Windpompfees Naboomspruit- Laat my asb weet wie belangstel??

Post Reply
User avatar
Frederick
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1156
Joined: Fri Nov 13, 2009 11:47 am
Town: Hendrina Mpumalanga
Vehicle: 2011 Hilux. 2016 79 Land Cruiser
Real Name: Frederick
Club VHF Licence: X42

Windpompfees Naboomspruit- Laat my asb weet wie belangstel??

Post by Frederick »

Manne en Maninne

Hier is 'n lekker 4x4 naweek met groot pryse 16-18 Junie 2011.

Gaan kyk gerus op hul website
http://www.naboomwindpompfees.co.za/ind ... &Itemid=98" onclick="window.open(this.href);return false;


Kan ons dalk 'n taakspan bymekaar sit om die Hilux club te verteenwoordig?
Last edited by Frederick on Mon May 23, 2011 11:26 am, edited 1 time in total.
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: Windpompfees Naboomspruit- Lekker 4x4 spesiale aanbod

Post by ThysdJ »

Image
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
User avatar
Frederick
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1156
Joined: Fri Nov 13, 2009 11:47 am
Town: Hendrina Mpumalanga
Vehicle: 2011 Hilux. 2016 79 Land Cruiser
Real Name: Frederick
Club VHF Licence: X42

Re: Windpompfees Naboomspruit- Lekker 4x4 spesiale aanbod

Post by Frederick »

Ek het met hulle gepraat oor die R1750 inskryfgeld.
My argument was dat dit te duur is as mens net 2 persone is.
Dit is die terugvoer wat ek gekry het. Ek dink dit is billik.

Goeiedag Frederick

Die koste vir julle 2 is, R1390 vir die 2dae.

Dit sluit in:
Die koste vir die 2dae se Windpompfees 4 X4 Safari - verskillende roetes.
Ontbyt vir 2dae vir die donderdag en vrydag tydens die 4X4 Safari.
2 Windpompfees Kaartjies..(donderdag, vrydag en saterdag toegang) waar gaskunstenaars optree en uistallings gehou word. Die fees hekke sluit 22h00.

Groete

Veronica
User avatar
Frederick
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1156
Joined: Fri Nov 13, 2009 11:47 am
Town: Hendrina Mpumalanga
Vehicle: 2011 Hilux. 2016 79 Land Cruiser
Real Name: Frederick
Club VHF Licence: X42

Re: Windpompfees Naboomspruit- Lekker 4x4 spesiale aanbod

Post by Frederick »

Goeiedag

Dit is nou bevestig dat die Windpompfees 4 X 4 roete die week gegradeer word deur Andre de Villiers van Safari Centre in Pretoria.
http://www.safaricentre.co.za/" onclick="window.open(this.href);return false;

Ek laat weet u binnekort wat dit gegradeer is.

Groete

Veronica van vuuren
Tel: 082 788 0690


of
Koördineerder – 4x4: Lukas Rautenbach
Sel: 083 254 7127

of

Gwen van Emmenes
Windpompfees Kantoor
Tel: 014 743 3137
Faks: 086 695 1806
Sel: 076 533 4513
windpompfees@gmail.com
User avatar
Frederick
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1156
Joined: Fri Nov 13, 2009 11:47 am
Town: Hendrina Mpumalanga
Vehicle: 2011 Hilux. 2016 79 Land Cruiser
Real Name: Frederick
Club VHF Licence: X42

Re: Windpompfees Naboomspruit- Lekker 4x4 spesiale aanbod

Post by Frederick »

NABOOM WINDPOMPFEES ? 16 TOT 18 JUNIE 2011 ? AANGEBIED DEUR EUPHORBIA CHRISTELIKE ONAFHANKLIKE SKOOL


Die Windpompfees het in 2008 ontstaan en word vanjaar vir die vierde jaar aangebied. Die fees is ?n buitelug, eko-toerisme skou waar daar ook aktiwiteite en vermaak vir oud en jonk aangebied word.

Hierdie jaar is daar ?n nuwe toevoeging in die vorm van ?n 4x4 Safari. Die 4x4 roetes self is uniek, aangesien dit oor ?n tydperk van 2 dae deur ou historiese plekke, ?n tin myn en verskeie plase met obstruksies, moddergate en bergpaaie strek. Asook die bekende en natuurskone Entabeni Wildreservaat met sy groot 5.

Inskrywingsgeld beloop R1?750.00 en ?n kombers, dit sluit die volgende in:

Inskrywing vir 1 4x4 voertuig (4 persone ingesluit) vir die 2 dae se roetes
Toegangskaartjies vir 4 persone vir 3 dae op die fees, donderdag, vrydag en saterdag.
Ontbyt / Brunch vir 4 persone vir donderdag en vrydag
Toegang vir die 2 dae tot die roetes en hindernisse, en die geleentheid om aan die
padblokkades deel te neem en dan natuurlik die kans om van die pryse te wen.

Ons laaste padblok is die saterdag by die Windpompfees en dit is ook waar ons prysuitdeling plaasvind.

Inskrywingsgeld vir Enkelkajuit 4x4?s met 2 persone is R1390 en ?n kombers.

Die hindernisse is gegradeer deur Mnr. Andre de Villiers van Safari Centre. Safari Centre is ook die 4x4 Safari se hoof borg. Die hindernisse word geborg deur Warn, Mutapa Hotel and Resorts, Spitronics, Safeline En DIY, om net ?n paar te noem.

Vir die van julle wat wonder oor die kombers as inskrywingsgeld, dit is deel van die "Winter warmer" veldtog wat deur Jakaranda geloots word. Die komberse word saterdag op die feesterrein, waar die laaste hindernis van die safari plaasvind, ingegee.

Van die kunstenaars wat op die fees gaan wees is Juanita du Plessis, Thys die bosveldklong, Jay, Bobby van Jaarsveld, Amor, Alan Ladd, Jennifer en Robbie Wessels. Daar gaan ?n fees van stalletjies wees met baie om te sien.

Instansies wat deel in die winste van die fees is Naboom Tuiste vir Bejaardes, Magrietjies kankerhulpvereniging en Abraham Kriel kinderhuis asook die Sonstraal Skool.
?
So, skryf in vir die 4x4 en kom geniet julle gate uit in die bosveld. Daar is ?n beperkte hoeveelheid inskrywings. Aangeheg is 'n inskrywingsvorm. Vind onderstaande meer inligting van die 4x4 asook die roetes:


http://www.naboomwindpompfees.co.za/ind ... &Itemid=98" onclick="window.open(this.href);return false;

of kontak ons gerus by onderstaande nommers.


Ons hoop om binnekort van u te hoor.

Vriendelike Groete


Veronica van vuuren
Tel: 082 788 0690


of
Koördineerder ? 4x4: Lukas Rautenbach
Sel: 083 254 7127

of

Gwen van Emmenes
> Windpompfees Kantoor
> Tel: 014 743 3137
> Faks: 086 695 1806
> Sel: 076 533 4513
> windpompfees@gmail.com
Post Reply

Return to “Limpopo”