Nog 3 Provinsies...

Tell us about your recent trip. Please add some photographs.
Post Reply
User avatar
Oupa Stig
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1204
Joined: Fri Oct 12, 2012 1:15 pm
Town: Johannesbug
Vehicle: Hilux KZTE 4X2 "Stagger Lee", Hilux IFS 2.7 4x4 "Loretta"
Real Name: Mickey

Nog 3 Provinsies...

Post by Oupa Stig »

Toe ek Kobus se 3 Provinsies trippie sien het ek net geweet ons moet dit doen. Dankie, Kobus!
Saterdag oggend vroeg weggespring uit Jhbmet die 2.7 Ifs (Loretta) en vir Pieter met sy Jeep ontmoet by Bethal. Vandaar stadig deur na 3Provinsies want die Jeep raak dors as jy vinnig ry.

Aangekom, geluister na Ronel se raad oor die roete (sy het byvoorbeeld ons klomp stadsjapies een kyk gegee en aanbeveel dat ons stap na die waterval, stop voor die stroompie.... :shifty:

Sy het die kaart verduidelik, maar dit vat so bietjie gewoond rask om hul instruksies uit te figure.

Ons het gaan kamp plek soek en die tent opgeslaan en als afgelaai. Iets geeët en snacks ingepak, en teen 12 was ons op die hoof roete.
Attachments
2015-04-25-058.jpg
2015-04-25-058.jpg (93.61 KiB) Viewed 4691 times
2015-04-25-046.jpg
2015-04-25-046.jpg (110.47 KiB) Viewed 4691 times
I feel a lot less wise at 45 than I did at 15.
User avatar
Oupa Stig
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1204
Joined: Fri Oct 12, 2012 1:15 pm
Town: Johannesbug
Vehicle: Hilux KZTE 4X2 "Stagger Lee", Hilux IFS 2.7 4x4 "Loretta"
Real Name: Mickey

Re: Nog 3 Provinsies...

Post by Oupa Stig »

So nes jy die roete begin is daar 'n paadjie na die Sundowner toe, maar Swambo loer die steil los klippe en sê nee, so ons haak 4L en ry aan...
Attachments
2015-04-25-063.jpg
(69.09 KiB) Downloaded 244 times
2015-04-25-059.jpg
2015-04-25-059.jpg (104.97 KiB) Viewed 4687 times
2015-04-25-052.jpg
2015-04-25-052.jpg (96.52 KiB) Viewed 4687 times
I feel a lot less wise at 45 than I did at 15.
User avatar
Oupa Stig
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1204
Joined: Fri Oct 12, 2012 1:15 pm
Town: Johannesbug
Vehicle: Hilux KZTE 4X2 "Stagger Lee", Hilux IFS 2.7 4x4 "Loretta"
Real Name: Mickey

Re: Nog 3 Provinsies...

Post by Oupa Stig »

Na vele stoppe en groot longe vol vars lug en 'n magdom fotos en rustigheid kom ons by die waterval amfiteater afdraai. Ons klim uit en klouter deur die stroompie en op met die berg. Maar my vrou wil die wateval sien en ek sê dan moet jy vashou....
Attachments
2015-04-25-072.jpg
(125.32 KiB) Downloaded 243 times
I feel a lot less wise at 45 than I did at 15.
User avatar
Oupa Stig
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1204
Joined: Fri Oct 12, 2012 1:15 pm
Town: Johannesbug
Vehicle: Hilux KZTE 4X2 "Stagger Lee", Hilux IFS 2.7 4x4 "Loretta"
Real Name: Mickey

Re: Nog 3 Provinsies...

Post by Oupa Stig »

Die fotos laat als plat lyk. Dis nie plat nie....

Eers af in die stroom in. Gelukkig is dié redelik droog, so jy pak die steilte nie aan met modderige wiele nie. Maar dan klim jy trappies... Met los gruis oor die klip banke. Dis moelik om te loop, nevermind ry.
Maar Pieter gaan eerste met die Jeep, en die Jeep is gebou vir sulke pret, so hy sukkel nie te veel.
Maar nou moet ek met die lange Hilux en sy lae towbar deur die stroom en dan teen die bult op...
'n Oomblik van vrees toe die sleepstang sleep en ek dog ek gaan hang, maar sy gryp vas met die voorwiele en toe die neus begin lig teen die steilte toe druk ek die difflock knoppie, swaai skerp regs om nie die pens oop te skeur op die klippe nie, swaai weer skerp links om met ten minste een wiel die trap mis te ry, swaai met waaiende arms weer links om nie om te rol nie, knyp my foefol styf toe, en haal diep asem toe Loretta sonder hassles doodeenvoudig op crawl oor die trappe.

Toe ek bo uitklim op rubber bene vang ek my vrou se oog, en sien daar so ietsie belowend... :twisted:
I feel a lot less wise at 45 than I did at 15.
User avatar
Oupa Stig
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1204
Joined: Fri Oct 12, 2012 1:15 pm
Town: Johannesbug
Vehicle: Hilux KZTE 4X2 "Stagger Lee", Hilux IFS 2.7 4x4 "Loretta"
Real Name: Mickey

Re: Nog 3 Provinsies...

Post by Oupa Stig »

Die waterval is pragtig, en na bietjie meer reën sal hy asemrowend wees. En ek het nie fotos geneem nie... Maar gelukkig het Swambo heelwat op haar foon geneem.

Nou mik ons terug, en ek ry weer voor - dit was net teen die bult op deur die stroom dat Pieter voor gegaan het met sy Jeep.

Af by die trappies, Swambo klim die keer nie uit nie. Onder in die gat, nou moet ek deur die stroompie en die wal anderkant uit. Traksie is nie die probleem nie, dis klip, maar die lae towbar vang weer, en die Jeep is nog bo, so hy kwn nie kom help as ek hang nie...
so toe Loretta begin klim teen die walletjie en die gat sak en die towbar kreun op die klippe toe gee ek so bietjie te veel vet... En BAM, slaat die nudgebar links onder op sy buig. Maak van die ronde pyp 'n half-round... Oh well :lol:
Attachments
2015-04-25-075.jpg
2015-04-25-075.jpg (108.58 KiB) Viewed 4684 times
I feel a lot less wise at 45 than I did at 15.
User avatar
Oupa Stig
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1204
Joined: Fri Oct 12, 2012 1:15 pm
Town: Johannesbug
Vehicle: Hilux KZTE 4X2 "Stagger Lee", Hilux IFS 2.7 4x4 "Loretta"
Real Name: Mickey

Re: Nog 3 Provinsies...

Post by Oupa Stig »

So het ons aangegaan en ons self geniet. Ek was al by deWildt en het nie kans gesien vir Gert se klip nie - te min ondervinding, maar die waterval obstacle het my gewys wat daai bakkie kan doen!

En so ry ons weer aan, en dis LEKKER.

Tot ons by Helshoogte kom. Ek ek luister na Swambo ten spyte van Pieter wat my probeer oorreed, en ons ry die ompad eerder, want waar die waterval 4,5 uit 5 gerate is is Helshoogte 5 en 'n killer, 100m op in 300m, met los ronde klippe die laaste en moeilikste 100m of so....
Attachments
2015-04-25-086.jpg
2015-04-25-086.jpg (107.66 KiB) Viewed 4684 times
2015-04-25-084.jpg
2015-04-25-084.jpg (85.59 KiB) Viewed 4684 times
2015-04-25-080.jpg
2015-04-25-080.jpg (77.23 KiB) Viewed 4684 times
I feel a lot less wise at 45 than I did at 15.
User avatar
Oupa Stig
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1204
Joined: Fri Oct 12, 2012 1:15 pm
Town: Johannesbug
Vehicle: Hilux KZTE 4X2 "Stagger Lee", Hilux IFS 2.7 4x4 "Loretta"
Real Name: Mickey

Re: Nog 3 Provinsies...

Post by Oupa Stig »

Die ompad is eenvoudig onder normale omstandighede, maar die son sit al effe laag, die pad loop reguit op teen die steil bult, en met die son plek-plek direk in jou oë sien jy NIKS.
Gelukkig was daar niks leliks in die blinde kolle nie, so ons maak dit gamaklik tot bo.
Attachments
2015-04-25-105.jpg
2015-04-25-105.jpg (77.98 KiB) Viewed 4684 times
2015-04-25-101.jpg
2015-04-25-101.jpg (73.86 KiB) Viewed 4684 times
2015-04-25-093.jpg
2015-04-25-093.jpg (62.45 KiB) Viewed 4684 times
I feel a lot less wise at 45 than I did at 15.
User avatar
Oupa Stig
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1204
Joined: Fri Oct 12, 2012 1:15 pm
Town: Johannesbug
Vehicle: Hilux KZTE 4X2 "Stagger Lee", Hilux IFS 2.7 4x4 "Loretta"
Real Name: Mickey

Re: Nog 3 Provinsies...

Post by Oupa Stig »

Praat vanaand klaar, Swambo soek my. :confused:
I feel a lot less wise at 45 than I did at 15.
User avatar
Oupa Stig
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1204
Joined: Fri Oct 12, 2012 1:15 pm
Town: Johannesbug
Vehicle: Hilux KZTE 4X2 "Stagger Lee", Hilux IFS 2.7 4x4 "Loretta"
Real Name: Mickey

Re: Nog 3 Provinsies...

Post by Oupa Stig »

Nêrens het ek gevoel die 2.7 het nie genoeg krag nie - hierdie is nie duine nie.
Maar ek moet sê, daai Jeep het mooi geklink hier op hierdie lang opdraendes.
Attachments
2015-04-25-100.jpg
2015-04-25-100.jpg (60.47 KiB) Viewed 4671 times
I feel a lot less wise at 45 than I did at 15.
User avatar
Oupa Stig
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1204
Joined: Fri Oct 12, 2012 1:15 pm
Town: Johannesbug
Vehicle: Hilux KZTE 4X2 "Stagger Lee", Hilux IFS 2.7 4x4 "Loretta"
Real Name: Mickey

Re: Nog 3 Provinsies...

Post by Oupa Stig »

Nou mik ons terug huistoe, en soos jy kan sien van die kiekies, ten spyte van die feit dat dit nou eers net na 4pm is beginne die sonnetjie baie laag sit. Ons wil nie na donker op 'n vreemde plek sukkel nie, so ons stop nie meer so baie nie, maar so hier en daar kom jy om 'n draai en is in 'n heel ander wêreld as wat jy 30 sekondes terug was.
Dan soek jy na Heidie en Peter....
Attachments
2015-04-25-090.jpg
2015-04-25-090.jpg (100.31 KiB) Viewed 4670 times
I feel a lot less wise at 45 than I did at 15.
User avatar
Oupa Stig
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1204
Joined: Fri Oct 12, 2012 1:15 pm
Town: Johannesbug
Vehicle: Hilux KZTE 4X2 "Stagger Lee", Hilux IFS 2.7 4x4 "Loretta"
Real Name: Mickey

Re: Nog 3 Provinsies...

Post by Oupa Stig »

So Swambo lees die kaart en sê " mmm, hier's 'n tonnel. Kom ons gaan kyk!"
En ek het nou al meer as een kiekie gesien van daai plek, en weet waarna die naam verwys. As sy geweet het het ons ander pad gery. :evil:

Soos ons nou afdaal na die tonnel toe sien ons so paar voertuie staan doer onder in die verte.
Onder andere 'n rooi Cruiser en 'n wit Defender. Maar hulle is ver en pla nie. En skielik kom ons om 'n draai en daar staan die voertuie, omsingel deur omies met ronde pense wat staan en snak na asem.
Hulle het die obstacle geloop...

Oe, dis vreeslik vertel hulle ons. Hulle vertel ons ook hulle is teen helshoogte uit, met die Defender wat die laaste 10 meter uitgewinch moes word. Respek!
I feel a lot less wise at 45 than I did at 15.
User avatar
Oupa Stig
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1204
Joined: Fri Oct 12, 2012 1:15 pm
Town: Johannesbug
Vehicle: Hilux KZTE 4X2 "Stagger Lee", Hilux IFS 2.7 4x4 "Loretta"
Real Name: Mickey

Re: Nog 3 Provinsies...

Post by Oupa Stig »

En die cruiser spring weg, en trap in die eerste gat by die ingang van die tonnel, links voor diep in, regs agter in die lug - daai tipe van besigheid. Maar die ou seil mooi deur, sonder oog knip, en verdwyn om die draai.
Nou gaan die Defender, volg selfde lyn, en val amper om. Daai eerste gat is diep, en as hy gerem het daar was hy op sy deur, maar die man hou kop en wip deur.
Ons stap agterna om te sien hoe lyk die res.
Ek loer watse kant die ouens om die groot klip ry, en hoekom. Jy kan nie juis links om nie, so dis regs om. (of soos een ou ons die aand kom vertel het by ons kampvuur, reguit bo - oor.).
En ek sien hoe naby sy rocksliders aan die klip kom, en dink aan my 2.7 se alu sidesteps, en dink aan colateral damage...
Attachments
2015-04-25-109.jpg
2015-04-25-109.jpg (88.15 KiB) Viewed 4665 times
2015-04-25-108.jpg
(88.15 KiB) Downloaded 222 times
I feel a lot less wise at 45 than I did at 15.
User avatar
Oupa Stig
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1204
Joined: Fri Oct 12, 2012 1:15 pm
Town: Johannesbug
Vehicle: Hilux KZTE 4X2 "Stagger Lee", Hilux IFS 2.7 4x4 "Loretta"
Real Name: Mickey

Re: Nog 3 Provinsies...

Post by Oupa Stig »

Om die klip hou ek so ver regs moontlik, regterwiele op teen die wal, en die sidesteps kom nie naby die klip nie.
En ek is verby en Swambo en kie sug diep, toe val die linker voorwiel in 'n gat.
En soos die neus af an af an aaaa
a
a
a
affff gaan squeel die dames my ore van my kop af. Maar ek het die gat gesien voor die tyd en is rustig.
Die dames is onrustig.
Baie onrustig.
En ons het touchdown met links voor, net hard genoeg dat hy weer opkom links voor. Die bakkie staan so goed gebalanseer, 'n vet vlieg op een van die twee hoeke sou hom kon laat kantel...
So op kom links voor, stadig, en op en op, totdat regs agter grond raak. En die dames se onrustigheid kom tot 'n einde. So ek los die rem net so kleiiiiiin stukkie, net dat links voor weer kan sak. Maar nou is ek aspris, en die vroumense raas baie. Aaaaaf gaan links voor, raak grond, en wraggies wil hy weer op kom. Maar my ore is seer so ek "ease" verder vorentoe en net so toe staan Loretta weer gelyk en viervoet, en die vroumense is stil. Was nogals die moeite werd....
I feel a lot less wise at 45 than I did at 15.
User avatar
Oupa Stig
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1204
Joined: Fri Oct 12, 2012 1:15 pm
Town: Johannesbug
Vehicle: Hilux KZTE 4X2 "Stagger Lee", Hilux IFS 2.7 4x4 "Loretta"
Real Name: Mickey

Re: Nog 3 Provinsies...

Post by Oupa Stig »

Vandaar was dit maklik huistoe tot by die kamp, waar ons so net teen propperse sonsak aankom.
Attachments
2015-04-25-112.jpg
2015-04-25-112.jpg (105.56 KiB) Viewed 4663 times
I feel a lot less wise at 45 than I did at 15.
User avatar
Oupa Stig
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1204
Joined: Fri Oct 12, 2012 1:15 pm
Town: Johannesbug
Vehicle: Hilux KZTE 4X2 "Stagger Lee", Hilux IFS 2.7 4x4 "Loretta"
Real Name: Mickey

Re: Nog 3 Provinsies...

Post by Oupa Stig »

Na 'n lekker aand se kamp en kuier en vreet pak ons toe Sondag oggend op, als gereed in die tent om op die bakkie te laai, maar voor ons laai gaan ry ons gou nog 'n draai - daai paadjie na Sundowner, maar die keer is dit kinderspeletjies. En van daar bo kyk jy af teen die krans na die kamp terrein onder, en dis mooi. En ons kyk ons laaste kyke en ry terug af en pak op en kom huistoe. Pieter besluit hy gaan nog 'n rukkie bly, so ons los hom daar met sy af arm.

Oja, so vinnige notatjie - Pieter was op sy groot BMW fiets op in Afrika, tot by onder andere Zanzibar. Oppad terug in Moz se noorde val hy en breek sy clavicle (skouer besigheid). So hy kom ry 3 provinsies met een hand. Die auto boks op die Jeep help, maar dis steeds impressive om orals die obstacles te ry met jou linker arm in 'n "sling".

Dit was lekker.
Ek sal weer gaan, vir langer, en meer roetes daar ry.
Daai plek is mooi.
I feel a lot less wise at 45 than I did at 15.
User avatar
Toppie4x4
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 836
Joined: Sat Apr 06, 2013 3:38 pm
Town: Centurion
Vehicle: Hilux 4.0 V6 DC 4x4
Real Name: Andre

Re: Nog 3 Provinsies...

Post by Toppie4x4 »

Klink rerig lekker by die drie provinces :thumbup: :thumbup: :thumbup:
User avatar
4x4BEES
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3447
Joined: Wed Nov 20, 2013 10:13 am
Town: Brackenfell
Vehicle: Hilux 4.0V6
Real Name: Kevin

Re: Nog 3 Provinsies...

Post by 4x4BEES »

Awesome :thumbup: :thumbup:

Dit het na groot pret geklink daar :lmao: :lmao: :lmao:
User avatar
Thunder02
Moderator
Moderator
Posts: 8033
Joined: Fri Nov 26, 2010 7:53 pm
Town: East Rand
Vehicle: IFS Hilux
Real Name: Neil
Club VHF Licence: HC105
Location: 4x4 Direct Boksburg
Contact:

Re: Nog 3 Provinsies...

Post by Thunder02 »

:thumbup: :thumbup: :thumbup:
Thanks for sharing
Not all those who wander are lost!

Scout motto:be prepared....
www.4x4direct.co.za
Email: boksburg@4x4direct.co.za
IFS is like a swambo, soft, sexy and expensive!
rigardt
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 345
Joined: Sun Jan 19, 2014 3:20 pm
Town: Alberton
Vehicle: 2012 DC Hilux D4D
Real Name: Rigardt
Club VHF Licence: HC348

Re: Nog 3 Provinsies...

Post by rigardt »

ja dit klink lekker. ek sal graag wil doen. sukkel net om my vrou te kry om in die bos te piepie.
anders was ek al klaar daar !
User avatar
Oupa Stig
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1204
Joined: Fri Oct 12, 2012 1:15 pm
Town: Johannesbug
Vehicle: Hilux KZTE 4X2 "Stagger Lee", Hilux IFS 2.7 4x4 "Loretta"
Real Name: Mickey

Re: Nog 3 Provinsies...

Post by Oupa Stig »

Rigardt, jy spot so...
Swambo se vriendin was saam, het heelpad geknyp. Wil ook nie draai stap in die bos nie, glo bang vir "splashback" op die enkels...
Volgende oggend so 4uur toe hoor ek hoe sukkel sy om uit die tent te kom, en siende dat sy my en Swambo nou wakker gemaak het, besluit ons twee om maar ook gou te gaan aftap sodat ons gemakliker kan snooze later. En ek gaan uit en maak soos 'n man moet agter 'n geskikte bos, onder die indruk dat Swambo se vriendin na die ablusie geriewe so 40meter weg gestap het (jy weet, om die splashback te vermy)
Ek was feitlik klaar aan die gang toe 'n benoude stem hier voor my in die donker sê "ekskuustog...." en die dame hande en knieë wegskarrel, witte kaal boude in die lug. Ek skrik myself kurk - droog. En Swambo lag so hard, sy sluk amper haar tong in.
I feel a lot less wise at 45 than I did at 15.
User avatar
4x4BEES
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3447
Joined: Wed Nov 20, 2013 10:13 am
Town: Brackenfell
Vehicle: Hilux 4.0V6
Real Name: Kevin

Re: Nog 3 Provinsies...

Post by 4x4BEES »

:lmao: :lmao: :lmao: :lmao: :lmao:
ROOFER
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1007
Joined: Sun May 23, 2010 10:03 pm
Town: grassy park cape town
Vehicle: 99 s/c hilux 4x4 2.7i long range tank & dual battery; 2003 nissan x-TRAIL (4X4)
Real Name: charl

Re: Nog 3 Provinsies...

Post by ROOFER »

:shock2: :mocking: :lmao: :lmao: :lmao:

eish :lmao: dankie vir die pics en die lekker storie :siffler: :siffler: :lmao:
User avatar
Jaans
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 504
Joined: Sun Nov 21, 2010 4:39 pm
Town: Benoni
Vehicle: 2005 4L V6 DC Hilux; Pajero Sport 2.5 4x4 M/T
Real Name: Johannes

Re: Nog 3 Provinsies...

Post by Jaans »

Lyk lekker. Dit is nog op my tedoen lys.
1 Kor 1:18 " Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God."
User avatar
ôita
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 99
Joined: Thu Nov 20, 2014 5:43 pm
Town: Piet Retief
Vehicle: 1994 Toyota Hilux D/cab 4x4 SFA, 3RZ conversion,TrailGear Duel Transfercase with 4.7gear,Front & Rear Difflocks,2" Lift,OME & Mikem Suspention,Snorkel,L/R fuel tank, 32" M/T tyres, my son in the passenger seat
Real Name: Kobus

Re: Nog 3 Provinsies...

Post by ôita »

Groot plesier...Dis leker as mens oor n plek praat en mens kan in jou geestesoog die plek sien en dieselfde goed in jou kom herleef....ons was nt vir dir dag daar maar wil graag in die kliphuis gaan bly. Ek glo daar sal nou weer n paar ouens wees wat lus gemaak is om gou oor n paar klippe te ry...

Sent from my Samsung Galaxy Xcover2
"Stronger than a New Zealand Kauri tree and, as we found out, virtually indestructible, the Hilux is an unapologetically manly car." - Top Gear Verdict
User avatar
Haboob
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2484
Joined: Thu Aug 11, 2011 9:57 pm
Town: King Williams Town
Vehicle: Hilux
Real Name: Edge
Club VHF Licence: HC129

Re: Nog 3 Provinsies...

Post by Haboob »

Thanks for sharing Mickey...

Will also do these things one day when I am BIG...

A tip for the ladies... use the door sill on the floor of the vehicle as a seat and spread legs wide to avoid splashback...
If the vehicle is parked off the left side of the road with the nose pulled towards the road,
then the lady is sheltered from the vehicles behind and the open door will shelter them from the vehicles in front...
Image
HABOOB means "Dust Storm"
Post Reply

Return to “Trip Reports”