Page 1 of 1

Nuwejaar projek - stoorplek in Hilux laaibak.

Posted: Wed Jan 02, 2019 4:17 pm
by jakkie
Hi manne.
Ek gister besluit ek gaan iets doen wat ek al lankal wou doen en dit is n plekke maak agter in my bakkie se bak waar ek dinge kan stoor.
EK het n stuk shutterboard gehad en hy het mooi gepas. bietjie meet en pas en sy en hy is in, ek gaan wel hom oorbou en eerder n raam bou, ek vind dat op n hatch te sny met n jigsaw is n gemors.

Die plan is dat die eenkant plek sal he waar en n ammo kas in kan sit, aangesien ek hulle vir als gebruik, die anderkant wil ek n hatch maak wat kan sluit en dit kan ook dien as n plek waar n ketel water kan kook vir koffie.

Ek dink om die raam te bou van supperwood.
IMG-20190101-WA0038.jpg
IMG-20190101-WA0036.jpg
IMG_20190101_184029.jpg
IMG_20190101_170354.jpg

Re: Nuwejaar projek - stoorplek in Hilux laaibak.

Posted: Wed Jan 02, 2019 5:13 pm
by Mud Dog
As jy nou met jouself eerlik was sal jy moet erken dat jy baie spasie verloor het, alhoewel jy die projek geniet het en trots op jou werk is. :D:

Met 'n dubbel kajuit is die bak baie klein en na my mening is 'n laai siteem of enige vaste stoor plek / raamwerk 'n gemors van tyd n spasie. Jy sal altyd baie meer kan pak daarsonder.

Waar so iets van nut sal wees is as jy baie toer en goed maklik kan bykom, waar alles sy eie plek het en jy weet presies waar dit gebêre is. Dan is dit 'n saak van gerief en orde. Veral in die geval waar die voortuig amper aleenlik gebruik word vir kamp en toer.

Persoonlik verkies ek om net ammo kaste te gebruik. Hulle pas redelik goed sonder om te veel spasie te mors, hulle stack lekker, beide in die bak asook in die stoor as hulle nie benodog is nie. Om die kaste te pak of uit te haal is nie 'n hengse probleem nie.

As ek nou raad moet gee sal ek sê dat jy eers 'n paar keer gaan kamp met ammo kaste en 'n lys opstel van die goed wat jy regtig benodig in pleks van wat jy dink jy miskien sal nodig kry. Dan sal jy 'n beter ideë hê waarvoor jy pak plek sal bebruik en of dit die moeite werd is om 'n raam te bou.

As jy 'n raam bou, gebruik eerder staal as hout, veral nie 'superwood' nie - die goed is glad nie sterk genoeg nie, buig maklik en val uit mekaar uit as dit nat word. :winkx:

Re: Nuwejaar projek - stoorplek in Hilux laaibak.

Posted: Wed Jan 02, 2019 7:55 pm
by jakkie
Hi Muddog, stem saam dat dit taamlike spasie is, dit vat nie eens 10min om die boksie loste maak en uit te haal, in die geval waar ek vir lank tyd kamp haal ek dit uit.

Die is maar vir dag tot dag gebruik, helpdat als bymekaar is,en veral as ek op n dag trip gaan.
Al my goed is klaar in die ammo kaste, kamp goed, jag goed, visgoed, radio goed, als.

Re: Nuwejaar projek - stoorplek in Hilux laaibak.

Posted: Wed Jan 02, 2019 8:23 pm
by Mars
Dis netjies gedoen.

Re: Nuwejaar projek - stoorplek in Hilux laaibak.

Posted: Thu Jan 03, 2019 5:58 pm
by Dowe Koos
Hallo Jacov, ek stem saam met Andy. Ek het drie jaar aan my canopy gebou en het gedink, dit is wat ek wil hê. Volledig uitgekit vir Julie 2018 Namibië trip sien ek toe sekere goed werk nie lekker nie en nou gaan ek weer paar veranderinge aanbring. Vir drie jaar gaan ek op 'n trip en sien elke keer iets wat ek wil doen en na drie jaar se trail en error het ek gedog, nou het ek die canopy maar dit werk nie so nie.
Grote daar.
Hennie

Re: Nuwejaar projek - stoorplek in Hilux laaibak.

Posted: Wed Jan 09, 2019 5:28 pm
by ThysdJ
Well done gebruik hom so. Jy gaan gou agterkom as dit nie vir jou werk nie. Die materiaal wat jy gebruik het is nie duur nie,. so dis maklik om te verander. Ons toer nou al amper 7 jaar met my D4D en my setup is nog nie permanent uitgesort nie, ek verander ook nog elke nou en dan iets wat nie werk nie.. Het juis nou net voor Kersfees my dual battery geskuif omdat hy in die pad van ander goed was.. na 4 jaar..

Dis alles deel van die pret.. geniet dit.. :thumbup: :thumbup: :thumbup: