Page 1 of 1

Hier gaan ons alweer....

Posted: Mon Apr 11, 2016 8:03 am
by WayneSchalk
So eks al weer besig met 'n sleepwa :crazy:

Maar met goeie rede, die Fortuner het net nie genoeg pak plek nie, en ons beplan 'n leker lang visvang trip vir Desemeber 2016 in Torra baai, baie om te pak :dance1:

Ek sal dit nie 'n "offroad" leepwa noem nie, net 'n sleepwa met 'n canopy op. :D: Wil maar net iets he waar ek al my kamp goed kan laai waar dit droog sal bly en nie vol stof word nie.

Het die sleepwa vir 'n goeie prys gekry, het die naweek 'n raam gemaak, sal dit toe maak met alu sheets, kan maar se die idea is gebaseer op 'n canopy op 'n LWB bakkie. Sal 'n deurtjie aan die kant he vir my groot kamp kombuis, paar rakke vir die ammo kratte. en die res van die kamp goed moet agter in. Ek het nog 'n 60lt water tank wat ook sal in.

Het geleer in Torra baai waai die wind heel dag, so sal 'n klom windbreakers vat, die manne daar bo almal gebruik generators so ek sal ook een vat :crazy:

Dit is maar 'n rowwe kamp daar bo, maar die winkeltjie is goed gestock, die bar hou die bier koud, die visvang is goed en daar is myle om uit te gaan ry op die strand :thumbup: :thumbup: :thumbup:

Yes please!!!

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Mon Apr 11, 2016 9:56 pm
by Hi-Hilux
Lyk goed, ek gaan volg.

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Tue Apr 12, 2016 7:25 am
by Hangover
Bliksis... Ek is klaar jaloers op julle trip. My pahulle gan einde van die maand Terrace toe en my verlof werk nie so dat ek kan saam gan nie...(Nie dat mens 2600km met n 20maande oue dogtertjie anyway kan ry nie...).
Julle moet dit geniet!

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Tue Apr 12, 2016 5:36 pm
by Thabogrobler
Sterker as, groter wiele....dan is jou deurtjies te hoog om lekker te kan werk??

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Tue Apr 12, 2016 6:15 pm
by The Legend
Ai hoe jaloers is ek nou nie op jou nie.Torra baai ou gunsteling hengel plek van my. Gaan in n groep Wayne wat ons altyd doen.Dan het jy nie so n groot sleepwa nodig nie.Die een ou vervoer die yskas en generator,die ander ou die kamptoerusting,die ander ou die kos ens.

Hoekom maak ons nie n groep bymekaar op die forum wat lief is vir hengel en gaan Namibie toe een of ander tyd om lekker vis te vang.Hoe klink daai?

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Tue Apr 12, 2016 6:22 pm
by WayneSchalk
Ja ons gaan in n groep. Maar ek laai baie soos dit is..... hahaha. Die res van die groep toer deur die caprivi so af deur grootfontein na spitzkoppe en daan brandberge. Daan gaan hul so in deur springbokwasser. My seuntjie is baie klein so ek gaan nie rond toer nie. Ek ry op swakop toe en staan op tiger reef. My vrou en seun vlieg in by walvis baai. Sal hulle daar kry daan kamp ons bitjie in swakop. Daan koop ons al die vleis en ander voorraad en ry op verby henties in torra toe.

Sent from my SM-G900H using Tapatalk

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Tue Apr 19, 2016 7:52 am
by WayneSchalk
Ek het probeer om laas naweek die laaste staal werk klaar te maak, maar ek het swak beplan en nie genoeg materiaal gehaad nei. :crazy:

Ek het by 4x4direct 'n draai gemaak en al die gas struts en al die dinge gekry, die slotte het ek by Furnlock gekoop. Dinge het baie duur geword. :shock2:

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Tue Apr 19, 2016 8:53 am
by dalkill
eish, how jealous i am now of you going to the promise land. I have been threatening to visit namibia since my first 4x4 in 2003. Just never got there. Something always came up... kids, house, kids.... eish ... priorities :D:

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Wed Jun 01, 2016 1:28 pm
by WayneSchalk
So, I have made quite a bit of process, frame is complete, the alu sheets has arrived, cut to size (baie duur :shock2: ).

I had the trailer itself rubberized, water tank is in place. Hoping I can make good progress this weekend, I have just about all the material to finish the build. :thumbup:

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Wed Jun 01, 2016 1:36 pm
by JohanW
Baie baie netjies. Alu sheets het vrek duur geword sedert ek my kappie 3 jaar terug gebou het.

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Wed Jun 01, 2016 8:50 pm
by Froll
Looking very good. :thumbup: :thumbup:

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Wed Jun 01, 2016 11:21 pm
by Dowe Koos
Hallo Wayne, ek hou jou thread dop. Sal graag wil sien hoe jy die trailer gaan uitlê en wat jy waar gaan pak. Ekself bou n alu-canopy en dit het my weke gevat net om die dropdown slider te bou. Ook lank gelê en gedink hoe my canopy op die einde gaan lyk. Daar is net een ding wat ek opgemerk het met jou trailer en dit is jou jack-trolley-wiel. As ek mag raad gee - die jack-trolley-wiel is te vêr van die middellyn van jou sleepwa en as jy jou sleepwa swaar gaan laai, gaan daardie jack-trolley-wiel knak of buig. Ek praat uit ondervinding. Ek sal dit eerder naderbring aan die kop van die hak - dan is jy nader aan die middellyn van die sleepwa. Maar in elke geval, sterkte met jou projek.

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Thu Jun 02, 2016 8:01 am
by WayneSchalk
Dowe Koos wrote:Hallo Wayne, ek hou jou thread dop. Sal graag wil sien hoe jy die trailer gaan uitlê en wat jy waar gaan pak. Ekself bou n alu-canopy en dit het my weke gevat net om die dropdown slider te bou. Ook lank gelê en gedink hoe my canopy op die einde gaan lyk. Daar is net een ding wat ek opgemerk het met jou trailer en dit is jou jack-trolley-wiel. As ek mag raad gee - die jack-trolley-wiel is te vêr van die middellyn van jou sleepwa en as jy jou sleepwa swaar gaan laai, gaan daardie jack-trolley-wiel knak of buig. Ek praat uit ondervinding. Ek sal dit eerder naderbring aan die kop van die hak - dan is jy nader aan die middellyn van die sleepwa. Maar in elke geval, sterkte met jou projek.
Hennie dis waar wat jy se. ek gaan daarna kyk, ek moet elkgeval nog pote vir agter ook kry. Maar vir nou wil ek graag net al die parte wat my garage vol le op die wa kry :laugh2:

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Mon Jun 06, 2016 10:48 am
by WayneSchalk
Ek het toe die naweek so te se al die "body werk" klaar gekry, moet nou net die slotte bitjie stel en so paar klein dingetjies.

Volgende moet ek begin werk op die slide vir die yskas en die 2 slides vir agter, vir nou gaan ek 'n boks buig vir die kombuis area en nog 'n boks vir die geyser.

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Mon Jul 11, 2016 8:35 am
by WayneSchalk
So oor die koue naweek het ek teminste bitjie werk in gekry, ek het die laai vir my yskas klaar gemaak, die het ek laner gemaak om die wasbak ook op die slike te sit soos die Conqueror se laai. Ek het ook al die pype bymekaar vir die water pomp en geyser, en het begin met die bedrading.

Ons kom daar :dance1:

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Mon Jul 11, 2016 8:39 pm
by Froll
Looking very good Wayne. Very neat job. :thumbup: :thumbup:

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Tue Jul 12, 2016 6:33 am
by TertiusK
Sleepwa lyk baie netjies Wayne!!!!

Jy moet jou trippie geniet en dink maar aan ons manne wat moet werk as jy langs die viswater sit met n koue biertjie en n vuurtjie.

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Tue Jul 12, 2016 7:55 am
by WayneSchalk
TertiusK wrote:Sleepwa lyk baie netjies Wayne!!!!

Jy moet jou trippie geniet en dink maar aan ons manne wat moet werk as jy langs die viswater sit met n koue biertjie en n vuurtjie.
Die plan is om die wa reg te he vir Desember. Maar die koue maak my stadig :slap:

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Tue Jul 12, 2016 8:14 am
by TertiusK
:D: Ja die koue hou my ook weg van die water af op die stadium, maar dit maak die uitsien na warmer weer en boot water toe vat net lekkerder

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Mon Jul 18, 2016 9:11 am
by WayneSchalk
Ek het die naweek die wasbak en rakkie aan mekaar gekry, het to my stukkie hout ook gekry :thumbup: ,

Nou net 'n stuk alu kry vir onder die yskas en daan die water pype in sit daan is die laai klaar, nog net 2 om te doen vir agter vir al die ammo kratte :thumbup:

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Mon Jul 18, 2016 3:09 pm
by Dowe Koos
Netjiese stuk werk wat jy daar het. Nogal fancy ook - stainless steel wasbak, kraan en prop.

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Mon Jul 25, 2016 6:03 pm
by WayneSchalk
Het nog so bitjie werk gedoen voor die koue in gekom het :thumbup:

die laai waarop die yskas staan is so te se klaar, will net van daai "spiral wrap" kry vir die water pype. Ek het ook so bitjie aan die krag drade gewerk. Ek kort swart 16mm batery kabel om klaar te maak daar. En daan so paar LED ligte en hella plugs. daan sal dit ook klaar kom.

Die water stelsel is nou klaar, ek sal seker net in tyd nog 'n kraan buite op sit. Groot werk wat voor le is 'n laai bou vir agter in, ek kan nie besluit of ek sliders of bearings moet gebruik nie :think:

Daan moet ek nog 'n paar pote ook op sit.

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Mon Aug 08, 2016 11:26 am
by WayneSchalk
Ek het oor die naweek die kombuis area aan mekaar gekry met die seil wat nou in is en ook die LED ligte. Ek moet nog die gas stoof in sit.

Ons kom daar :thumbup:

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Mon Aug 08, 2016 4:17 pm
by Family_Dog
Some people have such nice sparkling blue pools.... :sick:

But mine is getting there, decided to finally fix the pump today!

Nice work, Wayne (I mean the trailer of course) :mrgreen:


-F_D

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Mon Aug 08, 2016 4:34 pm
by WayneSchalk
Family_Dog wrote:Some people have such nice sparkling blue pools.... :sick:

But mine is getting there, decided to finally fix the pump today!

Nice work, Wayne (I mean the trailer of course) :mrgreen:


-F_D
THank you :laugh2:

I used blue52 in the pool, but have come to realise it is damaging the fibreglass. Will go back to HTH or something.

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Mon Aug 08, 2016 7:07 pm
by Family_Dog
I used Blu52 just once in my life. Guess I should have first read the instructions instead of jsut pouring it around the sides of the pool, like HTH. Damaged my marbelite too.


-F_D

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Mon Aug 15, 2016 7:57 am
by WayneSchalk
So ek was weer aan die gang gewees die naweek, het die stoof in gesit. Ongelukkig moes ek dit hier in die middel van die blad gesit het sodat die deur kan toe maak. Maar tog dink ek dit sal reg werk.

Ek het ook so hier en daar 'n paar dingetjies gedoen.

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Thu Sep 29, 2016 8:18 am
by WayneSchalk
Ek het lanklaas iets hier op gesit, so het ons die wa uit getoets by Almega kamp in Dinokeng :thumbup:

Als het goed gegaan, eks net nie gelukkig met die awening nie. Ek sal plan maak daar. En daan kort ek maar net nog my rooftop tent, en sal moet 'n paar pote agter op sit.

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Thu Sep 29, 2016 8:22 am
by WayneSchalk
En daan het ek sommer die plak papier op die blad geplak, die aluminium maak mos die koppies swart onder. Ek hoop die papier hou :thumbup:

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Thu Sep 29, 2016 3:16 pm
by Froll
Baie mooi. Jy kan trots wees op die sleepwa. :thumbup: :thumbup:

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Mon Oct 24, 2016 6:54 am
by WayneSchalk
So my awning is op. :thumbup:

Hier is nog wat ek graag gedoen wil kry op die wa;

1. Slide vir my ammo kratte agter in
2. Slide bo die yskas vir potte en sulke dinge
3. 2 ALKO stabiliser jacks
4. moet nog plek maak om sonpaneel en tavel te stoor
5. En laaste die rooftop tent.

