STAMPER

Members' DIY projects
Post Reply
User avatar
Piesang
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1610
Joined: Wed May 28, 2008 10:14 am
Town: Grabouw
Vehicle: '99 Hilux SRX d/c 4x4
Real Name: Pieter Pieterse

STAMPER

Post by Piesang »

Wat is 'n goeie Afrikaanse woord vir bumper :?: :?:

Ek het my bakie liggies teen 'n boom bestamp :oops: toe die agter STAMPER nie sy werk kon doen nie omdat hy vrot geroes was, water gaan by die bol se boutgate in en kan dan nie uitloop op die koppe nie.

Image
Image

Ek het 'n stuk 3m reghoek yster gekry, die punte gesny en toe gebuig.

Image
Image

Die arms van die pyp afgesny en die nuwe yster aan gesit en twee klein gatjies onder geboor vir water om uit teloop. Moet nog die pyp vir di hilift jack in sit en afrond.

Ek wil net weet of dit gaan werk as ek 'n groot pyp waar die ligprop in sal pas in die bumper kan in bou sodat die wa se prop nie so ver van die bumper uitsteek of dat die nie telaag onder die bumper is nie. Indien wel watter grote pyp gebruik ek. Sal nog later die arm vir die spaarwiel ook maak en opsit.

Het nie nou 'n foto van die bumper soos hy nou lyk op die bakkie nie sal een neem en op sit (as ek die fotos hierbo op gekry het)
Image

"Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." Jak 4:7
User avatar
CasKru
Moderator
Moderator
Posts: 23956
Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
Town: Benoni
Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
Real Name: Cassie
Club VHF Licence: B15
Location: Rynfield

Re: STAMPER

Post by CasKru »

So ver ek weet is dit buffer
To God be the glory
User avatar
JohanM
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4047
Joined: Tue Aug 14, 2007 8:33 pm
Town: Meyerton
Vehicle: Prado 120 4.0 V6
Real Name: Johan
Club VHF Licence: HC126
Location: Gauteng
Contact:

Re: STAMPER

Post by JohanM »

Korrek Cassie!!!! Jy verdien 'n koue bier vir daai ene!!! :thumbup: :twisted: :twisted: :twisted:
Johan Marais
User avatar
Okkie Van Wyk
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 420
Joined: Sat Sep 22, 2007 10:46 pm
Town: Middelburg
Vehicle: 2011 Hilux 3.0 D4D D/C
Real Name: Okkie
Club VHF Licence: N019
Location: Middelburg MP
Contact:

Re: STAMPER

Post by Okkie Van Wyk »

Hi pieter

Dit lyk of die "STAMPER" wat jy me besig is net die ding is vir my ek sal ook graag meer daarvan wil sien .
Het jy al die hak aan of gaan jy een van daai "VERWYDERBARE" tipes maak wat kan af haal as jy nie iets sleep nie ?Ek sal graag wil sien omdat ek self in daai rigting dink

Okkie
123 WEG MP
2011 Hilux Vigo 3.0 D4D D/C
VENI VICI VIDI
CAME, I SAW, I CONQUERED
User avatar
Piesang
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1610
Joined: Wed May 28, 2008 10:14 am
Town: Grabouw
Vehicle: '99 Hilux SRX d/c 4x4
Real Name: Pieter Pieterse

Re: STAMPER

Post by Piesang »

So ver ek weet is dit buffer
Dankie dis die woord wat ek gesoek het, maar ek hou van die woord stamper, want ek sal graag 'n ou treinspoor staaf voor en agter wou opsit om 'n paar taxis mee te buffer wat sommer reg voor jou inry en dan net daar stop. :lol: :lol: :lol:
Het jy al die hak aan of gaan jy een van daai "VERWYDERBARE" tipes maak wat kan af haal as jy nie iets sleep nie ?
Ja ek moes dringind die hak aansit, want ons het oor die groot dae getrek en ek moes 'n groot wa sleep en die ou buffer sou dit nie maak nie. Ek het die verwyderbare een oorweeg maar moes doodgedwonge die ou een terug sit.

Die buffer sit die selfde hoogte as die voorige een en ek wil dit verander dat hy hoër is en daarvoor het ek gedink dat die arms reguit van die onderstel af moet uit kom en nie met 'n val soos die een uit die fabriek nie. Daarvoor sal ek 2 openinge in die bak agter moet maak waar die arms kan uitkom. Ek sal kyk of ek vandag nog 'n foto kan meen van hoe hy nou op die bakkie lyk en op sit.

Gepraat van foto. Ek verstaan nie lekker hoe die foto opsit werk nie. Ek gebruik photobucket en kry nie die foto soos voorheen dat hy copy as jy op die link kliek nie, toe regskliek ek en copy en toe wys die fotos nie op die pos na ek klaar was nie en vanoggend is die fotos daar. Is een van jul vaardige manne dalk die engeltjie wat dit oor nag regstel indie wel sê my hoe dat ek dit van die begin af kan reg doen.
Image

"Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." Jak 4:7
BenHur
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5906
Joined: Fri May 18, 2007 7:12 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '96 D/C Raider
Real Name: Bennie
Location: Doornpoort

Re: STAMPER

Post by BenHur »

n Stamper is daai stingeltjie in die middel van 'n blom waar 'n insek kom sit om stuifmeel oor te dra (of daai blom in 'n geel land rover watse bonnet so gefrommel is)
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: STAMPER

Post by ThysdJ »

Piesang wrote:Gepraat van foto. Ek verstaan nie lekker hoe die foto opsit werk nie. Ek gebruik photobucket en kry nie die foto soos voorheen dat hy copy as jy op die link kliek nie, toe regskliek ek en copy en toe wys die fotos nie op die pos na ek klaar was nie en vanoggend is die fotos daar. Is een van jul vaardige manne dalk die engeltjie wat dit oor nag regstel indie wel sê my hoe dat ek dit van die begin af kan reg doen.
Uitgevang! Dit was ek wat dit reggemaak het. Jy het die [img] tags verdubbel rondom die link na die foto toe. As jy die link copy op photobucket dan lyk hy klaar so

Code: Select all

[IMG]http://i235.photobucket.com/albums/ee261/thysdj/avrs/fatal_error.gif[/IMG]
Dan is dit nie nodig om die link te highlight en weer die "Img" button op die toolbar te druk nie.
:thumbup: :thumbup: :thumbup:
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
User avatar
Piesang
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1610
Joined: Wed May 28, 2008 10:14 am
Town: Grabouw
Vehicle: '99 Hilux SRX d/c 4x4
Real Name: Pieter Pieterse

Re: STAMPER

Post by Piesang »

Dankie Kaspaas :thumbup: :thumbup: jy is 'n dooring, ek is bang om te sê 'n engel netnou is die ander Engel op die forum nie heppy met my as dit klink ek vergelyk jou met hom nie. :lol: :lol: :lol:

:o: :o: OOOja en as ek jou 'n engel noem dink die ouens dalk daar is fout by my.
Image

"Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." Jak 4:7
User avatar
Piesang
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1610
Joined: Wed May 28, 2008 10:14 am
Town: Grabouw
Vehicle: '99 Hilux SRX d/c 4x4
Real Name: Pieter Pieterse

Re: STAMPER

Post by Piesang »

Image
Image
Image
Image

"Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." Jak 4:7
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: STAMPER

Post by ThysdJ »

nee reg so Pieter... Daai hoeke op die T/B is darem skerp... :shock: :twisted: :twisted:
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
User avatar
Piesang
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1610
Joined: Wed May 28, 2008 10:14 am
Town: Grabouw
Vehicle: '99 Hilux SRX d/c 4x4
Real Name: Pieter Pieterse

Re: STAMPER

Post by Piesang »

daai hoek het al klaar 'n duik in my Golf se deur gedruk :( :(

my seun (16) die bakkie omgedraai (pa was by die werk) om die laaste goed van die trek uit telaai toe hy die Golf hak. Toe vat ma oor en druk die lux se neus in 'n dik boomtak vas. :cry: :cry: :cry:
Image

"Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." Jak 4:7
User avatar
JohanM
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4047
Joined: Tue Aug 14, 2007 8:33 pm
Town: Meyerton
Vehicle: Prado 120 4.0 V6
Real Name: Johan
Club VHF Licence: HC126
Location: Gauteng
Contact:

Re: STAMPER

Post by JohanM »

PIeter dis nou nie te lekker om dit te hoor nie, maar darem weet jy die Buffer agter is mooi beskermend in die parkeerterreine waar die mense mos soos Schumacher net vinning oor die die streep parkeer.....En hulle deure dan oopmaak teen jou voertuig.
Johan Marais
User avatar
Piesang
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1610
Joined: Wed May 28, 2008 10:14 am
Town: Grabouw
Vehicle: '99 Hilux SRX d/c 4x4
Real Name: Pieter Pieterse

Re: STAMPER

Post by Piesang »

maar darem weet jy die Buffer agter is mooi beskermend in die parkeerterreine waar die mense mos soos Schumacher net vinning oor die die streep parkeer.....En hulle deure dan oopmaak teen jou voertuig.
Ja ek sou graag runnerboard wou op sit van 6mm plaar wat so 1voet uit staan dat daai ou sy deur goed teen die board kan kap.
Image

"Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." Jak 4:7
User avatar
JohanM
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4047
Joined: Tue Aug 14, 2007 8:33 pm
Town: Meyerton
Vehicle: Prado 120 4.0 V6
Real Name: Johan
Club VHF Licence: HC126
Location: Gauteng
Contact:

Re: STAMPER

Post by JohanM »

Piesang wrote:
maar darem weet jy die Buffer agter is mooi beskermend in die parkeerterreine waar die mense mos soos Schumacher net vinning oor die die streep parkeer.....En hulle deure dan oopmaak teen jou voertuig.
Ja ek sou graag runnerboard wou op sit van 6mm plaar wat so 1voet uit staan dat daai ou sy deur goed teen die board kan kap.

Ek hoor jou, die ou SFA Raiders het sulke lekker bree trappe opgehad. :thumbup: :thumbup: Is lekker sterk ook, moes lank soek vir `n stel om op my non raider SFA te sit. :shock: Maar nou parkeer ek altegraag baie mooi netjies en worrie nie meer oor die karre wat hulle deure oop maak nie..... :twisted: :twisted:

Dink dalk moet ek nou `n stel pype opsit wat die Fenders beskerm soos wat hulle in Australie gebruik en sommer nog so `n mod doen agter die bumper wat tot by die agterkan by die modderklap draai. Kyk bietjie na die ARB Designs. Dink ek gaan so iets maak werk op my Hilux.... :wink:
Johan Marais
User avatar
Piesang
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1610
Joined: Wed May 28, 2008 10:14 am
Town: Grabouw
Vehicle: '99 Hilux SRX d/c 4x4
Real Name: Pieter Pieterse

Re: STAMPER

Post by Piesang »

ek dink nog steed dat 'n stuk treinspoor voor en agter, wat so voet by die bak werk verbystaan en skerp gemaak word (soos my STAMPER se punte) vir daai taxis wat so voor jou dubbel parkeer of op geel/rooi streppe om sy passesiers opte laai, 'n geen stilhou bord staan mos deesdae vir 'taxi stop'. :o: :o:
Dink net hoe gaan daai bus lyk as jy by hom moet verby skuur in die nou gangetjie wat hy vir jou los. :lol: :lol: :lol: :lol:
Image

"Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." Jak 4:7
User avatar
JohanM
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4047
Joined: Tue Aug 14, 2007 8:33 pm
Town: Meyerton
Vehicle: Prado 120 4.0 V6
Real Name: Johan
Club VHF Licence: HC126
Location: Gauteng
Contact:

Re: STAMPER

Post by JohanM »

