Page 1 of 1

Bumper/winch projek

Posted: Fri Dec 08, 2017 12:38 pm
by Dowe Koos
Dagsê manne, het hierdie vakansie klomp projekte wat ek moet klaarmaak. Die een wat ek nou maar begin is die "Bumper" met "winch box".
Plastiek bumper af.
1.jpg
Meet en pas waar ek my "winch" wil hê.
2.jpg
Maak van "template" uit karton.
3.jpg
Teken op LibreCAD.
4.png
"Laser cut". R700.00
5.jpg
Sal Sondag die "base,front en back plate" doen - meet en pas, teken en Maandag "laser cut".
Sal julle op hoogte hou.

Groete.

Re: Bumper/winch projek

Posted: Mon Dec 11, 2017 6:39 am
by Stef
Lekker projek :thumbup: Hou van die ontwerp

Re: Bumper/winch projek

Posted: Mon Dec 11, 2017 8:20 am
by Thunder02
:thumbup: neatly done :thumbup:

Re: Bumper/winch projek

Posted: Mon Dec 11, 2017 8:43 am
by Dowe Koos
Dankie Stefan en Neil.
Het die twee plate ge"mount".
7.jpg
Gaan die "base,front en back plate" en die anker "brackets" vandag doen. Sal seker die goed more kry en dan alles aanmekaar "tack".

Re: Bumper/winch projek

Posted: Tue Dec 12, 2017 1:17 pm
by Dowe Koos
Het vandag die planne ingegee vir laser cut. Gaan more my plate kry en dan kom die aanmekaar sit en dan kyk ons hoe dit uitkom.
Koste is R560.00 vir hierdie een en saam met die vorige van R700.00, kos dit my sover R1260.00
Untitled.jpg

Re: Bumper/winch projek

Posted: Wed Dec 13, 2017 8:19 pm
by Dowe Koos
Dagsê Almal.
Het die res van my plate gekry en dit is hoe vêr ek gekom het vandag.
8.jpg
9.jpg
10.jpg
Hopelik kry ek die "tack' werk klaar more sodat ek dan kan begin sweis.

Re: Bumper/winch projek

Posted: Thu Dec 14, 2017 8:02 am
by Stef
Lyk goed sover.

Die "posbus" plaat, ek neem aan dis die voorkant waar die kabel deur kom? Is moeilik om te skat op die foto, maar is die opening wyd genoeg, maw dieselfde wydte of wyer as die winch se drom?

Re: Bumper/winch projek

Posted: Thu Dec 14, 2017 9:24 am
by Dowe Koos
Hallo Stefan, die posbus gat is vêr groter as die gat waar die rollers vir die kabel is.

Re: Bumper/winch projek

Posted: Thu Dec 14, 2017 10:26 am
by Mud Dog
Lyk goed Hennie, maar na my mening sit daai winch ver te laag. Dit gaan jou approach angle heelwat verminder. :think:

Re: Bumper/winch projek

Posted: Thu Dec 14, 2017 10:40 am
by Dowe Koos
Ja Andy, dis maar die beste wat ek kon doen. As ek dit hoër opsit, is my senterpunt van die ankerboute vêr uit met die senterpunt van die "winch".

Re: Bumper/winch projek

Posted: Thu Dec 14, 2017 10:47 am
by Mud Dog
Pity, want dis nogal baie netjies gedoen so ver. Ek dink net jy gaan nog baie ploeg met hom waar hy nou sit.

Re: Bumper/winch projek

Posted: Thu Dec 14, 2017 10:56 am
by Dowe Koos
So om en by 40 grade.
20171214_105241.jpg

Re: Bumper/winch projek

Posted: Thu Dec 14, 2017 3:01 pm
by Dowe Koos
Hallo daar.
Hier is die boks nou aanmekaar ge-tack. Sal moreoggend alles weld, skoonmaak en verf.
12.jpg
13.jpg
14.jpg

Re: Bumper/winch projek

Posted: Thu Dec 14, 2017 3:16 pm
by Mud Dog
En so iets miskien?
5240.jpg
5241.jpg

Re: Bumper/winch projek

Posted: Thu Dec 14, 2017 3:27 pm
by Dowe Koos
Ja Andy, ek hoor jou. My eerste template was so iets soortgelyk, maar die twee senterpunte was rêrig baie groot. soos hulle sê hoe groter hoe meer stres. Wat wel belangerik was vir my ook is dat die hele konstrepsie is hoër as die senter van die wiel.

Re: Bumper/winch projek

Posted: Thu Dec 14, 2017 4:12 pm
by Mud Dog
:winkx:

Re: Bumper/winch projek

Posted: Thu Dec 14, 2017 5:44 pm
by Dowe Koos
Klaar geweld. More net skoonmaak en verf.
15.jpg
16.jpg
17.jpg

Re: Bumper/winch projek

Posted: Thu Dec 14, 2017 8:15 pm
by Baasvark
Lyk netjies!!!

Sent from my SM-A720F using Tapatalk


Re: Bumper/winch projek

Posted: Thu Dec 14, 2017 8:40 pm
by Dowe Koos
Dankie Shane

Re: Bumper/winch projek

Posted: Fri Dec 15, 2017 6:32 am
by Stef
Dowe Koos wrote: Thu Dec 14, 2017 9:24 am Hallo Stefan, die posbus gat is vêr groter as die gat waar die rollers vir die kabel is.
:thumbup: die afstand tussen die winch en die voorste plaat help ook

Ek glo 40 grade is genoeg vir A.O.A, hang af hoe erg die hindernisse is wat jy wil ry. Winch is baie mooi in lyn met onderstel as ek na die mounting gate kyk. Om die hele ding te lig tot onder die grille sal baie mooi lyk maar dit het na my mening meer kosmetiese waarde as die AOA wat jy wen in vergelyking met sterkte wat jy prysgee deur dit te lig.

Moeilik om te se as mens nie syfers het nie...maw hoeveel Newton minder sou jy kon trek met die winch verder op en hoeveel het mens rerig nodig...
Kyk hoe werk die ontwerp vir jou, jy kan mos altyd weer een bou waar die winch hoer op sit. In daardie geval sou ek die ontwerp dieselfde hou en net die onderste plaat waar die winch op vas bout lig en die groot gate ook opskuif

Re: Bumper/winch projek

Posted: Fri Dec 15, 2017 8:14 am
by Baasvark
Dowe Koos wrote:Dankie Shane
Jy weet natuurlik jy gaan jou spoed op die hindernisse drasties moet verminder - so nie gaan daardie boks alles plat stoot soos 'n stootskraper 🤣🤣🤣

Sent from my SM-A720F using Tapatalk


Re: Bumper/winch projek

Posted: Sat Dec 16, 2017 4:57 pm
by Dowe Koos
Klaar geverf.
18.jpg
19.jpg
20.jpg
Twee ekstra goed wat nie op die tekening is nie..
Een vir deksel wat moet opkom.
22.jpg
Een vir winch se kragpunt wat in die pad is.
21.jpg
Gaan dit nou opsit, sal later foto insit waar dit op is.

Re: Bumper/winch projek

Posted: Sat Dec 16, 2017 7:02 pm
by FIRSTGEER
:thumbup: Very well done.You can really be proud of a well finnished project and the cherry on top is;- YOU DID IT YOURSELF :thumbup:

Re: Bumper/winch projek

Posted: Sat Dec 16, 2017 7:31 pm
by Dowe Koos
Thanks Tony. Small mistake here and there but learned from it. The box is on but will finish it tomorrow.

Re: Bumper/winch projek

Posted: Sun Dec 17, 2017 2:03 pm
by Dowe Koos
Nouja, dit is op na 'n gesukkel. Toe ek die dele opgesit om dit te tack het ek 4 spacers gebruik van 8mm elk. Maar soos gewoonlik trek jou job sodra jy dit alles vas weld. Kon net drie van die spacers gebruik en 'n nuwe een van 6mm. Maar daar is dit.
23.jpg
Nou die bumper.

Re: Bumper/winch projek

Posted: Tue Dec 19, 2017 10:13 am
by Stef
FIRSTGEER wrote: Sat Dec 16, 2017 7:02 pm :thumbup: Very well done.You can really be proud of a well finnished project and the cherry on top is;- YOU DID IT YOURSELF :thumbup:
+1

Re: Bumper/winch projek

Posted: Tue Dec 19, 2017 7:27 pm
by Dowe Koos
Dankie Stefan.
Het gehoop ek kan verder kom met die bumper maar sal moet wag tot die naweek, want my een broer het van die gereedskap wat ek nodig het geleen en sal eers die naweek dit vir my bring.

Re: Bumper/winch projek

Posted: Sun Dec 24, 2017 1:04 am
by Dowe Koos
Nouja, dis hoe vêr ek gekom het. Met alles wat nou toe is, sal ek maar eers volgende jaar die afwerking klaarmaak. Ek wil ook eers my winch diens en oorverf voordat ek dit permanent insit.
24.jpg
25.jpg
Groete tot dan.

Re: Bumper/winch projek

Posted: Sun Dec 24, 2017 6:23 am
by Mud Dog
Lyk goed, Hennie! Baie netjies en wel gedaan! :thumbup:

Re: Bumper/winch projek

Posted: Sun Dec 24, 2017 8:59 am
by Dowe Koos
Dankie Andy, ek moet bysê dat ek het vergeet om dankie te sê vir Piet aka Bushwacker wat vir my uitgewys het dat my winch verkeerd om sit. Dit maak dat ek 'n klein aanpassing moet maak op die winch, maar nie ernstig nie. Die bakkie het dan ook met een sentimeter gesak van 340 mm na 330 mm.( tussen die bokant van die rim tot onder die boog van die fender) Dink julle dit is redelik.

