheid mense wat ons gaan wees asb, 0795148551
Almal is welkom om my te skakel enige tyd deur die dag en later ook as dit nie deur die dag moontlik is nie,
Looks like John is expecting phone calls .... maybe he's not on the forum that often ... :think:

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Tue Jun 15, 2010 8:49 pm
by OOOOMS
Point of the Forum is to advise everyone!

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Tue Jun 15, 2010 10:21 pm
by Traveler
Ek knyp vingers vas dat ek 'n Hilux het om mee te ry teen die naweek. unlikely

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Tue Jun 15, 2010 10:24 pm
by OOOOMS
Traveler wrote:Ek knyp vingers vas dat ek 'n Hilux het om mee te ry teen die naweek. unlikely
A 159.... :lol: :lol: :lol:

Of jy kan 'n lift hitch met ons :wink:

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Thu Jun 17, 2010 8:19 pm
by franco
Ons gaan so 9:00 hier vertrek,dan hoef jul ouens darem nie te vroeg te ry in die koue nie,was die naweek by die lodge het vir ons n lekker ontbyt gereel vir R29 n kop die mense is baie gasvry en kan nie wag vir ons besoek nie.Ek sal jul by Wimpy kry in Middelburg dan kan ons van daar verder ry Wimpy is in die hoof straat soos jul in kom net na die Pick a pay.
Sien jul die 26ste veilig ry

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Thu Jun 17, 2010 8:23 pm
by OOOOMS
Reg so dankie, Franco! Klink lekker :thumbup:
Wie gaan nog saam?

OOOOMS / OOOODS, Mark / Danelle

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Fri Jun 18, 2010 8:20 am
by HennieJ2
Tentative - actually need to go and pick up a fuel / water tank I bought on that week-end. Will advise early next week, but for now Hennie & Anel Jackson

HJ

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Fri Jun 18, 2010 10:47 am
by OOOOMS
Wie gaan nog saam?

OOOOMS / OOOODS, Mark / Danelle
HennieJ2 - Hennie & Anel Jackson

Wie nog?

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Fri Jun 18, 2010 10:49 am
by Traveler
I am still out.
Kry eers bakkie terug volgende week. *sug*

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Sat Jun 19, 2010 8:38 pm
by franco
Ons gaan so 7-10 voertuie wees as almal kom wat bevestig het.

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Sat Jun 19, 2010 8:41 pm
by franco
Dankie vir name ek sal solank nodige relings tref vir bespreking gaan more soontoe.

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Sun Jun 20, 2010 8:23 am
by OOOOMS
Wie gaan nog saam?

OOOOMS / OOOODS, Mark / Danelle
HennieJ2 - Hennie & Anel Jackson
Harties - Riaan / SWAMBO ("Birthday Girl")

Legend35 - Johan & Dedre gaan dalk ook saam, maar asl eers Woensdag kan bevestig.

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Sun Jun 20, 2010 5:10 pm
by Harties
Hahaha...

Markie , Janine gaan vir jou iets aandoen...... Maar dit 'n great naam vir haar! :mrgreen: 

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Mon Jun 21, 2010 9:02 am
by Vlak vark
Ons is in.(Vlak vark en Boere Meisie )
Moet die bb by chopper gaan aflaai.
Vervoer reelings het nie uitgewerk nie.

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Mon Jun 21, 2010 9:10 am
by OOOOMS
OOOOMS wrote:Wie gaan nog saam?

OOOOMS / OOOODS, Mark / Danelle
HennieJ2 - Hennie & Anel Jackson
Harties - Riaan / SWAMBO ("Birthday Girl")
Vlak vark Nico / Boere Meisie

Legend35 - Johan & Dedre gaan dalk ook saam, maar asl eers Woensdag kan bevestig.

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Mon Jun 21, 2010 12:04 pm
by HennieJ2
Confirmed gaan saam en sit regs voor :mrgreen: - sal hoor of iemand op die Cruiser club nie 'n lift vir my diesel tank het nie - bietjiie groot vir d/cab Hilux

Hennie

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Mon Jun 21, 2010 12:08 pm
by OOOOMS
OOOOMS / OOOODS, Mark / Danelle
HennieJ2 - Hennie & Anel Jackson
Harties - Riaan / SWAMBO ("Birthday Girl")
Vlak vark Nico / Boere Meisie

Legend35 - Johan & Dedre gaan dalk ook saam, maar asl eers Woensdag kan bevestig

Lekker, sien julle dan almal, nog iemand????

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Mon Jun 21, 2010 12:23 pm
by franco
Ons is so paar bakkies hier van Middelburg en Witbank wat gaan en behoort in totaal so 10-15 VOERTUIE TE WEES,Dankie vir die name het relings getref vir hoeveelhede,sien saterdag veilig ry.

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Thu Jun 24, 2010 10:50 am
by OOOOMS
Honger is ek nou..... :o:
images (Small).jpg
Wie, gaan nog saam?

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Thu Jun 24, 2010 7:26 pm
by OOOOMS
OOOOMS / OOOODS, Mark / Danelle
HennieJ2 - Hennie & Anel Jackson
Harties - Riaan / SWAMBO ("Birthday Girl")
Vlak vark Nico / Boere Meisie
Legend35 - Johan / Dedre, Shante :thumbup: :thumbup:
Bosfebok - Otto :thumbup: :thumbup:
images vv.jpg
images vv.jpg (3.96 KiB) Viewed 9442 times

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Fri Jun 25, 2010 7:18 am
by HennieJ2
HennieJ2 wrote:...... - sal hoor of iemand op die Cruiser club nie 'n lift vir my diesel tank het nie
Tank kla op getel en ook die diesel donkie se nuwe "onder-lip" :twisted: - hoop om hom op te sit voor more :mrgreen:

So, dis nog 9 bells by die Wimpy in Middelburg?

HJ

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Fri Jun 25, 2010 7:24 am
by Bosfebok
Mark, sien jou 06h00 vir 'n bietjie boere troos :thumbup: :thumbup:

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Fri Jun 25, 2010 9:12 am
by OOOOMS
Bosfebok wrote:Mark, sien jou 06h00 vir 'n bietjie boere troos :thumbup: :thumbup:
Julle is welkom :thumbup:
So, dis nog 9 bells by die Wimpy in Middelburg?

Dis soos ek verstaan het!

Re: 4X4 Breakfast run: Photo Report

Posted: Sun Jun 27, 2010 11:46 am
by HennieJ2
Hi,

I am always struggling, as my photos are too big, but in case I fail look here: http://s410.photobucket.com/albums/pp18 ... /?start=20

Marc on the roof

Image

Heelpad stofpad...

Image

Water strome innie berge

Image

Voor innie pad

Image

en agterosse kom ook in die kraal

Image

Sal eers submit en nog op volgende post laai....

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Sun Jun 27, 2010 12:03 pm
by HennieJ2
By die lodge het hulle nie soveel karre verwag nie en parking was maar min...

Image

en die leeuhok is bietjie eina vir drie leeus

Image

Pasop!!!! Hoop nie die girl het haar broek af geskrik nie :twisted: :lol:

Image

.. ek is wel net oor 'n jaar oud, maar as ek so aan gestap kom, behoort jy versigtig te wees :evil:


Image

Goeie Mamma hierdie, eers eet die mans en kinders....

Image

... en dan kom ons aan die beurt.

Image

net gou gaan kyk of die ou mannetjie nog knorrig is

Image

en dan terug om te sien of almal klaar is. Nou sien ek haar strategy - is sy dalk besig om die bakke leeg te maak ? :lol: :lol: Marc seg - pasop!! ek watch jou :mrgreen:

Image

Op volgende post - trippie gou na Ruby Lodge.

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Sun Jun 27, 2010 12:25 pm
by HennieJ2
Ons is genooi om gou 'n draai by Ruby Lodge te gaan maak - so bietjie van 'n marketing exercise, maar hoekom nie?

Down-stream van die Lodge

Image

... en up-stream

Image

eers gou bietjie contact detail uitruil..... :thumbup:

Image

en dan is ons weer op pad.

Image

Deur die wildsplaas het ons heelwat rooibokke gesien en selfs 2 koedoes, maar niemand het so mooi ge-"pose" soos hierdie Zebra nie

Image

Al was dit al bietjie laat, was die berge nog steeds mooi :wink:

Image

Die vorige nat reen jare se tol tel selfs op hierdie rotsvaste strukture wat die Groot Man op die aarde geplaas het - let op die rock-slide.

Image

en dan is ons in die kloof met die eerste water crossing - niks om oor huis toe te skryf nie, maar nog steed baie lekker :D:

Image

eers gou 'n "pitstop" :mrgreen: :mrgreen:

Image

en dan kom ons by die mooiste kruising

Image

terwyl die ander hul beurt af wag :wink:

Image

gaan 'n lonely Cruiser deur die kloof.... (sh!t - I'm a poet and I I don't even know it.. :lol: )

Image

Gelukkig was daar darem nog so paar crossings oor....

Image

maar op die ou end het ons weer by die begin punt ge-eindig

Image

waar almal weer die pad huis toe geneem het :cry:
Image


Dankie aan almal wat die dag gereel het :thumbup: :thumbup:

Hennie

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Sun Jun 27, 2010 1:01 pm
by Bloues
eish - ek nou erg jaloers.....!!! Julle tyd daar lyk awesome !!!!!!!!

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Sun Jun 27, 2010 1:35 pm
by OOOOMS
Goeie Mamma hierdie, eers eet die mans en kinders....
:lol: :lol: :lol: :lol: Mamma het van die menu af bestel, maar dit het nie gekom nie.... :wink:

Hennie bo-op sy Cruiser :lol: :lol:
IMG_0315 (Small).JPG

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Sun Jun 27, 2010 1:41 pm
by HennieJ2
Let wel - die baaisiekel is nie 4x4 nie - dus nie deel van die groep nie :mrgreen:

Hennie

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Sun Jun 27, 2010 2:16 pm
by pietpetoors
Dit lyk nou sommer baie lekker. Dit is 'n mooi plek daai.
Bly om te sien daar was so baie voertuie gewees.
Lyk of dit weer lekker koud was?

Re: 4X4 Breakfast run

Posted: Sun Jun 27, 2010 2:45 pm
by HennieJ2
In Witbank / Middelburg was dit koel, maar toe ons eers in die Loskop vallei kom, het jy net sien baadjies trek. By die lodge waar ons ge-eet het, het die mense geduik vir skaduwee.

Die Loskop vallei area is seker een van die mooiste areas hier naby ons en gee darem bietjie afleiding van die mynbou bedrywighede en on-ooglike mynhope hier by ons.

Hennie