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Mon Oct 24, 2016 9:41 pm
by Haboob
Very nice Wayne...

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Tue Oct 25, 2016 6:53 am
by TertiusK
Netjies!!!!! As ek die wa so kyk raak ek sommer lus vir kamp.

Re: RE: Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Tue Oct 25, 2016 6:54 am
by WayneSchalk
TertiusK wrote:Netjies!!!!! As ek die wa so kyk raak ek sommer lus vir kamp.
Ja ek ook! Ek gaan dir naweek uit Rust de Winter toe. Hoop daar is water....

Sent from my SM-G900H using Tapatalk

Re: RE: Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Tue Oct 25, 2016 6:56 am
by TertiusK
WayneSchalk wrote:
TertiusK wrote:Netjies!!!!! As ek die wa so kyk raak ek sommer lus vir kamp.
Ja ek ook! Ek gaan dir naweek uit Rust de Winter toe. Hoop daar is water....

Sent from my SM-G900H using Tapatalk
Lekker ek moet wag vir Desember (Gouritsmond) Vat maar water saam!!!

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Tue Nov 08, 2016 7:18 am
by WayneSchalk
Die naweek het ek gou die laai gebou vir my ammo kratte, moet se ek is baie bly met hoe dit uit gekomhet :thumbup:

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Tue Mar 28, 2017 6:38 pm
by WayneSchalk
Jis ek het lanklaas hier op ge update, maar ja. Uit al die sleepwa's wat ek al gebou het is die die een wat leker werk. Ek het toe die ALKO jacks agter op gesit. 'n paar mudflaps gesny en op gesit, 'n jerry can met houer en daan het ek 'n houer vir my potjie gemaak met 'n seiltjie, sal sien hoe gaan dit, die pot maak altyd als swart as ek dit binne die wa bere. En daan net om te speel 'n "can crusher". :mocking:

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Wed Mar 29, 2017 9:48 am
by Dowe Koos
Hallo Wayne. Dem netjies. Moet se, ek hou van hoe jy dink en dit uitle. Het jy die afdak gekoop of laat maak. Wat is die prys.

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Wed Mar 29, 2017 9:56 am
by WayneSchalk
Dowe Koos wrote: Wed Mar 29, 2017 9:48 am Hallo Wayne. Dem netjies. Moet se, ek hou van hoe jy dink en dit uitle. Het jy die afdak gekoop of laat maak. Wat is die prys.
Hi Hennie,

Ek het die afdak self gebou, het seker so R1500 dalk 'n bitjie meer gekos. :thumbup:

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Wed Mar 29, 2017 9:59 am
by WayneSchalk
O en ek het toe ook die laai gebou wat bo die yskas is vir extra pak plek. :thumbup:

Die werk baie lekker en help om die gewig mooi te balaans.

Ek moet se ek het noggals 'n skrik gekry toe ek die wa laat weeg, op die skaal is hy so 980kg. Maar ek moet se dit was toe ek reeds gelaai was vir 'n 10 dag toer, kos water en al my kamp gereedskap. So dit is tog als binne perke van wat die wa mag dra.

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Wed Mar 29, 2017 10:09 am
by Dowe Koos
Ek se weer, flippen netjies.

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Tue May 23, 2017 3:43 pm
by WayneSchalk
Ek het nou uit eindelik die rooftop tent gekry en op gesit. :thumbup: Dit sal die laaste ding wees wat bykom op die wa. verder sal daar seker net hier en daar klein verbeteringe gedoen word soos ons aangaan.

Het reeds bitjie met die tent op gaan kamp. :yahoo: Werk nes hoe ek wil he.

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Wed May 24, 2017 7:10 am
by FIRSTGEER
Congrates Wayne on a splendid job,well planned and executed.Great to see how you thought of all the small things which make camping easier.Well done.

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Fri Aug 04, 2017 2:44 pm
by yotaman
Well, this is nice. Party mense laat dit so maklik lyk! Bleddie well done!

Re: Hier gaan ons alweer....

Posted: Fri Aug 04, 2017 4:37 pm
by WayneSchalk
Dankie. Die wa werk leker vir ons. Volgende trip is in September. Cape Vidal.

Sent from my GT-I9500 using Tapatalk