Piesang wrote:ek dink nog steed dat 'n stuk treinspoor voor en agter, wat so voet by die bak werk verbystaan en skerp gemaak word (soos my STAMPER se punte) vir daai taxis wat so voor jou dubbel parkeer of op geel/rooi streppe om sy passesiers opte laai, 'n geen stilhou bord staan mos deesdae vir 'taxi stop'. :o: :o:
Dink net hoe gaan daai bus lyk as jy by hom moet verby skuur in die nou gangetjie wat hy vir jou los. :lol: :lol: :lol: :lol:
Ja nee, dan maak jy daai taxi sommer `n open fun ride cut down voertuig!!! Sal laaik om so een se gesig te sien as jy sy skuifdeur en alles soo oopskeur van `n kant af dat dit lyk asof jy `n grinder gevat het en self gesny het... :lol: :lol: :lol:
Johan Marais
User avatar
Piesang
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1610
Joined: Wed May 28, 2008 10:14 am
Town: Grabouw
Vehicle: '99 Hilux SRX d/c 4x4
Real Name: Pieter Pieterse

Re: STAMPER

Post by Piesang »

:think: dit lyk my ons is hier besig om 'n paar 007 4x4's te bou :lol: :lol: :lol:
Image

"Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." Jak 4:7
User avatar
JohanM
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4047
Joined: Tue Aug 14, 2007 8:33 pm
Town: Meyerton
Vehicle: Prado 120 4.0 V6
Real Name: Johan
Club VHF Licence: HC126
Location: Gauteng
Contact:

Re: STAMPER

Post by JohanM »

:shock: :lol: Ja ons doen, maar iemand moet begin orde skep!!!! :lol: :lol: :lol: Ek soek nogsteeds a Paintballgun met so 1000 rondtes voor in My Lux dat ek hom kan dress en colour code. Wil die oukie agter die wiel sien as jy eweskielik sy "wrak" met verf bykom........... :twisted: :lol: :lol:
Johan Marais
User avatar
Piesang
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1610
Joined: Wed May 28, 2008 10:14 am
Town: Grabouw
Vehicle: '99 Hilux SRX d/c 4x4
Real Name: Pieter Pieterse

Re: STAMPER

Post by Piesang »

Wil die oukie agter die wiel sien as jy eweskielik sy "wrak" met verf bykom...........
Die wrak sal dalk beter lyk nadie tyd ons is mos nou 'n rainbownation
Image

"Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." Jak 4:7
BenHur
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5906
Joined: Fri May 18, 2007 7:12 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '96 D/C Raider
Real Name: Bennie
Location: Doornpoort

Re: STAMPER

Post by BenHur »

Jinne maar julle manne is aggressief hê? Ek dink julle moet by doktor Phil gaan kuier oor julle undercover road rage issues. :twisted: :twisted: :twisted:


Pieter

Daai nommerplaat is dit een van daai personalised goete wat by jou pos titel pas?
User avatar
Jack KZ-TE
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 50
Joined: Fri Jan 02, 2009 8:17 am
Town: Durban
Vehicle: 2001 Toyota Hilux KZ-TE DC 4x2
Real Name: Jack
Location: Durban

Re: STAMPER

Post by Jack KZ-TE »

So ly n taxi wat nie wou padgee vir my modified Lux nie.... :
Die Taxi
Die Taxi
30102008(021).jpg (1.64 KiB) Viewed 3501 times
Die Taxi
Die Taxi
30102008(024).jpg (1.27 KiB) Viewed 3499 times
Net jammes dit is ook Toyota...... :clap:
Attachments
My Hilux
My Hilux
30102008(013).jpg (2.39 KiB) Viewed 3496 times
One day at a time please..
User avatar
Hi-Hilux
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2828
Joined: Mon Jul 21, 2008 11:22 am
Town: Tsumeb
Vehicle: 1991 Hilux2.2 ---1987 Hilux D/C Hella 1000, Rancho RS9000XL shocks, Good Year M/TR, Warn Winch, STK bullbar, Extended shacles, Kenwood VHF-SOLD
Real Name: Trevor
Location: Namibia

Re: STAMPER

Post by Hi-Hilux »

Mooi opgelet en baie skerp Bennie...CEO :lol: :clap:
Is gebed jou spaarwiel of jou stuurwiel?
'Life is a coin. You can spend it anyway you wish, but you can only spend it ONCE'
User avatar
hentey
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 693
Joined: Sun Dec 07, 2008 5:15 pm
Town: worcester
Vehicle: 2700i 4x4
Real Name: hentey pople
Location: worcester

Re: STAMPER

Post by hentey »

Nice stamper piesang,laat my dink aan my RSM se snor.Kan sien jy het al voorheen gesweis ook.Geen kritiek nie, maar ek stem saam met Kaspaas oor daai skerp hoeke.Oorweeg dit om die punte bietjie korter te maak en dan kan kan jy begin adverteer.Lyk tonne beter en sterker as die ronde pype. :thumbup: :thumbup: :thumbup: Lekker breed en hoog genoeg vir die HILUX FORUM sticker ook. :lol: :lol: :lol:
User avatar
Bushwacker
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2718
Joined: Sat Feb 02, 2008 12:34 pm
Town: Vryheid Natal
Vehicle: 2003 HILEX, 35" maxxis. 2009 Prado 120 VX
Real Name: Piet

Re: STAMPER

Post by Bushwacker »

Al te grend stamper Piesang, :thumbup: My 2sent, as jy die twee kante box, sal dit jou die moeite spaar om modder daaruit te grou. En dalk 'n stukkie aluminium stepplate bo-op om die verf job te beskerm :thumbup:
Hier is fotos van my BLOUBUL sticker, en tuisgemaakde stamper :thumbup:
Attachments
2008_11_06 02_20 PM_0013.jpg
2008_11_06 02_20 PM_0012.jpg
User avatar
2.8 d/cab SFA
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1407
Joined: Sun Oct 05, 2008 10:08 am
Town: Boksburg
Vehicle: Yamaha R1
Real Name: John
Location: Boksburg

Re: STAMPER

Post by 2.8 d/cab SFA »

mooi stamper, jammer jy het nie daai ding meer van die pad af gestamp :lol:
John
Real Trucks Don't Have Sparkplugs!
ImageImage
User avatar
Family_Dog
Moderator
Moderator
Posts: 12695
Joined: Tue May 22, 2007 10:09 am
Town: Klerksdorp
Vehicle: Hilux DC SFA, Hilux 2.7 DC, Hilux 2.7 SC, Prado 95 VX
Real Name: Eric
Club VHF Licence: HC101
Location: Klerksdorp, NW
Contact:

Re: STAMPER

Post by Family_Dog »

Piet, gooi weg die BB sticker, doesn't match. Think how nice a SHARKS sticker would look there!
Sharks icon.jpg
Sharks icon.jpg (3.89 KiB) Viewed 3457 times
(Courtesy of Jack-KZ-TE)


-F_D
Image

White Fang: 1999 2.7i DC Raider 4x4
Bull Dog: 1987 4Y-EFI 2.2 DC 4x4
Pra Dog: 1998 Prado VX 3.4
Hound Dog: 2000 2.7i SC 4x4


One Staffie, One Jack Russell, One Ring Neck Screecher, 17 Fish of questionable heritage


Image
BenHur
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5906
Joined: Fri May 18, 2007 7:12 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '96 D/C Raider
Real Name: Bennie
Location: Doornpoort

Re: STAMPER

Post by BenHur »

Jack KZ-TE wrote:So ly n taxi wat nie wou padgee vir my modified Lux nie.... :
30102008(013).[attachment=0]30102008(021).jpg
30102008(024).jpg
Net jammes dit is ook Toyota...... :clap:
Eish Jack


Image
BenHur
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5906
Joined: Fri May 18, 2007 7:12 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '96 D/C Raider
Real Name: Bennie
Location: Doornpoort

Re: STAMPER

Post by BenHur »

Bushwacker wrote:Al te grend stamper Piesang, :thumbup: My 2sent, as jy die twee kante box, sal dit jou die moeite spaar om modder daaruit te grou. En dalk 'n stukkie aluminium stepplate bo-op om die verf job te beskerm :thumbup:
Hier is fotos van my BLOUBUL sticker, en tuisgemaakde stamper :thumbup:
Pragtig Pragtig

ImageImageImage
User avatar
Bushwacker
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2718
Joined: Sat Feb 02, 2008 12:34 pm
Town: Vryheid Natal
Vehicle: 2003 HILEX, 35" maxxis. 2009 Prado 120 VX
Real Name: Piet

Re: STAMPER

Post by Bushwacker »

OFF TOPIC
But while we're there...
Attachments
SORRY ERIC
SORRY ERIC
sharks suck.jpg (13.4 KiB) Viewed 3447 times
User avatar
Family_Dog
Moderator
Moderator
Posts: 12695
Joined: Tue May 22, 2007 10:09 am
Town: Klerksdorp
Vehicle: Hilux DC SFA, Hilux 2.7 DC, Hilux 2.7 SC, Prado 95 VX
Real Name: Eric
Club VHF Licence: HC101
Location: Klerksdorp, NW
Contact:

Re: STAMPER

Post by Family_Dog »

Jealousy is a NASTY thing! :mrgreen:


-F_D
Image

White Fang: 1999 2.7i DC Raider 4x4
Bull Dog: 1987 4Y-EFI 2.2 DC 4x4
Pra Dog: 1998 Prado VX 3.4
Hound Dog: 2000 2.7i SC 4x4


One Staffie, One Jack Russell, One Ring Neck Screecher, 17 Fish of questionable heritage


Image
User avatar
Bushwacker
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2718
Joined: Sat Feb 02, 2008 12:34 pm
Town: Vryheid Natal
Vehicle: 2003 HILEX, 35" maxxis. 2009 Prado 120 VX
Real Name: Piet

Re: STAMPER

Post by Bushwacker »

I know :angel: :oops:
User avatar
Jack KZ-TE
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 50
Joined: Fri Jan 02, 2009 8:17 am
Town: Durban
Vehicle: 2001 Toyota Hilux KZ-TE DC 4x2
Real Name: Jack
Location: Durban

Re: STAMPER

Post by Jack KZ-TE »

Sorry mense, ek leer nog om te re-size :oops:
Sal volgende keer beter wees.. :shifty:
One day at a time please..
User avatar
Piesang
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1610
Joined: Wed May 28, 2008 10:14 am
Town: Grabouw
Vehicle: '99 Hilux SRX d/c 4x4
Real Name: Pieter Pieterse

Re: STAMPER

Post by Piesang »

Daai nommerplaat is dit een van daai personalised goete wat by jou pos titel pas?
Bennie nee, ek het hom so van die Vrekeers Dep gekry. Lekker kort en my Golf sin is 9210, hier by ons het die nommers nou eers onlangs oor 9999 gegaan.
Image

"Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." Jak 4:7
User avatar
Piesang
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1610
Joined: Wed May 28, 2008 10:14 am
Town: Grabouw
Vehicle: '99 Hilux SRX d/c 4x4
Real Name: Pieter Pieterse

Re: STAMPER

Post by Piesang »

Mooi opgelet en baie skerp Bennie...CEO
Baie skerp Ek het vanoggend gesit en slaap en nie dit gesnap nie :oops: :oops: :oops: :lol: :lol:
Al te grend stamper Piesang, My 2sent, as jy die twee kante box, sal dit jou die moeite spaar om modder daaruit te grou. En dalk 'n stukkie aluminium stepplate bo-op om die verf job te beskerm
Hier is fotos van my BLOUBUL sticker, en tuisgemaakde stamper
Dit buffer is net eers opgesit om dat ek moet trek, hy kom die week weer af dan word die gatte geboor vir die Hilift jack punt en sy arms word verander dar hy hoër van die grond gelig word. en ja hy kry die aluminium strook boop.

Ek weet nog net nie van galvinising af nie, want verf hou nie daarop nie. Het gedink om hom net te spry en dan omdat hy heeltemal toe is so lieter olie genemg 50/50 met diesel in hom te gooi sy drein gat te slopt en so paar maande so met hom tery en dan te drein. Dan is hy goed gesmeer binne vir roes. ?????

Wat die bloubul sticker betref, ek het tot bekeering gekom en nou sal blou strepe oor die wit bakkie mooi pas met 'n disa sticker. :lol: :lol: :lol: :lol:
Image

"Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." Jak 4:7
User avatar
Bushwacker
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2718
Joined: Sat Feb 02, 2008 12:34 pm
Town: Vryheid Natal
Vehicle: 2003 HILEX, 35" maxxis. 2009 Prado 120 VX
Real Name: Piet

Re: STAMPER

Post by Bushwacker »

Solank disa BLOUBUL sticker :thumbup:
User avatar
Piesang
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1610
Joined: Wed May 28, 2008 10:14 am
Town: Grabouw
Vehicle: '99 Hilux SRX d/c 4x4
Real Name: Pieter Pieterse

Re: STAMPER

Post by Piesang »

Solank disa BLOUBUL sticker
Maak eindlik nie saak watse sticker nie, daar sal geen sticker wees, want vandat Naas nie meer rugby speel is ek nie 'n rugby fen nie en toe hul vir Hansie uit die krieket haal toe sterf krieket ook 'n stadige dood. :cry: :cry:
Image

"Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." Jak 4:7
User avatar
King Rat
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 645
Joined: Mon Jul 28, 2008 6:38 am
Town: Brackenfell
Vehicle: Hilux
Real Name: Coenraad

Re: STAMPER

Post by King Rat »

Stamper Hansie :thumbdown: :lol: :lol: :lol:
Datsun GX Coupe 1200
99 Subaru Legacy GT
07 Alfa Romeo GT 3.2 V6

Lampropeltis getula californiae, Orthriophis taeniura friesi, Morelia spilota, Python brongersmai, Epicrates chenchria maurus, Python regius
User avatar
Piesang
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1610
Joined: Wed May 28, 2008 10:14 am
Town: Grabouw
Vehicle: '99 Hilux SRX d/c 4x4
Real Name: Pieter Pieterse

Re: STAMPER

Post by Piesang »

Ek het raad nodig op die buffer.

Ek moes dit so hastig reg kry om op tesit vir die trek dat daar nie tyd was om die hilift points in die buffer in te bou nie.

Nou kan ek nie gat van agter maak, want die arm se dwars yster is in die pad om van agter met 'n boor in tekom en 'n holesaw gaan nie van voor regdeur tot ater uit nie.
:think: Nou het ek gewonder as ek aan die onderkant van die buffer 'n vierkant uit sny en in plaas van ronde pyp 'n vierkant in te swys.

:?: Sal die hilitf jack se ronde punt stewig genoeg daar in werk of gaan ek probleeme op tel. :?:

JA JA JA JA ek weet ek moet in die eerste plek nie vassit nie. :lol: :lol:
Image

"Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." Jak 4:7
User avatar
Bushwacker
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2718
Joined: Sat Feb 02, 2008 12:34 pm
Town: Vryheid Natal
Vehicle: 2003 HILEX, 35" maxxis. 2009 Prado 120 VX
Real Name: Piet

Re: STAMPER

Post by Bushwacker »

Ek het een van die goete gebou, en dit werk.
Attachments
HIGHLIFT2.jpg
HIGHLIFT1.jpg
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10650
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Re: STAMPER

Post by pietpetoors »

Baie netjies Piet
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
User avatar
Family_Dog
Moderator
Moderator
Posts: 12695
Joined: Tue May 22, 2007 10:09 am
Town: Klerksdorp
Vehicle: Hilux DC SFA, Hilux 2.7 DC, Hilux 2.7 SC, Prado 95 VX
Real Name: Eric
Club VHF Licence: HC101
Location: Klerksdorp, NW
Contact:

Re: STAMPER

Post by Family_Dog »

Bushwacker wrote:Ek het een van die goete gebou, en dit werk.
Piet, laat weet as jy nog van hulle bou, ek soek ook een!


-F_D
Image

White Fang: 1999 2.7i DC Raider 4x4
Bull Dog: 1987 4Y-EFI 2.2 DC 4x4
Pra Dog: 1998 Prado VX 3.4
Hound Dog: 2000 2.7i SC 4x4


One Staffie, One Jack Russell, One Ring Neck Screecher, 17 Fish of questionable heritage


Image
Dadz Toy BFI

Re: STAMPER

Post by Dadz Toy BFI »

I like your Hi-Lift bracket for your rocksliders, that's pretty ingenious :thumbup: :thumbup:
User avatar
Scorpion
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2158
Joined: Wed Jan 16, 2008 6:31 pm
Town: Emmarentia
Vehicle: 1988 Hilux 4x4 D/C with more attitude than Mike Tyson
Real Name: Johann
Location: Constant Kloof

Re: STAMPER

Post by Scorpion »

Jinne, Piet - baie smart! Laat weet maar as jy dit wil patenteer... :shock:
1988 Hilex D/C 4x4 (Import spec), Lexus V8; Marlin Crawler; Custom Suspension: front and new 4 link in the rear; Disc Brake conversion rear; 35" Cooper STT tyres; Xenon lights; Custom bullbar;Next? Aircon; new front seats, redo the whole interior in nice soft leather, Respray, Double Lockers
1978 Land Cruiser HJ45
1971 Mercedes Benz 280S Automatic
2011 Land Cruiser 79 V6 (60th Anniversary Edition)
User avatar
Piesang
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1610
Joined: Wed May 28, 2008 10:14 am
Town: Grabouw
Vehicle: '99 Hilux SRX d/c 4x4
Real Name: Pieter Pieterse

Re: STAMPER

Post by Piesang »

Piet baie goeie Hi-lift bracket, het jy stoppers op jou rocksliders om te keer dat die Hi-Lift bracket nie gly nie :?:
Image

"Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug." Jak 4:7
User avatar
Gertc
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 679
Joined: Thu Dec 20, 2007 10:01 pm
Town: Klerksdorp
Vehicle: 3.0L Fortuner
Real Name: Gert Combrink
Club VHF Licence: Xray05
Location: Noord Wes

Re: STAMPER

Post by Gertc »

Vraag?

Gaan die versekering uit betaal as jy 'n tuis gemaakte sleepstang opsit wat nie sabs goed gekeur is nie?
BenHur
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5906
Joined: Fri May 18, 2007 7:12 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '96 D/C Raider
Real Name: Bennie
Location: Doornpoort

Re: STAMPER

Post by BenHur »

Gertc wrote:Vraag?

Gaan die versekering uit betaal as jy 'n tuis gemaakte sleepstang opsit wat nie sabs goed gekeur is nie?
Nie as hy breek nie maar anersins kan ek nie sien hoekom nie
User avatar
hentey
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 693
Joined: Sun Dec 07, 2008 5:15 pm
Town: worcester
Vehicle: 2700i 4x4
Real Name: hentey pople
Location: worcester

Re: STAMPER

Post by hentey »

Gertc wrote:Vraag?

Gaan die versekering uit betaal as jy 'n tuis gemaakte sleepstang opsit wat nie sabs goed gekeur is nie?

Dit is n baie goeie vraag Gert.Die versekering soek n rede om nie uit te betaal nie.Maar wat van die moontlike eise en aanklagtes sou die sleepstang breek en jou sleepwa neuk in aankomende verkeer in. :thumbdown: :thumbdown:
Onthou n stamper is een ding ,n sleepstang is ander ding.Daar is n rede hoekom n sleepstang SABS goedgekeur moet wees.Ek sou baie versigtig wees.
Post Reply

Return to “Build your own:”