Re: Bumper/winch projek

Posted: Sun Jan 07, 2018 10:38 pm
by Dowe Koos
Naandsê Manne.
Ek is besig met die bedrading van die winch en het net een vragie. Die negatiewe kabel van die motor van die winch - moet dit na die negatiewe pool van die battery gaan of kan ek dit aan die onderstel vasmaak.
Groot waardering

Re: Bumper/winch projek

Posted: Sun Jan 07, 2018 11:51 pm
by Mud Dog
Direk battery toe. :winkx:

Re: Bumper/winch projek

Posted: Mon Jan 08, 2018 8:48 am
by Dowe Koos
Dankie Andy.

Re: Bumper/winch projek

Posted: Mon Jan 08, 2018 9:59 am
by Mud Dog
:thumbup:
Voltage drop deur die gewone earth connection is te groot.

Re: Bumper/winch projek

Posted: Wed Jan 10, 2018 6:50 pm
by Dowe Koos
Dit is hoe vêr ek is en sal more klaar wees met alles.
Oorspronklike control box.
25a.jpg
26.jpg
Uit die boks.
27.jpg
Verandering aanbring.
28.jpg
In sy nuwe boks.
29.jpg
Aan die winchboks
30.jpg
Sal more die finale fotos opsit

Re: Bumper/winch projek

Posted: Thu Jan 11, 2018 6:49 am
by Stef
:thumbup:

Moenie dat vroulief j vang werk op die eetkamer tafel nie.... :boss: :mrgreen:

Re: Bumper/winch projek

Posted: Thu Jan 11, 2018 8:00 am
by Dowe Koos
:thumbup:

Re: Bumper/winch projek

Posted: Thu Jan 11, 2018 10:36 am
by Haboob
Wanneer begin jy met die RTT Hennie.
Dis 'n projek wat ek wil sien...

Re: Bumper/winch projek

Posted: Thu Jan 11, 2018 10:42 am
by Dowe Koos
Hallo Edge, ek maak vandag hierdie projek klaar. Seker nog so 'n uur of wat dan sit ek die fotos op. Die RTT sit nou al lank op my nek en gaan dit more aanpak. Moet maar eers die ontwerp doen en kwotasies kry. Hopelik so oor twee weke wie die job kry kan daarmee begin.

Re: Bumper/winch projek - KLAAR

Posted: Thu Jan 11, 2018 11:48 am
by Dowe Koos
Daar is dit. KLAAR

My Snatch Block en remote control in die boks.
31.jpg
remote control ingeprop.
32.jpg
Boks toe.
33.jpg
Dis hoe dit lyk van voor.
34.jpg
Een ding wat ek geleer het met hierdie projek, as jy seuns het waardeer hulle want as hulle nie meer by die huis is nie, moet jy maar alleen alles doen. Dit het nogal 'n sukkel afgegee maar nouja dit is klaar.

Re: Bumper/winch projek

Posted: Thu Jan 11, 2018 11:55 am
by JohanM
Baie netjies Hennie.
Interesante benadering wat jy gevolg het.
Ek sal net aanraai dat jy die temp naald fyn dophou in warm weer en stadige 4x4 werk. Daai boks het basies so 50% van die direkte lugvloei geblok op die radiator veral op die onderkant waar die meeste verkoeling plaasvind.

Re: Bumper/winch projek

Posted: Thu Jan 11, 2018 12:00 pm
by Dowe Koos
Dankie Johan, ek het dit ingedagte hou, dis hoekom die backplate drie groot gate in het en die bumper het ook gate aan die kante het. In elke geval ek sal die naald dophou.

Re: Bumper/winch projek

Posted: Sat Feb 10, 2018 7:48 pm
by Dowe Koos
Ja, het vandag by Bass Lake 4x4 gery. Het paar dongas en gate gekry op die roete en my winch boks was hoog genoeg gewees en was glad nie in die pad nie. Het net by een hindernis te vinnig ingegaan en het my bumper so bietjie geskuif maar niks van my winch boks nie. Ook het die temperatuur konstant gebly en dit was nogal warm dag gewees. So, ek is hele tevrede met my boks.

Re: Bumper/winch projek

Posted: Sat Feb 10, 2018 8:02 pm
by Baasvark
Dowe Koos wrote:Ja, het vandag by Bass Lake 4x4 gery. Het paar dongas en gate gekry op die roete en my winch boks was hoog genoeg gewees en was glad nie in die pad nie. Het net by een hindernis te vinnig ingegaan en het my bumper so bietjie geskuif maar niks van my winch boks nie. Ook het die temperatuur konstant gebly en dit was nogal warm dag gewees. So, ek is hele tevrede met my boks.
Sukses!

Sent from my SM-A720F using Tapatalk


Re: Bumper/winch projek

Posted: Sun Feb 11, 2018 1:49 am
by Mud Dog
Goed om te hoor! :thumbup: